Page 2 of 3
Re: S & O Prys verandering?
Posted: Wed Jun 20, 2012 4:28 pm
by Reggie Gerber
Piet
You have hit the nail on the head the one hand must wash the other
Reggie
Re: S & O Prys verandering?
Posted: Wed Jun 20, 2012 4:39 pm
by VdWalt
Some you win, some you lose - ek voer nou pakkie
Interbonds van die Kaap af in.
Posgeld ingesluit nog steeds goedkoper as enige plek in GP.
Re: S & O Prys verandering?
Posted: Wed Jun 20, 2012 4:42 pm
by Gerhard
Piet Breedt wrote:
Het een van julle al ooit sit en dink hoeveel admin dit moet vat om so n winkel se voorrade te beheer en aan te koop, en meestal daarvan oorsee en dan nog te moet wag daarvoor voor dit deur die hele proses gegaan het voor dit op die rak kan verskyn, en dan nog tred te moet hou met al die belastings en doeane vooie?
Baie van die ander winkels voer nie self in nie, en koop by die groothandelaars wat dit baie makliker maak om voorraad aan te koop, as om dit self oorsee te doen.
Ek weet Piet,
My DC waar ek alles "Brand" klere reekse onder andere Guess het dra amper R200mil se stock...
As DC Manager is ek verantwoordelik om die proses te dryf van na die aankoper die order geplaas het tot dat ek die klere in die winkel af gelaai het...
Dit is hoekom ek van Mei maand n solid 70 ure in 5 dae werks week werk en nog nie n voet weer in die veld gekry het nie... Die FYE Stock take is n groot stress...
Wonder of S&O dalk op soek is na n Supply Chain Spesialist... lol
Re: S & O Prys verandering?
Posted: Wed Jun 20, 2012 4:54 pm
by Zack Benade
Gerhard jy is die man wat verantwoordelik is dat ek nie baie kan jag nie

My seuns is DC mal en ek kan nie voorbly nie. Sies man, skaam jou

Dan is die goed ook nie goedkoop nie.
groete
Zack
Re: S & O Prys verandering?
Posted: Wed Jun 20, 2012 5:05 pm
by Gerhard
Zack Benade wrote:
Gerhard jy is die man wat verantwoordelik is dat ek nie baie kan jag nie

My seuns is DC mal en ek kan nie voorbly nie. Sies man, skaam jou

Dan is die goed ook nie goedkoop nie.
groete
Zack
Zack,
DC in my wereld staan vir Distribution Center ...

Re: S & O Prys verandering?
Posted: Wed Jun 20, 2012 5:08 pm
by Zack Benade
Dankie Gerhard, Jy's vergewe

Re: S & O Prys verandering?
Posted: Wed Jun 20, 2012 5:09 pm
by Gerhard
Zack Benade wrote:
Dankie Gerhard, Jy's vergewe
He he he he
Dankie tog... lol
Re: S & O Prys verandering?
Posted: Wed Jun 20, 2012 5:19 pm
by Pvdw
Baie van die ander winkels voer nie self in nie, en koop by die groothandelaars wat dit baie makliker maak om voorraad aan te koop, as om dit self oorsee te doen.
Piet maak die direkte invoer nie juis dat 'n produk nog goedkoper sal wees as wat jy dit by die middelman koop nie. As dit erg baie moeite is om self in te voer en dit maak nie veel prysverskil nie hoekom nie net soos ander winkels by die ander invoerders koop nie??
Help my as ek die kat aan die gat beet het.
Peet
Re: S & O Prys verandering?
Posted: Wed Jun 20, 2012 5:33 pm
by Zack Benade
Stem saam Peet.
Dit maak jou winsgrens net nog groter as jy die middelman uitsny.
Re: S & O Prys verandering?
Posted: Wed Jun 20, 2012 6:33 pm
by blaser
Dis overheads wat die groot winkels so duur maak
Dan stem ek saam met beretta alle prys verhogens is nie altyd die wisselkoers se skuld nie
Re: S & O Prys verandering?
Posted: Wed Jun 20, 2012 7:04 pm
by Jagtersdok
Manne
Ek dink geweer winkels val maar na ander se smaak en ja almal gaan items he wat goedkoper is as ander plekke, en ander weer duurder. So as jy rondshop kan jy goedkoper reg kom in wat jy direk betaal, maar as jy al die brandstof geld uitry en saam tel werk dit heelwat duurder uit.
Safari gee goeie diens, dra groot vooraad en meeste is immers vriendelik.
Die wisselkoers het van die manne heelwat gepiets en dit hang eintlik maar af wanneer die orders vir die vooraad geplaas word hoe hard dit stamp.
Ek hou van die winkel, daar is darem altyd 'n afslaggie vir kontant en die winkel doen baie vir jag en skiet in ons land.
Re: S & O Prys verandering?
Posted: Wed Jun 20, 2012 8:12 pm
by Ru 270
Manne
Ek geniet die forum baie, ek is nognie so lank lid nie, maar ek lees al vir 'n rukkie al die bydraes, stories en na die experts se raad ens.
Ek het nie die onderwerp of post begin nie, ek is verseker ook nie op hierdie forum om ander te kritiseer, ander se besighede af te kraak of 'n trol onder 'n skuilnaam te wees nie. Ek begin nou eers die vrymoedigheid te kry om te post en 'n bydra te lewer, my bydrae is en was as opbouende kretiek en ek hoop dit word so gesien.
Eerstens, ek ondersteun al vir Willem en S&O van hul dae as Digital Image Warehouse in S'Bos af.
Tyd is deesdae 'n skaars kommoditeit en e-commerse of goedere oor die internet verkoop raak 'n integrale deel van enige besigheid se bemarkings strategie en verkope uit.
Met hedendaagse tegnologie is daar minder admin was gepaard gaan met voorraad kontrole, prys sisteme en bestellings plaas, so die addisionele admin rompslomp argument tel nie in my boeke nie.
Ek was net nogal bitter teleurgesteld in die feit dat hul prys op die website R150 is en in die winkel is die prys R250, dis 66% meer! Ja, ek kon dit maklik onder hul aandag bring, die produk los en selfs onder die nuwe verbruikerswet op die geadverteerde prys aandring. Ons manne weet darem almal hoe daai winkel op 'n saterdag lyk en en het die winkelprys betaal!
Na 'n bietjie se dink die afgelope paar dae en na aanleiding van post op hierdie einste forum oor hoe ons as Suid Afrikaners (lees ook Afrikaners, Boere ens) te maklik iets aanvaar het ek my voorbeeld genoem.
Ek self is in finansieele dienste so ek verstaan en neem alle ekonomiese faktore in ag en ek gun enige en elke man wat 'n onderneming besit en bestuur sy of haar reg om winsgewend te wees, maar hou asb die volgende in ag:
Om van R600 na R770 te beweeg is meer as 28% styging, selfs die verskil in die enkel hoogste en enkel laagste wisselkoers die afgelope 12 maande (R6.67 per Dollar) en (R8.53 per Dollar) in ag neem kom mens nie by 28% uit nie. Ek twyfel of S&O stydsberekening so swak was om die ou vooraad teen die laagste koers en die nuwe vooraad teen die hoogste koers te koop, maar dit daar gelaat!
Ek gee toe dat my persoonlike ervaring van 'n prysverskil dalk net 'n probleem op hul voorraad of pryssisteem is, meer ek sou tog graag wou hoor hoe 'n prys met 28% kan styg, nie eens brandstof of Eskom krag ervaar sulke prysverhogings nie.
Aan oom Piet, ek respekteer oom verskriklik baie en sal nog by oom wil tips "steel" vir my nuwe Savage 25-06 wat terloops by S&O saam nuwe teleskoop gekoop is? Maar ek stem nie saaam oor die borgskap redenasie nie!? Is die nie half soos om te se Fidentia het die Boland rugby geborg en nog vele ander borgskappe aan gegaan nie.... Ek speel maar vanaand bietjie duiwels advokaat, ek hoop oom sal my nog met ladings vir die 25-06 help asb!
Ek luister graag
Groete
Ruan
Re: S & O Prys verandering?
Posted: Wed Jun 20, 2012 10:18 pm
by Piet Breedt
Ja, die hele idee van self invoer is om die middelman uit te sny en die beste pryse aan die klient te gee, en so jou verkope te vergroot, maar om so n groot winkel met so baie voorraad wat so vinnig gegroei het 100% te bestuur en elke prys behoorlik te kontroleer is nie n maklikke taak nie.
S & O hou miljoene rande se voorraad aan wat nie vinnige verkopers is nie, net om n behoorlikke en profesionele diens te lewer aan ons wat nie dit by enige ander winkel kan kry, en daardie voorraad neem baie dooie kapitaal op. Om items by n groothandelaar aan te koop is maklik en vinnig, en boonop hoef jy nie n groot voorraad te dra nie. In sommige gevalle is dit dus meer ekonomies om dit dan by die groot handelaar te koop, as om self in te voer. Meeste groot oorsee se wapen en verwante handelaars vereis n baie groot bestelling wat vooraf betaalbaar is voordat hulle dit hier na ons klein landjie toe stuur. Dit maak dat die winkels wat wel daardie roete volg, enorme bedrae vooruit moet betaal, en dan nog baie lank moet wag vir voorraad om te arriveer.
Meeste groothandelaars spesialiseer in slegs n paar items, en dit is gewoonlik vinnige verkopers, dus hoef hulle nie die enorme kapitale uitleg aan te gaan vir spesifieke items wat niemand anders aanhou, maar wat nie groot bedrae geld inbring, maar wel n goeie diens lewer aan sy getroue kliente soos wat S & O doen.
Om S & O met Fidentia te vergelyk wat mense se geld gesteel het is darm nie regverdig nie, en ongevraagd. Dit is jou reg om te koop net waar jy wil, en as jy net bargains koop, is dit ook reg, maar volgende keer as jy vir Safari wil vra vir afslag, loop dan eerder en gaan koop die item by n ander plek. Hulle was nog altyd bereid om te kibbel oor die prys. Onthou ook om hul te s? dat hulle die item wat jy by hulle wil koop wat op daardie stadium die goedkoopste is by hulle, so bietjie duurder te maak om by dieselfde prys uit te kom as by die opposisie. Dan doen ons mos lekker mee aan price fixing. Ons kan tog sekerlik nie verwag dat hulle met elke item elke keer die goedkoopste moet wees nie.
Ek het nog niemand hoor moan oor die bargains, maar boetie waag dit net om een item duurder te h? as die opposisie dan is die hel los.
Ruan, het jy al ooit probeer borgskappe of pryse uit enige geweerwinkel kry. As jy het, sal jy verstaan watse groot guns S & O ons almal aandoen wat enige skietsport doen. Noem enige noemenswaardige borge van enige van die ander sogenaamde groot winkels of groothandelaars nog ooit. Ek twyfel of jy met R 50,000.00 sal kan wegkom.
Ek help graag met die .25 06, ons mag mos maar elkeen ons menings lig en ek respekteer elkeen se siening. Maar dit is hoe ek dink, en daarom sal ek lojaal bly aan S & O, maar ek koop ook seker eitems by ander winkels en daarmee is daar sekerlik nie fout nie. Elkeen het bestaansreg, en dit is reg so as ons almal ondersteun. Dit is gesond vir besigheid, hierdie mededinging.
Re: S & O Prys verandering?
Posted: Thu Jun 21, 2012 8:12 am
by Armand Steenkamp
Eerstens wil en net se ek is n jong man en ek moet maar elke sent wat ek het omdraai,ek kan dit nie bekostig om alles by by 1 winkel te koop nie,ek koop maar waar ek die beste prys kry.
Ek het op n staduim gal gebraak oor S&O se website nie op datum gehou word nie ,maar in die tussen tyd het die skille van my oe af geval.
Dis nes oom Piet daar se. Daar is nie nog n onderneming wat so baie geld trugploeg in die skietsport nie,en net daroor probeer ek hulle maar so veel as moontlik ondersteun. Ek dink nou maar net wat sal gebeur as hulle nie meer ons skiette wil borg nie?.... Geluk Mr jy is SA se mees veelsydige skut,hiers vir jou n MTM Case guard? Hoop julle verstaan wat ek meen.
Groetnis
Re: S & O Prys verandering?
Posted: Thu Jun 21, 2012 8:28 am
by henried
Gerhard wrote:
Piet Breedt wrote:
Het een van julle al ooit sit en dink hoeveel admin dit moet vat om so n winkel se voorrade te beheer en aan te koop, en meestal daarvan oorsee en dan nog te moet wag daarvoor voor dit deur die hele proses gegaan het voor dit op die rak kan verskyn, en dan nog tred te moet hou met al die belastings en doeane vooie?
Baie van die ander winkels voer nie self in nie, en koop by die groothandelaars wat dit baie makliker maak om voorraad aan te koop, as om dit self oorsee te doen.
Ek weet Piet,
My DC waar ek alles "Brand" klere reekse onder andere Guess het dra amper R200mil se stock...
As DC Manager is ek verantwoordelik om die proses te dryf van na die aankoper die order geplaas het tot dat ek die klere in die winkel af gelaai het...
Dit is hoekom ek van Mei maand n solid 70 ure in 5 dae werks week werk en nog nie n voet weer in die veld gekry het nie... Die FYE Stock take is n groot stress...
Wonder of S&O dalk op soek is na n Supply Chain Spesialist... lol
NEE, jy kan nie daar gaan werk nie

Waar gaan LCA dan weer skenkings kry

Re: S & O Prys verandering?
Posted: Thu Jun 21, 2012 8:53 am
by Beretta
Armand
As jy die beste skut is moet jy altyd n prys wen of nie soos mtm case guard.
Beretta
Re: S & O Prys verandering?
Posted: Thu Jun 21, 2012 9:22 am
by Coenie (Swift)
Manne my 2c
Sien die ding gaan na afgrond.....
Party is gelukkig dat hulle deelneem aan skietsport en dat S&O hulle borg en ietsie gee vir hul baan prestasies. Die deursnee jagter kry nie daai voordeel nie, en al wat oorbly
begin saam met die manne te skiet of dis vrye mark en ons moet maar koop waar dit ons sak pas.
Vir S&O se bestuur wat ook op die forum is, glo en vertrou ek dat hulle sal kennis neem dat die klagte grootliks gaan oor die internet en winkel prys verskille. Dis 'n groot skip om te stuur en dat daar meer aandag aan die komponent gegee moet word, of s? ons is te besig en offer afslag op e-commerce aankope.
Re: S & O Prys verandering?
Posted: Thu Jun 21, 2012 9:38 am
by Marc
Piet Breedt wrote:
Ja, die hele idee van self invoer is om die middelman uit te sny en die beste pryse aan die klient te gee, en so jou verkope te vergroot, maar om so n groot winkel met so baie voorraad wat so vinnig gegroei het 100% te bestuur en elke prys behoorlik te kontroleer is nie n maklikke taak nie.
S & O hou miljoene rande se voorraad aan wat nie vinnige verkopers is nie, net om n behoorlikke en profesionele diens te lewer aan ons wat nie dit by enige ander winkel kan kry, en daardie voorraad neem baie dooie kapitaal op. Om items by n groothandelaar aan te koop is maklik en vinnig, en boonop hoef jy nie n groot voorraad te dra nie. In sommige gevalle is dit dus meer ekonomies om dit dan by die groot handelaar te koop, as om self in te voer. Meeste groot oorsee se wapen en verwante handelaars vereis n baie groot bestelling wat vooraf betaalbaar is voordat hulle dit hier na ons klein landjie toe stuur. Dit maak dat die winkels wat wel daardie roete volg, enorme bedrae vooruit moet betaal, en dan nog baie lank moet wag vir voorraad om te arriveer.
Meeste groothandelaars spesialiseer in slegs n paar items, en dit is gewoonlik vinnige verkopers, dus hoef hulle nie die enorme kapitale uitleg aan te gaan vir spesifieke items wat niemand anders aanhou, maar wat nie groot bedrae geld inbring, maar wel n goeie diens lewer aan sy getroue kliente soos wat S & O doen.
Om S & O met Fidentia te vergelyk wat mense se geld gesteel het is darm nie regverdig nie, en ongevraagd. Dit is jou reg om te koop net waar jy wil, en as jy net bargains koop, is dit ook reg, maar volgende keer as jy vir Safari wil vra vir afslag, loop dan eerder en gaan koop die item by n ander plek. Hulle was nog altyd bereid om te kibbel oor die prys. Onthou ook om hul te s? dat hulle die item wat jy by hulle wil koop wat op daardie stadium die goedkoopste is by hulle, so bietjie duurder te maak om by dieselfde prys uit te kom as by die opposisie. Dan doen ons mos lekker mee aan price fixing. Ons kan tog sekerlik nie verwag dat hulle met elke item elke keer die goedkoopste moet wees nie.
Ek het nog niemand hoor moan oor die bargains, maar boetie waag dit net om een item duurder te h? as die opposisie dan is die hel los.
Ruan, het jy al ooit probeer borgskappe of pryse uit enige geweerwinkel kry. As jy het, sal jy verstaan watse groot guns S & O ons almal aandoen wat enige skietsport doen. Noem enige noemenswaardige borge van enige van die ander sogenaamde groot winkels of groothandelaars nog ooit. Ek twyfel of jy met R 50,000.00 sal kan wegkom.
Ek help graag met die .25 06, ons mag mos maar elkeen ons menings lig en ek respekteer elkeen se siening. Maar dit is hoe ek dink, en daarom sal ek lojaal bly aan S & O, maar ek koop ook seker eitems by ander winkels en daarmee is daar sekerlik nie fout nie. Elkeen het bestaansreg, en dit is reg so as ons almal ondersteun. Dit is gesond vir besigheid, hierdie mededinging.
+1
Ek stem 100%, jy het die reg om te kla as die pryse jou nie pas nie, maar wie is jy om te wil kom re?ls maak as jy nie self in die "game" is nie
As S&O more hulle borgskappe ontrek en hulle produkte goedkoper maak, gaan daar seker nog erger goed te s? wees. Nee wat manne dink eers voor julle oordeel, hier loop 'n fyn lyn hier.
Ek koop onder andere daar en by klein handel winkels, jy sal my nie hoor my opinie so luiters uitbasein nie, daar is rede agter alles en ek glo S&O het hulle sin.
As ek my mag verstout, raai wie is die enigste winkel in SA wat aan my 'n Redding Comp matrys kon verkoop vir die 338 LM toe ek gister al een nodig gehad het

raai wie is die enigste winkel wat vir my die regte bush, onmiddelik, kon pos toe ek een nodig gehad het

raai wie het vir my 'n BR Harris bipod gehad toe niemand naby my kon help nie

o ja en ek kon wraggies nog 'n koppie sawelyf ook daar smul, moet s? ek en die man op die hoek kuier lekker, maar hy het my nog nooit koffie aangebied nie
So gaan die storie aan en aan, ek koop al my "algemene" laai goedtjies by die winkel op die hoek, want ek kan nie altyd 150km afl? net vir primers nie, maar die dag as ek iets regtig dringend soek, is ek al te bly daar is 'n groothandel winkel in stad wat aan die publiek direk verskaf en alles het wat ek soek, self al is hulle soms bietjie duurder

S&O is toevallig ook die enigste "jag" winkel waar my vrou en kinders saam my kan gaan inkopies doen, dit kos ook 'n sent of twee om reg te kry

, as julle "sien"wat ek probeer s?
Mooiloop
Marc
Re: S & O Prys verandering?
Posted: Thu Jun 21, 2012 10:06 am
by spekieries
Niemand oordeel nie, pryse van winkels word bespreek.
Ek neem nie aan die sport deel waar borgskappe gegee word nie. Ek dink S&O is 'b baie bakgat winkel. Ek koop ook by VLT, Camdix en Zimbi en soms by ARMS.
Ek s? weer S&O is 'n baie mooi winkel maar ek wil byvoeg, dit is nie die Alfa en die Omega nie. Ken jou pryse en koop waar dit die goedkoopste is. 'n Vinnige telefoonoproep kos jou min genoeg. Ons almal moet maar 'n Jan van Riebeeck of is dit nou 'n Mandela of buffel so knyp dat sy o? traan.
Is dit nie maar die Vrye Mark Beginsel nie. Kompetisie haal die beste uit al die verskaffers.
Re: S & O Prys verandering?
Posted: Thu Jun 21, 2012 10:23 am
by Marc
spekieries wrote:

Hoor jou Spekkies, en ek sit ook in jou bootjie
Dit gee mens nog nie die reg om S&O {Of enige ander winkel vir die argument} te probeer sleg maak nie, hulle het hulle plek in die mark en glo my as ons hulle uithaal sit SA met 'n GROOT gat, wat maar moeilik sommer net gevul gaan word.
Re: S & O Prys verandering?
Posted: Fri Jun 22, 2012 10:50 pm
by Chrisjan
Ek sien S&O het die prys op die 70gr 250x verander na R720 vanaf R770.
Ek dink dit verdien n thumbs up! Dankie dat die forum lede mekaar ondersteun en dat Safari and outdoor bereid was om ons versoeke te akomodeer.
Vriendelikke Groete
Chrisjan
Re: S & O Prys verandering?
Posted: Sat Jun 23, 2012 8:15 am
by Armand Steenkamp
As n winkel luister na sy klante dan ondersky dit hulle bietjie van die ander. Mooi so S&O.
Groetnis
Re: S & O Prys verandering?
Posted: Sat Jun 23, 2012 9:30 am
by ablm468
Ek sien wat julle s? manne, vir my is dit natuurlik sprekend van die mag van die internet en hierdie forum.
Dit is goed as winkels soos S&O kennis neem van wat mense op forums oor hulle s?, dit beteken hulle luister en gee om vir die beeld wat hulle uitdra onder die jag en skiet gemeenskap. Ek kry opnuut respek vir so 'n organisasie, daar is soveel plekke wat nie eens worry oor wat van hulle in die media en op forums soos die ges? word nie, hulle gaan maar net voort om swak diens te lewer.
Ek sien dat in die toekoms die internet en die forum al hoe magtiger gaan word en dit is ook goed so, hoe anders kan ons as verbruiker, leweransiers op hulle tone hou.
S&O is 'n ho? boom en sal daarom verseker meer wind kry, maar manne moet ook nie goeie of swak diens by ander winkels uitlos nie, ons kan nie net op een ou pik nie. Praat bietjie oor julle ondervinding by ander plekke ook dan is dit gebalanseerd.
+1 vir S&O
Re: S & O Prys verandering?
Posted: Sat Jun 23, 2012 9:07 pm
by Marc
Chrisjan wrote:
Ek sien S&O het die prys op die 70gr 250x verander na R720 vanaf R770.
Ek dink dit verdien n thumbs up! Dankie dat die forum lede mekaar ondersteun en dat Safari and outdoor bereid was om ons versoeke te akomodeer.
Vriendelikke Groete
Chrisjan
+1 S&O

Re: S & O Prys verandering?
Posted: Sat Jun 23, 2012 11:16 pm
by KalahariKlong
Pvdw wrote:
Manne face it, S$O is nie goedkoop nie!!! Ek koop wel ook by hulle maar baie selektief. Dis amper meer die ervaring wat my daarheen trek en ek gee nie om as ek so paar rand meer daar betaal as elders nie maar dan moet dit binne perke wees.
Ek koop so 6 maande terug 'n pakkie interlocks bu hulle en die prys is R420/100. Ek noem toe vir hulle dat ek dit elders teen R260/100 kan koop. Hulle tokkel die rekenaar so bietjie en siedaar, daar loop ek met 2 pakkies by hulle uit teen R260/100.R/$ kan nie vir als blameer word nie
Peet
Jy kan dit sien as 'n goeie ding bv, die manne is bereid om afslag te gee wat dan hulle duurder pryse effens beter maak.
of jy kan maar net wonder hoeveel manne het daai prys betaal en is so deur die ore gewerk.
Soos genoem, elke man se eie keuse waar hy sy geld wil spandeer.
Groete
KK