Page 2 of 2

Re: Barns TTSX 150gn Lading

Posted: Mon Jul 02, 2012 5:29 pm
by Marc
Gerhard wrote:
Marc wrote: Dankie man, vir een of ander rede is die sweetspot hier baie klein, 'n 0,5gr verskil op of af, maak daai groepe oop soos die Grand Canyon  :-\

Daai was teen gemideld 3020ftps, het so 15 skote gemeet vir gemideld  ;) Die ES is so 40ftps.
Ek sal baie tevrede wees met sulke groepe.

Ek gaan nie kop skote skiet met Barnes nie en met daai tipe van groepies sal ek gemaklik voel om bors skote op 250m te skiet.
Dis waar n?  ;D Mens jaag mos altyd daai ietsie ekstra  8) Ek gaan hoeka more bos toe. Daar is 'n waterbok met my naam op, gaan die Barns gebruik, kom ons hoop hy staan v?r genoeg dan ons dalk 'n koe?l kan herwin  ;D Sal in elk geval laat weet oor vleis skade ens  ;)

Ek moet s? die kombinasie werk baie beter met S355 as met S365

Mooiloop
marc

Re: Barns TTSX 150gn Lading

Posted: Mon Jul 02, 2012 5:33 pm
by Gerhard
Ek sal dan ook die 355 roete gaan op my 3006 en die 150gr TTSX'e

Geniet die jag...

Re: Barns TTSX 150gn Lading

Posted: Mon Jul 02, 2012 5:37 pm
by BRNO (Pierre)
Marc, daai groepie darrem glad nie sleg nie! Hoe werk jou patroon lengte nou? Pas die patrone in jou magasyn?

Re: Barns TTSX 150gn Lading

Posted: Mon Jul 02, 2012 8:44 pm
by Marc
Gerhard

S355 laat baie beter dop vulling toe {S365 het tot in nek gel?, amper begin saampers} en het ook geen tekens van druk nie. S365 het begin lol hier by 3000ftps  ;)

Pierre

Ek kan twee in die magasyn inkry. Dis die beste wat ek kan doen, ek het selde in my lewe meer as twee skote op 'n enkele dier moes skiet. So dit gaan nog werk  ;) 

Sal laat weet wat hulle maak oor langer afstande

Mooiloop
Marc

Re: Barns TTSX 150gn Lading

Posted: Mon Jul 02, 2012 9:01 pm
by BRNO (Pierre)
Twee behoort verseker genoeg te wees. Geniet die jag!