Page 9 of 11

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie

Posted: Mon Dec 17, 2012 8:35 pm
by Jakkalsgat
No 63 behoort aan Namhunt, baie geluk Daan jy is die wenner van 'n Xbag

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie

Posted: Mon Dec 17, 2012 8:37 pm
by Beretta
Derde kaartjie tweede trekking
Geluk die no is 2

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie

Posted: Mon Dec 17, 2012 8:38 pm
by Jakkalsgat
No 2 behoort aan Jaktrap, baie geluk jy is die wenner van 'n Silencer

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie

Posted: Mon Dec 17, 2012 8:40 pm
by DWB
Baie geluk manne!!!!

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie

Posted: Mon Dec 17, 2012 8:41 pm
by Jakkalsgat
Manne

Baie dankie daarby volstaan ons, relings sal getref word om pryse by die wenners uit te kry . Baie dankie aan die borge en elkeen van julle wat deelgeneem het, weet dat julle bydraes 'n groot verskil in hierdie kinders gaan maak. Ek waardeer dit opreg en elkeen van julle is 'n held in my oe.

Lekker aand aan elkeen van julle.

Groete
Jaco

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie

Posted: Mon Dec 17, 2012 9:04 pm
by Marc
Baie geluk aan julle elkeen, Jakkals die een het mooi geloop, dankie Berretta  8)

Oom Taffie, as Oom 'n skinker kort skreeu net, ek is seker ek sal 'n plan kan maak  ;D

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie

Posted: Mon Dec 17, 2012 9:16 pm
by JTM
Van my kant af , dankie vir die geleentheid om bietjie te kon kompeteer vir lekker pryse. Die regte wenners is die kinders en ek hoop hulle kan regtig baat vind uit die projek. Hulle verdien elke bietjie en nog meer. Laat dit nie hier stop nie.

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie

Posted: Mon Dec 17, 2012 9:24 pm
by Marc
JTM wrote: Van my kant af , dankie vir die geleentheid om bietjie te kon kompeteer vir lekker pryse. Die regte wenners is die kinders en ek hoop hulle kan regtig baat vind uit die projek. Hulle verdien elke bietjie en nog meer. Laat dit nie hier stop nie.
+1

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie

Posted: Mon Dec 17, 2012 11:20 pm
by Jaktrap
Hi Forum vriende
Ek was nou baie verbaas toe ek die post oopmaak en sien dat ek iets gewen het. Dit het my laat dink aan iets om dankie te se. My een vriend se seding som dit seker die beste op.
N TOE HAND KAN NIKS ONTVANG NIE
En al sal hierdie geskenk baie handig te pas kom le die vreugde daarin om ietsie kleins vir
iemand te doen wat regte nood het.
Weereens baie dankie aan al die borge en organiseerders van die kompetisie.

Sterkte
Jaktrap

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie

Posted: Tue Dec 18, 2012 8:16 am
by GreyGhostGear
Jaco,

Nee wat, jou reelings en die trekking en alles was uit die boeke, welgedaan!
Jy moes maar daardie "funksie" in Bloem ook gereel het, sou dalk minder chaos gewees het ;D

Ek sal met Hugo reel vir sy hemp en pet.

Groete,
Petrie
(ex Jagmaar, nou GreyGhostGear)

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie

Posted: Tue Dec 18, 2012 8:23 am
by Jakkalsgat
Petrie

Baie dankie nogmaals, as ons weer so iets doen sal ek verseker klomp manne bymekaar kry om trekking te doen. Die druk en blootstelling vir my en Beretta is maar kwaai en werk dit altyd beter as daar maar paar manne is wat kan ogie hou.

Groete
Jaco

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie

Posted: Tue Dec 18, 2012 8:46 am
by Geno
Jaco/ Beretta,
Dankie vir julle moeite met die kompetisie.
Al die wenners, geluk!
Oom Taf, jy moet maar skrou as jy op daai jag gaan, ek is nogal nie te slegte gids nie, en het al in daardie area gejag! ;D

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie

Posted: Tue Dec 18, 2012 8:57 am
by Beretta
Geno
Ek sal jou mooi wys waar is die plaas ek sal sommer voor ry julle kan sommer agter my aan ry. Ons kan jou prys ook mooi toets
Beretta

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie

Posted: Tue Dec 18, 2012 9:05 am
by Jakkalsgat
Beretta

Ry ek saam met jou? Geno het ongelukkig niks gewen nie, Eugene was die wenner van 'n X BAg
Het vanoggend laaswte oorbetaling gedoen aan die kinderhuis R 22 150 in totaal. Hulle sal vir ons briefie stuur.

Groete
Jaco

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie

Posted: Tue Dec 18, 2012 9:11 am
by Beretta
Jaco
Raak ek nou deur mekaar ja jy kan jou bakkie hier in my garage los hy is veilig sal nie vinnig ry nie  ;D ;D ;D
Beretta

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie

Posted: Tue Dec 18, 2012 9:11 am
by Geno
Beretta wrote: Ons kan jou prys ook mooi toets
Uncle B,
Dis my naamgenoot van Klerksdorp wat daai prys gewen het.

Groete,
Eugene

PS, Hoe vorder die re?lings wat ons oor gesels het?

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie

Posted: Tue Dec 18, 2012 9:14 am
by Beretta
Geno
Wag nog vir die manne daar is miskien iets anders sal by die naweek weet.
Beretta

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie

Posted: Tue Dec 18, 2012 10:03 am
by Jakkalsgat
Jakkalsgat wrote:

[img width=560 height=420]http://i1156.photobucket.com/albums/p57 ... _13151.jpg[/img]



Hier is iets wat my geweldig pla van ons begin het met die trekking, hoekom het Beretta nie 'n Beretta hoed nie?

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie

Posted: Tue Dec 18, 2012 10:40 am
by Beretta se dogter
Jaco

Oom Beretta het sy dogter se Browning hoed geleen...

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie

Posted: Tue Dec 18, 2012 10:54 am
by Carl
Dankie Jaco, skuus was besig met ander dinge toe't ek nie die gevolg nie. Gehoop vir die silencer maar as ek di vir mamma gee, is haar mond gesilence dan koop ek maar 'n silencer;-)

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie

Posted: Tue Dec 18, 2012 12:31 pm
by tafjak
Dankie, baie dankie!

Jaco het my gebel en was ek deur die slaap(word sleg ne^) en moes ek terugbel. Was ek nie "stomgeslaan verbaas" nie.

Sal 'n plan maak met die prys, (baie dankie aan die borge) miskien kan ons die man se jakkalse gaan jag?

Die kinders het regtig gewen en sal ek wat wou gee om Kersaand by te wees.

Mooiloop julle en ou Goose, gre^nd inisiatief van jou.

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie

Posted: Mon Jan 21, 2013 4:29 pm
by Jakkalsgat
[img width=560 height=420]http://i1156.photobucket.com/albums/p57 ... 1-1535.jpg[/img]

Uiteindelik vandag Carl se ottoman gaan haal, nou moet ons net vir dit 'n geleentheid kry van Bloem na Rustenburg. Terwyl ons op die onderwerp is soek ek iemand wat Daan se X bag kan saamneem St Nowhere toe vanaf Bloemfontein. Die res van die manne glo ek het al hul pryse gekry, as julle nie het nie PM my asb. Taffie is in die ongelukkige posisie dat hy syne self moet gaan haal.

Groete
Jaco

PS: Askuus vir die bewe op die foto moes eers met joggie gesels wat klient se kaart vir eie gebruik geswipe het.

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie

Posted: Mon Jan 21, 2013 4:59 pm
by FCLoretz
Jaco,

ek sal met jou gesels oor die goeters as ek jou die naweek sien.

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie

Posted: Mon Jan 21, 2013 5:02 pm
by Jakkalsgat
Goed so

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie

Posted: Mon Jan 21, 2013 7:31 pm
by Frederik
Enige terugvoering van die kinderhuis af ?
Het ons genoeg ingesamel vir iets ordentelik?