Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
rednat wrote:...Jou standpunt laat my sonder teenargument want dit is die IDEAAL. Dankie... ...By voorbaat dankie vir jou kalmte -- wat ek en baie medeboere nou begin verloor.
Kyk my insette elders. Nou is dit tyd om die stang vas te byt en deur te druk...
LMB wrote:...het al twee jaar gelede gevoel soos jy en jou medeboer... ...twee jaar gelede skriftelik van Agri Weskaap en my LBV bedank omdat ek net nie langer kans gesien het om aan `n vereniging te behoort wat my enkel grootste probleem nie suksesvol kan aanspreek nie. In die area waarin ek boer is daar ook nie `n ander uitweg nie. Dis of skaap of niks.
Daar is nie `n manier dat ons gaan verloor nie, ons het dan nog nie eens begin nie!!!
Medeboere moet kennis neem van wat Lukas hier s?: 'n paradoksale waarheid wat aan die een kant 'n positiewe versekering inhou maar dan ook die skokkende moontlike werklikheid aanspreek. Dws. aan die een kant:Ons gaan wen want ons het nog nie begin nie. So hou ons dop as ons begin!.. Maar dan ook die diepere paradoksale bedoeling: Ons kan nie verloor nie want ons het mos nie begin nie dws. jy kan nie 'n wedloop verloor waaraan jy nie deelgeneem het nie ( nie begin het nie). Dws. was ons werklik deel van die besluitneming/formulering of net deel van die geselsery.
Is dit 12 uur middag of 12 uur middernag. kan iemand vir ons s? watter tyd is dit.
Last edited by rednat on Thu Dec 10, 2009 8:55 pm, edited 1 time in total.
Niel Viljoen het my vamore geb?l, bekommerd oor die permit saadjie wat deur CN geplant is en die beplande oorspoel na ander provinsies. Hy s? boere op sy kursus in ander provinsies voel vir die manne in die Weskaap maar besef nie dat hulle volgende is nie. Hy sal ook graag wil deel wees van ons forum, sy internet storie moet eers uitgesort raak. Hy't gevra dat ek hom op hoogte moet hou van verwikkelinge.
Manne asseblief sodra julle weet wat in julle provinsies se ordinansies aangaan plaas dit oppie forum dat ons kan sien.
Is dit 12 uur middag of 12 uur middernag. kan iemand vir ons s? watter tyd is dit.
REDNAT
Dis Krismis, die amptenare hou klaar vakansie tot middel Januarie, die ordinansie glip deur, volgende jaar word prokureers gevra om te kyk wat hulle kan doen aan die ordinansie, hulle s? dit help nie om nou iets te doen nie teen die tyd wat die saak verby is dit weer volgende jaar, maar hulle sal help met permit aansoeke wat geweier word....dit het werklik gebeur 2009..en nou..2010???........2040
In my beskeie opinie gaan praat nie help nie - die ouens stel nie belang om die probleem aan te spreek of op te los nie, hulle soek net maniere om hulle wil te laat geld. En hulle laat ons teen onsself speel - die hele stelsel is onprakties, onwerkbaar en onafdwingbaar. Weerstand op elke moontlike manier, is die antwoord. As die mense besig is met navorsing op jou plaas, weier hom toegang of s? hy moet 'n permit gaan haal. Moenie data versamel of enigsins saamwerk tot hulle die boer se punt ook kan insien nie.
Nou wil ek 'n vraag vra, of eintlik 'n paar:
Wie is al ooit voorgekeur of voor of na of tydens 'n jag en gevra om sy permit vir jakkalse te wys?
Niemand? Hoekom nie? Want die stelsel is onafdwingbaar.
Wie verleen "geleende" ligitiemiteit aan die stelsel? Die boer, want hy is die een wat die permit uitneem - en so speel hy in die manne se kraal - hy gee stilswyend toe dat hulle die reg het om die permit af te dwing, al kan hulle nie.
Wat gaan hulle maak as almal maar net sonder permitte skiet? Elke plaas omry en kyk? Elke plaas omry en permitte uitreik? Al die boere toesluit? Wat?
Skiet die jakkalse en laat CN aan mekaar permitte uitreik as hulle dan wil permitte uitreik - want dis omtrent so ver hulle mannekrag en wilskrag strek.
If you don't have a sense of humor, you probably don't have any sense at all...
Ek het geen idee hoeveel permitte uitgeneem is, wat ek wel weet is ek het en sal nie sommer maklik een uitneem!!!
Die probleem gaan kom by die plase teen natuurbewaring. Ek weet hul het in die verlede die manne se ysters opgetel en hul gedreig as hul dit naby die lyndraad kry. Nou gaan hul aandring op permit in die geval. Ek weet egter ook van van die "bure" wat nie permitte sal uitneem.
Ons sal die stelsel maar moet beveg sover moontlik. Daar is vir `n jaar lank gepraat en gebelowe, en niks het gehelp.
Ek sal die stelsel met dieselfde agting hanteer as wat CN die afgelope jaar met ons versoeke gedoen het, hul "GAT daaraan afgevee"!!!
Hier is die Koup KF se amptelike reaksie op die 2010...........(die regte woorde ontbreek my).
Onder is die standpunt van die KKF namens die Koup DLV se kleinvee boere.
Volgens die 2010 jagordinasie van Wes-kaap Natuurbewaring (CapeNature - CN) moet boere elke drie maande permitte uitneem, om beskermings maatre?ls teen roofdiere wat skade veroorsaak (spesifiek rooijakkalse en rooikatte) toe te pas. Doen die grondeienaar dit nie of is die permit dalk agterstallig staar jy kriminele vervolging in die gesig en staan jy kans om jou vuurwapen en voertuig te verloor.
Dit alles omdat daar besluit is deur iemand buite die Landbou dat die diere wat skade veroorsaak toegelaat moet word op en tussen kleinvee plase. Veeboere gaan nou gekriminaliseer word as gevolg daarvan.
Boere buite die grense van Wes-kaap moet kennis neem van die jagordinansie, aangesien CapeNature in die Wes-kaap daarop roem dat hulle die jagordinansie toets sodat dit deur die res van die land toegepas kan word. CapeNature in die Wes-kaap gee skynbaar die pas aan as dit by die bepalings in die jagordinasie kom, aldus hul amptenare.
As jy niks anders het om te doen nie, is elke drie maande aansoeke vir permitte invul seker nie so erg nie. Daar is egter reeds genoeg administratiewe las op boere dat dit werklik totaal onnodig is om nog elke drie maande nou ook permitaansoeke in te vul. Dit terwyl jy skade in die veld onder jou vee kry en nie eens tyd het om die probleem na behore aan te spreek.
Is dit werklik hoe ons die probleem effektief gaan aanspreek, deur die boer verder te belas met onnodige belaglike voorskrifte? In plaas daarvan dat boere hulp kry met 'n werklike oplossing van die probleem, word die risiko aan die probleem verbonde net baie groter gemaak.
Die veeboer in die Wes-kaap het geen ander keuse as om die jagordinansie totaal te ignoreer, soos wat CapeNature gemaak het met die versoeke van boere en beloftes van hulle kant die afgelope jaar om die jagordinansie weer vir Landbou aanvaarbaar te maak.
As ek sprinkaan plae het, hoef ek nie permitte te kry nie. Boere met vo?l plae wat hul gesaaides opvreet, moet hulle ook permite kry?
Dit het dringend tyd geword dat leiers in die boeregemeenskap moet besef dat ons werklik 'n ramp in die Wes-kaap het, maar ook in die res van die land.
ek het 3 maande gelede een uitgeneem en toe hy verval weer aansoek gedoen. Gou gekry maar daar was 'n "snag". Ek moes eers rapporteer hoeveel en waar ek geskiet het voor ek die volgende een kon kry. Dit was 'n vereiste waaroor hulle nie onderhandel nie. goeie diens wel gekry van die dame daar, op 24 Desember uitgereik.
Ek voel ook dat ons moet saamstaan binne die geordende boere gemeenskap/verenigings om die ordonansie onklaar te kry maar en kan nie blootgestel word aan kriminele vervolging wat ook my gewere ingedrang gaan bring nie.
Dit is 'n tamaletjie weet ek maar ons moet daaraan werk. Ek is een van die meer gelukkiges wat nie 70% of selfs meer skade het nie. Ek kan die gevalle wat plaasvind tot dusver beheer maar dit geld verseker nie vir die meeste boere wat met skaap/kleinvee boer nie.
Christo
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
Die kriminalisering van die boer is totaal onaanvaarbaar. Ons moet saam besluit ons gaan die goed nie uitneem nie, dit is al manier.
Die skrywe hieronder is aan Agri Weskaap en ander betrokkenes vandag gestuur, asook CN. Hoe meer boereverenigings in die Weskaap dit doen, en selfs die hele land, want die plan is om die ding uit te brei, hoe beter is ons kans.
Ek het ook soortgelyke brief, net met bietjie ander aanslag aan die LNDBOU Weekblad gestuur. Die is natuurlik persoonlik en nie namens die boere nie.
Christo, ek dink Lukas is heeltemal reg - en onthou 'n paar ander goed: eerstens is dit een ding om te dreig - dis heel 'n ander ding om dit af te dwing. As CN sover gaan as om een boer aan te kla en sy gewere en voertuig probeer vat is ek bereid om te wed dat as die boere saamstaan en die ding gaan Konstitisionele Hof toe, daar ten minste 2 of 3 van die bepalings rondom die permitte en die beheer van roofdiere is wat Onkonstitisioneel verklaar sal word - veral omdat nie een van die spesies eers naastenby onder druk is wat getalle aanbetref nie - wat nog te s? van bedreig is.
If you don't have a sense of humor, you probably don't have any sense at all...
Ek't gistraand jou brief in LBW 15 Jan 2010 bl.59 gelees...mooi man, ek sien jy't sommer die forum ook bietjie geadverteer, daar's 'n oulike briefie net langsaan ook.
Vamore was die prokureer van SA jag oppie TV, een van hulle punte in Vuurwapenwet hofsaak teen die CFR was die "verkriminalisering van die algemene publiek". Net 'n gedagte.
Stem grotendeels saam met wat ek in jul geskrywe lees.
Sit egter so en wonder:
1. die boere kon nie met die Groottrek saamwerk nie -- sal hulle dit nou regkry?
2. het gesels, belangrik wees en vergadering hou vir die boer te lekker geword?
3. wie is werklik ons segsmanne in hierdie storie en wanneer, hoe en waar het hul hul mandaat gekry en wat is dit.
4. het georganiseerde landbou werklik die wil of begeerte om die boer se belang hier te beskerm met drastiese standpunt en voet dwarssit soos Lukas dit stel. ??
rednat wrote:
1. die boere kon nie met die Groottrek saamwerk nie -- sal hulle dit nou regkry.
3. wie is werklik ons segsmanne in hierdie storie en wanneer, hoe en waar het hul hul mandaat gekry en wat is dit.
4. het georganiseerde landbou werklik die wil of begeerte om die boer se belang hier te beskerm met drastiese standpunt en voet dwarssit.
Rednat
My persoonlike opinie is ons moet vergeet om almal saam te trek, kry die wat wil trek en begin...
Ons segmanne is ons bedryfsleiers en ons landbouverening leiers deur ons aangestel. Hul kry hul mandaat van hul lede. Die mandaat is, dink ek, nog nie heeltemal oor ooreengekom. Dit is waar ons op die stadium nog effe verskil.
Ons moet georganiseerde landbou help en druk toepas om ons standpunt uit te dra.
Die mandaat is, dink ek, nog nie heeltemal oor ooreengekom. Dit is waar ons op die stadium nog effe verskil
Dankie vir die duidelikheid.
JY sien ek is so effens aan die dowekant en het gedink ek hoor net nie die uitsprake en standpunte van ons manne wat moet koers aandui nie. Aan die anderkant hoor en verstaan ek darem vir jou, Willjak en Dawie redelik duidelik en voel dit dan vir my daar is rede tot bekommernis as al die gesprekvoering tot nou toe die CN toepassings tot resultaat het.
Sterkte vir julle manne. In die tussentyd sal ek maar vir jakkie klop sonder die permitjie. Hoor CN reik sommer die permitte so op aanvraag uit sonder om bekommerd te wees oor die goeie jakkie. My permit kan hulle sommer sonder aansoek uitreik as hulle so begerig is en dit sommer by hulle file. Dan hoef ek dit nie weg te gooi nie en bly hulle 'n slag produktief besig met die filing.
Christo wrote:...toe hy verval weer aansoek gedoen. Gou gekry maar daar was 'n "snag". Ek moes eers rapporteer hoeveel en waar ek geskiet het voor ek die volgende een kon kry. Dit was 'n vereiste waaroor hulle nie onderhandel nie.
Die bedoeling met sulke terugvoering (?) op alle (?) permitte is sodat die stelsel kan leer uit aktiwiteite. Wat en hoeveel wilde diere is waar gejag. Ongelukkig word daar skynbaar min met hierdie inligting/data gedoen? Indien dit wel so is, dien die streng vereiste ("waaroor hulle nie onderhandel nie") mos weinig van 'n doel?
Mooi man!! Sommer net so!! Was dit enigsins bespreek met belange groepe?? Kyk hoe ver strek die invloed van die bollies van die lewe.... Ek kan jou nou s? wat hy met daai permitjie kan maak, maar aangesien dit 'n openbare forum is en kinders ook soms hier lees sal ek eerder maar nie...
As die mense tog net wil begin verstaan daar is 'n verskil tussen reguleer en regeer.......Jy kan reguleer tot jy blou is in die gesig, dit beteken nog nie jy regeer effektief nie, veral nie as jy nie jou regulasies kan afdwing of monitor nie....
If you don't have a sense of humor, you probably don't have any sense at all...
That para in the proclamation regarding a permit for hunting problem animals with a light applied when I did my PH course many years ago, and I have a copy of the 2004 proclamation in which the identical wording appears. I think it is just one of those things that has always been there, but was never enforced. If it was an issue, there are plenty of vehicles rigged for night shooting that would have been pulled over.
When I was culling for CAMEXO, permits were mandatory for the shottists, and still are, and as far as I know, there are very few, if any, abattoirs dealing in venison in this area that do not comply with this ruling. They stand to lose their export permits if DEAT and State veterinary regulations are ignored.
Mac.
Occasionally mistaken for a responsible adult
It is funny how much we learn when we forget that we know it all.
Mac, the permits for culling operations I can understand because the "standard" ordenance makes allowance that hunting with a light is not allowed (as an "illegal hunting method") - with the exception of blah, blah etc. I'll take your word for the proclamation dating from 2004 etc but I was always under the impression that the NC and EC had the same regulations and in the NC "illegal hunting methods" i.e with a light, from a public road, in a municipal area, with poison, fire etc are described but then rodents and problem animals are excluded from this - as is sensible, in my humble opinion.
My question is "Why now?" - if it's been on the books, un-enforced, and un-enforceable, for about 5 years - why now re-issue this proclamation? What are they trying to achieve?
If you don't have a sense of humor, you probably don't have any sense at all...
I empathise with your frustration, as well as your anger, I feel exactly the same. I was only commenting on the fact that it has been there for a while now, enforced or not, and that as far as I am aware, most, if not all of the enforcement officers, feel the same disdain for the requirement. I know if I were a Natcon member in a farming area, I would completely ignore such trivia.
Occasionally mistaken for a responsible adult
It is funny how much we learn when we forget that we know it all.
Volgens die bedryfsorganisasies en CN is dit van nou af wat die bol aan die rol gesit word dat die "pro" (bekwame?) manne hulle jaar-permitjies gaan kry by distriks landbou verenigings.