Page 7 of 10

Re: 404Jeff

Posted: Fri Nov 21, 2014 9:37 am
by Alwyn
Hilux01......

Dis so waar goeie nuus!!

Mmmmm Waar is foto??? 8)

Vertel bietjie meer.. Is dit net die geweer of is daar doppe, matryse en al daai ding by??

Groete
Alwyn

Re: 404Jeff

Posted: Fri Nov 21, 2014 9:38 am
by NEGE3
Henk baie welkom by die bende. Ek is baie bly jy kon die knoop deur haak. Ek glo jy gaan die roer baie geniet.

Re: 404Jeff

Posted: Fri Nov 21, 2014 9:42 am
by Hilux01
Alwyn

Ja daar is RCBS dies en so 20 doppe by klink my

Oom Koos, dankie ek weet sommer daai roer gaan sy plek vol staan in my kluis

Re: 404Jeff

Posted: Fri Nov 21, 2014 9:46 am
by DWB
Baie geluk Henk!

Praat mamma darem nog met jou?

Re: 404Jeff

Posted: Fri Nov 21, 2014 9:48 am
by Hilux01
Deon kom ons se net daar was n swaar stilte oor die huis gisteraand
Maar vanoggend was alles beter ;-)

Re: 404Jeff

Posted: Fri Nov 21, 2014 9:52 am
by Alwyn
Mmmm Klink soos die storie toe ek vir my n niewe loop gekoop het vir een van my ander geweere...

Re: 404Jeff

Posted: Fri Nov 21, 2014 1:49 pm
by Wouter Roets
Henk

Baie geluk man! Mag die wonderlike kaliber jou jare se plesier verskaf.

Groetnis
Wout

Re: 404Jeff

Posted: Fri Nov 21, 2014 2:34 pm
by Dries101
Geluk! En daai daai was die bargain van die jaar gewees. Geniet hom dis n great kaliber.

Re: 404Jeff

Posted: Sun Nov 23, 2014 9:09 pm
by Hilux01
Dankie manne

Die geldjies is betaal en ek hoop RAM kan hom more optel met die bergings permit en al

Re: 404Jeff

Posted: Sun Nov 23, 2014 9:12 pm
by DWB
Nou kry jy wraggies joune voor ek myne kry :D

Re: 404Jeff

Posted: Sun Nov 23, 2014 9:15 pm
by Hilux01
Hehe

Deon al verskil is myne gaan nog heelwat werk benodig

Re: 404Jeff

Posted: Mon Nov 24, 2014 5:52 am
by DWB
Nee wat. Hy kan skiet nes hy is. My lisensie gaan hopelik voor joune kom :) :)

Re: 404Jeff

Posted: Mon Jan 19, 2015 7:24 am
by DWB
Manne, ek het 40 x 400gr Rhinos wat ek wil smous.

Ek gaan standardiseer.

R640/40 posgeld uitgesluit.

Hulle is nou al oor die R400/20 (Zimbi het nie meer teen hul website prys nie)

Re: 404Jeff

Posted: Mon Jan 19, 2015 7:27 am
by NEGE3
Geluk Henk.

Re: 404Jeff

Posted: Mon Jan 26, 2015 4:23 pm
by DWB
Manne! Dis nou nie die beste van fotos nie, maar goed genoeg om 'n idee te kry!

Hier is my kettie, hy is 99% klaar en as als baie goed gaan het ek hom nog hierdie week!

My gat heuk nou frikken erg!

19 maande se wag!

https://dl.dropboxusercontent.com/u/65759801/404/Photo0045.jpg

https://dl.dropboxusercontent.com/u/65759801/404/IMG-20150126-WA0017.jpg

https://dl.dropboxusercontent.com/u/65759801/404/IMG-20150126-WA0018.jpg

Re: 404Jeff

Posted: Mon Jan 26, 2015 4:34 pm
by Frederik
Lyk goed wanneer moet ek hom optel en vir jou toets?

Re: 404Jeff

Posted: Mon Jan 26, 2015 6:39 pm
by JAGTERSREG-JRM
Frederik wrote:Lyk goed wanneer moet ek hom optel en vir jou toets?

Lekker lag ek nou. As n handelaar kan ek hom maklik optel ++>: ++>: ++>:

Re: 404Jeff

Posted: Mon Jan 26, 2015 6:49 pm
by NEGE3
Deon dit lyk baie mooi. As jy nie by my draai gooi as jy hom afgehaal het nie dan trek jy nou 'n vriendskap deur jou agterent. ;D

Re: 404Jeff

Posted: Mon Jan 26, 2015 8:20 pm
by DWB
Skuus manne, het hom per ongeluk op die verkeerde plek opgesit.

Na die geweersmid sal ek hom heel eerste "test drive" baie dankie ;D

Het nou al klaar begin wonder of ek nog ñ week gaan hou ;D

Oom Koos, ek belowe ek sal hom kom wys :)

Die eerste 10 toets rondtes staan klaar reg vir hom!

Re: 404Jeff

Posted: Thu Feb 12, 2015 9:12 am
by Rolf
Dagse manne, laat ek ook maar hier by julle inval. Ek het n Coggswell & Harrison 404, al so 15 jaar terug gekoop en as daar bosveld gejag word is hy maar die een wat klim, dankie vir die inligting rondom doppe, punte ens altyd goed om te weet waar wat beskikbaar is. Ek is bly om te sien komponente raak meer beskikbaar en darm goedkoper, die tyd toe ek gekoop het het ek R75 / dop betaal en die die set se prys is nou nog op die boksie - R3800 later....

Re: 404Jeff

Posted: Thu Feb 12, 2015 9:23 am
by DWB
Baie Welkom Rolf!

Dis 'n eina een vir daai doppe!

Daar was die week 100 RWS doppe op Guntree vir R50/dop, ek het gedink die ou was mal, maar dit kon dalk vir jou 'n bargain gewees het :D

Dit help maar om mekaar op hoogte te hou!

Re: 404Jeff

Posted: Thu Feb 12, 2015 9:29 am
by Rolf
Dankie DWB, ja en onthou daai was 15 jaar terug ! Op die tyd het die doppe en al die herlaai toerusting my meer gekos as die geweer ! Komponente was daardie tyd ongelooflik skaars, Andre vd Merwe van Claw bullets het toe begin 404 punte maak wat groot uitkoms gebied het , ek gebruik hulle tot vandag nog.

Re: 404Jeff

Posted: Thu Feb 12, 2015 9:32 am
by DWB
Hehehe, ek het juis die week nog 140 koeels van Oom Andre bestel.

Hy maak ook nou die 450gr as jy lus is om te speel.

Het jy al iets gejag waarvoor die groot baas bedoel was?

Het jy 'n teleskoop op of nog oop visier?

Re: 404Jeff

Posted: Thu Feb 12, 2015 10:14 am
by Rolf
Ek het nog nie die 450gr probeer nie, hy maak ook 350gr wat baie lekker werk op die kleiner bokkies. Ja ek het juis die geweer gekoop om n buffel mee te gaan skiet maar het nog nie, ek het wel al n leeu met hom geskiet (een wat iewers uit gekom het en toevallig op dieselfde tyd kallers gevang het op die plaas waar ons gejag het). Ek het die eerste 5 jaar oop visier geskiet maar het n probleem met my regter oog opgetel en moes toe ongelukkig teleskoop op sit. Daar is net absoluut niks so lekker as om eland met die voet in te loop met so 404 oor die skouer nie, as ek die jaar nie so iets gedoen het nie kan ek maar soveel bokke skiet soos ek wil, na die seisoen voel dit of daar nog n lee gat sit iewers ......

Re: 404Jeff

Posted: Thu Feb 12, 2015 10:28 am
by DWB
Hehehehe mooi man!

Ek het myne nou eers 2 weke maak die verliefdgeid het lank terug begin!

Daai leeu klink nou na ñ bonus!