Page 2 of 8
Re: VOERTUIG "RIG"
Posted: Sat Feb 28, 2009 10:36 pm
by jaracal
Christo
Jy kan kyk by
http://www.jackalpro.com
groete
heinrich
Re: VOERTUIG "RIG"
Posted: Sat Feb 28, 2009 11:23 pm
by Christo
Het gesien, dankie Hein.
Re: VOERTUIG "RIG"
Posted: Sun Mar 01, 2009 8:56 pm
by MEERKAT
Christo
Daardie stoeltjie van Allen is klaar gemaak.
Jy sal nie weer 'n stoeltjie koop of bou nie.
Hoop van die stoele word hier gebruik almal baie tevrede.
MEERKAT
Re: VOERTUIG "RIG"
Posted: Wed Mar 18, 2009 10:46 am
by Freek
Jammer dat julle so lank moet wag manne, maar ek moet so tussen die werk, huis take, en skiet stoel bou nog tyd maak om bosvarke uit die oeste ook te hou - weet nie van julle nie maar my naweke is deesdae helemal te kort...
Ek pos binne kort nog 'n stel foto's van die voet stuk en die finale produk. "Watch this space..."

Re: VOERTUIG "RIG"
Posted: Wed Mar 18, 2009 2:07 pm
by JACQUES BOTHA
ek hoor nou daai stoel van allen het al n keer of wat gebreek, of kom ek stel dit so geswoeg onder druk van die abominale prominente manne , ek sal moet n heavy duty 4x4 trok se hub gebruik ek is biki top heavy vir daai stoel van ALLEN . ek sal maar kyk wat kom uit met die tegnolgie wat hy in proses is vir HEIN ,, dalk moet ek net een bestel vir HEAVY DUTY.....
ek sien ek sal ma nog so rukkie die dag skiet FORT moet bou met die klippe tot my beskikking ..... en as ek weer op dieselfde plaas kom na n jaar of wat , kan ek mos die selfde skuling (fort) gebruik, jakaalse het mos die gewoonte om op diesefde plekke uit te slaan jaar na jaar na jaar.....
Re: VOERTUIG "RIG"
Posted: Thu Mar 19, 2009 8:44 am
by Freek
Jakes, my diff is ook redelik swaar - vra maar vir Michiel - dis hoekom ek die stoel raam met 50mm x 2mm "round tjubing" gebou het. Hy kan gewig vat. Dan ook weer die bearing vir die voetstuk waarop die stoel monteer is 'n regte egte splinternuwe TOYOTA HI ACE voor wiel taper bearing. Het jy al jouself in gedink wat se druk is daar op daai taxi beerings met 'n vol vrag (24 mense) teen 140km/uur om 'n draai en daai goed hou, die drywer rol miskien so nou en dan die taxi maar nooit verloor hy 'n voorwiel beering nie. Ek het al 'n paar keer gesien hierdie Hi Ace taxis staan langs die pad met 'n agter wiel wat besluit het om te gee pad van die res van die voertuig af - seker maar oor die konstante swaar vrag - maar nog nooit een gesien met 'n verlore voorwiel nie.
So ek glo my skiet stoel val in die regte klas om ons tiepe gewig te kan hanteer, ek het volle vertroue in daai stoel se raam in kombinasie met die taxi bearing...

Re: VOERTUIG "RIG"
Posted: Sun Mar 22, 2009 5:11 pm
by JACQUES BOTHA
nou nog n voordeel van die stoel (wat ek nie het of gebruik nie) moet ek bieg is as jy wil afneem wat jy skiet, kan jy die kamera ook mount, met n raam is dit onmoontlik, skuus nie onmoontlik nie, meer nie rerig vir my haalbaar nie.. ek moet nou n kameraman saamvat en het saterdag aand een verloor direk as gevalg van die kameraman. op n dubbelkajuit binne n raam pas twee manne maar swaar en kry jy 2 manne moeilik in dieselfde rigting beweeg sonder om te praat as die jakkals vinnig inkom,, uit die "verkeerde" rigting en dan hier 20 tree van jou tussen die 2 meter hogere mielies af uitdop en hulle verdwyn nogal vinnig in so mielielandjie hoor..
Re: VOERTUIG "RIG"
Posted: Tue Apr 07, 2009 5:59 pm
by Yalair
Die plakding werk nogal lekker, die bakkie is uitgedien by my besigheid en makeer niks, het hom nou geplak en is nou nuwe jagbakkie, is eintlik silver, stoel vanaf Allan sal more hier wees, PASOP jakkies

Re: VOERTUIG "RIG"
Posted: Tue Apr 07, 2009 6:35 pm
by Freddie101
yalair
Vertel n bietjie meer van die plakkery. Ek verf my bakkie nog swart met waterverf maar dit is maar nie ideaal nie. Wat kos dit? Hoe lank hou dit ?. Waar kry n mens dit?
Groete Freddie
Re: VOERTUIG "RIG"
Posted: Tue Apr 07, 2009 6:58 pm
by Christo
Yaliar
Hoop die gras is lank genoeg om die MAGS weg te steek

. Die bakkie lyk regtig grend met die swart plakkery.
Christo
Re: VOERTUIG "RIG"
Posted: Tue Apr 07, 2009 7:57 pm
by Yalair
Christo
Die mags doen ek more, maar dink nie dit sal pla nie.
Re: VOERTUIG "RIG"
Posted: Tue Apr 07, 2009 8:05 pm
by Yalair
Freddie
Dis viniel stickers wat ek laat opplak het by 'n sign plek, so dit bly permanent op todat jy dit eendag wil afhaal, het dit by Heinrich se kursus gesien, joe kan nie onthou wie se bakkie dit was nie. Dit kos so R2500.00 as jy dit laat doen
Re: VOERTUIG "RIG"
Posted: Tue Apr 07, 2009 8:25 pm
by Christo
Freddie
Doen dit , ek dink dis die beste plan nog
Christo
Re: VOERTUIG "RIG"
Posted: Sat Apr 11, 2009 10:34 am
by JACQUES BOTHA
EN DIS GOEDKOPER AS OORSPUIT EN AS JY JOU BAKKIE VERKOOP IS DIE KRASPPE OOK WEG...
BEN.
eK IS BEREID OM DIE EVALUASIE TE DOEN AS JOU STOEL KOM...EK SAL GRAG WIL KOM TOETS OF JY ALLES REGDOEN...EN AS JY NIE SAL JY DIT OORDOEN TOT JY DIT REGDOEN..
NEE MAN WAT EK SE IS VAT MY SAAM AS JY DIE BAKKIE EN DIE STOEL GAAN TOETS....LAG LAG EK SAL DIE KAMERA HANTEER.....
Re: VOERTUIG "RIG"
Posted: Sat Apr 11, 2009 10:56 am
by Yalair
Jacques
Jy's meer as welkom sal dit laaik, my kamera sit nou op scope so jy kan eerder dryf, sorry bestuur
Groete
Ben
Re: VOERTUIG "RIG"
Posted: Sat Apr 11, 2009 10:59 am
by JACQUES BOTHA
BEN
DAN SAL EK MAAR KOM DYF (BESTUUR).
SKREE MAAR AS JY WEER UITGAAN AS JY NIE MY SEL NOMMER HET NIE 0833084452
SKREE MAAR NET DAN KOM DOEN EK MY DING..SAL SOMMER SO BY DIE PRO'S LEER TERWYL EK DRYF , BESTUUR...
Re: VOERTUIG "RIG"
Posted: Sat Apr 11, 2009 11:02 am
by Yalair
Jacques
Gaan jou opvat met jou offer is besig om paar plase in een area op te lyn vir oor so week of twee, sommer hier naby, jy kan skiet dan sal ek le en slaap

Sal jou deur die week bel
Groete
Ben
Re: VOERTUIG "RIG"
Posted: Sat Apr 11, 2009 11:13 am
by JACQUES BOTHA
BEN
sorg net dat die heater werk ek begin voel aan my ou ronde lyfie die aande word nou koeler,
al wat ek saamneem om te skiet is die kamera skietding..lag lag lag....
skree net. meeste van die tyd beskikbaar, maar soms besig..lag lag
Re: VOERTUIG "RIG"
Posted: Sat Apr 11, 2009 1:41 pm
by britsman
Almal,
Hier sit oubaas(soos'n bobbejaan) bo op sy RIG.Die volgende sal die RIG wees en nie die bobejaan nie.
Hoop hierdie kiekie nie die forum sal vries nie.
Re: VOERTUIG "RIG"
Posted: Sat Apr 11, 2009 1:47 pm
by Rooies
Britsman
Baie impressive man! Gooi bietjie die camo net af en vat weer n fotie. moet se di net en die ronding agter jou breek mooi die lyne.
Greetings
R
Re: VOERTUIG "RIG"
Posted: Sat Apr 11, 2009 2:08 pm
by britsman
Rooies,
Al die nette vou op en af dan ry jy weer. Ek sukkel om die fotos Op "Photo bucket" te kry, dit vat omtrent 'n dag.
Almal,
EK IS JAMMER DIE FOTOS SO GROOT IS. Ek sien nou net dat dit verklein kan word.
britsman
Re: VOERTUIG "RIG"
Posted: Sat Apr 11, 2009 9:52 pm
by Ambessa
Hallo Britsma
Do not injure yourself before 19 4 09. It will be a shame. Have one on me.
Ambessa
Re: VOERTUIG "RIG"
Posted: Sun Apr 12, 2009 10:49 am
by britsman
Ambessa,
Baie dankie. Sal so 'n "carry pack" op jou drink. Ou Boet, ek "suffer" so 'n bietjie van hoogte vrees, maar klou vas in daardie kraai nes, al wat ek kan se; "WHAT A VIEW "
bm
Re: VOERTUIG "RIG"
Posted: Sun Apr 12, 2009 11:28 am
by tafjak
Brittie
'n Mens kamoefleer nie 'n landy nie, jakkalse vergaap hulle in elk geval aan die ding.
Taffie
Re: VOERTUIG "RIG"
Posted: Sun Apr 12, 2009 12:10 pm
by britsman
Ou Taffie,
Moet nie te hard praat nie. Net nou se die manne dat stukkende landys oorals in die veld le.
bm