Page 7 of 16

Re: Herlaai data 303 British

Posted: Wed Nov 30, 2011 10:25 am
by Hein M.
Petrie303 wrote:
Hein M. wrote: Help asb!

Ek soek 'n veilige lading waarmee 'n 174gr Accubond met S355 teen omtrent 2300vps gestoot kan word. (Winchester dop met CCI 200 primers)

S355 is al wat ek het, so die opsies is beperk (weet dat S335 dalk beter is).

By voorbaat dankie aan die kettie-manne...

Hein
Dagse,

Waar kry jy 174gr Accubond's vir 303? Ek het nie geweet hulle maak dit nie....
Petrie,

Jammer, Interlock... 

Tripod,

Dankie pel!  Ek sal by 38gr. begin en hom dan stadig opwerk.

Mooiloop!

Hein

Re: Herlaai data 303 British

Posted: Mon Jan 09, 2012 4:22 pm
by Petrie303
Dagse,

Ek wil van my firiende help herlaai. Een het 'n P14 aksie en ander n Lee enfield aksie. Al herlaai data wat ek het is vir my eie 2 EPPs
Met die Lee Enfield aksie beoog ons om 174gr Rhino's te herlaai. Watse kruit en begin lading moet ons begin. Watse kamer druk kan mens verwag op die lee enfield. Die geweer het 'n 25duim loop.
Met die P14 aksie beoog ons om 180gr Sierra pro hunters te herlaai. Watse kruit en begin lading moet ons begin. Watse kamer druk kan mens verwag op die P14. Die geweer het 'n 24duim loop.

Dankie,
Petrie

Re: Herlaai data 303 British

Posted: Sun Feb 12, 2012 10:41 am
by 404Jeff
Petrie303 ek gaan nou opsit wat altyd in 303's en P14 aksies gewerk het, MAAR DIT IS NET OP P14 AKSIE!
Ek Laai in WINCHESTER of NORMA doppe 48,5grn S365 met 180grn Sierra pro hunters, was nog altyd baie akkuraat, werk ook goed met 174 Hornadys RN.
Moet nie PMP doppe gebruik jy kry nie die kruit in nie, dit is kompreste lading in die ander doppe!

Re: Herlaai data 303 British

Posted: Sun Feb 12, 2012 1:02 pm
by spekieries
Petrie

Ek het 'n Enfield no4 mk1 met 'n 25 duim loop. Ek kry goeie groepering  met 180 gr Sierra Pro Hunters. Ek laai 37 Gr s335 in pmp doppe. Ek gebruik CCI 200 ontstekers.  My TPL is 78 mm. Met hierdie kombinaie kry ek so 2280 V/S.

Dit is nou nie 'n ongedierte lading nie maar hy werk bakgat tussen die sekelbos, swarthaak en Rooibos waar die groot ramme loop.

Een verbetering wat ek sal voorstel is om die milit?re sneller met 'n Thor sneller te vervang. Jy sal nie terug kyk nie.

Groete
Anton   

Re: Herlaai data 303 British

Posted: Thu Mar 01, 2012 3:08 pm
by Hilux01
Anton

Ek sien jou kombinasie en is baie nuuskierig, ek is besig om doppe te "prep"om my nuwe ladings te toets.
Ek is tans op PMP doppe, Sierra 180gr Pro Hunter CCI200 primers soos jy ook maar ek het n klomp S341 kryt. Hoe klink so kombinasie?
Wat is die voor en nadele van S341 vs S335?

Henk

Re: Herlaai data 303 British

Posted: Fri Mar 02, 2012 7:46 am
by JPS
Hilux,

S335 werk goed met 174gr en 180gr koeels. S341 het ek gevind werk beter by die 75gr to 150gr koelgewigte en S355 werk weer beter met die swaarder koeel gewigte 200gr en 215gr koeelgewigte.Vir S355 en die swwarder koeels is Winchester en remington dobbe ook aanbeveeld aangesien hulle meer kapasiteit het as die pmp koeels.

So die S341 sal jy kan maak werk maar ek dink S335 gaan beter wees vir die 180gr wat jy wil laai.

Groete
JP

Re: Herlaai data 303 British

Posted: Fri Mar 02, 2012 8:24 am
by LUAN
En die S355? Ek beplan om so tussen 130-150gr te laai vir my ou ding. Sal ek n hoer velositiet kry met die S355 as S341?

Re: Herlaai data 303 British

Posted: Fri Mar 02, 2012 8:36 am
by JPS
303,

Die S355 werk regtig baie beter in die 200gr plus gewigte. Veral as dit by om spoed te genireer kom. Ek het S355 nog net gebruik in 180gr op en nie laer gewif nie. Maar as ek reg onthou het oom Andre Fouche in sy artikel toe hy dit getoets het gekry dat S341 op die 130 to 150gewig baie beter spoed en groeperings gekry het. 

Groete
JP

Re: Herlaai data 303 British

Posted: Fri Mar 02, 2012 9:25 pm
by Hilux01
Dankie manne

Ek sal eers die S341 moet klaar gebruik.
Ek het 174gr SP met CCI200 en S341 gedoen in PMP doppe, en kry n 42.4gr lading as baie akkuraat, dit is "spot on" met die Somchem boekie se S(snelheid)/L(lading) en ek kry <1 MOA (1 duim op 100m)

Re: Herlaai data 303 British

Posted: Tue Apr 03, 2012 11:53 am
by Hilux01
Mnre

Ek het spesiaal Vrydag verlof gevat om die dag op die skietbaan te gaan spandeer, en was dit nou nie lekker nie, min dinge soos die reuk van kryt
Ek het die volgende punte gehad en sommer net my toetse afgehandel, 150gr PMP SP, 174gr PMP SP lyk of ek darem nou n besluit kan neem.

In tussen het ek nou die dag n bargain gekry en 180gr Sierra Pro Hunters gekoop vir R299 n pakkie ek kond it nie los nie en het toe sommer genoeg gekoop, ek gaan nou my ladings begin doen vir die punte.

Enige ervaring met die punte? Ek het redelike goeie groepe gekry Vrydag en die drukke en snelhede lyk ook baie aanvaarbaar.
Ek kry die gevoel die Sierra is net n better kwaliteit punt as die PMP en dat die gewigte en lengtes meer konstant is.

Ek gaan vanaand van die data begin verwerk sal julle ophoogte hou

Henk

Re: Herlaai data 303 British

Posted: Tue Apr 03, 2012 12:47 pm
by LUAN
Probeer die Frontier Gameranger in 174gr hulle is goedkoop en kan deur n Eland skiet volgens Frontier se site testimonials.
http://www.frontierbullets.co.za/testim ... three.html

Re: Herlaai data 303 British

Posted: Tue Apr 03, 2012 1:21 pm
by Gerhard
*303* wrote: Probeer die Frontier Gameranger in 174gr hulle is goedkoop en kan deur n Eland skiet volgens Frontier se site testimonials.
http://www.frontierbullets.co.za/testim ... three.html
Wees maar rustig met die game rangers.

Dink hulle is baie sag.

Soos ek verstaan is die koper net n plating wat met n chemiese proses om die lood gebind word soos wat Frontier doen met die handwapen punte.

Ek skiet die 300gr in die 375 en hulle werk lekker om te oefen omdat hulle goed geprys is...

Re: Herlaai data 303 British

Posted: Tue Apr 03, 2012 5:27 pm
by Hilux01
*303* dankie ek gaan vir eers met die Sierra Pro Hunter aangaan

Ek kry goeie groep so in die middel ladings

Sal laat weet hoe dinge uitwerk.

Henk

Re: Herlaai data 303 British

Posted: Tue Apr 10, 2012 10:10 am
by Louis Kriel
More Manne

Ek het, na my mening 'n huge geluk geslaan.  Ek het in die begin van die jaar my no4 MK2 in 'n oomblik van swakheid verkoop aan 'n man wat 'n bakkie geweer gesoek het.  Ek soek nou al van Februarie af vir 'n nuwe een.  Ek kry toe een by Craig van Blunderbuss, 'n no 4 MK 2 in nuwe toestand maar hy wil R3000 vir hom he! Laas week bel my vriend my daars een by 'n ou wat gesondheids probleme het en nie meer wil skiet nie. Ek gaan kyk na hom en WOW, hy het hom uit die ghries uit gekoop by die weermag en net 35 skote geskiet in 20 jaar.  Sy loop is blink glad en die lande en groewe is mooi gedefinieer sonder enige pit merkies. Die slot is ook nog op Slotkop no "0" maw die geweer het nog baie min geskiet. SAPS het dadelik stoor permit gegee en hy staan reeds in my kluis.  Nou moet ek van voor af ladings ontwikkel. Ek gaan hom as my springbok geweer gebruik en dus hoop ek, dat daai potloodpunt-Impalas van 130gr mooi groeperings gaan lewer rondom 2900 fps. As hulle nie groepeer nie sal ek maar die Speer 150gr's laai want hulle werk in omtrent alle 303's

Re: Herlaai data 303 British

Posted: Tue Apr 10, 2012 11:45 am
by LUAN
Ek kan n 1947 model by n gunshop kry vir R750 en hy is basies splinternuut was een van die laaste modelle.

Re: Herlaai data 303 British

Posted: Tue Apr 10, 2012 6:12 pm
by Hein M.
Julle is gelukkig

Laat weet as julle van nog 'n goeie 303 weet.  My kleinboet soek een...

Mooiloop!

Hein

Re: Herlaai data 303 British

Posted: Tue Apr 10, 2012 8:14 pm
by LUAN
.303's is cheap man. Die ou het n klomp in sy klein shop. Jy moet net se wat jy soek en ek kan vir jou kyk. Daardie spesifieke een lyk nog baie mooi en ek wens dit was myne. Hy het een van oor n honderd jaar oud wat n versemelaar gekoop het.

Re: Herlaai data 303 British

Posted: Wed Apr 11, 2012 12:13 pm
by Louis Kriel
Hein M. wrote: Julle is gelukkig

Laat weet as julle van nog 'n goeie 303 weet.  My kleinboet soek een...

Mooiloop!

Hein
Craig by Blunderbuss se pryse wissel van R1800 tot R2800.  Daar is belangrike klein verskille tussen die no4's. Daai een van R750 wat in 1947 gemaak is, is beslis nie 'n no4 mk 2, want hulle is eers in 1949 by ROF Fazakerley naby Liverpool in Engeland gemaak. Indien hy egter by Longbranch in Kanada gemaak is. is hy een van die bestes, want van die akkuraatste no4's is na die oorlog daar gemaak.

Re: Herlaai data 303 British

Posted: Thu Apr 12, 2012 8:17 pm
by stephensonsknives
laat ek ook n bietjie eer aan my lee enfield 303 gee

ek het n hornady 174grein gebruik  wat dwarsdeur die sekelbos geskiet het en die rooibok in die nek getref  presies waar ek gemik het.

die volgende foto is van n prag blouwildebees bul  wat reg van voor op so 180 tree geskiet is en op sy flank oubaas se betroubare 303

kruitdampgroete

Re: Herlaai data 303 British

Posted: Thu Apr 12, 2012 8:21 pm
by vlakvark1
Skiet self met 303 en hy mag maar.

Re: Herlaai data 303 British

Posted: Thu Apr 12, 2012 8:37 pm
by Frederik
Mooi gegooi voor my loop klaar was is dit al wat ek in my 303 gebruik het die 174gr hornady interlock spitsers.

Re: Herlaai data 303 British

Posted: Fri Apr 13, 2012 9:21 am
by Hilux01
Mooi Gnu daai
My ou Majuba kettie loop ook soos stroop, man raak vinnig geheg aan die gewere

Re: Herlaai data 303 British

Posted: Mon Apr 16, 2012 11:27 am
by Bass
Goeie dag,ek het ook n 303 No4 Mk2 wat gesport is en geniet my geweer.Hy skiet n 1/2" groep met 215 Rhinos op 100m en is so 1-11/2" op 100m met Sierra 150gr punte.Ek kry nie akkuraatheid met Hornady punte nie.Die Barnes TSX 150gr is ook goed in hom.
My vraag is nou,het iemand al die .310" Barnes TSX 123gr probeer en dalk daarmee geluk gehad?
My groeperings met die Sierra 125gr is 1-2",wil net weet of iemand dit al probeer het?Ek moet daarby se dat ek wel NIE die hele "HERLAAI DATA 303 BRITISH" deur gelees het nie,so ek kon dit dalk gemis het.

Re: Herlaai data 303 British

Posted: Tue Apr 17, 2012 11:19 am
by Louis Kriel
Bass, ek het sopas my 375Ruger se liksens gekry, nou will ek my Lee-Enfield vir Springbok skiet gebruik.  Ek het redds 200 Impala 130 grein HV solids gekoop.  Volgens Andre Fouche van die herlaai vereniging het hy maklik 3000 fps gekry met 45gr S341 in Remington en Winchester doppe.  Ek het reeds begin by 43,5 gr S341 met PMP doppe en sal laat weet hoe dit werk.
Daai 130 gr Impalas is lekker lank en as hulle werk het ek nie 'n .243/ 7mm remmag nodig vir Springbokke nie!

Re: Herlaai data 303 British

Posted: Wed Apr 18, 2012 10:13 am
by Bass
Dit klink goed,ek wag vir die info