Page 2 of 2

Re: Burris Eliminator 3 Laser Scope Toets

Posted: Thu Nov 15, 2012 1:46 pm
by Louis Kriel
Spanner wrote: En as iets fout gaan ?  Waar gaan jy hom laat diens ?  En wat gaan dit jou dan kos ?  Nee wat, party maal koop 'n ou vir meer as net sente spaar, naverkoopdiens speel ook 'n rol.  Ek moes al self harde klippe kou en baie geld betaal omdat ek "aanvanklik" slim was en wou geld spaar.
Dan pos jy hom vir hulle en hulle stuur vir jou n nuwe een.  Ek het al baie scopes oor die net gekoop.  As jy die geld het om hom hier te koop doen dit, maar ek het nie.  Jean is reg dit werk goedkoper uit, nie so goedkoop soos hy se nie maar ook nie so duur soos Geno se nie. ;) ;)

Re: Burris Eliminator 3 Laser Scope Toets

Posted: Thu Nov 15, 2012 1:51 pm
by Jean Marais
DirtyOldsix wrote:
Spanner wrote: En as iets fout gaan ?  Waar gaan jy hom laat diens ?  En wat gaan dit jou dan kos ?  Nee wat, party maal koop 'n ou vir meer as net sente spaar, naverkoopdiens speel ook 'n rol.  Ek moes al self harde klippe kou en baie geld betaal omdat ek "aanvanklik" slim was en wou geld spaar.
Dan pos jy hom vir hulle en hulle stuur vir jou n nuwe een.  Ek het al baie scopes oor die net gekoop.  As jy die geld het om hom hier te koop doen dit, maar ek het nie.  Jean is reg dit werk goedkoper uit, nie so goedkoop soos hy se nie maar ook nie so duur soos Geno se nie. ;) ;)
Self ook sonder probleme, een keer het hulle my die verkeerde model gestuur. Hulle het dit op hulle eie onkoste laat terugstuur, en weer die korrekte een aan my gepos. Werk puik, en is beslis goedkoper.

Groete

Re: Burris Eliminator 3 Laser Scope Toets

Posted: Thu Nov 15, 2012 8:59 pm
by Piet Breedt
6 Jakkalse omgedop met hom gisteraand, en die v?r een 407m Maandagaand.

Hierdie scope range ongelooflik. Ek het hom eers laat middag in die wildkamp gaan toets om te kyk hoe groot die kolletjie op n bok se kop is oor verskillende afstande. Jy sal baie gemaklik nog bokke in die kop kan skiet tot so 300 - 350m. Bladskote tot anderkant 900m as jou geweer dit kan doen, en jy self ook (maar nie aan te beveel). Ek het Lechwe's gerange op 864m. Op Swartwildebeeste sukkel hy ook maar nes my Leica as hulle oor 700m is. Dit lyk my die swart absorbeer die laser straal meer as op die ander kleur bokke.  Elande en beeste het ek oor die 1200m gerange met die v?rste een op n wit bees op 1258m.

Hy range baie vinniger en akurater as my Leica 1600, seker omdat jy hom so stil kan hou op die geweer. Baie stiller as die klein handheld rangefinders. Op die langer afstande moet jy die Leica en enige van die handhelds so paar keer druk om n lesing te gee, maar die Burris hoogstens 2keer, dan gee hy n lesing. Gewoonlik sommer met die eerste druk.

Die nag toets.

Ek het Jakkalse konstant gerange tot oor die 500m, en soos hulle nader kom, het die scope dit bevestig met al korter afstande, wat vir my wys dat hy die Jakkals raak range, en nie die onmiddelikke omgewing om en verby die Jakkals. In oop geploegde lande het ek Duikers nog v?rder gerange. Die liggie kan dowwer gestel word, maar ek sou dit nog so bietjie meer wou kan verdof, maar hy is klaar 100% beter as die vorige model wat jou vir n paar oomblikke verblind.

In langerige gras gaan hy n probleem wees om mee te skiet in die nag aangesien hy vals lesings gaan gee van gras wat hy voor die teiken optel, maar andersins as dit oop is, kan hy baie effektief aangewend word in die nag.

Ek het die verstelling op 8 gehou, totdat ek die Jakkals in my scope gehad het binne skietafstand, dan die vergroting op gestel na 16, en geskiet. Die scope is redelik duidelik in die nag, maar ek sou nie s? dat dit die beste beeld gee wat ek nog mee geskiet het nie, maar heel aanvaarbaar.

Sou ek hom as my eerste keuse nag skiet scope verkies ?, Op hierdie stadium met so min ure op hom twyfel ek. Ek gaan hom nog bietjie meer toets voor ek n finale beslissing oor hom kan maak. Een ding wat ek verskriklik geniet met hom in die nag, is om te sien hoe maklik ek die afstand kan mis skat. Dit was vir my verskriklik interesant om te sien hoe v?r ek die afstand sou uitskat as dit oor 300m was.

Ek is van mening dat hierdie scope se rangefinder by v?rre die akutaatste en vinnigste rangefinder is wat ek al ooit gebruik het, en daarby sluit ek nou al die groot naam rangefinders soos Leica, Swarovskie en Zeiss in. Dit is op afstande wat heel waarskeinlik v?r bo meeste van ons se skiet v?rmoeens is. 800m +

Ek gaan hom more middag toets op n papier bok op verskillende afstande.

Re: Burris Eliminator 3 Laser Scope Toets

Posted: Thu Nov 15, 2012 9:23 pm
by Pvdw
Piet baie dankie vir die verslag. Dis verstommend om te sien wat tegnologie besig is om te doen.

Alhoewel R18-19000 bo meeste manne se vuurmaak plek is is dit goed om te weet dat die ontwikkeling wel plaasvind.

Sodra van die ander vervaardigers ook begin ernstig kompeteer en die aanvraag groei sal die prys seker afkom. Ek sien uit daarna om eendag ook die keuse te kan maak of ek so een gaan koop of nie ;D

Dis net verstommend om te dink dat daai rangefinder so min plek opvat in die scope en nog steeds sy maan staan teen die groot name wat genoem is.

Peet

Re: Burris Eliminator 3 Laser Scope Toets

Posted: Fri Nov 16, 2012 11:53 am
by Sarelss
Ai Ai,
Dankie vir die mooi verslag maar dit help my nie eintlik nie. Ek wil die scope nog altyd graag gehad het, nou MOET ek hom net h?!!
Sal maar al die ander luxuries moet uitstel en net 'n plan moet maak. Sien al weer hoe skiet ek met 'n VISA scope binnekort.
Ek begaan heeltemal te veel afstand skat foute om nie so 'n scope to kry nie. Sal net moet besluit 308 of 243.

Nogmaals dankie dat alle twyfel nou by my weggeneem is
ss

Re: Burris Eliminator 3 Laser Scope Toets

Posted: Fri Nov 16, 2012 12:58 pm
by Louis Kriel
Een van die dae gaan 'n sniper ook nie meer 'n spotter nodig he nie.  Hierdie scope doen als!

Re: Burris Eliminator 3 Laser Scope Toets

Posted: Mon Nov 19, 2012 11:52 am
by Monrique (SJ)
Frikkie die Rot wrote: More manne,

Volgens Burris se website weeg die scope 26oz met die battery en mounts ingesluit. omgeskakel is dit dus 737 gram.

Hoop dit help!

Groetnis,
Frikkie.

Frikkie

Hierdie inligting van die gewig is egter nie akuraat want al 3 van die Range finding scopes van Burris kan nie dieselfde weeg soos op hul webwerf deur gegee word as 26oz nie.

Groetnis

Re: Burris Eliminator 3 Laser Scope Toets

Posted: Wed Dec 05, 2012 8:56 pm
by Dweetster
Jes manne lyk vir my daar is nie van die scopes beskikbaar in SA nie. Piet hy meet seker nie die wind nie ne, of hoe doen hy dit?

Re: Burris Eliminator 3 Laser Scope Toets

Posted: Thu Dec 06, 2012 6:52 am
by sarel.wagner
Ek het my Eliminator III geweeg met battery en hy is 781g

Groetnis

Re: Burris Eliminator 3 Laser Scope Toets

Posted: Sat Dec 22, 2012 5:45 pm
by Sam Kelbrick
Dweetster wrote: Jes manne lyk vir my daar is nie van die scopes beskikbaar in SA nie. Piet hy meet seker nie die wind nie ne, of hoe doen hy dit?
Daar is weer 'n paar Burris Eliminator III's beskikbaar by S&O.