Page 2 of 3
Re: Watter een sal julle kies?
Posted: Thu Sep 20, 2012 5:45 pm
by Monrique (SJ)
Geno
Ek kry nie dieselfde inligting as jy, sommiges is dieselfde, maar ander verskil.
Leupold Burris
Actual Magnification: 4.5-11.6 4.5-14
Linear Field of View (ft @ 100yd): 22.0-10.4 22.0-7.5
Exit Pupil (mm): 8.6-3.3 9.0-3.0
Weight (ounces): 16.5 18
Length (in): 12.6 13
Eye Relief (in): 4.1-3.7 3.1-3.8
Max adjustments (MOA): 70 40
Die Leupold se verstellings sal meer wees omdat dit n 30mm tube het teenoor die 25.4mm van die Burris. Die prys verskil is ook heelwat.
Groetnis
Re: Watter een sal julle kies?
Posted: Thu Sep 20, 2012 5:53 pm
by Geno
SJ,
Waar kom jou info vandaan?
Ek het myne op Leupold en Burris se websites gekry.
Al verskille wat ek sien, is die lengte. (Selfs op die verskil, klop Leupold die Burris).
Re: Watter een sal julle kies?
Posted: Thu Sep 20, 2012 5:54 pm
by Geno
SJ wrote:
Die prys verskil is ook heelwat.
Eugene wrote:
Ek weet die Leupold is bietjie duurder, maar kom ons aanvaar almal is dieselfde prys!

Re: Watter een sal julle kies?
Posted: Thu Sep 20, 2012 5:59 pm
by Monrique (SJ)
Data kom van dieselfde plek waar jy gekry het.
Is die Leupold n 30mm tube? Wat prys die Leopold?
Groetnis
Re: Watter een sal julle kies?
Posted: Thu Sep 20, 2012 6:10 pm
by Geno
SJ wrote:
Length (in): 12.6 13
Ek sien nogsteeds 12.2"
http://www.leupold.com/hunting-shooting ... es-metric/
Ja, dis 'n 30mm tube. O ja, dis ook beter (sterker) as 'n gewone 25.4mm tube. Dankie dat jy dit uitgewys het mater!

MSRP is $814.99, styf ja, maar volgens my elke liewe sent werd. Ek skiet al die afgelope 10 jaar met Leupold scopes op my .308 (Nou die 2de een, eerste een ingeruil op groter vergroting), en is bitter tevrede!
Re: Watter een sal julle kies?
Posted: Thu Sep 20, 2012 6:23 pm
by Monrique (SJ)
Geno
So jy stem saam dat verstellings irrelevant is want tube sizes verskil? 30mm gaan logies mos meer he. As jy nou al jou 2de scope in 10j op die 308 skiet hou hulle mos nie na wens.... LOL
Dit is dan ook so dat die Leupold amper 2x die Burris se prys is.
Groetnis
Re: Watter een sal julle kies?
Posted: Thu Sep 20, 2012 6:28 pm
by Herman Venter
SJ,
Jy moet hierdie fight nou wen, ek is nie 'n goeie verloorder nie! Jy weet die 243 gaan 'n scope nodig he as hy kom hehe!
Groete
Herman
Re: Watter een sal julle kies?
Posted: Thu Sep 20, 2012 6:30 pm
by Geno
SJ wrote:
So jy stem saam dat verstellings irrelevant is want tube sizes verskil? 30mm gaan logies mos meer he. As jy nou al jou 2de scope in 10j op die 308 skiet hou hulle mos nie na wens.... LOL
Nee, ek stem nie saam nie. Ons vergelyk mos die twee scopes, en 30mm IS beter as 25.4mm. Dis mos 'n plus vir die Leupold.
SJ wrote:
As jy nou al jou 2de scope in 10j op die 308 skiet hou hulle mos nie na wens.... LOL
Eerste een was 'n Vari-X III 1.5-5x20 (Hy doen nou diens op Clint Taylor se .450 Rigby in Tanzanie, ek dink dit bewys klaar watse bul die scopie is. Het hom ingeruil vir 'n Vari-X III 3.5-10x50 vir nagskiet en oeswerk.
Geno wrote:
Nou die 2de een, eerste een ingeruil op groter vergroting
Ja, jy smous die Burris, en daar's nie fout as jy jou produk push nie, maar jy mag maar erken dat die Leupold die beter scope is tussen die twee. Jy sal nie sales verloor nie, ek belowe!

Re: Watter een sal julle kies?
Posted: Thu Sep 20, 2012 6:32 pm
by Geno
O ja, selfs Leupold se VX3, 3.5-10x50 25.4mm tubes het 57MOA verstelling teenoor Burris se 40MOA.
Die VX-3 4.5-14x40mm met 25.4mm tube het 'n allemintige 71MOA verstelling.....
Enough said....

Re: Watter een sal julle kies?
Posted: Thu Sep 20, 2012 6:47 pm
by Monrique (SJ)
Herman
Ek fight nie hier oor n scope maat, maar ek en jy weet wat ons het in onse scopes.
Geno
Dis nie oordat ek die scopes verkoop wat ek so bietjie gesels daaroor, dieselfde goed het ek gese lank voordat ek dit begin doen, so die gaan nie oor sales push nie.
Wat help so baie verstellings jou op n scope as die gemiddelde man die scope instel en dit daar los?
Re: Watter een sal julle kies?
Posted: Thu Sep 20, 2012 6:56 pm
by Geno
SJ wrote:
Wat help so baie verstellings jou op n scope as die gemiddelde man die scope instel en dit daar los?
Maklik. Om so naby as moontlik aan die middel van die verstellings te wees sodat jy minder spanning op die scope se erector sit.
Re: Watter een sal julle kies?
Posted: Thu Sep 20, 2012 7:35 pm
by Herman Venter
Hehe nee SJ,
Ek grap maar net oor die fight! Maar sien darm die Burris bly voor! Ek het niks teen Leupold nie en dink eintelik dit is een m@erse fancy scope! Maar wat julle manne van praat weet ek maar min van!
Groete
Re: Watter een sal julle kies?
Posted: Thu Sep 20, 2012 7:42 pm
by Geno
Herman Venter wrote:
Maar sien darm die Burris bly voor!
In watse opsigte?
Re: Watter een sal julle kies?
Posted: Thu Sep 20, 2012 8:18 pm
by Herman Venter
Geno,
Met die poll..
Re: Watter een sal julle kies?
Posted: Fri Sep 21, 2012 7:58 am
by Eugene
Julle klink nou net soos daai 3 pelle van my!
Dit lyk vir my hierdie is soos die Merc/BMW argument....
Ek het egter een klein foutjie gemaak..... Die pel van my se Leupold is 'n 3-12 x 40 en nie 50mm nie...
Sorry, maar in my verdediging, hy het aanvanklik vir my die verkeerde inligting gegee en toe ek gisteraand vir almal solank die tussentydse resultate gee, toe kry ek eers die regte inligting!
Ek gaan dus die Poll probeer regmaak, jammer vir enige ongerief!
Re: Watter een sal julle kies?
Posted: Fri Sep 21, 2012 8:02 am
by immelmanw
Manne, julle kan stem en redineer tot julle blou is, die feit is dat die Nikon Monarch in n ander klas is as die Full Field, as julle wil vergelyk moet julle die Nikon Fieldmaster vergelyk. In die geval is dit n no-brainer, Nikon Monarch.
Re: Watter een sal julle kies?
Posted: Fri Sep 21, 2012 8:19 am
by DWB
Re: Watter een sal julle kies?
Posted: Fri Sep 21, 2012 8:26 am
by Monrique (SJ)
Hahahaha
Re: Watter een sal julle kies?
Posted: Fri Sep 21, 2012 8:27 am
by Geno
Leupold VX R 4-12x50 Ballistic Firedot vs. Monarch > 4-16x42 Side Focus Bdc
- Leupold het side-focus, Nikon ook. (Draw)
- Leupold se eye relief= 3.7"-4.1", Nikon= 3.7" - 4" (Een punt vir Leupold, al wen hy met slegs 0.1")
- Leupold weeg 16.5oz, al het hy 'n groter objective lens. Nikon weeg 19oz met sy kleiner lens. (Nog 'n punt vir Leupold)
- Leupold het 'n 75MOA verstelling-spektrum, Nikon het slegs 40MOA (Weereens Leupold)
- Leupold is 12.2" lank, Nikon is 13.5" lank. (Nog 'n keer Leupold)
- Leupold het 'n 10.4ft tot 22ft FOV @ 100yd. Nikon het 6.3ft tot 25.2ft FOV (Aaaah, uiteindelik 'n punt vir Nikon)
Ok, met 'n eindtelling van 4 - 1, kom Leupold voor uit. Waarde vir geld is die Nikon egter baie moeilik om te klop.
Re: Watter een sal julle kies?
Posted: Fri Sep 21, 2012 8:35 am
by Eugene
Geno wrote:
Leupold VX R 4-12x50 Ballistic Firedot vs. Monarch > 4-16x42 Side Focus Bdc
- Leupold het side-focus, Nikon ook. (Draw)
- Leupold se eye relief= 3.7"-4.1", Nikon= 3.7" - 4" (Een punt vir Leupold, al wen hy met slegs 0.1")
- Leupold weeg 16.5oz, al het hy 'n groter objective lens. Nikon weeg 19oz met sy kleiner lens. (Nog 'n punt vir Leupold)
- Leupold het 'n 75MOA verstelling-spektrum, Nikon het slegs 40MOA (Weereens Leupold)
- Leupold is 12.2" lank, Nikon is 13.5" lank. (Nog 'n keer Leupold)
- Leupold het 'n 10.4ft tot 22ft FOV @ 100yd. Nikon het 6.3ft tot 25.2ft FOV (Aaaah, uiteindelik 'n punt vir Nikon)
Ok, met 'n eindtelling van 4 - 1, kom Leupold voor uit. Waarde vir geld is die Nikon egter baie moeilik om te klop.
Geno, voor jy my met klippe gooi, ek het foutjie gemaak dis 'n x 40 en nie 'n x 50 nie!
Sorry!!!!!!!

Re: Watter een sal julle kies?
Posted: Fri Sep 21, 2012 8:37 am
by Geno
Naamgenoot....
Strafdop vir jou!
Re: Watter een sal julle kies?
Posted: Fri Sep 21, 2012 8:39 am
by Biltong
Nikon is 'n kwaliteit produk met goeie lense. Hulle reticle is net nie goed genoeg vir my nie. Daai sirkels gee nie vir my 'n fyn genoeg mikpunt nie. Vir afstandskat moet daar een-of-ander mildot of soortgelyke funksionaliteit ook ingesluit wees.
Burris se kwaliteit is net so goed en hulle verstaan werklik wat soek 'n skut in 'n reticle.
Eugene, ek dink jy moet maar 'n nuwe poll begin dat almal weer stem. Daai stemme vir die Leupold is mos nou nie meer geldig nie.
Groete.
Re: Watter een sal julle kies?
Posted: Fri Sep 21, 2012 8:45 am
by Geno
Ok, hier gaan ons.....
Leupold VX R 4-12x40 Ballistic Firedot vs. Monarch > 4-16x42 Side Focus Bdc
- Leupold se eye relief= 3.7"-4.9", Nikon= 3.7" - 4" (Een punt vir Leupold)
- Leupold weeg 14.6oz Nikon weeg 19oz. (Nog 'n punt vir Leupold)
- Leupold het 'n 75MOA verstelling-spektrum, Nikon het slegs 40MOA (Weereens Leupold)
- Leupold is 12.4" lank, Nikon is 13.5" lank. (Nog 'n keer Leupold)
- Leupold het 'n 10ft tot 21.5ft FOV @ 100yd. Nikon het 6.3ft tot 25.2ft FOV (Aaaah, uiteindelik 'n punt vir Nikon)
Ok, met 'n eindtelling van 4 - 1, kom Leupold NOGSTEEDSvoor uit. Waarde vir geld is die Nikon egter baie moeilik om te klop.
Re: Watter een sal julle kies?
Posted: Fri Sep 21, 2012 8:49 am
by DWB
Manne, Verskoon maar vir Gedoons.
Die mense wat so staak daar by hom het sy kop nou al goed deurmekaar.
Dit is moeilik as mens nie werk het om te doen nie.
Ek weet, jy dink allerhande bollie uit

Re: Watter een sal julle kies?
Posted: Fri Sep 21, 2012 8:50 am
by Eugene
Ok, weens 'n KLEIN foutjie, wat nou reggestel is, het een van die opsies se spesifikasie verander!
Die poll is derhalwe oor begin!
Ek vra vreeslik verskoning en sal bier koop vir almal, op voorwaarde dat julle dit by my kom drink!
Groete