Boertjie
Dit sal wonderlik wees, ek sit egter nou met 'n groot probleem, ek trek nou sak en pak plaas toe, daar's geen sein of landlyn op die oomblik nie, telkom gaan blykbaar torings opsit, watter eeu, sal ek nie weet nie, ek sal ma moet plan maak om op hoogte te bly, kyk hierdie forum is verslawend, en is ook die 1ste website wat ek besoek en wat my besig hou as ek in die dorp is.
Rooi Alleen
- Boertjie
- Hero Member

- Posts: 763
- Joined: Wed Mar 03, 2010 8:19 pm
Re: Rooi Alleen
Pieter
My selfoon sein is net so sleg by my huis, maar ek het so gekla by mtn, dat hulle vir my n booster kom insit binnekort.Ek is baie op die pad en gebruik selfoon vir modem.
Boertjie
My selfoon sein is net so sleg by my huis, maar ek het so gekla by mtn, dat hulle vir my n booster kom insit binnekort.Ek is baie op die pad en gebruik selfoon vir modem.
Boertjie
-
Ian
- Hero Member

- Posts: 1003
- Joined: Tue Nov 29, 2011 1:16 pm
Re: Rooi Alleen
Ek het vandag ook my cd van Rooi alleen ontvang vanaf Louis en ek het die klanke so 'n bietjie geluister en moet noem dat daar baie, baie goeie klanke op is.
Ek brand om die klanke bietjie die naweek te gaan toets.
Dankie Louis.
Ek brand om die klanke bietjie die naweek te gaan toets.
Dankie Louis.
-
Louis102
- Administrator

- Posts: 3887
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm
Re: Rooi Alleen
Ian, voorspoed, ek hoop jy skiet trosse jakkalse met die klanke. Laat weet my asb. - goed of sleg.
Groete
Louis
Groete
Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
- Gerhard
- Hero Member

- Posts: 7128
- Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm
Re: Rooi Alleen
Jy gaan die klanke geniet Ian.Ian wrote: Ek het vandag ook my cd van Rooi alleen ontvang vanaf Louis en ek het die klanke so 'n bietjie geluister en moet noem dat daar baie, baie goeie klanke op is.
Ek brand om die klanke bietjie die naweek te gaan toets.
Dankie Louis.
Steenbok pikant is n nuwe gunsteling vir my.
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Battlefields of the Escarpment
-
Louis102
- Administrator

- Posts: 3887
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm
Re: Rooi Alleen
Gerhard, baie goed en baie interessant. Lyk my die meer ervare manne kom reg met Steenbok Pikant - Taffie o.a. het ook so rapporteer. Hier by my bly Steenbok Pikant maar die laaste troefkaart vir die super jakkalse, 'n paar ander kos-klankies op die CD gee steeds vinniger reaksie hier in my w?reld. Dit het my nou weer bietjie laat dink:Gerhard wrote: ... Steenbok pikant is n nuwe gunsteling vir my ...
Dit is belangrik hoe die jagter die klank aanwend, waar hy roep en hoe hy roep. Die kennis van die jagter en veral hoe goed hy die jakkalse in die gebied ken, het nou 'n groot effek op die sukses, aldan nie van die klanke. 'n Baie belangrike faktor in my omgewing nou is die katagorie jakkals (jonk / oud / loslopers / dominante stelle) wat geteiken word. Ek dink tog daar is (veral hierdie tyd van die jaar) 'n redelike verskil hoe die onderskeie katagori? jakkalse op 'n roepry reageer - sukses in areas waar jakkalse relatief min is en baie gejag was die afgelope tyd, sal baie afhang van hoe goed die "huiswerk" (kerngebied / geskiedenis van die jakkalse / hoe suksesvol die roepery in die makliker tyd was) vooraf gedoen was.
Ek raai, hier in ons omgewing word die goeie jagters nou van die minder ervare jagters onderskei - meer belangrik nog, goeie jagters se jakkalse van minder ervare jagters se jakkalse onderskei. Hier in ons omgewing is die swak jagpraktyke / foute van die makliker tyd nou die grootste uitdaging en kopseer. Dit is juis presies van nou af, waar die waarde van 'n lekker vars klankie of twee, inskop.
Sommer so bietjie van wat ek opmerk, dalk ook nie ooral heeltemal in die kol nie?
Mooiloop
Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
- Gerhard
- Hero Member

- Posts: 7128
- Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm
Re: Rooi Alleen
Louis,
Nee ek dink jy skiet mooi raak met jou stellings.
Ek beplan dalk om volgende naweek weer n draai te gaan maak op die plaas in Vaalwater gebied waar ek nou die laaste 6 tot 8 maande 12 jakkalse af gehaal het.
Steenbok pikant is n vars klank wat beslus saam gaan net om dalk die ysters uit die vuur te krap met een of twee van die "ou" jakkalse ...
Nee ek dink jy skiet mooi raak met jou stellings.
Ek beplan dalk om volgende naweek weer n draai te gaan maak op die plaas in Vaalwater gebied waar ek nou die laaste 6 tot 8 maande 12 jakkalse af gehaal het.
Steenbok pikant is n vars klank wat beslus saam gaan net om dalk die ysters uit die vuur te krap met een of twee van die "ou" jakkalse ...
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Battlefields of the Escarpment
-
Wayne
- Hero Member

- Posts: 1007
- Joined: Sat Mar 24, 2012 5:36 pm
Re: Rooi Alleen
Louis
Have just received the CD, Will let you know when I have played all the sounds.
Thank you again
Wayne
Have just received the CD, Will let you know when I have played all the sounds.
Thank you again
Wayne
9mm Tanfoglio, .Parker Hale 308, Bruno 270, Savage 22-250, Ruger .204, .22 Bruno