243 en eland!
- DWB
- Hero Member

- Posts: 6970
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Re: 243 en eland!
En nou in Afrikaans asseblief

Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"

- iceman1982
- Hero Member

- Posts: 538
- Joined: Wed May 19, 2010 6:07 pm
Re: 243 en eland!
Doc,
Dankie vir die regstelling.
Nou hier is my vraag, en dit is miskien hoe ek my stelling die eerste keer moes gemaak het.
Kom ons haal die "quartering away" of broadside uit die vraag uit, ook die monometaal koeels ens. As ek n dier in die hart skiet met n 6mm teen 3200vps en ek skiet hom met n .30.06 in die hart met n 180gr teen 2700fps , hoe veel langer gaan ek vir die dier soek wat met die 6mm geskiet is?
O ja, hierdie kan n nuwe rekord wees vir n thread. Lekker topic hierdie....

Last edited by iceman1982 on Thu Feb 23, 2012 7:18 pm, edited 1 time in total.
- Jagtersdok
- Global Moderator

- Posts: 2034
- Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm
Re: 243 en eland!
Die vraag wat jy stel het geen direkte parameters nie
Die feit is as jy hom in die hart skiet gaan hy vinnig vrek en klaar, met jou twee scenarios glo ek geen verskil nie, want onthou jy veroorsaak nie net dat hy uitbloei nie, maar ook cardiactamponade.
Die verskil gaan inkom as jy die vraag vra, Hoeveel manne skiet regtig skoot vir skoot die hart raak? Baie min
So op wat moet jy nou steun om sukses te he, die skade aan die longweefsel.
Okay nou koeel konstruksie speel helse groot rol want vat sagte koeel teen 3200, penetrasie is non existing want hy fragmenteer,
Vat dieselfde koeel en skiet hom teen 2700, penetrasie is beter, koeel behou gewing en konstruksie. vat nou daardieselfde koeel en jaag die gewig op en kaliber, beter terminale energie, beter penetrasie. 50% van 100gr is heelwat minder as 50% van 180gr met weight retension, dus kan die koeel darem deur die borskasholte beweeg. Die effek van die wond kanaal verskil ook beduidend

NEELS NIEMAND, CENTURION
Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
- iceman1982
- Hero Member

- Posts: 538
- Joined: Wed May 19, 2010 6:07 pm
Re: 243 en eland!
Thanks Doc,
Ek dink ook ek moet net regstel, dat die manne my woorde op swart en wit gevat het.
Wat ek probeer se het is, diere wat deur my klinete geskiet is met n .243 Win, het net so ver gehardlopp en omgeval as daai wat geskiet is met .308, .300 WM ens.
Ek het nou nie twee diere gelyk geskiet, een met n .243 en ander met n .30 nie en hulle toe met n maatband gemeet hoe ver hulle gehardloop het nie.
Maar my siening was, dat daar geen waarskynlike verskil was in hoe ver hulle gehardloop het nie. ( Meeste skote maar deur die longe) Paar van die diere met die .30's moes ons verder optel.
Nou, of die dier nou ingeasem het op die .243 en uitgeasem het op die .30's en of sit saak maak weet ek nie. Daar moet seker faktore wees . Ek weet net dat die .243 hulle net so vinnig neergesit het as die ander mees gebruikte kalibers.
...en laat ek dit vir die rekord se, sodat almal verstaan, ek stem nie saam met die gebruik van hierdie klein kalibers op groter wild nie, maar ongelukkig is daar tye wat dit buite my hande is.
Mooiloop,

-
Jaco Alberts
- Full Member

- Posts: 119
- Joined: Tue Sep 13, 2011 7:07 pm
Re: 243 en eland!
Sjoe, dis werklik 'n mondvol en in vreemde tale 
Dit bly baie interessant, as die geleerde manne praat van goed wat ek en seker baie ander jagters voor ons tyd ook nie die hele omvang van geweet het nie
( die uiteensetting van die longe en platval ens )
Maar as ek so saamvat wat baie van die manne hier geskryf het, het my leermeesters en my eie ondervinding daarna oor die jare tog 'n spoor van waarheid gehad
Koos B praat van stadige en swaar koeels, maar in my laaste 15 jaar van jag het my hartsgeweer baie, maar baie gemsbokke, BWBste, 8 Elande en koedoes laat swaar kry. Bg wild het met hart en longskote nie ver geloop en was die bloedspoor gewoonlik 'n klein "highway " waarop jy kon draf. My resep was so swaar koeel as moontlik en Jonty Rhodes kon hom met gemak van agter inhardloop...
Op 'n meer ernstige nood, die teorie om longe en are aan die bokant van die hart so erg as moontlik te beskadig, deur grooter kalibers met core bonded koeels, werk baie goed. Deesdae gebruik baie meer jagters monolotiese koeels teen veel vinniger spoed met groot sukses daarby. Ek glo, die swaar koeel, 200gr en swaarder tussen 2350 f/s en 2500 f/s ( loodkern koeels ) en die selfde met medium swaar monolotiese koeels, teen veel vinniger spoed, dood die dier baie vinniger as die veel ligter kalibers met ligter koeels. Die energie en skok wat die swaarder koeel tydens inpak oordra in die dier se liggaam speel 'n groot rol.
lekker om al die manne se stellings te hoor !!
groete
Jaco
Dit bly baie interessant, as die geleerde manne praat van goed wat ek en seker baie ander jagters voor ons tyd ook nie die hele omvang van geweet het nie
Maar as ek so saamvat wat baie van die manne hier geskryf het, het my leermeesters en my eie ondervinding daarna oor die jare tog 'n spoor van waarheid gehad
Op 'n meer ernstige nood, die teorie om longe en are aan die bokant van die hart so erg as moontlik te beskadig, deur grooter kalibers met core bonded koeels, werk baie goed. Deesdae gebruik baie meer jagters monolotiese koeels teen veel vinniger spoed met groot sukses daarby. Ek glo, die swaar koeel, 200gr en swaarder tussen 2350 f/s en 2500 f/s ( loodkern koeels ) en die selfde met medium swaar monolotiese koeels, teen veel vinniger spoed, dood die dier baie vinniger as die veel ligter kalibers met ligter koeels. Die energie en skok wat die swaarder koeel tydens inpak oordra in die dier se liggaam speel 'n groot rol.
lekker om al die manne se stellings te hoor !!
groete
Jaco
- iceman1982
- Hero Member

- Posts: 538
- Joined: Wed May 19, 2010 6:07 pm
Re: 243 en eland!
Jaco,
Hier maak jy nou n groot blik wurms oop my maat. Die manne van die swaar koeels en die GSC koeels gaan nou begin gooi !
Hier maak jy nou n groot blik wurms oop my maat. Die manne van die swaar koeels en die GSC koeels gaan nou begin gooi !
-
Jaco Alberts
- Full Member

- Posts: 119
- Joined: Tue Sep 13, 2011 7:07 pm
Re: 243 en eland!
iceman1982,
ek hoor jou, maar dis nie so bedoel, dit gaan steeds oor te ligte kalibers vir die grooter wildsoorte, terminale balistiek ens.
Ek het maar net genoem wat vir my sin maak, na aanleiding van die topic en wat vir my baie goed werk. Sal nie maklik torring aan my resep, maar soos ek se, net my eie opinie.
Iemand se nou die dag, daar is soveel verskillende bevindinge, koeels, teorie, en opinies, maar as dit vir jou werk dan werk dit, iets anders werk weer vir die volgende jagter en so sal dit maar altyd wees. Op die ou end is dit die sukses wat elke jagter homself toewens wat tel. Die karkasse in die koelkamer, dis wat tel.
lekker aand

- Dawie D
- Hero Member

- Posts: 548
- Joined: Tue Sep 01, 2009 7:52 pm
Re: 243 en eland!
Blok
Terwyl ons die eland vol gate skiet en jy vuurmaak wat gaan areme Geno doen?
Ek is net bang hy voel weer uit ge stoot en dan het ons nie genoeg sakdoeke om hom te troos nie en dan dink hy weer aan verskonings om nie op te daag nie

Hou hom tog in gedagte met die reelings
Groete Dawie

As ek jou sien gaan jy val
- BLOK
- Hero Member

- Posts: 5982
- Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm
Re: 243 en eland!
Dawie
Ek reken ek sal maar vir Geno aanstel om notas te neem en skinker te wees in die kamp, want as drinker gaan hy baie sleg afsteek. Ek reken ons kan hom seker ook gebruik as bounser na die jag want as die geveg in die kamp so warm gaan raak soos hy hier op die forum was gaan ons virseker een nodig kry. Ek reken ook sy ogies is klaar rooi geslaan maw dit sal nie saak maak as die bounser slae kry nie.
Wonder ons kort nog net n man om die fotos te neem. Ludwig kom in.
En dan natuurlik n baie hoog geleerde met n doktors graad om ten minste n nadootse ondersoek te doen en ons almal deurmekaar te praat.
hahaha

"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"
204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"

- VdWalt
- Hero Member

- Posts: 3412
- Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm
Re: 243 en eland!
- BRNO (Pierre)
- Hero Member

- Posts: 4058
- Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am
Re: 243 en eland!
As julle nie omgee nie, gaan ek myself nie in die geveg insleep nie, aangesien ek nie 5% van die ballistiese kennis van meeste van julle hier het nie. Ek sal wel graag fotos neem, en ook n video (belowe die video sal nie gesensor word nie, maar ook nie vryelik beskikbaar gestel word nie) en dan op die manier leer ek sommer baie van ballistek ens, en Ludwig se hande en alles is vry om to hartelus aan die gesprek deel te neem.
Veiligheid eerste manne!
- BLOK
- Hero Member

- Posts: 5982
- Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm
Re: 243 en eland!
Dan kan hy sommer ook help slag en hande bysit by outopsie. hahahaBRNO .06 wrote: en Ludwig se hande en alles is vry om to hartelus aan die gesprek deel te neem.
Lyk my nou dat ek voorstel ons moet gaan toets om werklike uitslae vir stellings te kry nou is almal stil. Wonder is al baie manne nie skepties oor hulle stellings nie. hahaha
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"
204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
- VdWalt
- Hero Member

- Posts: 3412
- Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm
Re: 243 en eland!
Ludwig wrote: Ek dink almal is besig om die gekweste eland te help soekGrap net
-
Vlakvark
- Hero Member

- Posts: 2325
- Joined: Sun Oct 18, 2009 6:30 am
Re: 243 en eland!
As die man nou daai Eland met die .338 kwes gaan hy se sien ek moes my .243 gebruik het dan begin ons weer van voor af
Is .243 genoeg vir Eland

Is .243 genoeg vir Eland

- Hein M.
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm
Re: 243 en eland!
WouterWouter Roets wrote: Manne
Kom ek skep n senario. n 243 gelaai met Hornady Interlocks 100gr koeel(n erkende jagkoeel vir baie mense) teen 3000ft/sek. Die skoot word op 60m geskiet vir n plankdwars eland bul. Die koeel tref teen 2900ft/sek die eland op die blad agter die voorpoot. Die koeel slaan vas teen n ribbebeen, disintgreer en vragmenteer en penetreer wel die borsholte. Penetrasie is 10cm in die borsholte in vanwee die ligte fragmente(Penetrasie= Momentum= Spoed x Gewig). Die long word geperforeer op verskeie plekke deur die koeel en been. Die oorkanste long of hart word geensins aangeraak deur enige projektiel nie. Die eland is vort en swyk 2km van waar hy getref is. Hy word eers die volgende oggend gekry half op gevreet deur aas diere.
In senario twee word n 300 Win Mag gebruik. Die geweer is gelaai met Hornady Interlocks teen 3000ft/sek. Die selfde skoot word geneem op dieselfde afstand en tref die einste been. Daar vind ook heelwat fragmentasie plaas maar die koeel behou 50% van sy oorspronklike gewig en penetreer reg deur die borsholte om aan die oorkanste ribbebene tot rus te kom. Beide longe en hart word raakgeskiet. Die bul stuier en word 100m gevind van waar hy die skoot ontvang het. Baie realistiese senario en een wat keer op keer homself uitspeel in die jagveld.
Die koeel wat ek hier gebruik het is ook nie geskik vir die jag van eland nie maar word wel baie gebruik in die jagveld. Gelykstaande aan PMP se Pro-amm.
Al word n top premuim koeel gebruik gaan die groter kaliber nog steed die dier vinniger laat vrek vanwee die groter wondkenaal indien alles gelykstaande is. Die tydperk van die dood word bepaal aan die permanente skade wat deur die koeel veroorsaak word. So die stelling dat n eland net so vinnig gaan val met n 243 as n 300 dra nie water nie(Jammer Maruis.
In my oe moet met n kaliber geskiet word wat oor genoegsame energie besit op trefafstand om voldoende penetrasie te gee met realistiese invalshoeke. Tesame hiermee moet n koeel gebruik word wat nie minder as 60% van sy gewig byhou in ALLE omstandighede nie. Indien ligte gewig vir kaliber koeels gebruik word moet dit n mono metaal koeel wees wat omklink.
Groetnis
Wouter
Puik verduideliking- en ek stem saam. Ek sal ook nooit so 'n groot bok met 'n 6mil skiet nie.
Net uit nuuskierigheid - wat sal gebeur in 'n soortgelyke situasie indien die 243-koeel 'n 100gr solid, bv. 'n Rhino, ens. is? Dit is 'n teoretiese vraag - nie prakties nie
Hein
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
- tafjak
- Global Moderator

- Posts: 2128
- Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm
Re: 243 en eland!
Sjoe! die eerste "riller" wat ek lees wat so gou in 'n "love story" verander!
Mooiloop en Geseende Kersfees!
-
Danie Lombard .243
Re: 243 en eland!
Liewe ouers, nooit geweet 'n .243 kan so baie gesprek en komentaar uitlok nie.
- Hein M.
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm
Re: 243 en eland!
Ou Danie,Danie .243 wrote: Liewe ouers, nooit geweet 'n .243 kan so baie gesprek en komentaar uitlok nie.
Maar ons weet mos van toeka af dat die 243 die roer is wat menigte jagter se wa deur die drif trek - en hy is vir baie bitter na aan die hart...
Mooiloop!
Hein
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
-
Danie Lombard .243
Re: 243 en eland!
Nou praat jy Hein, 'n ware in die hart kaliber. My meeste jagwerk word met 'n .243 gedoen. Net waneer ek 'n groterige bok moet gaan jag en daarvoor moet betaal en nie 'n moontlike kwes skoot wil skiet nie ry die .300 Win Mag saam. Dit is steeds nie 'n versekering dat 'n groter kaliber nie kan kwes nie, skoot plasing bly die belangrikste faktor as dit by jag kom.
Ek moet herken dat ek nie al die plasings in hierdie gesprek gelees het nie, hier is so baie plasings.
Help en korregeer my oor die volgende, nie lank terug nie het die sa jagter tydskrif artikels geplaas uit die dagboek van, ek dink dit was van Ian Grabtree wat destyds gewerk het by die Kruger wildtuin. Lank storie kort, hy het verskeie probleem leeus met 'n .243 dood geskiet. Seker nie eties of die beste kaliber vir die job nie maar baie suksesvol. Is 'n leeu se skouer en blad bene beter, sterker of swakker en minderwaardig teenoor die van 'n eland? 'n Gekweste eland slaan op vlug en hardloop sommer vir 'n dag of dae, leeu doen dieselfde en besluit sommer gou iemand het hom nou baie seer gemaak en iemand moet op ge voeter word vir die daad. Soos jul weet en ook op al die you tube leeu kwes videos gesien het, die katte storm, krap en byt na 'n kwes skoot. Ek weet darem nie of ek so 'n kans wil vat met 'n klein geweertjie soos 'n .243. Bietjie van die eland gesprek af maar wys wat kan gedoen word met goeie skoot plasing.
Sal ek 'n eland met 'n .243 jag? Beslis ja as ek vanuit my bakkie agter die stuurwiel sit en skiet en ek 'n brein skoot kan skiet. As ek die eland moet jag met die voet of voorsit en dit moet 'n lyf skoot wees sal ek maar liewers die groter kaliber kies.
Danie

- GERT vd M
- Hero Member

- Posts: 650
- Joined: Sat Apr 09, 2011 3:12 pm
Re: 243 en eland!
Ja nee, ek glo nie hy verdien so baie publisiteit nieDanie .243 wrote: Liewe ouers, nooit geweet 'n .243 kan so baie gesprek en komentaar uitlok nie.
.338-06 improved (VERKOOP) 7x64 brenn./ 6mm Musgr. BSA P14(VERKOOP)/
12Br s\s brno. /.22 Mauser Oberndorf./ 9mm P Glock gen 3./ Windbuks./ Kettie
12Br s\s brno. /.22 Mauser Oberndorf./ 9mm P Glock gen 3./ Windbuks./ Kettie
- Hein M.
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm
Re: 243 en eland!
Dit is reg GertGERT vd M wrote:Ja nee, ek glo nie hy verdien so baie publisiteit nieDanie .243 wrote: Liewe ouers, nooit geweet 'n .243 kan so baie gesprek en komentaar uitlok nie.![]()
![]()
Die vraag is net: Hoekom is dit dan so
Hein
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
- pietjacobs
- Hero Member

- Posts: 522
- Joined: Mon Sep 27, 2010 1:23 pm
Re: 243 en eland!
Hi FB,
Lang storie kort, die het met my gebeur laas jaar:
Ek het 'n post gemaak, "270 vs Eland" en wou Elandbul met my .270 140gr Accubond gaan jag. DIe meeste het gese nee ek moenie. SO......by die jagplaas aangekom vir die week begin ons jag. Na 3 dae het ek met my .270 BLouwildebees, Kudu, Rooibok en varke al geskiet en nie een van die genoemdes was lyf skote.
DIe volgende dag kry ons die Elande toe. Ons vat toe die PH se 375 en die Eland Bul gaan staan plank dwars in die pad, nie eers die helfte van die afstand as wat ek van daai Kudu Bulle moes skiet. Nou ja, ek korrel toe ook sommer vir die blad soos ek voorgeskryf word deur die PH. Toe die skoot klap sien jy net stof trek ander kant die Eland en als is mis. Ek dink daai koeel hardloop nou nog en die Eland
My punt is, as ek hom met my .270 geskiet het, sou hy beslis net daar geval het met 'n netjies skoot agter die oor...... Glo my, die jaar maak ek nie weer daai fout nie
My 2c
Groete,
Piet

.22, 223Rem, .270Win, 9mm Short
-
Chrisjan
Re: 243 en eland!
Ek stem ook saam piet. As jy jou geweer ken, dan skiet jy met hom. Jy ken JOU geweer se trajek en vermoe.
Ek dink 'n .243 met priemier koels soos barnes is perfek vir 'n kop skoot. Nie lyf nie maar kop. Wag vir die skoot, hy sal sy kop reg draai. En as die skoot nie op kom nie, probeer weet laater of more.
Groete
Chrisjan
Ek dink 'n .243 met priemier koels soos barnes is perfek vir 'n kop skoot. Nie lyf nie maar kop. Wag vir die skoot, hy sal sy kop reg draai. En as die skoot nie op kom nie, probeer weet laater of more.
Groete
Chrisjan
-
Danie Lombard .243
Re: 243 en eland!
Ek was vanaand by mense gewees wat ook jag. Die seun het toe hy 6 jaar oud was (nou 7) 'n eland bul (440kg uitgeslag) suksesvol gejag met 'n .243 gelaai met 100gr RWS winkel ammo. Ek het die fotos asook die shoulder mount gesien, dit was voorwaar 'n groot bul gewees. Blad long skoot gewees. Eland het net so paar tree gedraf en dood neergeslaan. Wys net wat kan gebeur as die skoot plasing reg is.
Danie
Danie
-
Danie Lombard .243
Re: 243 en eland!
Net ter interresantheid, effens van die gesprek af maar hou verband met die kaliber gesprek.
My buurman het vir jare gemsbokke asook ander vlakte wild by hom laat jag. Daar was al verskeie skut met allerhande kalibers. Self ook bekende jagter name in die jag geleedere. Vra jy hom watter kaliber die meeste gemsbokke by hom gekwes het is sy antwoord 'n .375 Minste probleme was die skuts met .303 gewere. Dit beeken nie dat die een kaliber sleg is en die ander goed is nie, dit se vir jou dat 'n instument met vermoe in swak hande 'n wen resep is vir 'n ramp. Vriend omie van my wat al sy lewe in die Gobabis en later in die omgewing van die Erongo berge geboer het-het ook altyd dieselfe te se gehad oor 'n .375 Altyd gese die verdompde ding kan nie eers 'n gemsbok om skiet nie. YIP ek weet, dit is nie die geweer nie maar wel die skut.
Ek se altyd dat dit veel beter is om saam met oulike, lekker aangename mense na 'n goor bestemming te gaan as om saam met goor mense na 'n voorste, beste en mooiste lekker bestemming te gaan. Mens kan die stelling amper toepas by jag en kalibers en keuses. Ek jag eerder saam 'n ware, etiese jagter wat konstant daarna strewe om sy skiet en jag vernuf optimaal verbeter, sy geweer se vernoe, sy eie vermoe goed ken en bemeester het.
En nie saam met 'n ou wat baie van homself dink en net staatmaak op sy groot magtige kanon jaggeweer en nie eers die wapen se recoil kan hanteer nie, het nie 'n idee van skoot plasing nie, oefen nooit, dra die nuuste, beste uitrusting wat gister gekoop is en vandag in die veld gedra word ens ens.........
Die oumense van die vorige generasie het olifante en al die ander groot goed gejag met 8X57 en soortgelyke kalibers. Nie omdat hulle eiewys, hardegat of dom-onosil was nie. Dit was nie hul beste nie maar hul enigste. Dus het hul skoot plasing bemeester. Sekerlik was hulle nie skerp skutters gewees nie, daar was nie teleskope nie. Wat hul wel was, was jagters wat die anatomie van diere geken het. Hulle het geweet waar om die skoot te plaas.
Hoeveel jagters is daar werklik wat regtig hulle eie gejagte bok se ingewande self verwyder? Glo my, daar is bitter min. Nou wil die kalant vir my en jou kom vertel van skoot plasing want hy het 'n boek by die huis wat ilustreer hoe die binnekant lyk. Die boek staan stil, beweeg nie rond nie, staan ook nie teen verskillende hoeke teenoor die jagter nie. Die boek is ook nie 'n afstand weg soos in die geval van ware jag. Daar is net een manier om skoot plasing te bemeester en dit is om self te jag en self die ingewande te verwyder en self te sien wat doen 'n koeel en wat gaan daar binne aan as die koeel deur is.
Laastens, in die jag kringe is daar die spreek woord, gesegde wat se Gebruik altyd die grootste kaliber moontlik vir jag, MAAR wat die gesegde nie se nie is moenie 'n perd klim wat jy nie kan ry nie. Moenie met 'n kaliber skiet wat jy nie kan hanteer nie, jy sal nooit 'n goeie skoot kan skiet nie. Skiet dus liefs veel eerder met die kaliber waarmee jy vertroud is en mee herhaaldelik akkuraat mee jag. Dit is veel meer werd as 'n perd van 'n ander kleur wat jou skop dat jy doer op jou gat gaan sit.