SAJWV wil kommersieele wild telers voorskryf.

Post Reply
Chris Swart
Hero Member
Hero Member
Posts: 859
Joined: Fri May 18, 2012 7:49 am

Re: SAJWV wil kommersieele wild telers voorskryf.

Post by Chris Swart »

Geno wrote:
Byt vas. HSUS, PETA en Landmark is seker ook oppad om vir Edna 'n briefie te pos.
Dit sal darem heel komies wees as BOOL en PETA in die openbaar met 'n JAG vereniging moet saamstem oor 'n saak ++>: ++>: ++>:
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: SAJWV wil kommersieele wild telers voorskryf.

Post by tripodmvr »

"Elke keer as iemand n manier kry om geld te maak en n bydrae te lewer tot die ekonomie, spring daar noodwendig n krap onder uit die emmer uit en probeer die ander aftrek! Ignoreer hulle boere!"

Hierdie kommentaar op die berig is vir my tekenend van ons tyd. As jy kan geld maak is alles geregverdig. Wanneer maak ons ons 'n Bro-tel oop - ons kan geld maak.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Beretta
Hero Member
Hero Member
Posts: 2954
Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm

Re: SAJWV wil kommersieele wild telers voorskryf.

Post by Beretta »

Daardie geldmaak storie of pay as you go bestaan al reeds lank net in ander gedaante so iets as long as you pay you are a. ............
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: SAJWV wil kommersieele wild telers voorskryf.

Post by Eugene »

tripodmvr wrote:"Elke keer as iemand n manier kry om geld te maak en n bydrae te lewer tot die ekonomie, spring daar noodwendig n krap onder uit die emmer uit en probeer die ander aftrek! Ignoreer hulle boere!"

Hierdie kommentaar op die berig is vir my tekenend van ons tyd. As jy kan geld maak is alles geregverdig. Wanneer maak ons ons 'n Bro-tel oop - ons kan geld maak.
Presies my gevoel ook. En nie gemik op gekleurde wild boere nie, dis orals so. Geld het die Afrikaner se god geword....
Aim small, miss small
Chris Swart
Hero Member
Hero Member
Posts: 859
Joined: Fri May 18, 2012 7:49 am

Re: SAJWV wil kommersieele wild telers voorskryf.

Post by Chris Swart »

Eugene wrote:
tripodmvr wrote:"Elke keer as iemand n manier kry om geld te maak en n bydrae te lewer tot die ekonomie, spring daar noodwendig n krap onder uit die emmer uit en probeer die ander aftrek! Ignoreer hulle boere!"

Hierdie kommentaar op die berig is vir my tekenend van ons tyd. As jy kan geld maak is alles geregverdig. Wanneer maak ons ons 'n Bro-tel oop - ons kan geld maak.
Presies my gevoel ook. En nie gemik op gekleurde wild boere nie, dis orals so. Geld het die Afrikaner se god geword....

Jy bedoel die MENS se afgod...
User avatar
matewis
Hero Member
Hero Member
Posts: 1065
Joined: Thu Apr 12, 2012 10:52 am

Re: SAJWV wil kommersieele wild telers voorskryf.

Post by matewis »

Dink julle die SPCA se skielike betrokkenheid is moontlik direk as gevolg van SA Jagters se skrywe? Of het hul al voorheen hieroor 'n standpunt gegee?
Chris Swart
Hero Member
Hero Member
Posts: 859
Joined: Fri May 18, 2012 7:49 am

Re: SAJWV wil kommersieele wild telers voorskryf.

Post by Chris Swart »

matewis wrote:Dink julle die SPCA se skielike betrokkenheid is moontlik direk as gevolg van SA Jagters se skrywe? Of het hul al voorheen hieroor 'n standpunt gegee?

Ek dink hulle het 'n gap gesien om op mense se gevoelens te speel, en geld in te samel
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: SAJWV wil kommersieele wild telers voorskryf.

Post by Eugene »

Chris Swart wrote:
matewis wrote:Dink julle die SPCA se skielike betrokkenheid is moontlik direk as gevolg van SA Jagters se skrywe? Of het hul al voorheen hieroor 'n standpunt gegee?

Ek dink hulle het 'n gap gesien om op mense se gevoelens te speel, en geld in te samel
Ou laai van hulle daai!
Aim small, miss small
User avatar
Baasvark
Hero Member
Hero Member
Posts: 883
Joined: Fri May 16, 2014 7:33 pm

Re: SAJWV wil kommersieele wild telers voorskryf.

Post by Baasvark »

Hulle arrogansie en skynheiligheid verstom my!

Hulle noem dat sulke bokke in die kleinste kampe ens aangehou word - maar ek wonder hoeveel van hulle papegaaie en budgies ens in klein hokke as troeteldiere aanhou.....

Daar is mos dan geen verskil tussen wat hulle doen en dit waaroor hulle kla.

Let bietjie op, jy sal sien hulle lede is lief om diere aan te hou - 'n hond in 'n dorpserf kan dan sekerlik ook as 'n "geblikte" hond gesien word (al word hy nie gejag nie). In die natuur het wilde honde wye kilometers wat hulle gebied is. Hoe ver loop 'n jakkals?

Ek ondersteun hulle al lankal nie meer nie!
375 CZ H&H
7X64 CZ
243 MUSGRAVE
223 Mini Ruger 14 Semi Auto
22-250 SAVAGE VLP
22 Remington
12 Ga Harrington & Richardson (ou Sanna) :laugh:
9mm CZ 75B
User avatar
Riaan Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1284
Joined: Tue Sep 02, 2014 3:53 pm

Re: SAJWV wil kommersieele wild telers voorskryf.

Post by Riaan Kriel »

Baasvark wrote:Hulle arrogansie en skynheiligheid verstom my!

Hulle noem dat sulke bokke in die kleinste kampe ens aangehou word - maar ek wonder hoeveel van hulle papegaaie en budgies ens in klein hokke as troeteldiere aanhou.....

Daar is mos dan geen verskil tussen wat hulle doen en dit waaroor hulle kla.

Let bietjie op, jy sal sien hulle lede is lief om diere aan te hou - 'n hond in 'n dorpserf kan dan sekerlik ook as 'n "geblikte" hond gesien word (al word hy nie gejag nie). In die natuur het wilde honde wye kilometers wat hulle gebied is. Hoe ver loop 'n jakkals?

Ek ondersteun hulle al lankal nie meer nie!
Ek moet toegee dat ek oorhoofs met jou saamstem, MAAAARR hulle doen tog ook goeie werk vir diere en dierewelsyn. Ek het al erge gevalle gesien van dieremishandeling wat deur die DBV gestop is, net so ook tydens Nuwe Jaar as die mense MAL gaan met hulle vuurwerke en klappers, werk die mense baie hard om die verwilderde en beseerde diere te red en skuiling te gee.......

Maar dit gee hulle steeds geen reg om verbod aan te vra oor iets waar hulle duidelik nie seker is van hulle feite nie, of die feite verdraai om hulle te pas nie.

Persoonlik gee ek eerder my donasie in die vorm van dierekos eerder as geld aan hulle. Ek doen dit ook eerder as wat ek donasies gee aan sekere dele van die bevolking wat reeds alles in die vorm van toelaes kry vanaf die regering...
User avatar
Jake1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2358
Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm

Re: SAJWV wil kommersieele wild telers voorskryf.

Post by Jake1 »

matewis wrote:Dink julle die SPCA se skielike betrokkenheid is moontlik direk as gevolg van SA Jagters se skrywe? Of het hul al voorheen hieroor 'n standpunt gegee?
Beslis Matewis, spesifiek na SAJWV se media verklaring gons die sosiale media en koerante oor "Eksotiese wild"

Ek het duidelik vroeer genoem dat " die negatiewe publisiteit wat veroorsaak is aan sekerre rolspelers is n baie groot probleem met nagevolge wat die organisasie moes voor sien het"

En dat hulle bohaai gaan uitkring-Dit gebeur nou wel.

Ek het ook duidelik genoem dat die negatiewe publisiteit wat hierdie orgnisasie veroorsaak gaan lei tot die daal in prys van eksotiese wild baie binnekort....... hou maar dop.

Hierdie sogenaamde Eksotiese wild se opbrengste het baie jagplase gedra om op die res van hulle grond gewone bokke goedkoop aan te bied vir die sa biltongjagter........., n wildsplaas kan nie goeie wins maak net uit gewone biltongjagters nie punt! Mens gaan miskien vorentoe bokke vir n "bargain" of lekker "cheap"kan skiet, maar dan is die bokke klaar, dan moet mens maar opweeg of bees of stoetbees in klein kampies of skaap in sekerre gebiede nie beter is nie, of net alleen fokus op buitelandse jagters, dan is daar nie rugstekery en politiek nie. Ek sê weer, die SAJWV het dinge lelik kom omkrap, onnodig!

Gewone markkragte van vraag en aanbod sou die eksotiese wild bedryf stadig laat afplat en bestendig het, sonder fluitjie blasery en inmenging.
Last edited by Jake1 on Fri Feb 27, 2015 11:34 am, edited 2 times in total.
"Peace is that brief glorious moment in history when everybody stands around reloading."
User avatar
Jake1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2358
Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm

Re: SAJWV wil kommersieele wild telers voorskryf.

Post by Jake1 »

.
"Peace is that brief glorious moment in history when everybody stands around reloading."
Chris Swart
Hero Member
Hero Member
Posts: 859
Joined: Fri May 18, 2012 7:49 am

Re: SAJWV wil kommersieele wild telers voorskryf.

Post by Chris Swart »

Jake1 wrote:
matewis wrote:Dink julle die SPCA se skielike betrokkenheid is moontlik direk as gevolg van SA Jagters se skrywe? Of het hul al voorheen hieroor 'n standpunt gegee?
Beslis Matewis, spesifiek na SAJWV se media verklaring gons die sosiale media en koerante oor "Eksotiese wild"

Ek het duidelik vroeer genoem dat " die negatiewe publisiteit wat veroorsaak is aan sekerre rolspelers is n baie groot probleem met nagevolge wat die organisasie moes voor sien het"

En dat hulle bohaai gaan uitkring-Dit gebeur nou wel.

Ek het ook duidelik genoem dat die negatiewe publisiteit wat hierdie organisasie veroorsaak gaan lei tot die daal in prys van eksotiese wild baie binnekort....... hou maar dop.

Hierdie sogenaamde Eksotiese wild se opbrengste het baie jagplase gedra om op die res van hulle grond gewone bokke goedkoop aan te bied vir die sa biltongjagter........., n wildsplaas kan nie goeie wins maak net uit gewone biltongjagters nie punt! Mens gaan miskien vorentoe bokke vir n "bargain" of lekker "cheap"kan skiet, maar dan moet mens maar opweeg of bees of stoetbees in klein kampies of skaap in sekerre gebiede nie beter is nie, of net alleen fokus op buitelandse jagters, dan is daar nie rugstekery en politiek nie. Ek sê weer, die SAJWV het dinge lelik kom omkrap, onnodig!

Gewone markkragte van vraag en aanbod sou die eksotiese wild bedryf stadig laat afplat en bestendig het, sonder fluitjie blasery en inmenging.

Ek dink jy vat raak
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: SAJWV wil kommersieele wild telers voorskryf.

Post by Geno »

http://us8.campaign-archive2.com/?u=f57 ... 8798be6db2
’n Ope brief aan die leiers van die SAJWV

View this email in your browser










SA Jagters KWES die jagmark!
’n Ope brief aan die leiers van die SAJWV


Beste mede-SAJWV-lede

My naam is Richard York (SAJWV-lidnommer # 078566).
As lid van die SAJWV (SA Jagters- en Wildbewaringsvereniging) wil ek graag reageer op die onlangse persverklaring van die SAJWV, “Jagtersvereniging vra vir regulering van intensiewe kommersiële wildteelpraktyke”.

Woensdag 18 Februarie 2015 was ’n uitsonderlik hartseer dag vir ons organisasie, asook vir die jag- en bewaringstradisie wat vir ons so kosbaar is. Watter reg het ons as die SAJWV om te versoek dat die regering in die wildboersektor ingryp? Nie net grens hierdie versoek aan skending van die grondwetlike regte van wildboere nie, maar dit kan ook rampspoedige langtermyn-gevolge vir die wildbedryf hê. Wil ons as jagters die juiste bedryf waarvan ons afhanklik is, vernietig?

In my hoedanigheid as jagter en wildboer het ek op verskeie geleenthede lede van die SAJWV, insluitend die voormalige president, Chris Niehaus, bewaringsbestuurder, Lizanne Nel, redakteur van SA Hunters-tydskrif, Koos Barnard, en inderdaad enige van die vereniging se 36 000 lede uitgenooi om my wildplaas te besoek. Sodoende kon hulle eerstehands sien watter praktyke ons volg en miskien raad gee oor waar ons kan verbeter. Tot op datum het nie ’n enkele uitvoerende lid van die SAJWV ny uitnodiging aanvaar nie.

Dit wil voorkom of die SAJWV nie belangstel in enige ernstige poging om die wildboerbedryf te observeer of mee te kommunikeer nie. SAJWV se persverklaring sal net lei tot onnodige konflik tussen die verskillende sektore van ons bedryf, en net tot voordeel wees van die diereregte-aktiviste wat jag wil uitroei.

Weens die fenomenale risiko’s wat hierdie persverklaring op die toekoms van die wildbedryf geplaas het, moet gevra word – het die leiers van die SAJWV ’n onbetwiste mandaat van hul lede in hierdie benadering en is kollektiewe insette van die meerderheid van ons 36 000 lede gekry? As ’n betaalde lid van die SAJWV ondersteun ek beslis nie hierdie verklaring deur ons leiers nie.

Die versoek vir regeringsingryping kan heel moontlik lei tot ’n afname in wild in Suid-Afrika. Voor 1991 is wild volgens wet as res nullius of eiendom sonder eienaar beskou. Grondeienaars kon net voordeel trek uit wildbevolkings deur die doodmaak of vang van die diere.

Die implementering van die Wet op Wilddiefstal van 1991 het die landskap van wildbewaring verander. Grondeienaars wat voldoen het aan ’n stel vereistes vir omheinde areas kon nou die wild wat op hul grond is wetlik besit. Grondeienaars was nou meer geneig om wild wat op hul grond kom te bewaar as te jag. In sy boek The South African Conservation Success Story sê die skrywer Peter Flack die Suid-Afrikaanse bewaringsmodel het drie belangrike bene: openbare sektor, private sektor en die vryemark-ekonomie. Regeringsingryping op die manier wat deur die SAJWV versoek is, kan die bene van die private sektor en die vryemark-ekonomie afsny. As wild eers sy finansiële waarde verloor, is daar ’n groot risiko dat dit weer onderwerp sal word aan onvolhoubare druk van boere, wat dan dalk weer sal terugkeer na bees- of skaapboerdery.

Is die handhawing van ‘goedkoop’ jag die kern van hierdie veldtog deur die SAJWV? Indien wel, is dit bra kortsigtig om die prys van jag vas te pen ten koste van ’n vryemark-ekonomie, wat wildboere in staat stel om te kies hoe hulle wild wil bemark. In effek maak dit inbreuk om wildboere se grondwetlike reg om in die ekonomie sake te doen.

Dit is vreemd dat die SAJWV kies om op hierdie manier te kommunikeer, aangesien hier duidelik ruimte is vir betekenisvolle, vurige gesprekvoering tussen belanghebbendes.

Die wildboerbedryf word reeds oorgereguleer en ondergeadministreer deur amptelike liggame. ’n Voorbeeld hiervan is die voortdurende gesukkel en vertraging in die uitreik van permitte vir renosters, ’n vertraging wat neerkom op ’n regstreekse bedreiging vir ’n bevolking wat deur uitwissing in die gesig gestaar word. Om verdere regulering te versoek sal die regte van jagters en wildboere inkort en die wild in Suid-Afrika negatief beïnvloed.

Volgens die persverklaring het die SAJWV in November 2014 ’n beleidsposisie oor “intensiewe en selektiewe wildteling om die genetiese eienskappe van inheemse wildspesies vir kommersiële doeleindes te verander of te bevorder” ingeneem, en ander jagliggame versoek om dieselfde beleid aan te neem. Hierdie soort beleidsverklaring moet deur wetenskaplike navorsing, praktiese veldwerk en ewekniebeoordeling van die wetenskaplike dokumente ondersteun word. As lid van die SAJWV versoek ek afskrifte van of verwysings na die navorsing wat hierdie beleid ondersteun.

Selfs meer onrusbarend is dat die SAJWV as verbruiksjagters skuldig kan wees aan oortreding van dieselfde 13 besware wat hulle oor selektiewe teling opper. AS JAGTERS JAG ONS DIERE AL VIR EEUE SELEKTIEF, WAT DIERE-GEDRAG, GENETIESE SAMESTELLING, SOSIALE STRUKTURE EN HABITATTE WYSIG.

Kan ons as SAJWV ’n voorbeeld stel met betrekking tot die 13 besware waarvoor ons ander verantwoordbaar wil hou? Hier is van my besware…

SAJWV se 13 besware

1. Onbeheerbare impak op natuurlike evolusionêre prosesse insluitend verandering in gedrag, teelpatrone en voortplantingsiklusse;
Ons president, dr. Gerhard Verdoorn, se stelling dat hy net wild in hul oorspronklike of natuurlike staat jag, kan net as fiksie beskryf word. Natuurlike gebiede, met wild in hul oorsponklike of natuurlike staat (sonder inmenging van die mens) bestaan nie meer in Suider-Afrika nie. Gejagte bevolkings kan nie as natuurlike of oorspronklike bevolkings geklassifiseer word nie.
As jagters maak ons die kognitiewe besluit om ’n dier te jag en selfs in die mees etiese jagpraktyke het ons ’n impak op die natuurlike evolusionêre proses van die hele trop. Ons jag verander die gedrag en teelpatroon van hierdie diere en om teeldiere te jag en dood te maak, beïnvloed die groep se voortplantingstatus.

2. Verlies van skaars allele en verminderde genetiese integriteit van wildbevolkings wat naturlik voorkom;
Jagters is nie verplig om voor die jag ’n genetiese evaluering van die teikendiere in te handig nie en kan dus (wetened of onwetend) verantwoordelik gehou word vir die verlies aan diversiteit in ’n bevolking. Een voorbeeld hiervan is die Addo-olifantbevolking: Slegs 2% van vrylopende olifantbevolkings is tandloos, maar Addo-olifante het ’n groter as 80% voorkoms van tandlose olifante. Dit is die regstreekse gevolg van jagters wat diere met tande uitsoek. SANParke korrigeer die kenmerk deur bulle met tande in die bevolking te plaas. Beskou die SAJWV dan dus hierdie aksie as wetenskaplik gebrekkig?

3. Verminderde genetiese fiksheid en aanpasbaarheid tot omgewingstoestande, insluitend omgewingsveranderinge wat gepaardgaan met klimaatsverandering;
Verbruiksjagters skiet net diere wat as gesond en in topkondisie beskou word. Kan dit gesien word as bydraend tot die afname in genetiese fiksheid in wildbevolkings?
Voorts, hoe kan ons diere se vermoë om aan te pas by klimaatsverandering as ’n bekommernis beskou, maar terselfdertyd alle kleurvariante veroordeel? Kan sekere variante nie meer aangepas wees tot die omgewingsveranderinge wat met klimaatsverandering gepaardgaan nie?

4. Negatiewe impak op die individuele diere se welsyn;
Daar kan niks meer negatief wees vir die welsyn van ’n dier as om in ’n geweer se visier te wees nie. In die lig hiervan kan die SAJWV se uitsondering van die wildplaasbedryf as sleg vir die welsyn van diere as effe skynheilig gesien word. Wildboere moet omsien na die welsyn van diere om wildproduksie te optimaliseer.

5. Onbedwingbare uitbreiding van eksotiese en wildspesies buite hul histories natuurlike habitat;
Ondanks die feit dat die witrenoster in seker dele van die Oos-Kaap floreer, is hulle kragdadig verwyder uit die provinsie se parke omdat hulle nie endemies aan die gebied is nie. Die SAJWV ondersteun renosterbewaring, maar versoek regeringsinmenging, wat verskeie renosterreservate gaan raak omdat dit buite historiese habitatte val. Sulke reservate kan aan verdere ondersoeke onderwerp word as dit as selektiewe of intensiewe teelgebiede beskou word.

6. Verhoogde risiko van die uitbreek van soönotiese siektes en epidemies;
Widlboere kan gesien word as in die voorste linie in die bevegting van die uitbreek van siektes. In uitgebreide stelsels sonder heinings het besmette diere ’n groter kans om siektes oor te dra. Wildboere met semi-uitgebreide stelsels skep die potensiaal vir waardevolle kwarantynsones waarin die uitbreek van ’n siekte makliker hanteer kan word.

Wildboere is voortdurend betrokke deur fondse by te dra vir genetiese navorsing en nadoodse ondersoeke op diere te doen waar die oorsaak van dood nie bekend is nie, sodat die uitbreek van soönotiese siektes, en enige siekte om die waarheid te sê, voorkom kan word.

Kan ek op hierdie punt vra watter evaluerings in plek is vir verbruiksjagters wat dierkarkasse na stedelike en landelike gebiede vervoer?

7. Onvoorspelbare impak op habitatte en ekostelsels;
Dis bekend dat die impak op habitatte en ekostelsel regstreeks verwant is aan die doeltreffenheid van bestuur, hetsy of die bestuurde gebied groot of klein is. Die meeste van die semi-uitgebreide wildplase in private besit in Suid-Afrika is op grond wat voorheen vir landbou gebruik is en nie op areas wat aan bewaring toegewys is nie. In baie gevalle was daar ’n verbetering in grondgebruik en bewaring wanneer konvensionele landbougrond in wildplase omskep is, met ’n ongelooflik positiewe uitwerking op biodiversiteitsbewaring. Habitatte wat deur wildboere vir hul wild ontwikkel is, bied nou ekostelsels, wat tot voordeel strek van ’n veel wyer spektrum van biodiversiteit as wat voorheen moontlik was.

8. Verhoogde risiko van jag van roofdiere, waarvan sommige spesies reeds onder beduidende bedreiging gebuk gaan;
Wildboere hou ’n veel kleiner gevaar vir bedreigde roofdierspesies in as veeboere. Die jag van roofdiere sal ophou wanneer hul waarde vir ’n wildboer (deur volhoubare gebruik) groter is as die koste om ’n trop roofdiere op hul grond te hê. Wild sal voortdurend buite beskermde areas ingebring of bewaar word wanneer hul volhoubare gebruik ’n groter sosio-ekonomiese waarde vir landelike mense het as enige ander grondgebruik-opsie.

9. Skade aan die jagbedryf se reputasie geassosieer met die jag van diere wat in aanhouding geteel is;
Chris Niehaus, voormalige president van die SAJWV, het leeuteling en -telers op nasionale televisie ondersteun. “Baie van ons lede is leeutelers en hulle het ’n gedragskode, net soos ons ’n gedragskode het. Die jag van leeus is ’n uiters emosionele kwessie, ek verstaan dit. Ek dink ons moet baie versigtig wees om nie die bewaringsvoordele van die skiet van ’n leeu wat in aanhouding geteel is teenoor ’n wilde leeu onderskat nie.” En weer in dieselfde onderhoud: “Baie leeus is vrygelaat. Hulle is regoor Afrika vrygelaat, selfs in Suid-Afrika, waar nuwe wildreservate op soek is na leeus wat in aanhouding geteel is. Hulle is katte en nes huiskatte raak hulle vinnig wild,” het Niehaus gesê.

Vir die volledige video, volg asseblief hierdie skakel:
www.youtube.com/watch?v=u8Vl03j8JsU

Waarom weerspreek die SAJWV minder as ’n jaar later nou die voormalige president van die SAJWV se verklarings en veroordeel diere wat in aanhouding geteel is?

10. Twyfelagtige integriteit van Suid-Afrikaanse wildtrofees internasionaal;
Ondanks die teenwoordigheid van wildheinings lok Suid-Afrika meer trofeejagters as die res van Afrika saam. Suid-Afrika blink uit in die trofeejagbedryf. Volgens die Departement van Omgewingsake het trofeejag in 2013 na raming R1.072 miljard gegenereer, ’n verhoging van 32% van die vorige jaar se R811 miljoen. As selektiewe teling die jagbedryf skade berokken, waarom toon die bedryf dan groei van 32%?

11. Onvoorspelbare styging in pryse van inheemse wild, wat plaaslike verbruiksjagters, uitgebreide wildboere en aktiwiteite regdeur die waardeketting beïnvloed;
Die SAJWV is van mening die hoë pryse wat wildboere vir wild kry, het ’n negatiewe uitwerking op plaaslike verbruiksjagters, uitgebreide wildboere en ander aktiwiteite in die waardeketting. Dis noodsaaklik om te verstaan daar is verskillende markte vir verskillende diere. Enige verstandige bewaringsgesinde weet teeldiere, kommersieel gejagte wild (biltong) en trofeejagdiere word verskillend geprys.

In 1998 was ons biltongjagprys (York Safaris) vir wildebeeste R2 250 per nietrofeebul. In 2015 is ons jagprys vir wildebeeste R3 500. Dit is ’n verhoging van minder as 2.75% per jaar. Netso was ons nietrofeeprys vir impalas R595 en dis nou R1 100, ’n verhoging van 3.75% per jaar. Dis drasties minder as inflasie.

12. Verhoogde risiko van disinvestering in uitgebreide wildboerdery en gepaardgaande afname in die bydrae van verwante sektore op die biodiversiteitsekonomie en nasionale bewaringsmikpunte en -doelwitte;
Om te kan oorleef moet selfonderhoudende kommersiële wildboere voldoende inkomste genereer om die hoë koste van grond, diere, ontwikkeling en produksie te dek. Daar word ook van hulle verwag om ’n volhoubare, positiewe bydrae tot transformasie, gemeenskapsopheffing, voedselsekerheid, werkskepping, die landelike groen ekonomie en biodiversiteitsbewaring te maak. Gegewe die kostes, moet welvaartskepping en sakebedrywighede wat volgens gesonde ekonomiese beginsels bestuur word, voorkeur kry.

As lede van die SAJWV in uitgebreide gebiede wil jag, moet die wildboere wat hierdie stelsels bestuur behoorlik vergoed word vir hierdie jagvoorreg en sal die rekening beslis aansienlik hoër wees.
Met betrekking tot die bydrae wat tot die biodiversiteitsekonomie en nasionale bewaringsmikpunte en -doelwitte gemaak word, wil ek weer verwys na die voormalige president van die SAJWV, mnr. Chris Niehaus, wat gesê het “ons moenie die bewaringsvoordeel van diere wat in aanhouding geteel is, onderskat nie.”

13. Die vermoë van ekotoerisme en die jagbedryf om volhoubaar by te dra tot die ekonomie en die welsyn van die breër publiek.
Die Nasionale Krugerwildtuin is ’n groot, uitvoerig bestuurde area, terwyl die Johannesburgse Dieretuin is ’n hoogs intensief bestuurde, klein area is. Tussen hierdie twee uiterstes is staatsbestuurde nasionale en provinsiale parke, private reservate, gesindikeerde wildreservate en wildplase. Almal het verskillende doelwitte, ideologieë en bestuursplanne, afhangend van omstandighede en befondsing. Hierdie diversiteit dra by tot die groei en sukses van die bedryf, insluitend ekotoerisme, jag en bewaring.

Ten slotte

Die SAJWV moet die krag van diversiteit in ons bedryf vier en nie deur verdeling swakheid skep deur almal te dwing om te bestuur volgens die vooropgesette doelwitte van sekere bewaringsgesindes nie.
Dit sal interessant en insiggewend wees om die navorsing en gesprekke te sien wat gelei het tot hierdie beleidsverklaring deur die uitvoerende leiers van SAJWV.

Ek sal hierdie bewyse wil sien. Tot dan staan ek as lid van die SAJWV hier persverklaring en en die beleidsdokument teen. Albei hierdie dokumente is gebrekkig en sal nie net die statuur en naam van die SAJWV nie maar ook die hele jaggemeenskap skade berokken.

Ek wil ons leiers graag aanmoedig tot betekenisvolle gespreksvoering met ander sektore. Nie ’n enkele SAJWV-lid sal baat by hierdie media-gedrewe antagonistiese aanval op die wildbedryf nie.

Ek sien uit na ’n geskrewe reaksie waarin ons leiers hierdie kwessies aanspreek.

Jou mede-lid, wie se brood en botter van bewaring afhanklik is.
Richard York


Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: SAJWV wil kommersieele wild telers voorskryf.

Post by James Wilson »

Ek is m trotse lid van SAJWV, nadat ekin ongeloof hulle persverklaring gelees het, en nou nog meer nadat ek Richard York se brief gelees het, is ek diep bedroef oor my organisasie se bestuur.

Is dit waar dat die SAJWV, ge-afilieer is by Amerika se NRA?
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
Hugo
Hero Member
Hero Member
Posts: 1977
Joined: Thu Apr 14, 2011 3:03 pm

Re: SAJWV wil kommersieele wild telers voorskryf.

Post by Hugo »

Ek het al self n dag saam Richard York op hulle grond spandeer op Alma en die kennis wat daai jong man het oor die wild bedryf is ongelooflik.

Ek staan bank vas agter sy brief en opinie. Die vereeniging is stadig maar seker besig om sy eie keel te sny met sy pers verklarings wat swak bewoord en glad nie goed deur gedink word nie.
Jean Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 2687
Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm

Re: SAJWV wil kommersieele wild telers voorskryf.

Post by Jean Marais »

Ek gaan dalk my nek nou uitsteek, maar:

Ek sien die ding so. 'n Geregistreerde hond/kat kos baie duurder as 'n straatbrak/kat. Dit maak sin, want jy kan nou nie juis van 'n straatbrak/kat 'n geregistreerde hond/kat maak nie. Dieselfde geld vir 'n stoettery. Stoetdiere kos beduidend meer as gewone diere, en ek kan nie skielik van 'n gewone dier, 'n stoetdier maak nie. Bloedlyne laat dit net eenvoudig nie toe nie. Suiwer stoetdiere word ook nie algemene tafelvleis nie....

My siening met die smartieboks wild is dieselfde. Daar kom somtyds in die natuur een of ander afwyking voor (kleure, horing, stert, oë, wat ook al), maar baie beperk, want dis nie algemeen nie, dis eintlik 'n frats. Hierdie frats het nou skielik buitengewone waarde, omdat dit skaars is en nie algemeen voorkom nie. Agv die fenominale waarde wat hierdie fratse skielik haal, lok dit belangstelling, en sie daar, 'n heel nuwe bedyf kom op die been, want hier's skielik nou miljoene rande op die spel. In die normale natuur, sou die frats dit egter 10@1 nie gemaak het nie. Sy afwyking stel hom te bloot, nie net aan die trop nie, maar ook aan roofdiere wat hom baie makliker kan raaksien en vang. Die toekoms van hierdie fratse kan nie volhoubaar wees nie, want ongeag ekonomiese beginsels van gewone vraag en aanbod, sal dit op een of ander stadium 'n versadigingspunt bereik, en sal die fratse bloot soos stoetdiere hanteer word. Soos 'n stoetdier nie gewone tafelvleis word nie, so sal 'n frats ook nie algemeen gejag word nie. Dit gaan bloot skoudiere word en 'n handjievol "telers" sal onder mekaar daarmee handel dryf. Die res van die jagbedryf, sal in vrede voortgaan soos in die verlede.
Kolskoot groete!!

Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
Chris Swart
Hero Member
Hero Member
Posts: 859
Joined: Fri May 18, 2012 7:49 am

Re: SAJWV wil kommersieele wild telers voorskryf.

Post by Chris Swart »

Kyk, ek het self op hierdie draad SAJWV se reg om namens hul lede te praat ondersteun, maar as die bewering waar is, dat die bestuur Richard York se uitnodiging om hom te besoek van die hand gewys het, laat SAJWV se optrede met betrekking tot hierdie saak 'n baie swak smaak in die mond.

Hulle het dus verklarings gemaak sonder om oor al die feite te beskik.
Erger as dit, hulle het 'n geleendheid om vrae op interne wyse te beantwoord, ignoreer, en met hul OPINIE media toe gehardloop.
DIT IS SWAK STYL.

Ek ken Mnr York van geen kant af nie en ek weet nie hoe hy sy plaas bestuur nie, ek aanvaar ook dat nie alle teelprogramme presies soos syne bestuur word nie, maar om iemand wat antwoorde wil gee, en probleme wil besleg, te ignoreer, en dan teen "sy soort" uit te vaar in die media, is onaanvaarbaar.

Ek trek dan ook my stelling dat die verklaring van SAJWV, namens en in opdrag van hul lede gemaak is terug.

Dit wil bleik dat die uitvoerende komitee NIE hul lede geraadpleeg het voor hulle 'n baie belangrike verklaring gemaak het nie...
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: SAJWV wil kommersieele wild telers voorskryf.

Post by PWV »

Ek wil my gladnie uitlaat oor die inhoud van Richard York se skrywe nie. Ek weet ook nie of daar vooraf verwikkelinge en samesprekings was wat hierdie skrywe as laaste uitweg tot gevolg gehad
het nie.
Vir my is dit net jammer dat 'n lid sy eie organisasie/vereniging so in die openbaar aanvat!
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: SAJWV wil kommersieele wild telers voorskryf.

Post by Geno »

PWV wrote: Vir my is dit net jammer dat 'n lid sy eie organisasie/vereniging so in die openbaar aanvat!

Die man sê mos hy het sy vereniging genader vir antwoorde en om sy opset te kom kyk.
Hulle (sy vereniging) het hom ge-ignoreer.
Hulle (sy vereniging) het hom (as teler) mos ook in die openbaar aangevat.
Ek glo hy het alle reg gehad om sy ope brief te publiseer.
Goed, beter, 6millimeter!
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4792
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: SAJWV wil kommersieele wild telers voorskryf.

Post by Carl »

PWV wrote:Vir my is dit net jammer dat 'n lid sy eie organisasie/vereniging so in die openbaar aanvat!
Oom PWV hy volg net hulle voorbeeld ;) .
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
User avatar
Hugo
Hero Member
Hero Member
Posts: 1977
Joined: Thu Apr 14, 2011 3:03 pm

Re: SAJWV wil kommersieele wild telers voorskryf.

Post by Hugo »

http://i262.photobucket.com/albums/ii113/hugof99/5814F2BB-BF39-4B22-AEC6-DF4AA05A415A-2917-000002B97EFB1028_zps5309c300.jpg
User avatar
Frikkie Coetzee
Hero Member
Hero Member
Posts: 2151
Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm

Re: SAJWV wil kommersieele wild telers voorskryf.

Post by Frikkie Coetzee »

Chris Swart wrote:
Dit wil bleik dat die uitvoerende komitee NIE hul lede geraadpleeg het voor hulle 'n baie belangrike verklaring gemaak het nie
Jip
Tarzan
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 260
Joined: Mon Nov 19, 2012 10:23 pm

Re: SAJWV wil kommersieele wild telers voorskryf.

Post by Tarzan »

SAJWV se verklaring word "Aanval" genoem en York se brief word"verdedig" genoem!
User avatar
win270
Hero Member
Hero Member
Posts: 2104
Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am

Re: SAJWV wil kommersieele wild telers voorskryf.

Post by win270 »

Jean Marais se opsomming op vorige bladsy van hierdie forum is goed saamgevat. Die debat wat hierdie onderwerp ontketen het, sal hopelik duidelikheid voortbring. Dit is jammer as ons as jagters en wildtelers en plaaseienaars onder mekaar moet roei en rumoer om die saak uitgepraat te kry. Dis egter soos in enige verhouding, as albei partye die heeltyd oor alles saamstem, is een party waarskynlik oorbodig!! Alle partye word sterker as hulle gesamentlik kan praat oor knelpunte en dit uiteindelik op 'n volwasse wyse uitsorteer. Meningsverskille sal daar altyd wees en dit moet geakkommodeer word.

Lekker naweek!!
Post Reply