Page 2 of 2

Re: Karoo bosvarke?!

Posted: Thu Sep 20, 2012 10:41 am
by DWB
Oom Dirty,

Die realiteit sal altyd wees dat al ly die boere erg onder die dierasies, gaan dit manne wat hulle jag dit bly geniet en gaan ook dit wil volhoubaar maak...

Of is ek nou verkeerd  ;D

Re: Karoo bosvarke?!

Posted: Thu Sep 20, 2012 10:55 am
by Dweetster
Dit is hoekom ons nog partykeer mis skiet, ons wil nie die jag te gou oor he nie. ;D ;D

Re: Karoo bosvarke?!

Posted: Thu Sep 20, 2012 11:05 am
by Louis Kriel
DWB wrote: Oom Dirty,

Die realiteit sal altyd wees dat al ly die boere erg onder die dierasies, gaan dit manne wat hulle jag dit bly geniet en gaan ook dit wil volhoubaar maak...

Of is ek nou verkeerd  ;D
Jy's 100% reg! Ons moet die varkies mooi oppas. Net nie soos die Ausies nie. Hulle sit met 'n 24 000 000 vark probleem.  Wies lus vir oorgaan???

Re: Karoo bosvarke?!

Posted: Thu Sep 20, 2012 11:09 am
by DWB
Dit kan net lekker raak  ;D ;D ;D

Wonder hoeveel ammo sal toegelaat word op daai vlug?

Reken ons kan so bietjie van 'n duik in die populasie skiet in so 2 weke  ;D ;D ;D

Re: Karoo bosvarke?!

Posted: Thu Sep 20, 2012 11:41 am
by Dweetster
As hulle die varke kon tel, hoekom skiet niemand net die goet nie? ;D ;D
Ek wonder waar staan ons met getalle in SA. Ek dink hier is meer as wat ons dink. 'n Vark soggie kan binne 'n jaar se tyd 4 kleintjies he.
Ek het gesien waar die varke onder druk is is amper al daai kleintjies soggies, maw 5 soggies gaan binne 'n jaar +- 4soggies he wat weer oor 'n jaar atlesaam vir jou 80 varke gee.
Ek het varke al gekry wat tot 8 kleintjies het. ( Ek is nie seker oor die ouderdom vir geslagsrype varke nie maar dit is by 'n jaar.)

Re: Karoo bosvarke?!

Posted: Mon Sep 24, 2012 11:02 pm
by Rasmus
Wat getalle betref glo ek nie iemand weet nie. Maar uitroei, gaan nie in ons tyd gebeur nie, tensy jy n varkpes kan ontwikkel....... :o :o maw biologiese oorlogvoering!

Dit wil ons nie h? nie want dis te lekker om hulle te jag!!

Wat egter snaaks is, is jy na ou boeke kyk oor soogdiere en na kaarte wat hulle destydse verspreiding aandui. Dan kan jy sien hoe het hulle gebied uitgebrei oor die laaste 15 jaar. Hulle is nou in areas waar hulle nooit was nie.

Selfde met vlakvarke die laaste paar jaar is hulle tot in die koue Belfast omgewing.

Hier by ons in Middelburg het die koedoes ook die laaste 5 jaar heelwat meer geword. Ek het die eerste keer in September 2001 by my swaer op die plaas gekom. Toe was daar nie werklik sprake van bosvarke en koedoes nie nou is daar heelwat van beide!

Re: Karoo bosvarke?!

Posted: Tue Sep 25, 2012 10:50 am
by Dweetster
Ek voel jammer vir die boere, nee regtig ek doen.