Page 8 of 9
Re: Jaracal Reeks "Goodies"
Posted: Thu Nov 14, 2013 6:42 pm
by Pvdw
Ek moet sê dat die kat en jak regtig mooi begin uitstaan met daai kruis wat Douw bygesit het.
Kan iemand hom dalk wit en swart maak??
Re: Jaracal Reeks "Goodies"
Posted: Thu Nov 14, 2013 7:10 pm
by jaracal
Die wit en swart versoek:
jaracal_logo_black.png
Groete
Re: Jaracal Reeks "Goodies"
Posted: Thu Nov 14, 2013 7:24 pm
by Pvdw
Hein van my kant af sal ek nou sê dat hier nou regtig iets aan die ontwikkel is. Beide diere staan nou uit. Jak se skelm oog is heel prominent ook.
Ek hou ook van daai kruishaar wat Douw opgesit het maar dis net persoonlikke smaak.
Peet
Re: Jaracal Reeks "Goodies"
Posted: Thu Nov 14, 2013 7:37 pm
by Roger
douw wrote:So iets
http://i1130.photobucket.com/albums/m528/douwdry/jaracallogo_1kruis.png
Wat van nuwe-ou logo met kruishaar?
Re: Jaracal Reeks "Goodies"
Posted: Thu Nov 14, 2013 8:01 pm
by Geno
Oom Hein.
nou like ek die nuwe logo!
Re: Jaracal Reeks "Goodies"
Posted: Thu Nov 14, 2013 8:08 pm
by Johan Nel
Hein,
Dit lyk stukke beter. Dalk nog net 'n meer vertikaal gesplete oog pupil op die rooikat, ipv rond (die wit kolletjie), dan dink ek hy is op die nommer.
Groete,
JHN
Re: Jaracal Reeks "Goodies"
Posted: Thu Nov 14, 2013 8:27 pm
by JPS
Hein,
Die een glo ek sal definatief meer byval kry. alhoewel ek die ou logo like omrede hi so lank deel is van ons en oor hoe hy sy gevolg gehad het sal ek die een ook koop op produkte assok nog van die ou een.
groete
jP
Re: Jaracal Reeks "Goodies"
Posted: Thu Nov 14, 2013 8:30 pm
by Marc
jaracal wrote:Die wit en swart versoek:
jaracal_logo_black.png
Groete
Ek like die een ook meer

Re: Jaracal Reeks "Goodies"
Posted: Thu Nov 14, 2013 8:36 pm
by jaracal
jaracal_logo_black_eye.png
Die vertikale gesplete oog alhoewel ek wonder of mens die weerkaatsing van lig soos per die gesplete pupil sal sien. Die wat ek gesien het se oe" was meestal toe en deur die teleskoop blink hulle te veel.
groete
Re: Jaracal Reeks "Goodies"
Posted: Thu Nov 14, 2013 8:50 pm
by jaracal
Net die neus so bietjie aangepas. Gelyk of die rooikat se neus ver in die jakkals se gesig ingaan.
Groete
jaracal_logo_black_nose.png
Re: Jaracal Reeks "Goodies"
Posted: Thu Nov 14, 2013 9:01 pm
by henried
Roger wrote:douw wrote:So iets
http://i1130.photobucket.com/albums/m528/douwdry/jaracallogo_1kruis.png
Wat van nuwe-ou logo met kruishaar?
Nice, stem saam met Geno.
Re: Jaracal Reeks "Goodies"
Posted: Thu Nov 14, 2013 9:06 pm
by Skolla
Ek vermoed die kruis gaan nie soveel byval vind by die algemene publiek nie en ek dink ook nie Heinrich gaan toelaat dat dit so gedoen word nie.
Probeer bietjie net die vertikale streep insit, ek wou net sien hoe dit lyk as die streep die twee gesigte so effe skei.
Re: Jaracal Reeks "Goodies"
Posted: Thu Nov 14, 2013 9:25 pm
by jaracal
Hallo Skolla
jaracal logo_vlyn.png
Groete
Re: Jaracal Reeks "Goodies"
Posted: Fri Nov 15, 2013 6:42 am
by visstok
Baie beter!
Alhoewel ek teen die verandering was lyk hierdie een wragtig goed!
Stem saam met Oom Skolla oor die kruishaar, daar is baie mense daar buite wat nie hou van wat ons doen nie.
Oom Heinrich, dink Oom hulle het n wenner hier beet!
Groete Alex
Re: Jaracal Reeks "Goodies"
Posted: Fri Nov 15, 2013 6:53 am
by Koot
Ek hou ook meer van die nuwe voorstel.
Dink dis puik.
Dink nie die kruishaar of lyne sal werk nie want dan moet jy die sirkel ook bysit wat ek nie dink is deel van die ontwerp nie.
Net soos Hein nou voorstel kry my stem.
Bly meeste van die snorbaarde is nou weg. Ek het glad nie daarvan gehou nie.
Re: Jaracal Reeks "Goodies"
Posted: Fri Nov 15, 2013 7:12 am
by WILLEBEES
Ek stem vir die veranderde een!!!!
Re: Jaracal Reeks "Goodies"
Posted: Fri Nov 15, 2013 7:23 am
by Frikkiedbr
Wat van so iets?
http://i1195.photobucket.com/albums/aa398/Frikkie3/Logo2_zps61f963de.jpg
Re: Jaracal Reeks "Goodies"
Posted: Fri Nov 15, 2013 7:27 am
by Hilux01
Heinrich, dankie ek hou van jou nuutste voorstel, werk vir my en gaan lekker uitstaan as borduur werk
Re: Jaracal Reeks "Goodies"
Posted: Fri Nov 15, 2013 7:32 am
by douw
Frikkiedbr wrote:Wat van so iets?
http://i1195.photobucket.com/albums/aa398/Frikkie3/Logo2_zps61f963de.jpg
Ek hou hiervan. Dit is baie meer subtiel as kruis wat bo-oor gesig loop. Kan deur verskillende mense verskillend ge-intrepeteer word.
Groete
Douw
Re: Jaracal Reeks "Goodies"
Posted: Fri Nov 15, 2013 7:59 am
by sako 30-06
Ek hou baie van die nuwe logo!
Wil verseker n bestelling plaas as die goodies beskikbaar is
Maar sal ook n hemp verkies met n sagter materiaal wat breathable is.
Re: Jaracal Reeks "Goodies"
Posted: Fri Nov 15, 2013 8:05 am
by GreyGhostGear
sako 30-06 wrote:Ek hou baie van die nuwe logo!
Wil verseker n bestelling plaas as die goodies beskikbaar is
Maar sal ook n hemp verkies met n sagter materiaal wat breathable is.
Daar sal 'n redelike verskeidenheid hemde wees - hard, sag, langmou, kortmou, no tone, two-tone, breathable en selfs hopelik iets wat Geno se borshare binne hou.
Re: Jaracal Reeks "Goodies"
Posted: Fri Nov 15, 2013 8:07 am
by Piet Pille
GreyGhostGear wrote:sako 30-06 wrote:Ek hou baie van die nuwe logo!
Wil verseker n bestelling plaas as die goodies beskikbaar is
Maar sal ook n hemp verkies met n sagter materiaal wat breathable is.
Daar sal 'n redelike verskeidenheid hemde wees - hard, sag, langmou, kortmou, no tone, two-tone, breathable
en selfs hopelik iets wat Geno se borshare binne hou.
M.a.w. julle gaan ook 'n Wet-suit uitbring?
Re: Jaracal Reeks "Goodies"
Posted: Fri Nov 15, 2013 8:14 am
by Spanner
He shoots... he scores !
Julle manne met die gladde borsies moet nie teen ons harige ouens begin op-gang nie. My vrou is gek oor die tapyt tussen my tepels !
Re: Jaracal Reeks "Goodies"
Posted: Fri Nov 15, 2013 8:51 am
by cassie_calvinia
dalk 'n pienk t-shirt, en kep, vir my vrou?
Re: Jaracal Reeks "Goodies"
Posted: Fri Nov 15, 2013 12:16 pm
by DWB
Dalk net 'n voorstel om die jakkals so rapsie regs te skuif soos hier?
Anders bitter mooi!