Metode Nr 1 - Gif

Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Metode Nr 1 - Gif

Post by Louis102 »

J

Ek deel jou siening rondom die forum en daarom het ek besluit om meer male van my te laat hoor.  Was aanvanklik eers net 'n toeskouer maar het besluit dit lyk lekker hier voor in die skrum.

Ja, ek is van die Dorsland (oorkant die Gariep) So julle beter julle paspoorte in orde kry as julle my wil iets aandoen. ;)  Ons het sommer goed gere?n gekry - uiteindelik en baie dankbaar.  Die weer trek ook lekker diep in die weste in, wat nogal uitsonderlik is.

Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
LMB
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 309
Joined: Sat Jan 03, 2009 4:59 pm

Re: Metode Nr 1 - Gif

Post by LMB »

Louis/Jacques.
Om op so `n openbare forum jou uit te laat oor `n onderwerp stel jy jouself baie bloot. Ek dink egter dat die saak, op die stadium, die blootstelling regverdig.
Mens kan idees wissel en ander se opinies van `n saak kry sodat jy die dalk onpraktiese idee waarmee jy in jou kop loop kan laat toets.
Die hele idee is mos om die probleem opgelos te kry met alle moontlike opsies oorweeg. Die geheim bly om by die onderwerp te bly, nl. probleemdier beheer, en nie "visie" te verloor, veral met party groepe se optrede. 
Huidiglik kan ons nie bekostig om een moontlike oplossing uit te los nie.
Ek bly nog steeds glo dat die regte gif, verantwoordelik gebruik, `n belangrike deel van die oplossing kan wees.
By ons in die ekstensiewe dele waar ons geen ander inkomste het, of ons eie voer kan produseer, is hierdie goed besig om ons plase onder ons uit te vreet, veral as dit saam met `n droogte kom.

Groete
Lukas
Stuur vir ons ook re?n, julle maak ons wragtig jaloers!
User avatar
Yalair
Hero Member
Hero Member
Posts: 917
Joined: Wed Dec 03, 2008 12:48 pm

Re: Metode Nr 1 - Gif

Post by Yalair »

Gif word uiteraard oral gebruik, soos onlangs weer gehoor dat natuurbewaring visse daarmee wil doodmaak, maar as dit by probleemdiere vir landbou kom, is alles onwettig.

Ja dis waar hulle wil forel uitwis uit sekere riviere was op tv gewees natuurbewaring het bevestig en beduie hoe hulle dit gaan doen. Vat deel van rivier en gooi gif in verwoes als en wag dat dit met tyd weer sal herstel. Het nie saak met mense wat lewe maak uit die bedryf.
User avatar
Yalair
Hero Member
Hero Member
Posts: 917
Joined: Wed Dec 03, 2008 12:48 pm

Re: Metode Nr 1 - Gif

Post by Yalair »

LMB
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 309
Joined: Sat Jan 03, 2009 4:59 pm

Re: Metode Nr 1 - Gif

Post by LMB »

Yalair

Dankie.
Dit is die voorval met die forelle waarna verwys is. So sal ons agter die waarheid kom. Die volle waarheid en niks minder nie.

Groete
Lukas
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Metode Nr 1 - Gif

Post by Louis102 »

Nog 'n gedagte.

Sal jy iemand verkwalik as hy die wet verbreek deur te vinnig ry?  En as daar 'n siek persoon in die voertuig is wat dringend mediese hulp nodig het?  Wat van as hy laat is vir 'n vlug of 'n belangrike afspraak?  Wat van as hy dronk is en/of dit vir die sports doen?

Ek moedig niemand aan om gif te gebruik nie.  Inteendeel, hou by die wet!  Gaan ek iemand verkwalik wat gif as laaste uitweg, verantwoordelik probeer gebruik?  Nie ek nie.

Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
projag

Re: Metode Nr 1 - Gif

Post by projag »

Ek s? as die manne nie meer mag skiet nie gaan hulle gif. Dit was nog altyd die laaste moedelose uitweg en sal so bly  en dan het CN totaal beheer verloor en nie meer 'n doel om te dien nie.
User avatar
Yalair
Hero Member
Hero Member
Posts: 917
Joined: Wed Dec 03, 2008 12:48 pm

Re: Metode Nr 1 - Gif

Post by Yalair »

Ek stem saam in die ou dae het al wat 'n boer was gif gegooi want dis al uitweg. Met vandag se metodes is dit nie so nodig nie as ek so op die forum kyk veral hier is boere en jagters wat als reg en mooi probeer doen net om te oorleef, nou word hulle gekastei. Maar dwing die boer weer in daardie rigting en hy sal verseker weer gif gooi. Sekere mense in ons land se hulle moet steel om aan die lewe te bly dan word hy nie eers oor die vingers getik nie, kry net 'n mooi so en gaan huis toe , dwing die boer om weer gif te gebruik om aan die lewe te bly en hy sal.
projag

Re: Metode Nr 1 - Gif

Post by projag »

Die opkomende boere wat ek ken het nog omtrent almal gif gegooi en het met hulle ooreengekom dat ek verniet by hulle sal skiet dan moet hulle nie gif gooi nie. So hulle gooi maar net weer gif maar s? net niks. Verder maak hulle als dood wat 'n gat kan grawe vir die jakkals om deur te kruip. Hulle lag net oor ons opgewondenheid met CN en bly die onskuld self.
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3311
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Metode Nr 1 - Gif

Post by Christo »

Gif kies nie sy teikenprooi nie. Sal 'n kwade dag wees as dit al uitweg(hoe onwettig dit ook mag wees) is wat oor is vir boere om te bly bestaan. Die CN sal dan seker as mede beskuldige in die banke moet staan.

Christo
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
jaracal
Administrator
Administrator
Posts: 1886
Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm

Re: Metode Nr 1 - Gif

Post by jaracal »

Enkele dodelike dosis gif
Alhoewel ek nie self gif gebruik nie wil ek tog die volgende aanmerkings maak. Gif word deur talle boere gebruik of dit nou onwettig is of nie. Dit kan nie gepolisieer word nie en word die natuur erg beskadig deur veral die strooi van gif. Dit is 'n goedkoop manier om van probleme ontslae te raak    alhoewel nie altyd suksesvol nie, maar is geen metode 100% suksesvol nie. My aanbeveling is wettig 'n gif soos 1080 vir die gebruik in 'n enkele dodelike dosis aas. Dit sal voorkom dat ander meer skadelike gifstowwe gebruik word. Gif word in klein areas/oppervlaktes gebruik en indien 'n gif wat afbreek of onskadelik is vir ander diere gebruik word, sal dit geen effek h? op die res van die ekologie nie. Die waarde van 'n onskuldige dier wat gedood word soos byvoorbeeld 'n Kaapse vos of Bak-oor moet opgeweeg word teen die finansi?le verlies van die boer. Stede, plantasies, lande en alle ontwikkeling word ten koste van die natuur tot voordeel van die mens gedoen en in al die jare van die gebruik van gif was die kleiner diere soos die Kaapse vos ens nog nooit tot uitwissing deur gif gedryf nie. Dit was die roofvo?ls en aasvo?ls wat daaronder gelei het. Waak teen die vergiftiging van karkasse maar plaas 'n instrument in die boer se hand om sy probleem aan te spreek.

Oor die aanvaarbaarheid van die gebruik van gif: Dit is algemeen aanvaarbaar om rotte en muise te dood met gifstowwe en is daar geen rede volgens my hoekom gif op 'n verantwoordelike manier nie ook gebruik kan word in die bestryding van probleemdiere nie.

Gifskieters/Coyote getter/Fox Buster/M44
Behalwe vir die bepaling van die vuurwapen wet glo ek dat die apparaat ook doeltreffend in die geveg teen probleemdiere gebruik kan word. Die gif werk ontsettend vinnig en is daar geen leiding by die dier nie. Al die redenasies van 'n enkele dodelike dosis gif kan ook hier gebruik word. Hierdie is die spreekwoordelike enkele dodelike dosis.

Gifhalsbande
Gifhalsbande is seker die mees selektiefste metode van beheer. Die dier wat die skade veroorsaak word ge?limineer. Die ontwerp moet verander word om jonger lammers te pas en moet 'n gif gebruik en gelisensieer word wat die dier gouer laat vrek. Dit is egter arbeidsintensief en duur.

Die totale dokument kan onder downloads afgelaai word.

Groete

Hein
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
User avatar
Caller
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 449
Joined: Thu Jan 08, 2009 4:43 pm

Re: Metode Nr 1 - Gif

Post by Caller »

Almal

Mense luister tog nou mooi en probeer tog asseblief onthou wat ek hier s?.

Die probleem met gif IS NIE DIE GIFSTOF (chemikalie) SELF NIE, dit is DIE METODE VAN AANWENDING WAT DIE PROBLEEM IS.

Gif werk net wanneer dit ge?t word. Ons plaas gifstof in 'n LOKAAS sodat die dier dit moet EET. Deur dit te doen, maak ons die metode onselektief omdat ander nie-teikendiere ook die LOKAAS sal eet.

Ons kan nie gif in 'n LOKMIDDEL plaas nie, want dan eet geen dier dit nie. 'n Lokmiddel (hang af van wat en hoe jy dit gebruik) maak 'n metode uiters selektief.

Indien ons dus die tegniek so kan ontwikkel dat net die teikendier die gif sal inkry (let wel, NIE EET NIE!!!!!!!), dan gebruik ons die dodelikste gif (wat die dier die vinnigste/pynloosste) sal laat vrek.

Inderdaad het ons reeds so 'n tegniek ontwikkel, DIE GIFHALSBAND. Na my menning is 1080 nie die beste gif vir 'n gifhalsband nie, maar dit is al 'n stap in die regte rigting, ten minste. Hierdie is die een voorbeeld waar gif WETTIG en uiters selektief aangewend word en waar die skade aan die natuur feitlik NUL/ZERO is. So ons het reeds 'n wettige gif metode tot ons beskikking.

Gifskieters en enkel dodelike dosisse, WERK NIE DIESELFDE NIE!!!. Gifskietters werk met sianied en die dier wat die gifskieter LOKAAS optel, voer NET EEN AKSIE UIT dan is hy DOOD. 'n Dier wat 'n enkel dodelike dosis LOKAAS optel (let wel, optel!!!) het reeds een aksie uitgevoer en dan het hy nog 'n keuse en moet hy 'n TEEDE AKSIE UITVOER, wat sal bepaal of hy gaan VREK of gaan bly LEWE. Hy kan die lokaas UITSPOEG (wat baiemaal gebeur) en dan oorleef hy gewoonlik. Of hy moet die lokaas INSLUK en dan vrek hy.

Sianied veroorsaak nie sekond?re vergiftiging nie. Die meeste enkel dodelike dosis giwwe, wel. Sianied is vreeslik onstabiel (breek af wanneer dit met lug/vog in aanraaking kom) en die meeste giwwe in enkel dodelike dosisse is juis nie onstabiel nie, omdat dit dan 'n nuttelose tegniek sal wees. 

Dus, wanneer 'n dier die gifskietter getrek het dat hy afgaan is hy dood, maar by 'n enkel dodelike dosis is dit nie 'n uitgemaakte saak nie en dan het jy die dier (lees rooijakkals) geleer. 'n Ander nie-teikendier kan dan gedood word met die gif wat uitgespoeg word en/of sekond?re vergiftiging veroorsaak.

Caller

   
Dit is nie wat jy doen nie, maar hoe jy dit doen.
LMB
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 309
Joined: Sat Jan 03, 2009 4:59 pm

Re: Metode Nr 1 - Gif

Post by LMB »

Alhoewel ek reeds my opinie uitgespreek het rondom gif wil ek net weer aansluit by wat ges? is.
Ek dink daar word al meer aanvaar dat gif `n belangrike deel van die oplossing is. Rondom selektiewe gebruik daarvan asook lokmiddel verwys ek weer na my voorstel van `n gif wat aan die lam gesmeer moet word.
Die lam is die lokmiddel, baie effektief en die aanwending kan ook nie meer selektief wees nie.
Die lam kan maar agter gevang word of gevreet word, die gif is daar aangewend.

Gifhalsbande is reeds ontwikkel, maar glad nie efektief nie met  baie nadele.
Die huidige gifhalsband is;
1. Moeilik en tydsaam om aan te sit.
2. Moet saam met ander metodes (klokkies/kollars) gebruik word as al die lammers nie gifhalsbasnde kan kry.
3. Die bande het blink gespes ens wat probleemdiere afskrik.
4. Die bande sny die lammers se neuse tot op die been stukkend of soms die lippe. Glad nie `n mooi gesig.
5. Lammers moet 2 weke na behandeling met gifhalsbande weer gekraal word, kort een lam weet jy nie of hy gevang is, iewers vas sit of dalk siek is agv punt 4 nie.
6. Duur en het`n kort leeftyd.
Ek gebruik gifhalsbande al vir 2-3 jaar, die effektiewitiet neem elke jaar af. Jy eindig na 3 jr waar die lam van agter gevang word, net soos met alle ander metodes wat die nek beskerm.
So, dit mag wettig wees, maar ongelukkig na my mening nie effektief nie en die boer eindig maar weer by onwettige effektiewe metodes!!

Groete
Lukas
User avatar
MEERKAT
Hero Member
Hero Member
Posts: 737
Joined: Sat Feb 07, 2009 8:41 pm

Re: Metode Nr 1 - Gif

Post by MEERKAT »

Sien in Landbou weekblad 26 Febr 2010

Iemand beweer dat indien jy gif onder 'n klein afdakkie sit jy voeltjies van bo sal beskerm maar jy moet dit hoog genoeg opsit dat slegs die teiken spesie jakkalse en katte dit kan bykom.

Daar kom nou nog 'n ding by arsenaal, maatband

Wie het al aan sooooooo plan gedink
Weeeeeeeeeetie so mooi

Knou goggas af
MEERKAT
Post Reply