Poffadder.
- tobie
- Jr. Member

- Posts: 96
- Joined: Sun Nov 15, 2009 12:40 pm
Re: Poffadder.
Ja,nee oom danie.Die 1 jong hier by my is bang vir paddas,slange skilpad en somer eenige iets wat kruip.hy haal n jong 8kg rooikat met sy hande uit n slagyser,maar n platana is sy tier.hulle toor glo met die sort goed.
Ek laat ook nie eenige slange ens om die huis toe nie,maar daar ver moet hy maar gaan.
Groete Tobie

Jy kan maar hardloop, maar ek sien jou!!!
- Chukudu
- Jr. Member

- Posts: 65
- Joined: Sat Feb 25, 2012 10:55 am
Re: Poffadder.
@Wouter
neewat, daar is niks meer om te vertel regtig nie. was in Lohatlha naby Koppie-alleen. was seksieleier van peleton een (ons was in peletonform). ons het net uit 'n bebosde gebied gekom en was in enkelgelid. ek het die handsein vir wigformasie gegee en het terwyl ek loop gewys waar die LMG groepe moet wees. ek het vir 'n paar sekondes stilgestaan om net seker te maak dat almal gesien het, toe ek voor my kyk is ons vriend al besig om teen my been op te seil. toe ek vinnig pasop doen hy dieselfde! hy seil sommer daai seil wat hy so hop, maar ek gooi hom toe met een wat uitgesak het se R4 (ons was toe al twee dae aan die loop met grootsakke, battle jacket en al die peletonwapens). hy is toe in 'n vaalbos in waar ons hom toe onthoof het met 'n infantrygraaf. na 'n kilometer voel ek iets is nie lekker nie, maar besluit om aan te gaan want ek is die enigste radioman wat die ding verstaan en die enigste een wat by die nav-briefing was. na nog 'n kilometer toe val ek net om. toe het dinge vinnig gebeur, rondomverdediging, kaart uit, klim op die radio en toe is dit baie erg! kry nie lekker asem nie, voel of my bors my toedruk en my hande voete en gesig kry daai "needles and pins" gevoel. tong is dik en ek is dors. ek was so nou en by en gelukkig was daar 'n Sersant Erlich was my kalm gehou het. hy het in die Kruger wildtuin grootgeword en die heeltyd vir my gese wat gaan gebeur voor dit nog gebeur en dit het gehelp. ek is seker dit het my lewe gered. toe ek in die Mfezi is het ek net so elke nou-en-dan bygekom as ons deur 'n erdvarkgat ry!!! lang storie kort word ek wakker oppad KImberley toe met net 'n oorpak, een boot, 'n boshoed en die kaart en kompas(ek hou dit maar vir 'n aandenking). die Patria waarvan ek praat is Vaderland. dulce et decorum est pro patria mori beteken "dis soet en gepas om te sterf vir jou vaderland"
groetnis

-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7557
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Poffadder.
Hallo Chukudu
Dankie vir die vertel van die storie, dit kon so anders gewees het! Hoop jy gaan darem op die kniee so nou en dan om dankie te se! Wys jou darem net hoe vinnig die bokker is!
Patria manskoshuis op PUK se alma mater is dieselfde.
Groetnis
Wouter

RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
- spekieries
- Hero Member

- Posts: 1240
- Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm
Re: Poffadder.
Wouter
Ek en jy en moontlik Tshukudu het iets in gemeen. Ek ken die man wat daardie leuse vir Patria geskryf het. Goeie ou dae.
Tshukudu soos die manne s? 'n ongeluk in die veld gebeur vinnig. Het jy nie eens gevoel toe hy jou pik nie? Waar het hy jou gepik?
Groete
Ek en jy en moontlik Tshukudu het iets in gemeen. Ek ken die man wat daardie leuse vir Patria geskryf het. Goeie ou dae.
Tshukudu soos die manne s? 'n ongeluk in die veld gebeur vinnig. Het jy nie eens gevoel toe hy jou pik nie? Waar het hy jou gepik?
Groete
- Chukudu
- Jr. Member

- Posts: 65
- Joined: Sat Feb 25, 2012 10:55 am
Re: Poffadder.
Spekieries,
hy het my op die regterbeen gepik net bo die boot, ek het eers van niks geweet nie. maar hy moes my gepik het voor ek hom gewaar het, maar ek is ook nie seker nie, 'n mens skrik so groot as jy daai ding teen jou been sien!!!! maar ek moet se, hy is blitsvinnig.
Wouter,
janee, ek se maar baie aande dankie. maar aan die ander kant het ek al so baie goed om voor dankbaar te wees! g'n wonder my ma het so vroeg grys geword nie!! eks vas oortuig dat daar in die hemel 'n siekeboeg is met 'n afdeling beskermengele wat daar sit met sulke stresringe om die oe!
mooiloop

Fanie
Re: Poffadder.
Skoonpa loop in die veld toe die inboorling hom stamp dat hy daar trek in die gras. Vlieg natuurlik baie verontwaardg op en wil net die ou voeter toe wys die' vir hom die pofadder wat in die gras le waar hy sou loop. Nou ja ek twyfel of skoonpa iets sou oorkom, die ou man was ratel taai gewees, die poffie sou of sy tande breek en skoonpa sou waarskynlik nie eers iets oorgekom het van die byt nie. Hy gaan pluk dan suurlemoene en as die perdebytjies hom steek dan staan hy net so bietjie eenkant toe.
Ek maak ook nie slange dood nie. Al kom hy naby 'n huis, onthou hulle is bietjie bysiende en weet nie dis jou huis nie. As jy dit veilig kan doen gaan gooi hom maar net buite die area, hy kom nie terug nie. Meeste giftige slange is natuurlik heeltemal onskadelik totdat iemand hom sien.
Oor almal se brakke wat gebyt en daardeur ontslape geraak het, dis maar 'n hond wat swak geleer is en min disipline het wat enige dier probeer aanval wat beweeg. Skoonpa het meer onnosel honde deur bobbejane verloor as deur pofadders. As jy die brak leer om op te pas dan hou hy net naby die slang maar probeer nie die ding byt nie. Daai bobbejaan verskeur nie net die brak deur diep repe oop te skop met sy naels nie, maar die binnekant van die hond se bek verskeur die bobbejaan ook en byt in die bek as die hond die bobbejaan probeer byt. Dis heelwat meer lyding wat die hond daardeur deurmaak as die pofadder byt. Slefde met ystervarke, as die hond nie wil hoor nie dan moet hy maar voel. Self gesien hoe hadloop 'n ystervark teen die koppie af met 'n boerboel voor aan die spykers. Dis mos 'n wilde dier, hy sal homself verdedig as hy bedreig word.
Na skoonpa weg is het skoonma se een brak gereeld pofadders gekry. Die brak moes weerstand teen die gif opgebou het want die hond het later niks oorgekom as die poffie hom byt nie. Net so bietjie swelling en so paar dae later is dit weg. Die moeilikheid nou is as enige ander giftige slang die brak byt is dit verby.
Dis sommer pure onnoselheid van jagters om sonder behoorlike stewels in die veld te loop. Die ou weermag stewels is ontwerp om hoog op te kom, juis omdat pofadders selde hoeer as dit byt. Maar nou ja die tyd toe ons in die weermag was was daar landmyne en allerhande ander goed so ons het gekyk waar ons loop

Jong Piet dis maar moeilik met party honde, maar baie wil graag hulle base plesier en sal as jy hulle aanprys en aandag gee as hulle iets reg doen dan tel hulle gou op. Mens raak geheg aan die stofsterte en voel maar hartseer as hulle iets oorkom.
-
mariusr
- Hero Member

- Posts: 2995
- Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am
Re: Poffadder.
Ratels voel ook vere vir enige slang byt en oorleef die gewoonlik seker daarom so taai sos 'n ratel!Het gehoor die swart Mamba is baie gebieds gebonde en sal altyd terug kom as jy hom in die veld gaan gooi gee hom maar liewers die 12 boor! Blykbaar as jy malvas plant om jou heining hou die ook slange uit!
-
mariusr
- Hero Member

- Posts: 2995
- Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am
Re: Poffadder.
Ja die swart mamba het ek 'n ewige vrees voor gelukkig nog net een keer op een af gekom in die veld maar hy het dadelik pad gegee toe hy my sien mos maar self toe gou my pyp stop vir 'n rokie het bietjie gebewe!
- iceman1982
- Hero Member

- Posts: 538
- Joined: Wed May 19, 2010 6:07 pm
Re: Poffadder.
Ja nee Piet, ek stem 100% met jou saam. Hoe gaan jy n Jack Russel leer om n slang the los? My hond is so waardevol vir my in die veld, en n man raak mos nogal lief vir die goed, veral as hy nog jou passie in jag saam met jou deel. Ek skiet n slang met wat ookal ek in my hande het.
-
mariusr
- Hero Member

- Posts: 2995
- Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am
Re: Poffadder.
Dink dis nogal belangrik dat ou nie te vroeg in die veld kom vir jag veral as jy honde het wag maar dat die winter goed daar is dat die menere in hul winter slapie gaan dan is die kanse baie minder om slang se kind raak te loop!
- iceman1982
- Hero Member

- Posts: 538
- Joined: Wed May 19, 2010 6:07 pm
Re: Poffadder.
Marius, met my werk is dit nie moontlik nie. Weet jy dat ek laas jaar se slang in Julie geskiet het. Ek was baie verbaas om hom uit te kry.
-
mariusr
- Hero Member

- Posts: 2995
- Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am
Re: Poffadder.
Globel warming!
- Riaan Beeslaar
- Hero Member

- Posts: 678
- Joined: Tue Mar 05, 2013 9:09 am
Re: Poffadder.
Middag manne
Hier by ons in Tzaneen is daar nie so baie pofadders nie maar belddie spoeg kobras en m@$rse swart mambas.
Ek skiet hom voor die voet dood as ek hom kry. Het al paar honde met slange verloor.
Net sowat 'n maand gelede het die spoeg kobra my een Jack Russel tefie gepik en sy het gevrek.
Groete
Riaan

jamalley
- Hero Member

- Posts: 630
- Joined: Mon Jan 14, 2013 4:29 pm
Re: Poffadder.
Ook maar bang vir hulle, juis vandag vir my .22 snakeloads gekoop
- Riaan Beeslaar
- Hero Member

- Posts: 678
- Joined: Tue Mar 05, 2013 9:09 am
Re: Poffadder.
Hulle loop mooi vir die slange, het ook .22 snakeloads, anders doen die 12 Boor ook goeie slangdiens.
As daar regtig nie 'n skietding naby is nie werk die sambok ook mooi.
Groete
As daar regtig nie 'n skietding naby is nie werk die sambok ook mooi.
Groete
-
jamalley
- Hero Member

- Posts: 630
- Joined: Mon Jan 14, 2013 4:29 pm
Re: Poffadder.
Jong ek is so onhandig met 'n sweep, prober gereeld die kinders "impress" maar het al 'n paar keer my eie bles en ore raakgeslaan
-
mariusr
- Hero Member

- Posts: 2995
- Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am
Re: Poffadder.
Eina! Veral as daai puntjie deur die klank grens trek! Net bang ek bring daai slang saam terug as die sweep klap!!
-
jamalley
- Hero Member

- Posts: 630
- Joined: Mon Jan 14, 2013 4:29 pm
Re: Poffadder.
Nou praat jy, slaan stukkend
-
Fanie
Re: Poffadder.
Jaaare terug toe ek nog jonk en meer vol dinge was het ek een aand toe ek my eerste aanstaande vrou gaan aflaai by hulle woonkwartiere (nog op die beindruk stadium gewees) kry ek op pad terug twee poffies in die pad. Ek maak hulle toe bymekaar in 'n sak om vir aanstaande skoonouers te gaan wys en later vir die dieretuin te gaan gee. Iemand gaan hulle in elk geval net in die pad doodry.
Baie opgewonde roep ek hulle om die aanwins te wys en skud die vangs op die sitkamer mat uit. Aanstaande skoonma het so *POEF* gemaak toe verdwyn sy so in die lug. Aanstaande skoonpa het net gekree "vat daai goed hier uit" en toe hol hy ook weg. Ek kon sweer dit het in die gang af geklink asof hy iets van "geweer kry" geskree het.
Dis mos nie lekker as ondankbare mense nie jou pogings waardeer nie. Ek vat toe maar my aanwins en loop.
Later uitgevind aanstaande skoonma het 'n fobie oor slange gehad. Hoop sy het dikwels daarna van my gedroom
Baie opgewonde roep ek hulle om die aanwins te wys en skud die vangs op die sitkamer mat uit. Aanstaande skoonma het so *POEF* gemaak toe verdwyn sy so in die lug. Aanstaande skoonpa het net gekree "vat daai goed hier uit" en toe hol hy ook weg. Ek kon sweer dit het in die gang af geklink asof hy iets van "geweer kry" geskree het.
Dis mos nie lekker as ondankbare mense nie jou pogings waardeer nie. Ek vat toe maar my aanwins en loop.
Later uitgevind aanstaande skoonma het 'n fobie oor slange gehad. Hoop sy het dikwels daarna van my gedroom
-
mariusr
- Hero Member

- Posts: 2995
- Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am
Re: Poffadder.
Ai Fanie sien jy was regte stout gat maar wens ek kon die sien!!