Page 2 of 2
Re: Tips vir November
Posted: Tue Oct 30, 2012 3:31 pm
by BLOK
Dawie Malan wrote:
En ek wou nie 'n 88gr Berger deur sy blikbeker jaag nie. Toe los ek hulle maar vir slimmer word.
Groete
Dawie
Nee man, ek is seker jy sal genoeg geld bymekaar kan maak om daai boer n nuwe keker te kon koop. hahaha
Re: Tips vir November
Posted: Tue Oct 30, 2012 6:59 pm
by Freddie101
tafjak wrote:
Louis
Jakkalse wat self begin roep voordat jy met roeper 'n jakkalsroep op die staanplek gebruik het. Gewoonlik ook die soort jakkalse wat soek na reaksie(skrou-stilte-skrou-stilte-skrou..........). Hulle is gewoonlik alleen(of nee, altyd alleen) en sal Jakkals antwoord(#10), Vlekkie 2 of 3(#'s 7 en

en ook kan jakkalsbaklei4 werk. Nou al 'n paar gesien terwyl hulle roep en was dit nogal insiggewend om te sien die reaksie as jy hulle antwoord. Ek het dit ook al reggekry met Mooihuil, maar die genoemde klanke werk verseker beter.
Mooiloop
Toe ou Reds by my was voor Aliwal skiet het ons die donderdagaand gaan roep. Terwyl ons toerusting op bakkie regmaak by die huis hoor ons hulle roep so 1km van die huis af. Ek merk die plek en skuif soontoe. Begin roep na nodige stiltetyd met prooidistres en hier en daar baklei. Niks. Ek sit en dink wat my te doen staan toe begin een weer roep so 350m van ons af tussen bome. Maat antwoord half teenorgestelde kant van ons af en ek skat so 900m. So ons is amper tussen hulle 2. Ek sit en dink hoekom het hulle nie ingekom voor die roep nie en probeer toe jak antw omdat ons tussen hulle is. Die naaste een pluk amper die doringbome uit so aggressief antw sy. Skaars 2min later toe verskyn die verste een en ek skiet hom. Die ander een nooit gekry. So jak antw het gewerk in die geval.
Net n storietjie oor die geluid en my ondervinding. Hou die topic lewendig
ns. Die somer wil nie kom hier by ons nie.
Re: Tips vir November
Posted: Tue Oct 30, 2012 7:59 pm
by Biker
Groet julle almal en hoop dit gaan goed. My ondervinding met jak antw. klank was na na lang gespook met jakkalse wat nie wou inkom nie en ek kon nie nader skuif nie agv n grensdraad en hulle bly so 400-600m van my af toe dink ek wat nou? Sit so 15 min en dink en besluit om n tweede roeper aan die ander kant van die lorrie uit te sit ook so op 80m so die twee roepers 160 m uitmekaar. Gooi naderhand kort jakhuil weer op no 1 en antwoord myself sommer lekker op no2 met jak antw. Manne ek wonder of ek al moet begin lig toe skrou hulle al so 50m vanaf no2 en toe daai lig aangaan toe sien jy net jakkalse hol . Het darem een gekry maar die handbrieke was lekker los.
Groete Biker
Sien die suidewind gaan vewoed waai nog n paar aande werk aan julle stingelstress
Re: Tips vir November
Posted: Tue Oct 30, 2012 9:33 pm
by Louis102
Biker wrote:
... stingelstress
Dries
Jy's amper heeltemal reg. Hier begin stres die stingel egter omdat die jagweer so lank wegbly!
Jan Tuisbly se karretjie is nou glad nie meer snaaks nie. MAAR, ek dink hierdie Vrydagaand gaan die honne huil, miskien selfs vroe?r! Dis nou as ek Accuweather kan glo. Besig om 'n paar lammers weg te laai en gewaar 'n foutjie of twee hier by my skapies. Ou Kerneelsie stel al weer nie teleur nie!
Mooiloop!
Louis
Re: Tips vir November
Posted: Thu Nov 01, 2012 7:34 pm
by Biker
Louis
ooo jaa Sien dat die weer more draai en dink ook so. Nog lekker sterk suid hier vanaand en sommer geniepsig koud maar more hol die lorrie.
Groete
Re: Tips vir November
Posted: Thu Nov 08, 2012 8:42 am
by sakkievanheerden
Oom Dries
Moet nou net nie soos ek agter die lorry moet aan hardloop nie,n seer hammy is nie meer lekker as die ouderdom begin inskop nie.
Hier waai ook maar elke aand n wind,hoop dinge draai gou en bring sommer reen ook.
Groete
Sakkie van Heerden
Re: Tips vir November
Posted: Mon Nov 03, 2014 3:17 pm
by Armand9
Manne kan ons weer die draad die lewe in roep. By my dreig die weer so kannie roep. Maar dit darem n briek wat enige tyd welkom is! Voor die weer was jakkies maar souerig om te antwoord.
Re: Tips vir November
Posted: Mon Nov 03, 2014 3:50 pm
by Cobus(Cobb)
Ek het afgesluit met 'n Mooihuil mix(my eie konkoksie) en so 700m teen koppie op mooi reaksie gekry, dit was in rigting van plaashek oppad huistoe. Net gou die roeper sommer op die hek gesit, bietjie haas en toe Killer baklei...kon jakkie mooi volg uit die koppie tot so 150m van roeper af....hyt nie eers gewonder om wind te werk nie, reguit gekom...later vir hom skietgebedjie opgestuur.
Die mooihuil het mooi reaksie gelok.
Re: Tips vir November
Posted: Mon Nov 03, 2014 4:01 pm
by Armand9
Ai Cobus darem lekker as die goete so storm sonder om die wind te werk. Hier moet n man maar jou windaf kant mooi kies, hy dop net skielik daar uit. Net die een Jak? Waar sy maat? Of kan dit die helper wees?
Re: Tips vir November
Posted: Mon Nov 03, 2014 4:20 pm
by Geno
Cabous. Ek het jou mos al mooi gevra om nie Killer klanke se name te noem nie. Daai klankies is beperk tot Mafia lede...
Re: Tips vir November
Posted: Mon Nov 03, 2014 4:35 pm
by Riaan Kriel
Geno wrote:Cabous. Ek het jou mos al mooi gevra om nie Killer klanke se name te noem nie. Daai klankies is beperk tot Mafia lede...
.... en hier dog ek nou ons is almal maatjies net om te hoor hier is ook 'n Mafia

Re: Tips vir November
Posted: Mon Nov 03, 2014 4:38 pm
by Cobus(Cobb)
Smaak my ek moet nou kom vir 6 van die bestes.....
Re: Tips vir November
Posted: Mon Nov 03, 2014 5:06 pm
by BLOK
Pasop, netnou stuur geno vir jou ook daai perd se kop. hehehe
Re: Tips vir November
Posted: Sun Nov 09, 2014 10:42 pm
by Jan-Hendrik
Die is nu verseker die lekkerste draad wat ek nog gelees het