Metode nr 6 - Helikopters/vliegtuie

Ambessa

Re: Metode nr 6 - Helikopters/vliegtuie

Post by Ambessa »

Hallo Chris
CHRIS wrote:...Eers klaar skiet dan betaal... ...Net a tip vir ouens wat gaan Chopper skiet. Vind uit hoe lank se vlieg tot by jou... ...daai fan begin draai loop die uur meter en onthou vra wat dit kos om chopper van bv PE af by jou te kry en deel dit deur ure wat jy dink die distrik gaan kos
So gereken. Dit is die totale koste (vliegtyd / dalk vervoer per pad) wat verskuldig is. Hoe nou gemaak as die finale rekening te groot (vir die deelnemende boere) is - ongesiens hoeveel roofdiere geklink is?

Ambessa
User avatar
MEERKAT
Hero Member
Hero Member
Posts: 737
Joined: Sat Feb 07, 2009 8:41 pm

Re: Metode nr 6 - Helikopters/vliegtuie

Post by MEERKAT »

Chris

Hier by ons vervoer hulle die chopper met waentjie tot by jou (R3.50 /km heen en weer) daarna R2800.00
per uur, geen jakkals koste. 

Nou die oggend plaas deurgevlieg waar blykbaar 12 jakkalse moet wees maar niks gesien. Weet vir feit daar is nog 1 teef met 3 jonges oor, groot reun nou die aand geskiet. 

Met die bedraggie kon grondspan redelik lank gekamp het onder doringboompie.

Sal Ambessa laat weet wanneer die grondspan hulle verongeluk het.

Mooi loop en bly op die grond

Knou goggas af
MEERKAT
User avatar
Freddie101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1384
Joined: Fri Dec 19, 2008 11:39 am

Re: Metode nr 6 - Helikopters/vliegtuie

Post by Freddie101 »

Chris/Meerkat
Die chopper was laasjaar by ons ook en dit was maar n duur speletjie. Het nie syfers per dier geskiet nie. Weet egter dat hy by een spesifieke boer R12 000 uitgevlieg het sonder enige kill.
freddie
yol bolsun
Ambessa

Re: Metode nr 6 - Helikopters/vliegtuie

Post by Ambessa »

Hallo Freddie101
Freddie101 wrote:...chopper was laasjaar by ons ook en dit was maar n duur speletjie... ...by een spesifieke boer R12 000 uitgevlieg het sonder enige kill.
...rede? Baie geld gehad om te betaal? Die nuutjie om 'n woer-woer jag te kon hou (sonder 'n karkas)?

Ambessa
User avatar
Freddie101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1384
Joined: Fri Dec 19, 2008 11:39 am

Re: Metode nr 6 - Helikopters/vliegtuie

Post by Freddie101 »

Ambessa wrote:
...rede? Baie geld gehad om te betaal? Ambessa
Oom am
Nee as mens baie verliese het dan traai n mens maar enigiets.
Freddie
yol bolsun
User avatar
CHRIS
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 435
Joined: Mon Feb 02, 2009 12:42 pm

Re: Metode nr 6 - Helikopters/vliegtuie

Post by CHRIS »

Freddie

Dit
Freddie101 wrote:
Ambessa wrote:
...rede? Baie geld gehad om te betaal? Ambessa
Oom am
Nee as mens baie verliese het dan traai n mens maar enigiets.
Freddie
is eintlik maar die kort en lank van die saak
User avatar
CHRIS
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 435
Joined: Mon Feb 02, 2009 12:42 pm

Re: Metode nr 6 - Helikopters/vliegtuie

Post by CHRIS »

Taffie

Het jy my foto gekry van die chopper se stickers, 1 aan elke kant. Wit R44 primus.

Groete Chris
Ambessa

Re: Metode nr 6 - Helikopters/vliegtuie

Post by Ambessa »

Hallo Chris / Freddie101
CHRIS wrote: Nee as mens baie verliese het dan traai n mens maar enigiets... ...
is eintlik maar die kort en lank van die saak
Dankie. Het groot simpatie vir die boere se frustrasies rondom verliese. Wonder steeds hoekom 'n beplande landoffensief wat voorgestel is (dink Tafjak het dit ges??), nie meer gereeld oorweeg en gebruik word nie. Ek lees heelwat van 'n geko?rdineerde optrede in so 'n aksie?

Nog 'n vraag waaroor ek steeds nie voldoende antwoorde ontvang het nie: wat het daarna gebeur? Het die rooies net tydelik 'n bietjie laaggel? (uit respek/vrees vir die geluide) en later maar weer koes-koes met hulle optrede onder die vee voortgegaan?

Hoor graag verder op die een?

Ambessa
Last edited by Ambessa on Sat Mar 27, 2010 10:55 am, edited 1 time in total.
User avatar
CHRIS
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 435
Joined: Mon Feb 02, 2009 12:42 pm

Re: Metode nr 6 - Helikopters/vliegtuie

Post by CHRIS »

Nog 'n vraag waaroor ek steeds nie voldoende antwoorde ontvang het nie: wat het daarna gebeur? Het die rooies net tydelik 'n bietjie laaggel? (uit respek/vrees vir die geluide) en later maar weer koes-koes met hulle optrede onder die vee voortgegaan?
/quote]

By my is niks uit lig gesien nie, 2 dae later is 1lam gevang en 2 dae later weer 1lam, toe vang ek jak in yster, jong teef met skaap vleis in pens, nou is dit stil. ??? ??? ???

Waar chopper gevlieg het laasweek is daar met 2 geleenthede op jakkies afgekom, elke keer het die boere nie roere gehad nie.
oom Amm op jou vraag? Maar weer koes koes voortgegaan
User avatar
Rudie Combrinck(9mm)
Full Member
Full Member
Posts: 114
Joined: Sun Dec 13, 2009 11:44 am

Re: Metode nr 6 - Helikopters/vliegtuie

Post by Rudie Combrinck(9mm) »

Het in ons omgewing geskiet geen sukses by my self nie. In n baie groot area wet gevlieg is +- seker 30 000ha skat ek asek die hoeveelheid boere vat in omgewing wat saam betaal het. Elk van ons het per hektaar betaal. Daar is 17 jakkies geskiet wat ek dink is baie min vir so groot gebied en die hoeveelheid geld. Bowenal is al wat n trekspringbok deur my drade.
2 Dae na helikopter weg is het jakkalse my erg begin vang 3 lammers in een nag. Het n reun en teef geskiet met roeper2nagte later en probleem het gestop.
Dis my ondervinding van n helikopter.
Groete Rudie
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: Metode nr 6 - Helikopters/vliegtuie

Post by Hein M. »

'n Pel van my vlieg 'n kleinerige tjopper iewers in die Oos-Kaap vir cullers en jakkie jagters.  Hy s? daar word met 'n semi-outo haelgeweer geskiet en die skut hang in 'n harnas.  Klink na iets wat net 'n pro sal doen.

Hein M.
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
User avatar
Biker
Hero Member
Hero Member
Posts: 812
Joined: Sun Feb 07, 2010 12:19 pm

Re: Metode nr 6 - Helikopters/vliegtuie

Post by Biker »

Hein

Daai ou wat in die harnas hang..... Moet dit saggies tik dat sy versekeraar nie hoor nie. Hoe meer dae hoe meer dinge ;D

BIKER
Ambessa

Re: Metode nr 6 - Helikopters/vliegtuie

Post by Ambessa »

Hallo Hein
hein wrote:...skut hang in 'n harnas.  Klink na iets wat net 'n pro sal doen.
...pro wat kan ek net wonder? Dra die vriend egte camo of lyk dit maar so bevlek?  ;D

Ambessa
Last edited by Ambessa on Thu Apr 29, 2010 9:06 pm, edited 1 time in total.
Ambessa

Re: Metode nr 6 - Helikopters/vliegtuie

Post by Ambessa »

Hallo Rudie Combrinck(9mm)
Rudie Combrinck(9mm) wrote:...baie groot area wet gevlieg is +- seker 30 000ha... ...2 Dae na helikopter weg is het jakkalse my erg begin vang 3 lammers in een nag.
Klink dit nie bekend nie? Wat was die koste per rooijakkals?

Ambessa
User avatar
Rudie Combrinck(9mm)
Full Member
Full Member
Posts: 114
Joined: Sun Dec 13, 2009 11:44 am

Re: Metode nr 6 - Helikopters/vliegtuie

Post by Rudie Combrinck(9mm) »

Naand Ambesa
Baie roffweg was die gedoente met die 17 jakkalse so in die omgewing van R2500.00 /JAKKIE
Ons het R3000.00/UUR van opstyg tot gansit betaal en dit is van waar helikopter laaste was. Nie net terwyl hy by ons gevlieg het nie. Dan nog adisioneel per teiken dier R750.00+vat.
Die totale koste is dan deur ons boere gedeel nagelang van hoeveel hektaar jy besit en jy betaal dan vir die hoeveelheid jekkies op jou grond geskiet!
Groete Rudie
Ambessa

Re: Metode nr 6 - Helikopters/vliegtuie

Post by Ambessa »

Hallo Rudie Combrinck(9mm)
Rudie Combrinck(9mm) wrote:...roffweg was die gedoente met die 17 jakkalse so in die omgewing van R2500.00 /JAKKIE
Ons het R3000.00/UUR van opstyg tot gansit betaal en dit is van waar helikopter laaste was.
Dankie. Sou julle reken die aksie was geslaagd of die moeite (koste) werd?

Ambessa
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Metode nr 6 - Helikopters/vliegtuie

Post by JACQUES BOTHA »

RUDIE.
Jy boer ook mos en ek wonner of die boere ook R2500 per jakkals vir die jagter sal betaal?
Ek gaan by my boere ook dieselfde prys gemiddeld vra as wat hulle vir die helikopter gevra het. Nuwe boere kan nog die r/km + jakkalsprys betaal. Sorry vir die boere waar die chopper was het ek nou n spesiale prys---gemiddelde prys minus r500 afslag hoe klink daai vir n bargain???
Groetnis
Jacques
ns. Dalk skiet hulle net die skelm jakkalse met die chopper dan skakel  hulle ons jagters van die lorries af se moeilike manne  uit. Dalk moet ons die boer nog bietjie afslag gee gemiddeld chopper prys minus r800 of hoe?
Shoot straight and tell the truth!
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: Metode nr 6 - Helikopters/vliegtuie

Post by Hein M. »

Ja.  Dit is wat hy s? (oor die harnas en haelgeweer deel).  Ek het vir hom skoolgegee lank gelede, maar sal nou nie weet of hy honnebollie praat nie.  Hy is wel 'n respektabele k?rel, so ek twyfel of hy sommer net in my gesig sal lieg.

Hein M.
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
User avatar
Rudie Combrinck(9mm)
Full Member
Full Member
Posts: 114
Joined: Sun Dec 13, 2009 11:44 am

Re: Metode nr 6 - Helikopters/vliegtuie

Post by Rudie Combrinck(9mm) »

Ambessa
Glad nie geslaagd nie en te duur!
As elke man net sy deel doen omtrent ou jakkie sal die tiepe van duur goed nie nodig wees nie?
Hoe eet n mens n olifant op? Stikkie vir stikkie en aanhoudend!
Groetnis Rudie
User avatar
Rudie Combrinck(9mm)
Full Member
Full Member
Posts: 114
Joined: Sun Dec 13, 2009 11:44 am

Re: Metode nr 6 - Helikopters/vliegtuie

Post by Rudie Combrinck(9mm) »

Jacques
Ek dink jy het n plan! Ek dink ons kan die R/KM biekie opskuif en nog op die plase diesel gooi en miskien nog n (stand establishment)fooi per stand ook daarby ingooi. Dit kan dalk sorg vir maker jakkies m.a.w 1 staanplek 7 jakkies en nie soos deesdae hier by ons 7 staanplekke en as gelukkig is hoor jy darm een antwoord nie!
Groete Rudie
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Metode nr 6 - Helikopters/vliegtuie

Post by JACQUES BOTHA »

rudie.
Dis nie n probellem as hulle nei inkom of antwoord nie...
As daar jakkaklse is en hulle vang en hulle reageer nie...dis wanneer die partytjie begin en dis wanneer die ligte musiek verby is en die rockenroll begin..lag lag
sterkte
jb
Shoot straight and tell the truth!
User avatar
CHRIS
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 435
Joined: Mon Feb 02, 2009 12:42 pm

Re: Metode nr 6 - Helikopters/vliegtuie

Post by CHRIS »

Oom Amm

Van oggend met vrind in Loxton gepraat en hy beweer dat kopter deur dag jakkies skiet en nie net na opkoms of voor sonsondergang nie. Maak vir my sin want dit is tog die geraas wat jakkie henner om te hol. Oom of iemand enige onnervinding van dit. ??? ???

Groete Chris
skyfire

Re: Metode nr 6 - Helikopters/vliegtuie

Post by skyfire »

Jis manne! Julle moet se as daar enige vrae is oor die helikopter! Ek sien CHRIS het klaar al die feite uit gele maar as daar meer is moet julle vra.

Groete,
Roedolf
Ponkie
Hero Member
Hero Member
Posts: 949
Joined: Wed Nov 04, 2009 7:08 pm

Re: Metode nr 6 - Helikopters/vliegtuie

Post by Ponkie »

Hallo Almal

Ek het die week met my Pa gepraat en hy se die Chopper is noe by ons in die distrik. Dis nou Willowmore/Rietbron. As ek nie verkeerd gehoor het nie is die vlieenier van George/Mosselbaai omgewing en die skut is een van die boere by ons in die distrik. Weet hulle het op een plaas 7 jakkalse geskiet, waar ons twee maande terug niks monder as 5 pare gehoor het toe ons daar geroep het.

Groete
Ponkie
22-250 Remington Model 700 VLS
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
User avatar
Rudie Combrinck(9mm)
Full Member
Full Member
Posts: 114
Joined: Sun Dec 13, 2009 11:44 am

Re: Metode nr 6 - Helikopters/vliegtuie

Post by Rudie Combrinck(9mm) »

Roedolf
Vertel asb. van die chopper. Tariewe,hoe dit werk,beste tye, kan hulle slinks raak vir geluid ens?
Groete Rudie
Post Reply