Eland Boog jag

User avatar
SV MAD (Henk)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1653
Joined: Thu Aug 11, 2011 12:26 pm

Re: Eland Boog jag

Post by SV MAD (Henk) »

Manne, glo my as ek se dat die vraag oor uit 'n hide jag eties vs oneties is, is al baie bespreek op ander forums. Dit gaan oor elke persoon en sy vaardighede en of jy kan saamleef met dit.

Zack se 'n baie waar ding, boog jag vat baie meer dedication en dissipline as geweer jag. Die boogjagter moet amper elke dag oefen en seker maak sy pyle slaan vas waar hy mik. moet werk aan vorm en ankerpunte ens. As dit reg is sit hy broadheads (lemme) op en dan moet hulle weer getune word tot waar hulle vasslaan waar jy mik. Ek oefen op 50yards, sodat ek 'n gemaklike skoot kan skiet op 30yards. Ek kan sonder moeite 5 pyle in 'n piering groote sirkel sit op 50yards, maar as daai bok staan op 30yards, is dit bitter moeilik om daai pennetjie stil te hou op die killzone agv adrenalien ens.

Hoeveel van die geweerjagters wat jy ken of self skiet, oefen elke dag, al is dit net 4-5 skote? Bitter min, maar dis my opinie.

Jag is deesdae 'n besigheid, en ek weet as ek op 'n plaas kom wil ek graag 'n bok met my boog oes. Sal ek begin stalk as ek nog groen agter die ore is? Nee, want ek weet nie wat ek doen nie en die kans dat ek 'n bok gaan skiet is bitter skraal. Ek gaan gefrustreerd raak en jag ens afmaak as bog en dan verloor di ebedryf 'n potensiele jagter, net omdat mense vir hom gese het dis oneties om uit 'n hide te skiet.
Maar as ek 'n vir paar dae in 'n hide sit en 'n bok skiet, dan sal ek altyd 'n jagter wees en terugkom om nog te jag, en so hou ons die jag-ekonomie gesond.

Ek love dit om 'n in hide te sit, dit is daar waar dit stil is en ek met God kan praat ek kop kan skoonmaak en perspektief weer kry.

Oor oneties ens.
Diere het ongelooflike baie goeie reuk en sig en gehoor sintuie. As mens net 'n sagte poep gee in die hide ruik hulle jou en hardloop, jy moet absoluut stil wees daar binne. Weet jy hoe moeilik is dit om stil jou boog afte haal ens terwyl die bok 20m van jou staan en dit voel asof jou hart uit jou bors gaan klim? Dis bitter moeilik, maar mens moet dit so doen anders kan die bok jou HOOR of SIEN en dan weghol.

Dink jy dit is eties om 'n bok op 100-300m te skiet, waar hy nie eers weet van jou nie? Hy het jou nog nie eers gesien nie, en jy skiet hom? Ek dink dit is oneties, as jy dan moet, bekruip die bok tot op ten minste 80yards en skiet hom dan.

oor bloedvloei ens
Pyle word gemaak om bokke te SNY sodat hulle bloei. Dus 'n bok gaan dood agv bloedverlies. Pyle is nie sterk genoeg om bene af te skiet of kop skote te vat nie, en dit is bitter riskant. So hoekom moan julle as julle n bok sien bloed gooi. In my opinie, hoe meer bloed 'n bok gooi hom vinniger gaan hy val. Weereens, 'n pyl SNY en die bok weet nie eers van die pyl wat hom getref het nie, hy hardloop net en val dan neer agv bloedverlies. Mens kan dit nie met 'n geweer vergelyk waar jy gaan vir kopskote en jy die voorbene afskiet nie. Want skiet jy die voorbene af is daardie bok baie keer nog nie dood nie, hy le daar en versmoor in sy eie bloed. Hoeveel keer word horings en kakebene afgeskiet omdat die geweer skut dink hy is die beste, maar nie baie skiet met sy geweer nie?

Boogjagters wag so 'n paar minute voor hulle uit 'n hide kom, om die dier rustig kans te gee om dood te gaan. Dis 'n teken van respek dink ek. Is daar enige geweer jagters wat eers 'n paar minute wag, of hardloop almal dadelik na die dier toe om die horings te gryp?

Hoeveel geweerjagters bestudeer (en nou vra ek hoeveel het al actual prente gesien van bokke waar die organe en bene sit ens) die anatomie van die bok wat hy wil gaan jag? Bittermin weereens in my opinie, want die koeel wat jy het kan mos enigiets deurdring. So dis reg as jy die bene afskiet maar die vitals mis? Boogjagters bestudeer elke anatomie en weet presies waar sit die skouerbene ens sodat hulle die pyl in die vital triangle kan sit. Myns insiens is meer boogjagters beter voorbereid as hulle gaan jag as geweerjagters, maar dis net my opinie..

Dus, om op te som, daar is plek vir altwee, moet nie die een afkraak as jy nog nooit 'n skoot geskiet het hetsy met boog of geweer nie. Daar is cowboys daar buite met boog en gewere, maar dis ons  verantwoordelikheid om hulle te leer. Ja, die BH wat op die eland gebruik was, was nie ideaal nie, maar hy het nogsteeds sy werk gedoen deur te penetreer tot in die vital area waar die bloed uitpomp.

Net my 2 sente
ek soek nog wapens...
Zack Benade

Re: Eland Boog jag

Post by Zack Benade »

SV MAD

Jy het tot my aan die dink.  Ek het weer die video gaan kyk.  Dis baie duidelik dat die eland die hele tyd sy stert waai en baie rustig is.  Hy loop weg en hardloop nie soos by geweer jag nie.

Cheers
Zack
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Eland Boog jag

Post by Marc »

KalahariKlong wrote: Dan moet ek ook s?, ek haal my hoed af vir 'n man wat met boog walk en stalk. Dis nou "n ware toets van jou vernuf volgens my.
Moet my asb nie stenig nie, die is net my opinie.
Groete
KK
Ek stem 100% saam, as jy walk en stalk soos ek jag met geweer haal ek my hoed vir jou af, jy is dan 'n ware jagter !!! Maar uit 'n hide oor kos/water in 'n paar hektaar kampie...  :-X
Frederik wrote: Ek dink nou weer so daaroor as daardie video nie vir die publiek opgesit is om te kyk nie was daar nie moeilikheid nie. Kyk hoe praat ons manne as jagters oor die video wat dink jy doen die groenes?
Ons as jagter behoort te weet van beter, dit is 'n baie goeie bemarkings video vir die doel van daai spesifieke pyl, maar soos Frederik te reg s? is dat as ons onder mekaar, as jagters in watter form ook al, soveel gemengde gevoelens het wat alles begin by die spesifieke video, hoe gaan die algemene publiek wat niks weet van jag of erger selfs die groenes, tekere gaan oor hierdie video  ??? ??? ???

'n Vriend van my het drie jaar gelede 'n kameelperd met 'n 375 'n ho? nekskoot toegedien wat dit nie gebreek het nie, maar wel die hoof slagaar getref het. Dit was die grusaamste ding om daai langnek te sien bloed spu soos 'n spulpunt en net nie wil gaan l? nie. Ek wil in my lewe nie weer daai jag oor h? nie dankie  :police:  dit het drie skote geneem om die man te verlos... >:(

My HOOF punt hier sou wees moenie sulke goeters oopmaak vir die publiek nie, ONS IS BESIG OM ONS EIE KEEL AF TE SNY en ons kom dit nie eens agter nie. As ons daar in die veld was, op daai oomblik en binne konteks sou ons anders redeneer het oor die hele spul. Nou dat ons oor en oor kan kyk in ons allerdaagse "modus" en nie as jagter innie veld nie, verander baie dinge. Grootste sintuig gaan immosies wees  ??? en dit weer beinvloed omtrent al die daaropvolgende gevolgtrekkings/menings wat spruit. Daar, innie veld, voel minute soos sekondes , MAAR hier, agter die skerm, voel sekondes soos minute  ???

Elke hoender op sy mishoop, myne is vir my net reg dankie en van hier af lyk joune vir my ok, maar dis nie te s? ek wil op hom loop sit nie. Kom ons wees verdraagsame buurmanne  ;) Die doel is tog om henne te lok, as ons saamwerk is daar meer vir almal  ;D

Mooiloop
Marc
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
Zack Benade

Re: Eland Boog jag

Post by Zack Benade »

Elke hoender op sy mishoop, myne is vir my net reg dankie en van hier af lyk joune vir my ok, maar dis nie te s? ek wil op hom loop sit nie. Kom ons wees verdraagsame buurmanne  ;) Die doel is tog om henne te lok, as ons saamwerk is daar meer vir almal  ;D
Marc jy kan dit nie beter ges? het nie.  Ek hou hiervan.
User avatar
Chevvy SS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3137
Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am

Re: Eland Boog jag

Post by Chevvy SS »

Manne, ek is ook nie 'n voorstander van boogjag nie, maar gun elkeen sy plek.

Al die videos wat ek nog gesien het (Sondagoggende op DSTV), het daardie dier ver gehardloop en gely voor hy dood is.

Die vergelyking van 30 m en 300m is miskien reg, maar enige geweerjagter wat daardie skote waag, neem ook onnodige kanse en speel vir die pawiljoen, i.p.v. die diere se lewe respekteer en nie lyding veroorsaak nie.

'n Tweede regstellende skoot uit 'n geweer op bv. 100m dood ook vinniger as 'n boogjagter wat 100m moet hardloop om die genadeskoot toe te dien.

Lees weer- ek gun julle jul sport.
User avatar
vlakvark1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1568
Joined: Sun Mar 18, 2012 6:28 pm

Re: Eland Boog jag

Post by vlakvark1 »

Sorry ouens het nie gedink hierdie debat sal sover gaan nie Het niks teen n enige een as persoon nie en sy keuse vir wapen nie, :-X :-X
vlakvark en bosvark Bvk
User avatar
SV MAD (Henk)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1653
Joined: Thu Aug 11, 2011 12:26 pm

Re: Eland Boog jag

Post by SV MAD (Henk) »

Chevvy SS wrote:
Al die videos wat ek nog gesien het (Sondagoggende op DSTV), het daardie dier ver gehardloop en gely voor hy dood is.
Chevy, ek hoor wat jy se en ek waardeer dit. Die stelling hier bo is ook al so bietjie hier bespreek op die forum.

Die manne op die ESPN kanaal skiet soos hulle g@tte en glo my, daai is baie meer ammo vir die groen mense as wat n video op youtube is. Hulle vat baie marginale skote, gut-shots en party keer kan mens selfs sien dat dit nie eers dieselfde bok is waarvoor hulle geskiet het nie.

As mens dan ook gaan kyk na die advertering van al die BH vervaardigers, probeer die 1 die ander 1 "out-do" en hoe meer "red carpet treatment" daar is, hoe beter. Van daardie advertensies is baie "graphic" en dit word op Amerikaanse TV vertoon, en daar word nie 'n bohaai daaroor opgeskop nie, inteendeel, jag industrie is baie gesond in Amerika.

Ek dink dat ons meer ons foto's moet post dat mense sien hoe ons jag en ja, bloed is deel van jag. Deur so suutjies deur die bloed af te was ens dink ek gee ons die groenes ammo want hulle besef ook nie dat die vleis wat hulle in 'n pakkie by die supermark kry, ook 'n rukkie terug n spier in 'n dier was nie wat bloed gepomp het nie...

Daar is tye wanneer mens foto's met bloed kan post, en daar is tye wanneer mens die bok moet was vir 'n mooi foto, maar ek dwaal van die onderwerp af.

Mens kan nie boogjag met geweerjag vergelyk nie, want beide maak die diere op verskillende manier dood.
ek soek nog wapens...
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: Eland Boog jag

Post by Cobus(Cobb) »

Daar is onlangs ' n post gewees waar 'n blesbok met 'n geweer geskiet is, mooi op die blad.
Die bok het so draai gedraf, gaan staan, die skut het al sy trok gestart toe val die bok eers...

NIEMAND het gereply en ges? dit is oneties nie en tog was die bok nie onmiddelik gedood soos almal voorskryf 'n bok moet dood gemaak word nie...(moenie terugpost en s? dus 20sek vs 2 minute nie, dit is nie die punt nie)

Wat is dan die verskil?? die bloed wat spuit??...daai eland het so gebloei dat ek self bietjie duislig geword het. ;) ;)
as 'n man 100% eties wil jag, vat 'n skerp klip, beruip die bok en bring vleis huistoe...anderste is enige anderse manier wat jy beoefen, net 'n moderne manier om vleis makliker huis toe te bring of jy nie die nek afskiet oor 300+m of liters bloed laat uitvloei met 'n broadhead.

Ek weet nie, dalk moet 'n dokter(Neels) s?, maar ek glo daai Eland het nie pyn gevoel nie(dis waarvoor adrenalien is)(ek het al gesien hoe 'n man 4 blokke weghardloop sonder 'n heupbeen wat die SAP vir hom weggeblaas het).

Dalk moet ons net sulke videos plaas onder "lede aleenlik" sodat die groenes ons kan uitlos.

Cheers
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
Post Reply