Tips vir September
- cassie_calvinia
- Hero Member

- Posts: 4529
- Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm
Re: Tips vir September
distres tarka gemeng met baklei 4, net so 10 of 20 sekondes van elk op 'n slag...jakkies hol roeper om
HOU HOM DAAI DIKTE
-
Louis102
- Administrator

- Posts: 3887
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm
Re: Tips vir September
Sakkie, jy's 100% in die kol, veral as jy op die spoor van 'n stel(le) is. Hierdie is by uitstek die tyd van die jaar om die stelle te teiken, hulle is nou op hul kwesbaarste. Ons moet net waak om nie te steriotiep en voorspelbaar te raak met ons roepery nie, d.w.s. wissel ook maar dinge so bietjie af, veral as jy gereeld op jou eie / enige stuk grond moet roep.sakkievanheerden wrote: Taffie het my geleer om eers soos nou met enkel jak roep te begin soos Jakkalshuil en Tafjak1 ens en as jy nie reaksie gekry het nie kos vir omtrent n halfuur en dan Mooihuil.Gebruik maar altyd eers kos voor Mooihuil.Louis en Taffie julle moet my maar reghelp as ek nou strooi praat hier.
Een uitsondering op bo-genoemde tegniek, as voorbeeld, in my boek: Indien ek sterk twyfel dat dit 'n stel is (d.w.s. miskien 'n enkellopende nuwe intrekker) neig ek steeds nou na kos as aanvangs roep. Ek ondervind dat jonger, enkellopende, plus/min een jaar oue jakkalse, dikwels hierdie tyd van die jaar die "skoon" jakkalsproef blokke op my plaas wil kom beset en dat Jakkalshuil en Tafjak 1 dan daarvoor, nie noodwendig die beste aanvangs roepe is nie. (Neem in ag dat ek langs 'n natuur reservaat boer, waar 'n goeie voorraad jakkalse aan't opbou is)
Mooiloop
Louis
Mooiloop
Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
- johann
- Sr. Member

- Posts: 343
- Joined: Mon Dec 27, 2010 8:17 pm
Re: Tips vir September
Het di naweek gaan roep, geen reaksie op enkelroepe gekry waarmee ek elke keer begin het nie, daarna kos vir 30min, nogsteeds geen reaksie. Wag tien minute, speel tafjak2, stel antwoord wag 30min toe hul in skiet afstand. Hul het sommer lekker geantwoord op die jak klank. Ander reaksie ook op hom gekry, maar jakkals was op buurplaas en bietjie buite sy gebied.
Groete Johann
Groete Johann
25-06 Remington
