Ek het die volgende gou agter gekom:
Sny die patroon se buitelyne met `n sny beitel uit...
http://i594.photobucket.com/albums/tt24/GertOdendaal/P1010307.jpg
http://i594.photobucket.com/albums/tt24/GertOdendaal/P1010315.jpg
Jy moet met `n lig checkker, jy moet met `n vergrootglas te minste 4x checkker, as jy die finale checkkering op jou kolf gaan doen behoort jou stel lemme nuut te wees...
Die hele paneel moes eers met die "outlay cutter" klaar gesny word....dit sal dan `n baie ligte klomp strepe verskaf wat in diamant vorm uitstaan...
Daar is `n verwarring rakende die gids lyne/center lines. Ek het die 3 1/2 ratio gekies: die lengte van die diamante is dus drie en `n halwe keer langer as die breedte van die diamante...die gids lyne is nie noodwendig deel van die vorm/ontwerp nie. Jy kan enige ontwerp uitteken op die hout en dan net die checkkering shabloon met die twee gidslyne op die patroon plaas en die nodige hoeke van die gidslyne intrek...
As die eerste oefening het ek met 2-16 lyne per duim gecheckker...dit is die grofste moontlike checkkering...dit is `n swaar kaliber geweer wat redelik terugskop gee en dir checkkering sal nie sommer afvryf en afslyt nie...dit is ook makliker om te leer checkker met 16 lyne per duim cutters.
Jy moet werklikwaar glad nie druk op die snybeitels terwyl jy die patroon uitleg doen nie.
Jou arm moet in lyn met die rigting van die "center lines " wees...
Die "center lines" moet absoluut korrek, reguit en diep genoeg wees sodat die "left cutter se gladde lem mooi in die centre line moet beweeg...gebruik `n stuk maatband se lint en plak dit vas met maskeerband sodat die gids lyne perfek getrek kan word..dit is die absoluut mees belangrikste lyne wat jy tydens die proses sal trek.
http://i594.photobucket.com/albums/tt24/GertOdendaal/P1010318.jpg
Die left space cutter moet skuins gehou word wanneer die eerste haal gesny moet word sodat die gladde lem mooi kan gly en die voor kan volg...
Dan moet jy die left space cutter absoluut horisontaal/waterpas/gelyk gehou word net lig genoeg dat jy `n fyn weerstand ervaar as jy die volgende voor begin sny...
Dan eers stoot jy die "lay out cutter " deur die voor sodat die voor net diep genoeg is om as `n fyn lyn te vertoon en diep genoeg dat die gladde lem van die "left space cutter" mooi kan gly in die voor/lyn sodat die volgende voor begin gesny kan word....dit is baie belangrik om die proses oor en oor dieselfde te doen...die verskillende beitels elke keer dieselfde te gebruik...dit gee eenvormigheid..en mooi snitte...
Hier is die beitels soos ek hulle in rangvolgorde gebruik, mjy kan definitief verskil met die volgorde...
http://i594.photobucket.com/albums/tt24/GertOdendaal/P1010332.jpg
http://i594.photobucket.com/albums/tt24/GertOdendaal/P1010346.jpg
Ek begin weerskante met albei gids lyne(center lines) sodat die cutters nie te veel weerstand moet opbou as ek dwars oor die een rigting beweeg nie...
As die hele patroon uitgele is dan sal dit `n waarneembare fyn kruislyn/diamant vorms wees wat plat voorkom....nou het jy die hele layout oefening gedoen....as jy die buitelyne van die patroon ook reeds getrek het moet jy glad nie oor die grens gaan nie...die "border " sal darem ook `n strepie of twee wegsny...maar as jy te ver oor die voorlopige grenslyne gegaan he sal jy dit moeilik kan toemaak...
Die v-tool is dan die belangrikste apparaat om die lyne tot in die grenslyn in te sny..die v-tool is regtig sekerlik die belangrikste sny apparaat in die hele proses...
Dan begin die werklike werk...om die diamante op te lig...voor ek by die prosedure kom sal ek die hele proses rakende die "lay out " van die proses probeer verduidelik met fotos soos ek dit ervaar het...elke persoon sal die proses anders beleef en moontlik die tipe sny beitels anders aanwend as ek...die proses is soos ek dit ervaar en doen...as jy dit self doen sal jy moontlik anders tewerk gaan...nog `n paar fotos:
http://i594.photobucket.com/albums/tt24/GertOdendaal/P1010314.jpg
http://i594.photobucket.com/albums/tt24/GertOdendaal/P1010357.jpg
http://i594.photobucket.com/albums/tt24/GertOdendaal/P1010376.jpg

