Page 2 of 2
Re: Op watter vergroting moet ek my scope instel?
Posted: Tue Oct 02, 2012 3:39 pm
by SV MAD (Henk)
nog info
FRONT FOCAL PLANE RETICLE
Mil-Dot reticle is located internally in the Front (First) Focal Plane.
Reticles such as a Mil-Dot are based on a specific subtension and
require exact feature spacing to ensure accuracy. Placing this type of
reticle in a front focal plane design allows the shooter to use the scope
on any magnification while retaining the exact spacing of the reticle
features. A reticle located in the first focal plane grows or shrinks along
with image size when the power is changed (See Fig.1). As a result, the
spaces between the reticle marks will always subtend the same distance
at any power setting. This means that no matter what power you have
the scope on you can mil, hold over, hold off or do anything that requires
an accurate measurement without worrying about the scope's power
setting.
Fig.1
First Focal Plane: the reticle increases as magnification increases or
decreases as magnification is decreased.
MIL-DOT RETICLE
The middle of this reticle contains four evenly spaced mil-dots arrayed
outward vertically and horizontally from the center. Because the very
center dot was left out to allow clear aiming, the reticle represents five
mils in any direction. Note that the most outward dot is replaced by the
edge of the heavier reticle line. One mil is the space from center-dot to
center-dot. One-half and one quarter mils are easy to estimate mentally;
with practice, you can measure tenths of mils for the most exact ranging.
RANGING WITH THE MIL-DOT RETICLE
The mil is an angular measurement --- 1/6400th of a circle --- which
equals almost precisely one yard at 1000 yards, or one meter at 1000
meters. This proportional relationship makes possible a simple formula
to compute distances:
FIRST FOCAL PLANE MIL-DOT RETICLE
The measured object's width or height in yards x 1000/Object's width or height in mils = Range in yards
Re: Op watter vergroting moet ek my scope instel?
Posted: Tue Oct 02, 2012 5:25 pm
by Louis102
Die moeilikheid met scopes wat se kruishaar op die eerste focal is, is dat die kruishaar dan op werklike groot vergrotings, hindelik dik begin raak. So voel ek altans.
Mooiloop!
Re: Op watter vergroting moet ek my scope instel?
Posted: Tue Oct 02, 2012 6:24 pm
by grumpy
Hein, kan ek vra, hoekom skiet ek beter op n laer vergroting as op n hoer vergroting. My probleem is dat my een oog ver siende is en die ander een naby. (ja julle kan maar lag want ek sien julle naby en ver!!) Sal dit enige invloed he op my skiet?
Op n kleiner vergroting is my groepering beter as op n groot vergroting.
Dankie.
Grumpy

Re: Op watter vergroting moet ek my scope instel?
Posted: Tue Oct 02, 2012 7:19 pm
by jaracal
Grumpy
Skiet jy "off-hand" of van 'n "bench". Gewoonlik sien jy die fout makliker op 'n groot vergroting en dan "oor-korrigeer" jy die oomblik wanneer jy die skoot aftrek. 'n Manier om dit te oorkom is om op die teiken te konsentreer ipv die kruishaar. Ek kan jou waarborg dat baie van die skuts soos wat ons in boog sal se^ target panic" simptome het en die skoot afpluk as die kruishaar op die teiken is. Deur op die teiken te konsentreer haal dit baie van die "drive by" shooting uit. 'n verdere ding wat ek doen is om nie die voorste deel (eerste lid) van my skietvinger te gebruik nie maar die sneller dieper op my vinger te sit tussen eerste en tweede lid en dan my hele hand toe te maak wat dan die skoot te laat afgaan. Ek weet daar is ouens wat nie daarmee sal saamgaan nie maar dit is maar my manier van skiet.
Groete
Hein
Re: Op watter vergroting moet ek my scope instel?
Posted: Tue Oct 02, 2012 7:41 pm
by grumpy
Hein,
Ek skiet van die bench af. Ek kry die kruishaar op die teiken waar ek wil skiet, met die punt van my vinger of die eerste lit, dan squeeze ek die sneller, ek trek hom nie anders is ek van die teiken af. My groepering is so +- 20mm op die oomblik as ek so skiet op 100m. Ek is nou besig met ladings toets want ek gebruil 150gr Interlocks op die oomblik maar wil oor gaan na Barnes vir jag ek soek nou iets naby aan die Barnes wat ek kan gebruik op papier skiet.
As ek die vergroting op stel dan word my groepering groter en dis wat ek nie verstaan nie.
Dankie
Grumpy
Re: Op watter vergroting moet ek my scope instel?
Posted: Wed Oct 03, 2012 10:31 am
by FCLoretz
jaracal wrote:
Grumpy
Skiet jy "off-hand" of van 'n "bench". Gewoonlik sien jy die fout makliker op 'n groot vergroting en dan "oor-korrigeer" jy die oomblik wanneer jy die skoot aftrek. 'n Manier om dit te oorkom is om op die teiken te konsentreer ipv die kruishaar. Ek kan jou waarborg dat baie van die skuts soos wat ons in boog sal se^ target panic" simptome het en die skoot afpluk as die kruishaar op die teiken is. Deur op die teiken te konsentreer haal dit baie van die "drive by" shooting uit. 'n verdere ding wat ek doen is om nie die voorste deel (eerste lid) van my skietvinger te gebruik nie maar die sneller dieper op my vinger te sit tussen eerste en tweede lid en dan my hele hand toe te maak wat dan die skoot te laat afgaan. Ek weet daar is ouens wat nie daarmee sal saamgaan nie maar dit is maar my manier van skiet.
Groete
Hein
Piet Breedt wrote:
Ludwig, jy is reg. Ek bedoel om jou volle konsentrasie op die kruishaar te plaas. As ons praat van lense ens, dan is fokus die punt waar alles mooi bymekaar kom. As ons praat van fokus in n ander sin, bv: ek fokus vandag op my admin by die huis, dan bedoel ek soos jy s?, ek konsentreer daarop.
Eugene, luister vandag vir my, en dan vertel jy my weer oor soo paar weke van harde oefening wat se verskil dit aan jou skiet gemaak het. Fokus, of dan konsentreer op jou korrel (pennetjie) en nie op jou teiken nie, en sien hoe jou skiet dramaties gaan verbeter.
Met enige mik stelsel, veral met oop visiere en boog visiere is dit die goue reel. Fokus op die korrel.
Jy sal gewoonlik nie onmiddelike verbetering sien nie, aangesien jou onderbewussyn dit eers aangeler moet word, maar glo my, jy sal die vrugte pluk. Ek het al baie by skole afgerig, en as die juniors my raad volg, het hulle punte almal geklim binne n kort tydjie, sonder uitsondering. Ek het so klein oefeningkie wat ek demonstreer met jou duim, en as jy dit sien, sal die lig dadelik vir jou aangaan. Ek kan dit ongelukkig nie so mooi verduidelik nie, en moet jy dit fisies doen om te kan sien.
Ek s? altyd, dat dit die enkele grootste faktor is wat n top skut van n goeie skut skei. Die een wat dit toepas.
http://jaracal.com/index.php/topic,13033.0.html
Oom Hein,
Ek het so ruk terug ook die vraag gehad. Wat is nou eintlik die regte antwoord?
Km dit neer op wat werk vir jou as skut? Of is daar 'n korrekte manier?
Re: Op watter vergroting moet ek my scope instel?
Posted: Wed Oct 03, 2012 10:35 am
by Eugene
FC, ek hou ook die post dop!
Het altyd geskiet soos Hein ges? het en het dit verander na aanleiding van Piet se raad!
Re: Op watter vergroting moet ek my scope instel?
Posted: Wed Oct 03, 2012 10:50 am
by johnny
Grumpy
Barnes maak nou n papier punt in 155 gn as n teenfoeter vir Lapua , baie goeie resultate in my 30-06 gekry, naam is ek dink ""match burner"" hy is so 1.5 mm korter as die Lapua , maar is baie redelik geprys was R420 of 430 vir 100.
groetnis
Johnny
Re: Op watter vergroting moet ek my scope instel?
Posted: Wed Oct 03, 2012 10:58 am
by FCLoretz
Eugene wrote:
FC, ek hou ook die post dop!
Het altyd geskiet soos Hein ges? het en het dit verander na aanleiding van Piet se raad!
Eugene,
het jy beter geskiet nadat jy verander het?
Re: Op watter vergroting moet ek my scope instel?
Posted: Wed Oct 03, 2012 11:03 am
by Eugene
FC, ja ek het, maar ek het baie ander goed verander, onder andere my asemhaling, greep op die geweer, en manier waarop ek die sneller getrek/gedruk het!
Ek kan dus nie met sekerheid s? dat dit net dit was nie, maar my groeperings is baie kleiner.
My probleem is dat wanneer ek net op die kruishaar fokus, soos Piet voorstel, kry ek amper tonnel visie en sien dan net die kruishaar en die kol. Met teikenskiet is dit nie 'n probleem nie, maar as ek jag, gaan ek daarmee sukkel...
Wat s? jy?
Re: Op watter vergroting moet ek my scope instel?
Posted: Wed Oct 03, 2012 11:15 am
by FCLoretz
Ek worstel ook met die tonnel visie effek. Ek kan deur my teleskoop alles sien. Maar ek het nog altyd op die teiken gekonsentreer maar nog altyd probeer om die kruishaar en teiken in fokus te hou.
Erens is daar 'n regte manier. Ek wil maar net dire regte manier leer, omdat ek 'n beter skut en jagter wil wees
Re: Op watter vergroting moet ek my scope instel?
Posted: Wed Oct 03, 2012 12:44 pm
by Carl
Hein, ek dink jy moet 'n nuwe een begin vir die skiet tegniek, ek vind dit weer leersaam. Dit sal goed wees om almal se menings te hoor en natuurlik is so enkel onderwerp beter om nuwelinge te help!
Re: Op watter vergroting moet ek my scope instel?
Posted: Wed Oct 03, 2012 1:27 pm
by Eugene
Carl wrote:
Hein, ek dink jy moet 'n nuwe een begin vir die skiet tegniek, ek vind dit weer leersaam. Dit sal goed wees om almal se menings te hoor en natuurlik is so enkel onderwerp beter om nuwelinge te help!
+1!
Re: Op watter vergroting moet ek my scope instel?
Posted: Wed Oct 03, 2012 1:33 pm
by FCLoretz
Eugene wrote:
Carl wrote:
Hein, ek dink jy moet 'n nuwe een begin vir die skiet tegniek, ek vind dit weer leersaam. Dit sal goed wees om almal se menings te hoor en natuurlik is so enkel onderwerp beter om nuwelinge te help!
+1!
+2
Re: Op watter vergroting moet ek my scope instel?
Posted: Wed Oct 03, 2012 1:56 pm
by DawieKotze
FCLoretz wrote:
Eugene wrote:
Carl wrote:
Hein, ek dink jy moet 'n nuwe een begin vir die skiet tegniek, ek vind dit weer leersaam. Dit sal goed wees om almal se menings te hoor en natuurlik is so enkel onderwerp beter om nuwelinge te help!
+1!
+2
Kyk hier.............
http://jaracal.com/index.php/topic,14419.0.html
Re: Op watter vergroting moet ek my scope instel?
Posted: Wed Oct 03, 2012 2:00 pm
by Eugene
Makado, ek sien jy het daar ook ons fun gespoil....
Ek het niks teen Piet Breedt nie en kan en gaan nog baie by hom leer, maar sal graag ook van die ander ervare manne hier wil hoor! Dis mos lekker om te hoor wat die ander manne ook doen en wat vir hulle werk!
Wat s? julle ?
Re: Op watter vergroting moet ek my scope instel?
Posted: Wed Oct 03, 2012 2:02 pm
by FCLoretz
Hi Madako,
Oom Piet het reeds 'n vraag beantwoord wat ek gehad het, wat in sy cd behandel word.
Oom Hein het die teen oorgestelde gese in een van sy posts hier bo.
Dit is al hoekom ek aan hou karring.
Re: Op watter vergroting moet ek my scope instel?
Posted: Wed Oct 03, 2012 2:17 pm
by DawieKotze
LOL manne
Nee die bedoeling was glad nie om die bespreking te stop of om Piet se CD te adverteer nie, maar om te wys daar is alreeds so 'n topic oopgemaak.
Daar word nie baie gepost daar nie, so julle manne kan maar laat waai - ek sal lees.
Groete
Dawie
Re: Op watter vergroting moet ek my scope instel?
Posted: Wed Oct 03, 2012 2:31 pm
by grumpy
Ek het die post daar begin maar daar was geen terugvoer nie. Het dood geloop!!
Mens is nooit te oud om te leer nie!!!

Re: Op watter vergroting moet ek my scope instel?
Posted: Wed Oct 03, 2012 5:09 pm
by tripodmvr
Ek gaan met 'n lang inloop begin - wees geduldig.
As landmeter het ons voor die nuutste GPS toerusting gereeld hoekwaarnemings moes maak. Die meeste van ons instrumente het 'n 30x vergroting en word op stewige houtdriepote gemonteer. Net soos by gewere kan die duidelikheid van jou kruishare op die agterste lens verstel word - dit is dus baie belangrik dat die kruishare perfek gefokus is. Hiermee rig jy die teleskoop op die teiken en dit bepaal die lesing wat jy gaan neem - in skiet bepaal dit dan waar jou skoot gaan tref. Indien jy 'n super akkurate geweer het sal dit dan skiet waar die kruis is op s? 100m.
Is jou teiken onduidelik weens hitte, mirage ens. sal jy nie die kruis presies op dieselfde plek plaas nie en sal onakkuraatheid inkruip. Onthou net dit is waar die teleskoop rig waar die skoot val en daarom die klem op kruis en die rig daarvan. Vir opmeting het ons die vroe? oggende en laat middae gebruik vir waarnemings omdat die hitte spie?ling dan 'n minimum is. Nou is jou kruishare en die teiken duidelik en dans nie rond nie. Die weer het dus bepaal wat se akkuraatheid jy vir jou opmeetwerk kon verkry.
Net as opmerking - die verwysings na MOA. Dit beteken dat 'n 650mm loop slegs .2mm moet afbeweeg om die 29mm beweging op 100m te veroorsaak. Heel gering ne. Die manne wat 70mm groepe op 900m skiet moet dus 'n hoek van 0,25 minuut verkry. Dit is dan slegs 'n beweging van 0,05mm by die loop. Die feit dat daar wel sekere groepe van die' groottes geskiet word dui op ongelooflike skietkuns en akkurate toerusting.
Om na jul hooftema te verwys van watter verstelling ek gebruik vir instel - die ho?r vergroting gee jou 'n beter resolusie van jou teiken en in goeie weerstoestande kan jy dus na 'n kleiner punt mik - jou rig van die geweer is beter en jy kan dus teoreties akkurater skiet. Daar is wel speling wanneer die vergroting kleiner gemaak word want geen meganiese toerusting is sonder foute daarin nie. Die fout verminder egter soos die vergroting en resolusie afneem.
Re: Op watter vergroting moet ek my scope instel?
Posted: Wed Oct 03, 2012 5:18 pm
by jaracal
Ek het nog nie Piet se CD/DVD gesien nie en weet Piet kan skiet. Hierdie wat ek skryf is ook nie om hom te weerspreek nie en werk vir my. Sodra ek op die kruishaar fokus pluk ek die skoot af sodra dit op die bok of teiken kom, maw "drive by" shooting of soos ons se^ "target panic" in boog. Dit is absoluut korrek dat jy bewustelik net op een ding kan konsentreer maar dat die onderbewussyn 'n duisend ander dinge kan doen. Ek is ongelukkig 'n "Control freak" en het dit duidelik agter gekom met boogskiet en ook wanneer ek, sonder om daarvan te weet, 'n skoot afruk met niks in die kamer nie. Dan pluk ek werklik soos 'n Pe^l eendag gese^ het " you don't need to pullstart the gun". Nou ja vandat ek my aangeleer het om op die teiken of die bok konsentreer en dit kan jy veral sien in hardloop skote pluk ek nie meer nie. Indien ek wel pluk weet ek sommer ek konsentreer op die kruishaar.
Groete
Heinrich
Re: Op watter vergroting moet ek my scope instel?
Posted: Wed Oct 03, 2012 6:54 pm
by FCLoretz
Dankie Oom Hein.
Wat ek wel lees is dat om op die bok te fokus, is wat vir Oom werk. So dit lyk vir my dit gaan meer oor wat persoonlik werk vir jou as persoon.
Re: Op watter vergroting moet ek my scope instel?
Posted: Wed Oct 03, 2012 7:00 pm
by grumpy
Dankie Hein en oom 3 Poot. Wardeer die advies.
Laat net n ander recoil pad opsit dan sal ek volgende naweek gaan kyk wat gebeur.
Grumpy