Page 2 of 11
Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie
Posted: Tue Dec 04, 2012 1:27 pm
by Lourens Potgieter
Ek kan ook eers 14 Desember bydra..payday, woohoo!Hoop net dis nie te laat nie????
Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie
Posted: Tue Dec 04, 2012 1:31 pm
by Jakkalsgat
Nee wat manne julle klomp staatsamptenare sal nog 'n kansie kry tot die 17de.
Groete
Jaco
Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie
Posted: Tue Dec 04, 2012 2:01 pm
by Geno
Ek het sopas 'n vo?ltjie hoor fluit dat daar 'n GROOT prys geskenk is. Julle manne sal di? een like!
Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie
Posted: Tue Dec 04, 2012 2:05 pm
by Spanner
My kaartjies is gekoop - kom ons hou die ding aan die gang.
Spanner
Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie
Posted: Tue Dec 04, 2012 2:36 pm
by FHM
Geno wrote:
Ek het sopas 'n vo?ltjie hoor fluit dat daar 'n GROOT prys geskenk is. Julle manne sal di? een like!
Geno, ruk daai voeltjie se gatvere uit dat hy gesels - vertel meer!
Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie
Posted: Tue Dec 04, 2012 3:27 pm
by Jakkalsgat
Goed Jaracalars
Hierdie kompetisie het so pas 'n kinkel gekry:
Marius Barnard van Thwane Safaris Africa :
http://www.thwanesafarisafrica.com/
het 'n prys geskenk aan 'n gelukkige wenner maar sal slegs deelnemers wat 4 (vier) en meer kaartjies koop in aanmerking kom vir hierdie prys terwyl die ander pryse deur enige persoon gewen kan word. Hierdie reel van 4 kaartjies is nodig a.g.v van die feit dat die prys ongeveer R 10 000 werd is.
Pryse is dan nou as volg:
Groot Prys:
2 x Blouwildebeeste
2 x Rooibokke
2 x nagte verblyf vir 2 jagters (selfcatering) in hierdie 5 ster Lodge
Slegs vroulike diere mag gejag word.
Hierdie prys kan opgeeis word by Marius Barnard self en sal die kontak besonderhede bekend gemaak word aan die einde van die kompetisie. Hierdie pakket sal die wenners gedurende die 2013 jagseisoen kan jag en moet die wenner self reel vir datums wat beskikbaar is. Hierdie jagplaas hanteer slegs buitelandse jagters en kan die wenner homself gelukkig ag.
Volgende pryse bly dieselfde:
1ste prys - 500mm x 700mm Ottoman
2de prys - Jaracal Hemp en Xbag
3de prys - X bag
Die persoon wat die meeste kaartjies koop kry Jaracal hoed.
Die trekking sal as volg geskied:
Alle kaartjies word saam gegooi en trekking vir die kleiner pryse word gedoen van 3de af op, daarna word almal wat 4 en meer kaartjies gekoop het 'n kaartjie per 4 toegeken en word die wenner van die Grootprys hieruit getrek.
Manne gaan groot, hierdie is pragtige pryse en klink vir my na 'n lekker kersgeskenk van pa aan pa
Groete
Jaco
Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie
Posted: Tue Dec 04, 2012 3:40 pm
by Beretta
Daar is hy manne julle sal nie spyt wees nie hierdie is n spog plaas. Dankie Marius jy is n baie vry gewige man met met n goele hart. KOOP DIE KAARTJIES MANNE
Beretta
Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie
Posted: Tue Dec 04, 2012 3:51 pm
by Frederik
Dit is nou baie gaaf

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie
Posted: Tue Dec 04, 2012 3:55 pm
by DWB
Dit lyk na 'n bakgat spog plaas!
Net een vraag, waar is dit!?
Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie
Posted: Tue Dec 04, 2012 3:57 pm
by Lourens Potgieter
Baie groot
DIS nou 'n prys.....kudo's vir Marius!!!
Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie
Posted: Tue Dec 04, 2012 4:00 pm
by Eugene
DWB wrote:
Dit lyk na 'n bakgat spog plaas!
Net een vraag, waar is dit!?
Amerika!

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie
Posted: Tue Dec 04, 2012 4:01 pm
by Beretta
Steenbokpan koop die tickets manne
Beretta
Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie
Posted: Tue Dec 04, 2012 4:04 pm
by Beretta se dogter
Hi manne!
Die plaas is in Ellisras naby die Steenbokpan area...
Sien Oom Beretta en sy dogter kan reel!!!
Leke dag
Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie
Posted: Tue Dec 04, 2012 4:07 pm
by DWB
Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie
Posted: Tue Dec 04, 2012 4:14 pm
by VdWalt
Hallo Berretta se dogter, welkom hier.
Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie
Posted: Tue Dec 04, 2012 4:21 pm
by Nickvn
Ai ai ai.....
Sit ek nou en huil agter die rekenaar. Eers lees ek die lysie van die kinders en van die vier du Plessis kinders wat niks het nie. En dan waar die ander items soos groente saad, pantoffels onderklere, ens wil he...... En ek wil graag n groter scopes en ander fancy goed he...... Dit maak my hart so seer om ons kinders so te sien deur die lewe gaan.
Ek moes toe eers n draai loop om my self te compose sodat ek kan sien om te tik.
Nou kom ek terug en lees van die groot hartigheid van Marius. Marius mag jy geseend wees deur jou skenking aan die kinders. Nou eers weer n draai geloop want ek kan nie die sleutelbord sien nie........
Nou hang dit van ons af om hierdie wonderlike inisiatief te ondersteun en vir hierdie kinder n seen te wees vir Kersfees. Dankie aan jule almal.
Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie
Posted: Tue Dec 04, 2012 4:23 pm
by Jakkalsgat
Beretta se dogter wrote:
Hi manne!
Die plaas is in Ellisras naby die Steenbokpan area...
Sien Oom Beretta en sy dogter kan reel!!!
Leke dag
Baie dankie aan julle albei vir hierdie reel van die prys asook aan Marius
Groete
Jaco
Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie
Posted: Tue Dec 04, 2012 4:36 pm
by Beretta
Jaco
Dankie vir jou moeite ek is seker daar gaan baie smiles op baie gesigte wees. Dit is seker al wat tel. Ek weet hierdie is n groot site wat deur n groot man nl Jaracal begin is dankie vir hom. En al die lede dit is great om hier te wees.
Beretta
Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie
Posted: Tue Dec 04, 2012 4:46 pm
by Sarelss
Hi Jaco,
lyk baie goed dankie. Sal ook deur lys van behoeftes werk. My ouers bly op Nylstroom, en my vroulief was ook in daardie huis gewees.
Het betaling vir 'n paar kaarjies gedoen.
mooi dag
ss
Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie
Posted: Tue Dec 04, 2012 4:47 pm
by namhunt
Jaco
Gebruik ons nog daai rekening nommer wat jy beskikbaar gestel het?
Groete
Daan
Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie
Posted: Tue Dec 04, 2012 4:56 pm
by grumpy
Oe ee eee!!
Oom Beretta, jy leer nie die dogter mooi nie. Laat sy haar gaan voorstel!! Sy weet sy moet mates ens gee en van haar verwag ons darem n foto!!!
Grumpy

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie
Posted: Tue Dec 04, 2012 4:57 pm
by Jakkalsgat
Daan
Ons bly op daai rekening
Groete
Jaco
Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie
Posted: Tue Dec 04, 2012 5:11 pm
by At308
My tien kaartjies is gekoop, en betaal. Bewys van betaling aan Jaco ge epos.
As julle manne daai hoed wil he, gaan jy 11 kaartjies moet koop!
Ek weet dis nie vir almal moontlik nie, maar vir die wat kan, dis lekker om te gee manne en ek glo dit kom altyd op een of ander manier terug na 'n mens toe.
Groete,
Attie
Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie
Posted: Tue Dec 04, 2012 5:13 pm
by DawieKotze
Aan Oom Beretta se dogter.............
Nou re?l asb ook so 'n plekkie vir ons manne hier naby die Kaap
Ek grap sommer!! Baie goeie inisiatief en aan al die manne (en dogters) wat dit re?l....KUDUS!!!
Groete
Dawie
Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie
Posted: Tue Dec 04, 2012 5:21 pm
by Spanner
D?ksels manne, nadat ek Nick se mail gelees het, het ek ook self weer deur daai lang lys van benodighede gaan lees... en ook maar swaar gesluk aan die knop in my keel !

Ons het soveel om voor dankbaar te wees ! Ek skroom nie om sommer R500 by 'n geweerwinkel te spandeer op goed wat ek "nie regtig nodig" het nie, en daai kinders het niks. Ek het nog 'n paar kaartjies gaan koop.
Miskien kan Jaco die name van die ouens wat kwalifiseer om in aamerking te kom vir die jag "lucky-draw" hier publiseer - as aansporing vir die manne wat nog gaan kwalifiseer !
Goeie inisiatief k?rels - knap gedaan aan almal wat reegs iets bygedra het.
Spanner