Page 2 of 2

Re: Musgrave MOD 80 groot probleem!

Posted: Mon Jan 21, 2013 7:34 pm
by Jake1
Jy kannie teen feite stry nie, wees objektief asb.

Re: Musgrave MOD 80 groot probleem!

Posted: Mon Jan 21, 2013 7:40 pm
by James Wilson
Objektief as ons van gewere praat waar duisende van gemaak is, die wat probleme gee is die wat na die fabriek aan hulle snellers gepeuter is?  En dan praat van die moontlikheid dat die gewere al iemand se dood kon beteken agv n probleem wat na die vervaraardegir se toesig plaasgevind het. Wie moet dan oplet na objektiwiteit?


Maar kom ons los dit maar ek is seker jy bedoelling was opreg,

Groette

Re: Musgrave MOD 80 groot probleem!

Posted: Tue Jan 22, 2013 8:18 am
by Eugene
Ek het die post met aandag gelees, omdat ek en twee van my vriende almal Mod 80 Musgraves het. Ek moet eerlik sê dat nie een van ons al ooit die probleme gehad het waarvan hier gepraat word nie.

Ek wil egter ook noem dat ek nog nooit die "safety" gebruik het nie, omdat die woord "safety" baie dubbelsinnig is. Die enigste geweer wat werklik "safe" is, is een wat nie gelaai is nie. Moenie op jou geweer (ongeag sy maak) se "safety" staatmaak nie, speel eerder veilig!

Ek moet egter ook saam met James stem, ek het nog nooit gehoor dat Musgraves onveilig is of dat 'n Musgrave weens swak vakmanskap tot iemand se dood gelei het nie.

Groete

Re: Musgrave MOD 80 groot probleem!

Posted: Tue Jan 22, 2013 2:43 pm
by Jake1
James ek dink jy verstaan my nie reg nie, die feite waarvan ek hier praat is die ouens op hierdie thread wat ook vasgestel het hulle gewere het dieselfde probleem-dis feite, dat die ouens aan hulle gewere gepeuter het kan mens nie nou maar net se wel dis hulle skuld as iets gebeur nie, mens wil dit mos voorkom of nie? Ek self sit met die probleem, my nefie ook en almal hier op die thread wat aangedui het hulle Musgraves doen dit moet jou mos objektief laat besef hier is 'n probleem.

Al wat ek voorstel is dat die ouens hulle Musgraves toets veral as hulle aan die snellers gepeuter het, onthou baie ouens koop 2e handse Musgraves en weet nie of daar aan hulle snellers gepeuter is nie.

My motief agter die post is enkel en alleen net mooi en opbouend.

As jy dit anders wil sien is dit regtig jammer.......

Moet my nie verkeerd verstaan nie, my Musgrave is my staatmaker en raakskieter geweer- ek hou baie van hom!

Re: Musgrave MOD 80 groot probleem!

Posted: Tue Jan 22, 2013 3:47 pm
by James Wilson
Jake1' laat niemand se ek is nie bereid om omverskoninjg te vra as dit van toepassing is nie. Ek verstaan nou betere wat jy bedoel. Ek ondervind ook baie keer dat die meduim waarin ons kommunikeer, sy beperkings het, en dan kom misverstande.

Ek was heeltud seker dat jou jou intensie opreg was.

Lekker dag

Re: Musgrave MOD 80 groot probleem!

Posted: Wed Jan 23, 2013 4:59 pm
by Jake1
No Problem James, die oorlog was erger......daar was mense dood......

Re: Musgrave MOD 80 groot probleem!

Posted: Sat Feb 02, 2013 11:39 am
by Daan Els
Ek bly staan by my punt! Jy diens jou motor.........maar nie jou geweer????
Die manne was te gretig om die snellers ligter te stel. Elke Musgrave is deeglik getoets deur ons eie kwaliteits afdeling asook deur die SABS.
Die funksionering van die sneller, veiligheidsknip, slagpen uitsteking, uittrekker, kopspasie moes aan baie streng vereistes voldoen, en glo my SABS het nie nonsens gevat nie want hul toetsbeampte moes persoonlik elke toetskaart afteken. Hierdie persoon het sy eie aparte skiettonnel en werksarea gehad, ons het nie eers toegang tot die plek binne Musgrave gehad nie.
Groete
Daan