Page 76 of 80

Re: Nuwe aansluitings

Posted: Sun Mar 29, 2020 1:30 am
by Lategan1
Goeie naand mede lede.

Ek is geruime tyd geregistreer op die ingeligte forum en geniet die insette terdeë. Hartseer maar waar, die Covid19 gee my tyd en geleentheid om myself te vergewis oor die werking hiervan asook die klein skrif!
My profiel is bygewerk en graag neem ek deel waar kan met die senior manne hier se instemming. Beste.

Re: Nuwe aansluitings

Posted: Sun Mar 29, 2020 8:27 am
by Smitstertjies
Welkom Lategan. Gooi daai posts.


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Nuwe aansluitings

Posted: Sun Mar 29, 2020 8:46 am
by THOMAST
More Lategan, welkom hier by ons.
Ek het vir my vrou verf gekoop, dan kan sy die huismure verf wanneer sy teen hulle wil uitklim

Re: Nuwe aansluitings

Posted: Sun Mar 29, 2020 11:08 am
by Gawie(13mm)
Welkom Lategan.
Gesels saam. Dit is altyd lekker om nuwe insette te kry. So leer ons saam.

Re: Nuwe aansluitings

Posted: Sun Mar 29, 2020 3:27 pm
by PWV
Welkom, Lategan. Jy het 'n groot woonerf. Die Boland?

Re: Nuwe aansluitings

Posted: Mon Mar 30, 2020 9:41 am
by Lategan1
Dankie!

Woonerf - kostelik PWV. Laat my dink aan ou Paarl status, bo- of onderkant
die Hoofstraat. Jy sal weet!

Beste.

Re: Nuwe aansluitings

Posted: Sun Apr 05, 2020 11:15 pm
by PVZ
Goeie naand. Ek is Petrie van Zyl van Mossel Baai. My neef Deon het my bekend gestel aan julle. Ek jag graag. Alles wat mooi is

Re: Nuwe aansluitings

Posted: Mon Apr 06, 2020 6:37 am
by DWB
Welkom neef! Lekker kuierplek die!

Re: Nuwe aansluitings

Posted: Mon Apr 06, 2020 6:55 am
by Malan123
Welkom Petrie

Re: Nuwe aansluitings

Posted: Mon Apr 06, 2020 8:05 am
by Blitzzz
PVZ wrote:Goeie naand. Ek is Petrie van Zyl van Mossel Baai. My neef Deon het my bekend gestel aan julle. Ek jag graag. Alles wat mooi is
Welkom Petrie. Lekker om jou hier te sien.


Sent from my iPhone using Tapatalk Pro

Re: Nuwe aansluitings

Posted: Mon Apr 06, 2020 8:44 am
by Frederik
Welkom Petrie

Re: Nuwe aansluitings

Posted: Mon Apr 13, 2020 12:35 pm
by eben223
Môre almal, ek wil my graag voorstel. Ek is Eben Botha, 16 jaar oud, seun van Andre007 op die forum. Ek het al reeds baie geroofkyk op die forum. Op aandrang van my Pa, het ek toe besluit om op die forum aan te sluit. My passie is; Jag, SAJ Sportskiet en herlaai. Ek help herlaai aan ons gewere en pistole. Ek ken Ooms soos, Oom Wieliewaps, Oom Henk, Oom Jaco, Oom Wayne, Oom Dirk, Oom Paul om maar net ñ paar te noem. Ek het al die voorreg gehad om met die Ooms te jag, skiet en kuier.

Ek het alreeds baie geleer op die forum. Ek het groot belangstelling in die instandhouding van gewere. Ek het baie ambisie om te leer oor die moderne kalibers soos die 6.5-reeks, maar ook die betroubare ou .303. Die P14 .303 is my hartsgeweer, en ons soek hard vir een.

Ek skiet nou al 5 jaar SA Jagters tabelle, en is is al ñ junior lid vir 3 jaar. Ek is passievol oor jag en die beheer van probleemdiere,wat met my gunsteling geweer gedoen word,dit is my Howa .223. Ek skiet al 6 jaar met my .223 en ken hom soos die palm van my hand.

Ek weet tot waarin hy in staat is, ek het al reeds verskeie kompetisies in my juniorklas gewen daarmee. Ek beplan om binnekort my bevoegdheidskurses te doen en vir my eie wapens aansoek te doen en om verder te doen wat ek geniet.

Ek het nog baie om te leer en maak staat op mense om hulle kennis met my te deel. Sien uit op baie op die forum te leer. Ek aanvaar en respekteer die Jaracal gedragskode.

Re: Nuwe aansluitings

Posted: Mon Apr 13, 2020 12:43 pm
by andre007
Welkom seun, dit alles sonder n klap agter die kop ;-)

Re: Nuwe aansluitings

Posted: Mon Apr 13, 2020 2:00 pm
by Lategan1
Ai Pa!

Welkom Eben, geniet dit. Hou net afstand van jou pa af, beter papier groepe as syne sal hom eenkant hou!

Beste.

Re: Nuwe aansluitings

Posted: Mon Apr 13, 2020 2:13 pm
by Malan123
Welkom Eben!!

Re: Nuwe aansluitings

Posted: Mon Apr 13, 2020 8:12 pm
by PWV
Welkom Eben. Waar woon jy. Ook in Queenstown?

Re: Nuwe aansluitings

Posted: Mon Apr 13, 2020 8:14 pm
by jankraay
Baie welkom Eben. Glo jy gaan dit geniet hier tussen ons.


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Nuwe aansluitings

Posted: Mon Apr 13, 2020 8:28 pm
by eben223
PWV wrote: Mon Apr 13, 2020 8:12 pm Welkom Eben. Waar woon jy. Ook in Queenstown?
Ja Oom,ook in Queenstown

Re: Nuwe aansluitings

Posted: Mon Apr 13, 2020 9:07 pm
by eben223
eben223 wrote: Mon Apr 13, 2020 8:28 pm
PWV wrote: Mon Apr 13, 2020 8:12 pm Welkom Eben. Waar woon jy. Ook in Queenstown?
Ja Oom,ook in Queenstown
"Location"aangesit

Re: Nuwe aansluitings

Posted: Wed Apr 22, 2020 11:41 am
by Theunis Visser
Goeie middag

Vertrou dit gaan goed met almal.

My naam is Theunis Visser en boer tans buite Pofadder in die Noord-Kaap.
Ek skiet tans met 'n Tikka .243 en stel baie belang in jag en nagroep spesifiek.

Groete.

Re: Nuwe aansluitings

Posted: Wed Apr 22, 2020 12:36 pm
by andre007
Baie welkom Theunis. Nou't jy n kuierplek in lockdown!

Re: Nuwe aansluitings

Posted: Wed Apr 22, 2020 12:42 pm
by Lategan1
Baie welkom Theunis.

Hoop jy kan die jakkals telkaart weer momentum gee, die getroue makkers is stil tydens lock down! Of het net lui geraak om te rapporteer, gevolglik baie vervelig vir ons getroue jakkalskykers.

Beste.

Re: Nuwe aansluitings

Posted: Wed Apr 22, 2020 2:10 pm
by PWV
Welkom Theunis! Gee die jakkies gas!!

Re: Nuwe aansluitings

Posted: Thu Apr 23, 2020 7:48 pm
by Theunis Visser
Naand

Baie dankie aan elkeen. Ek geniet die forum reeds baie. Hier is omtrent 'n verskeidenheid om oor op te lees.

Lekker aand

Re: Nuwe aansluitings

Posted: Sat May 23, 2020 12:40 pm
by Reloader422
Dagsê almal

Wil darem ook net laat weet dat ek geregistreer het, nadat ek al baie lank na al die inligting kyk wat julle manne hier deel. Ek hoop hierdie is die regte plek om dit te doen?

Ek is Pieter de Vos – Groot geword in die Karoo en nou ingehok in Bellville, Kaap. Is gelukkig om ‘n pa te hê wat sy liefde en respek vir die natuur en medejagters aan my oorgedra het. Herlaai al van kleintyd af, maar kry deesdae nie naastenby genoeg skiet kans na my sin nie.

My nuutste aanwins is ‘n .30-06 Musgrave Mod.80. Hy is nou so bietjie opgradeer met ‘n nuwe 26” Truvelo loop en Vortex teleskoop. Nou moet lock down net klaar kry dat ons ‘n reseppie vir hom kan bymekaar slaan.

Alle sterkte.