Page 9 of 10

Re: Ek maak nou my eie 224 koeëls van 22LR brass

Posted: Mon May 18, 2020 9:56 am
by Hein22
Fotos soos beloof. die 60gr en 55gr lyk dieselfde.
70gr.jpg
60gr.jpg
50gr.jpg

Re: Ek maak nou my eie 224 koeëls van 22LR brass

Posted: Mon May 18, 2020 10:05 am
by Hein22
Die lood se pryse het gestyg so ek moet die pryse so effe aanpas, die .22 doppies kos darem nog dieselfde ;D

250 - R530
500 - R950
1000 - R1700

Die manne wat nou al 'n tydjie terug bestel het se pryse sal ek nog hou soos toe hulle bestel het.

250 - R480
500 - R850
1000 - R1500

Re: Ek maak nou my eie 224 koeëls van 22LR brass

Posted: Mon May 18, 2020 10:22 am
by Hein M.
Hein, daardie puntjies lyk pragtig!

Ek stel ook belang in 250 40gr punte vir my Hornet. Ek het dieselfde fabrikaat roer as Armand. Kan ek hier bestel, of hoe werk dit?

Hoor graag!

Mooi dag daar!

Re: Ek maak nou my eie 224 koeëls van 22LR brass

Posted: Tue May 19, 2020 7:41 am
by japievan
Hein
Dink jy my Brno 223 Rem sal die 60 of 70gr kan stabiliseer? Ek het lank terug die twist gemeet as 1:15, maar twyfel of ek reg gemeet het.

Re: Ek maak nou my eie 224 koeëls van 22LR brass

Posted: Tue May 19, 2020 8:15 am
by Hein22
More Japie, as dit 'n stadige twist is sal dit nie die swaarder koeels stabiliseer nie. Ek sal nie swaarder as 55gr gaan nie.

Re: Ek maak nou my eie 224 koeëls van 22LR brass

Posted: Tue May 19, 2020 8:38 am
by PieterG
More Hein, ek soek asb 250 van jou 60gr pille. Sit my asb op jou lys. Dankie Pieter

Sent from my SM-A705FN using Tapatalk

Re: Ek maak nou my eie 224 koeëls van 22LR brass

Posted: Tue May 19, 2020 9:01 am
by Hein22
Is reg dankie Pieter, ek sit jou op die lys.

Re: Ek maak nou my eie 224 koeëls van 22LR brass

Posted: Tue May 19, 2020 11:08 am
by Lourens
Hein wat is die lengte van jou 60gr en 70gr koeels?

Groete

Re: Ek maak nou my eie 224 koeëls van 22LR brass

Posted: Tue May 19, 2020 11:25 am
by LoopSoosStroop
Dis nou 'n netjiese produk.

Re: Ek maak nou my eie 224 koeëls van 22LR brass

Posted: Tue May 19, 2020 11:28 am
by Hein22
70gr - 20.7mm
60gr - 18.4mm

Base to tip

Re: Ek maak nou my eie 224 koeëls van 22LR brass

Posted: Tue May 19, 2020 12:08 pm
by Hein M.
Hein M. wrote: Mon May 18, 2020 10:22 am Hein, daardie puntjies lyk pragtig!

Ek stel ook belang in 250 40gr punte vir my Hornet. Ek het dieselfde fabrikaat roer as Armand. Kan ek hier bestel, of hoe werk dit?

Hoor graag!

Mooi dag daar!
Hein, kan jy my op jou lys sit asb? Moet ons betaal? Laat weet maar, asb...

Groetnis!

Re: Ek maak nou my eie 224 koeëls van 22LR brass

Posted: Tue May 19, 2020 3:56 pm
by Hein22
Hi, ek het jou op die lys, net vergeet om vir jou te bevestig, Jammer! ;) Nie nodig om nou te betaal nie, sodra jou bestelling gereed is om te stuur sal ek almal laat weet en dan kan ons praat oor die gelde.

Groete.

Re: Ek maak nou my eie 224 koeëls van 22LR brass

Posted: Tue May 19, 2020 4:16 pm
by HJA
Hallo hein,

Enige nuus op die 6mm koeels....?

Dankie
henk

Re: Ek maak nou my eie 224 koeëls van 22LR brass

Posted: Tue May 19, 2020 4:22 pm
by Hein22
Hi Henk,

Nee ongelukkig nie. Ons het in die verlede gesukkel om Jackets te kry en al kry ons nou sal dit seker baie duur wees so ek betwyfel of die 6mm koeels vinnig weer aan gewerk sal word. Ek self skiet goedkoper met 105gr cc as wat ek my eie 6mm koeels kan maak.

Re: Ek maak nou my eie 224 koeëls van 22LR brass

Posted: Thu May 21, 2020 9:06 pm
by ruaanb
Is ek nog daar op die lys 40greiners?

Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Ek maak nou my eie 224 koeëls van 22LR brass

Posted: Thu May 21, 2020 10:10 pm
by Armand Steenkamp
Ek maak maar net seket ek is ook op die lys vir 500 40gr en 250 50gr pitte asb

Re: Ek maak nou my eie 224 koeëls van 22LR brass

Posted: Fri May 22, 2020 8:15 am
by Hein22
Hi Ruaan & Armand, ek het julle bygevoeg, dankie.

Re: Ek maak nou my eie 224 koeëls van 22LR brass

Posted: Thu Jul 09, 2020 8:03 am
by Tampie
Hallo Hein, sal jy my ook opsit vir 250 x 50 grein asb?
Groete, Martiens.

Re: Ek maak nou my eie 224 koeëls van 22LR brass

Posted: Tue Jul 21, 2020 2:29 pm
by Hein22
Hi Tampie,

Jammer ek kom nou eers terug, ek sal vir jou maak ja.. Ek is nog besig met die 55gr voordat ek af skuif na die ligter koeels toe..

Groete,
Hein

Re: Ek maak nou my eie 224 koeëls van 22LR brass

Posted: Sun Aug 30, 2020 2:37 pm
by Tampie
Hallo Hein,

Ek het reggekom met ander punte dankie.

Groete,
Martiens

Re: Ek maak nou my eie 224 koeëls van 22LR brass

Posted: Mon Mar 29, 2021 11:48 am
by Jan Nel
Goeie dag Hein
Vervaardig jy nog die koeels?
Sal graag heelwat wil bestel.
Groete

Re: Ek maak nou my eie 224 koeëls van 22LR brass

Posted: Mon May 31, 2021 8:57 pm
by Armand Steenkamp
Naand! Maak jy nog koeels? Lyk my hier is heelwat manne wat soek... Ek soek self vir my 22H,222 en 22-250 wat oppad is

Re: Ek maak nou my eie 224 koeëls van 22LR brass

Posted: Tue Jun 01, 2021 11:19 am
by Hein22
More Armand,

Ek maak nog koeels ja, maar slegs op bestelling. So indien jy iets benodig stuur my 'n PM dan kan ons reelings maak.

Re: Ek maak nou my eie 224 koeëls van 22LR brass

Posted: Thu Jun 03, 2021 8:33 am
by Yogi
EK dink hierdie is 'n fantastiese inisiatief, om plaaslik so produk te kan beskikbaar stel. Ek wens ek het 'n geweer gehad wat van die koëls kon vat. Well done.

Re: Ek maak nou my eie 224 koeëls van 22LR brass

Posted: Thu Jun 03, 2021 12:49 pm
by Armand Steenkamp
Yogi wrote: Thu Jun 03, 2021 8:33 am EK dink hierdie is 'n fantastiese inisiatief, om plaaslik so produk te kan beskikbaar stel. Ek wens ek het 'n geweer gehad wat van die koëls kon vat. Well done.
Yogi, ek het baoe lanklaas so n goeie verskoning gehoor om n nuwe geweer te koop