Page 78 of 80
Re: Nuwe aansluitings
Posted: Tue Feb 09, 2021 2:50 pm
by Maurice19
Frederik wrote: Mon Mar 07, 2011 12:26 pm
Hallo Almal,
Ek is ook nou al ruk hier maar nog nooit regtig voorgestel nie.
Eks 'n beroepsjagter wat nou al vanaf 2003 dit permanent doen. Ons maatskappy is Infinito safaris julle kan gerus gaan kyk
http://www.Infinito-Safaris.comshuttle Paris
Ek sit baie voor die rekenaar as gevolg van video editting film jagte en troues as ek nie self jag nie.
As ek tyd kry is ek ook mal oor visvang het ruk lank spesie gehengel maar nou met min tyd is papgooi die ding.
Gaan nou juis die naweek wat kom die dam probeer leeg vang.
Groete
Hallo, ek wil graag weet wie hiervandaan 'n goeie visonderwyser is, want ek wil graag leer, dankie
Re: Nuwe aansluitings
Posted: Wed Feb 10, 2021 11:45 am
by Bosvark34
Welkom Tienie.
Re: Nuwe aansluitings
Posted: Wed Feb 10, 2021 8:50 pm
by Garethj
Goeie naand almal.
Wil myself net voorstel. Eks Gareth Jacobs.
Ek het groot geword in Thabazimbi. En woon al vir 5 jaar in Langebaan.
Sien uit om baie te leer.
Groete
Re: Nuwe aansluitings
Posted: Thu Feb 11, 2021 7:42 am
by Gawie(13mm)
Welkom aan al die nuwe manne.
Altyd lekker om te sien dat daar nog manne en dames is wat kan en wil saamkuier.
Re: Nuwe aansluitings
Posted: Sun Apr 18, 2021 10:58 pm
by WernerRix
Goeie Naand almal,
Ek is Werner Rix, by in Pretoria. Splinter nuut in die stokperdjie. So nuut ek is nog besig met my bevoegtheid aansoek.
Groetnis.
WR
Sent from my SM-G975F using Tapatalk
Re: Nuwe aansluitings
Posted: Mon Apr 19, 2021 7:20 am
by tripodmvr
Welkom Werner. Pta het baie lede, so jy het 'n groot basis indien jy persoonlike hulp soek.
Re: Nuwe aansluitings
Posted: Mon Sep 06, 2021 12:55 pm
by Brennen
Hello/ Hallo
Ek is nuut op hierdie forum, en sien uit daarna om meer te leer van 'n stok perdjie wat meer en meer begin lyk soos 'n Gravitasiekolk in die hemelruim. Maar ek stel myself gerus met die medewete dat nuwe teorie daarop toon dat 'n gravitasiekolk dalk mag versadig maar ook eintlik konstant is/bly.
In kort, sit ek ook met 'n probleem waar my maandelikse te kort in spaar geld nie verduidelik kan/mag word aan die vrou in terme van uitgawes by die instansies wat help met die versadiging van hierdie komplekse swartkolke nie.
Re: Nuwe aansluitings
Posted: Mon Sep 06, 2021 5:05 pm
by Gawie(13mm)
Brennen, baie welkom by ons kampvuur!!
Waar in die wereld lê en kyk jy die sterre en waarmee hou jy die wolf van die deur af weg?

Re: Nuwe aansluitings
Posted: Tue Sep 07, 2021 8:05 am
by Wouter Roets
Welkom aan al die nuwe lede. Hoop julle gaan julle gate uit geniet.
Re: Nuwe aansluitings
Posted: Tue Sep 07, 2021 9:49 am
by Brennen
Gawie(13mm) wrote: Mon Sep 06, 2021 5:05 pm
Brennen, baie welkom by ons kampvuur!!
Waar in die wereld lê en kyk jy die sterre en waarmee hou jy die wolf van die deur af weg?
Baie dankie. Ek is tussen die Kaap Kolonie en Noord Transvaal. Maar binnekort permanent in die Kaap.
I ruffle the feathers of the misses & mount her on the front porch to keep the wolfs at bay
Ek hou van 'vreemde' kalibers. Ek sien dit nie as vreemd nie, net goed genoeg. Ek is van die opinie dat al die goeie kalibers voor WW2 uitgedink is
(Daar is so handjie vol uitsonderings)
Re: Nuwe aansluitings
Posted: Tue Sep 07, 2021 9:52 am
by Brennen
Wouter Roets wrote: Tue Sep 07, 2021 8:05 am
Welkom aan al die nuwe lede. Hoop julle gaan julle gate uit geniet.
Dankie baie. Ek verken nog die forum en het reeds so paar wenke opgetel.
Re: Nuwe aansluitings
Posted: Tue Sep 07, 2021 11:13 am
by Gawie(13mm)
Brennen wrote: Tue Sep 07, 2021 9:49 am
Gawie(13mm) wrote: Mon Sep 06, 2021 5:05 pm
Brennen, baie welkom by ons kampvuur!!
Waar in die wereld lê en kyk jy die sterre en waarmee hou jy die wolf van die deur af weg?
Baie dankie. Ek is tussen die Kaap Kolonie en Noord Transvaal. Maar binnekort permanent in die Kaap.
I ruffle the feathers of the misses
& mount her on the front porch to keep the wolfs at bay
Ek hou van 'vreemde' kalibers. Ek sien dit nie as vreemd nie, net goed genoeg. Ek is van die opinie dat al die goeie kalibers voor WW2 uitgedink is
(Daar is so handjie vol uitsonderings)
Om tong in die kies metafore te gebruik, is vir my 'n stokperdjie en ek weet dit skuur party manne se nerwe dun, maar dan antwoord 'n man soms met 'n kwikslag wat my laat wonder. Die misses mag jou dalk in die bek ruk as sy sien jy praat uit die huis uit.



Re: Nuwe aansluitings
Posted: Wed Sep 08, 2021 10:53 am
by Brennen
Gelukkig is ek seker my vroutjie gaan nie uitvind dat ek uit die huis praat nie. En as sy doen, bly ek uit die kombuis uit.
So, ek kan 'n dapper muis wees.
Ek voel ekke gaan mooi inpas hier.
Re: Nuwe aansluitings
Posted: Wed Sep 08, 2021 4:00 pm
by Lategan1
Jy klink na ‘n stoutgat
Welkom hier!
Beste.
Re: Nuwe aansluitings
Posted: Thu Sep 09, 2021 11:43 am
by Brennen
Lategan1 wrote: Wed Sep 08, 2021 4:00 pm
Jy klink na ‘n stoutgat
Welkom hier!
Beste.
Dankie baie.
Ek is maar eintlik stroop soet. Op skool wou die onderwysers gehad het ek moet by die deur sit as 'n goeie voorbeeld.
Re: Nuwe aansluitings
Posted: Wed Sep 15, 2021 10:33 pm
by dooierus
Hallo julle! Ek werk te veel en skiet te min, so ek gedink terwyl ek werk, kan ek darem bietjie tyd mors op Jaracal!
Ek koop en verkoop ook tweedehandse teleskope, maar ek sal julle eers later begin "spam" met advertensies!

Laat ek eers net die reëls gaan lees!
Re: Nuwe aansluitings
Posted: Thu Nov 25, 2021 10:29 pm
by padvark
Hello
My naam is André en hoop om iets hier wys te word.
Re: Nuwe aansluitings
Posted: Fri Nov 26, 2021 5:46 am
by Heinz Petersen
Welkom Andre.
Sal nogal wil weet waar kry jy die "padvark" bynaam.
Re: Nuwe aansluitings
Posted: Sun Nov 28, 2021 3:32 pm
by padvark
Seker die manier hoe ek bestuur en die taxis van die pad af ry.
Re: Nuwe aansluitings
Posted: Wed Dec 22, 2021 2:25 am
by simonsmal
More More Almal
Simon Smal hier van Pretoria , nuwe man op die blok
Ek skiet redelik intensief maar wil graag soveel leer as moontlik by die skiet gemeenskap in geheel want n man kan nooit teveel weet of leer nie so sien baie uit om deel te wees van die groep
Geseende Kersfees vir almal
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Nuwe aansluitings
Posted: Wed Dec 22, 2021 12:49 pm
by tripodmvr
Welkom. Vertel ons van jou skietsport waaraan jy deelneem.
Re: Nuwe aansluitings
Posted: Fri Dec 24, 2021 12:19 am
by simonsmal
tripodmvr wrote:Welkom. Vertel ons van jou skietsport waaraan jy deelneem.
Eks n jack of all trades master of none soos hulle sal se, kranige jagter , doen heelwat plaag beheerwerk , neem maandeliks deel aan “lone operator” kursuse en onlangs begin met PRS kompetisie skiet
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Nuwe aansluitings
Posted: Fri Dec 24, 2021 5:52 am
by tripodmvr
Mal oor skiet soos die meeste van ons. Geniet !!!!!!
Re: Nuwe aansluitings
Posted: Fri May 20, 2022 11:18 am
by GeweerMeneer
Hello almal.
Ek is baie nuut tot die geweerwereld, maar gedurende my kompetensie het die gogga gebyt. Nie 'n jagter nie (die bokkies is te mooi..), maar begin nou die idpa kant van sake betree. Ek weet maar min van die regsake en herlaai geheime, so ek dryf maar so deur die forums hier en soms gunsite.
Hoop ek kan by julle gesoute manne leer, en dalk hier en daar 'n itempie opspoor/aangee.
Re: Nuwe aansluitings
Posted: Sun Nov 13, 2022 10:42 pm
by Flintstone
Goeie dag almal.
My naam is Ruveix Venter van Pretoria en ek jag al vir meer as 30 jaar.Ek het ook hierdie passie aan my 2 seuns oorgedra maar met my dogter
stoei ek nog mee!
Ek is geregistreer by Natshoot en het toegewyde jagter -en sportskiet status.
Ek herlaai vir die afgelope 5 jaar vir die meeste van my kalibers,maar beskou myself nog n groenjie op hierdie gebied.
Mense soos oom Cassie Nienaber en wyle Mauritz Coetzee was 2 bronne waarop ek my aanvanklike herlaaikennis geskoei het.
Ek sien uit om deel te word van hierdie forum om sodoende my herlaai kennis uit te brei,asook om my kennis uit te brei in die jag-en
sportskiet veld.