Page 7 of 12
Re: 9.3 x 62 herlaai data
Posted: Fri Jan 31, 2014 6:52 pm
by Flip Nel
Mooi Man
watter lading het jy gebruik
Re: 9.3 x 62 herlaai data
Posted: Fri Jan 31, 2014 7:19 pm
by DWB
Baie mooi Henk.
Daai is nou bakgat!!!
Re: 9.3 x 62 herlaai data
Posted: Fri Jan 31, 2014 8:51 pm
by Hilux01
Dankie manne
Ek is heel in my noppies met die groepie
Flip ek het 56.9gr gelaai met S341 Lot 432
Re: 9.3 x 62 herlaai data
Posted: Fri Jan 31, 2014 8:59 pm
by Flip Nel
Hilux01 wrote:Dankie manne
Ek is heel in my noppies met die groepie
Flip ek het 46.9gr gelaai met S341 Lot 432
Jong ht ek reg gelees het jy so min kruit gebruik, maar weereens die groeppe lyk baie mooi
Re: 9.3 x 62 herlaai data
Posted: Fri Jan 31, 2014 10:13 pm
by Hilux01
Eish tik fout het hom reggemaak
Re: 9.3 x 62 herlaai data
Posted: Sat Feb 01, 2014 6:19 am
by DWB
Henk, ek het amper begin worry
My geweer met sy korter loop groep op presies dieselfde spoed
Re: 9.3 x 62 herlaai data
Posted: Sat Feb 01, 2014 8:43 am
by Hilux01
Deon
Jy ken daai ding van "great minds...."
Miskien is dieselfde waar vir "great guns..."
Re: 9.3 x 62 herlaai data
Posted: Sat Feb 01, 2014 10:37 am
by Predator
Hier is my resep:
CZ550 9,3 x 62
230gr GSC HV
58gr S335
PMP magnum Primer.
2650 vt/sek
Baie akkuraat op 200 - 250m
Ek het die koeel herwin uit n BWB die vorige jaar.
9,3 x 62..jpg
Het die BWB van voor in die kuiltjie geskiet op so 80m. hy het so 20 meter gehardloop voor hy neergeslaan het.
Re: 9.3 x 62 herlaai data
Posted: Sat Feb 01, 2014 10:41 am
by DWB
Mooi man, ja dan het mens nie 'n 338 of 8x68 nodig nie!
Re: 9.3 x 62 herlaai data
Posted: Sat Feb 01, 2014 10:43 am
by Nickvn
Re: 9.3 x 62 herlaai data
Posted: Sat Feb 01, 2014 10:53 am
by DWB
Mens moet net bietjie hoër mik Oom Nick

Re: 9.3 x 62 herlaai data
Posted: Sat Feb 01, 2014 10:59 am
by Predator
Ek sien iemand is so bietjie wakkerder es ek vanmore !!!!
Dankie - ek het hom reggestel !!!!
Sal die hoogmik so bietjie probeer!!!!!

Re: 9.3 x 62 herlaai data
Posted: Sat Dec 05, 2015 4:48 pm
by SchalkWvanWyk
Hi Almal,
ek sal so bietjie raad waardeer rondom die 9.3 x 62 te herlaai met S355 kruit en 286gr Nosler Partitions.
Ek het sako doppe en die roer is 'n handgeboude full stock deur JJ Wapens op 'n truvelo aksie met 'n
20" truvelo loop.
Dankie & Groete
Re: 9.3 x 62 herlaai data
Posted: Sat Dec 05, 2015 5:21 pm
by tripodmvr
Beginlading 54gr - skiet 3 skote oor chrony dan het ons data vir berekeninge.
Akkurate node is naby aan 2250vps.
Re: 9.3 x 62 herlaai data
Posted: Sat Dec 05, 2015 7:20 pm
by SchalkWvanWyk
Dankie......watse afstand begin julle van die landings af? Ek begin gewoonlik
by 1mm en werk dan tot naaste 0.4mm
Re: 9.3 x 62 herlaai data
Posted: Sat Dec 05, 2015 7:31 pm
by tripodmvr
SchalkWvanWyk wrote:Dankie......watse afstand begin julle van die landings af? Ek begin gewoonlik
by 1mm en werk dan tot naaste 0.4mm
Begin by 1mm as dit moontlik is en beweeg daarna weg van dit af - nie nader nie. Snaakse drukpieke onstaan naby aan die lande en jy kan die dop of geweer beskadig.
Re: 9.3 x 62 herlaai data
Posted: Sat Dec 19, 2015 8:34 pm
by WesselJ
Naand Mnre
Ek is opsoek na so bietjie inligting.
Ek will graag Barnes TSX 250gr en 286 gr koels herlaai.
Is dit moontelik om n spoed van 2450ft te behaal met die koel? En watter kruit sal u aanbeveel?
Ek hou van die feit dat hierdie koels loodloos is.
My loop lengte is 24" (MM12)
Ek leer graag en enige wenke sal baie waardeer word.
Groetnis
Wessel
Re: 9.3 x 62 herlaai data
Posted: Sun Dec 20, 2015 3:10 pm
by tripodmvr
Met 250gr TSX het jy keuse van S341 of S335 wat gemaklik naby 2450vps behoort te kry.
Ek weet nie wat die ander manne se ervaring met 286TSX is nie, maar hy kan dalk te lank wees om te stabiliseer. Gee asb. terugvoer manne?
Re: 9.3 x 62 herlaai data
Posted: Sun Dec 20, 2015 3:27 pm
by Pappabeer
Te stadig om oop te maak. Hulle maak nie kaliber deursnit oop in n wetpack op 50m teen 2300fps trompsnelheid nie.
Monometaal koeels maak nie veel sin in die kaliber nie. Teen die tyd wat jy aanvaarbare spoed kry kon jy beter doen met n kleiner kaliber met die selfde gewig koeel, maar met beter SD en BC. Die .338 is n tipiese voorbeeld hier. Die 9,3 kom tot sy reg met goeie konstruksie sagte koeels soos Nosler Partition, Woodleigh of Stewart HP in die 286-300gr klas.
Re: 9.3 x 62 herlaai data
Posted: Sun Dec 20, 2015 4:17 pm
by Pappabeer
Re: 9.3 x 62 herlaai data
Posted: Mon Dec 21, 2015 6:41 am
by WesselJ
Dankie Manne
Ok, Dit maak vir my sin. Ek lees graag en sal laat weet hoe ek voort gaan.
Mooiloop
Wessel
Re: 9.3 x 62 herlaai data
Posted: Mon Dec 21, 2015 6:43 am
by tripodmvr
Dankie vir terugvoer. Ek kan die somme maak, maar die praktiese ondervinding met die 9.3 het ek nie.
Re: 9.3 x 62 herlaai data
Posted: Wed Mar 23, 2016 7:23 pm
by Jurgen Visser
Dankie , baie interesante menings , ek sal seker oor week of 2 my 9.3 se lisensie he , ek gaan jag gereeld en vir meer as 25 jaar al op Merviville , oom Martiens Botes (Boetie Botes) hy het heel paar gewere , hy is net so lief vir sy 9.3 , van daar my belangstelling in die kaliber , uit sy eie mond het hy my al paar mal gese die 286gr punt dra nie ver genoeg vir hom nie hy skiet net die 250gr punte , dit dra beter en perform beter in die bok , maar bly weg van goedkoop punte af . Ek volg graag al die menings , ek gaan hulp nodig he met die toets ladings
Re: 9.3 x 62 herlaai data
Posted: Thu Jun 16, 2016 10:41 pm
by Dirkonius
Die 9,3x62 het oor die jare by my 'n magiese bekoring ontwikkel. Na 'n paar kleiner kalibers het ek onlangs my harts-geweer gekry in die vorm van die Sako 85 Hunter,
In 9,3x62 natuurlik. Ek het onderneem om van dag een af self te laai en herlaai vir die geweer en het 'n bestelling GSC 230 gr HV punte geplaas die dag toe my lisensie aansoek in gestuur is.
Nou dat ek my geweer en komponente het sien ek baie uit om met S335 en S355 ladings te eksperimenteer; volgens Gina by GSC behoort ek net S335 te gebruik (ek verkies stokkies kruit), maar Pierre van der Walt het my aangeraai om met S355 ook te eksperimenteer.
Groot was my vreugde toe ek op julle klomp 9,3 ondersteuners op Jaracal afkom. Ek sien uit om stories te deel en hoor graag van julle, insluitende enige raad.
Groetnis vir eers,
Dirk
Re: 9.3 x 62 herlaai data
Posted: Thu Jun 16, 2016 10:50 pm
by Flip Nel
Dirkonius wrote:Die 9,3x62 het oor die jare by my 'n magiese bekoring ontwikkel. Na 'n paar kleiner kalibers het ek onlangs my harts-geweer gekry in die vorm van die Sako 85 Hunter,
In 9,3x62 natuurlik. Ek het onderneem om van dag een af self te laai en herlaai vir die geweer en het 'n bestelling GSC 230 gr HV punte geplaas die dag toe my lisensie aansoek in gestuur is.
Nou dat ek my geweer en komponente het sien ek baie uit om met S335 en S355 ladings te eksperimenteer; volgens Gina by GSC behoort ek net S335 te gebruik (ek verkies stokkies kruit), maar Pierre van der Walt het my aangeraai om met S355 ook te eksperimenteer.
Groot was my vreugde toe ek op julle klomp 9,3 ondersteuners op Jaracal afkom. Ek sien uit om stories te deel en hoor graag van julle, insluitende enige raad.
Groetnis vir eers,
Dirk
Baie Welkom, ons is 'n paar ouens wat baie lief is vir die ou staatmaker