Page 6 of 8
Re: 2018 Jag fotos
Posted: Tue Jul 17, 2018 7:38 am
by william007
Weer so biekie gejag hier op waterval safaris. weer was sleg wind gewaai en dit was nat en koud maar die manne het nog altyd deur getrek.
308 Norma mag 180gr. skote was so op 300 meter.
243 howa 87gr Berger.
Re: 2018 Jag fotos
Posted: Wed Jul 18, 2018 1:08 pm
by Geno
Ek, my Pa, my broer (met sy 2 kinders) en Piet Pille het van Sondag af tot vanoggend gou 'n draai in die Karoo gemaak.
38 springbokke, 1 gemsbok, en 1 vlakvark is gepot.
Swaarste springbok (karkas met vel aan en alles af) is 28kg gewees. Gemiddeld oor 38 springbokke, met 'n klompie jong bokke tussen in is 18.78kg.
Gemsbok koei 95kg met alles af. Skoon karkas.
My broer se gemsbok. .243Ackley met 87gr VMax
https://i.imgur.com/vOVdaS4.jpg
Ek en my broer by 'n oggend se werk.
Ek met my .243Ackley. 55gr Nosler BT en hy met 87gr Vmax
https://i.imgur.com/d2sONIt.jpg
467m frontake skoot gevat. Die koeel het gedeflekteer op 'n bossie, en 'n stukkie skrapnel het die bok op sy twaksak geskiet. Hy het doodstil gestaan met sy rug krom getrek toe skiet ek hom weer.
https://i.imgur.com/Ouuh56f.jpg
Piet Pille met 'n mooi ram.
.243Ackley met 87gr Berger
https://i.imgur.com/Thx67J2.jpg
https://i.imgur.com/fiDJtdG.jpg
Dalk so 2 clicks op stel...
https://i.imgur.com/jxri9qG.jpg
PietPil het Pinky die .204 vir 'n spin gevat en 2 kapkoppe gou geskiet.
https://i.imgur.com/PkuJZv8.jpg
My broer het 'n mooi ram geskiet. Dis die een wat 28kg geweeg het.
https://i.imgur.com/KCwjOz6.jpg
https://i.imgur.com/a8RyZ3C.jpg
Ek het ook 'n mooie of 2 geskiet, maar nie fotos van almal geneem nie. Ek het 15x geskiet waarvan 3 ooie was.
https://i.imgur.com/z4VYY11.jpg
My broer se dogter het haar eerste bok ook geskiet. .204Ruger met 39gr Blitzkings
https://i.imgur.com/lS7NaCx.jpg
https://i.imgur.com/jnhxeS2.jpg
Vars gemsbok lewer in springbok netvet. Lekkerte!
https://i.imgur.com/5QQa2TV.jpg
Spanfoto
https://i.imgur.com/ZkY69vq.jpg
Mooi bly maar mooi!
https://i.imgur.com/JzohGZd.jpg
Re: 2018 Jag fotos
Posted: Wed Jul 18, 2018 1:15 pm
by Malan123
Die jaloesie loop hoog hier op 'n klein Saterdag.
Re: 2018 Jag fotos
Posted: Wed Jul 18, 2018 3:13 pm
by ruaanb
lekker Geno!
Re: 2018 Jag fotos
Posted: Wed Jul 18, 2018 4:47 pm
by Born2Late
Mooi geskiet, baie geluk.
Ek hou van julle G+G beanies. Dit lyk sommer spoggerig.
Groete.
Re: 2018 Jag fotos
Posted: Wed Jul 18, 2018 4:51 pm
by Gian_dP
Lekker Geno!
Sent from my SM-G920F using Tapatalk
Re: 2018 Jag fotos
Posted: Thu Jul 19, 2018 8:01 am
by Ben Remington
Besonderse diere...mooi fotos.
Re: 2018 Jag fotos
Posted: Thu Jul 19, 2018 9:25 am
by Pikkie
My seun kon ook die jaar sy Kudubul skiet. 130kg uitgeslag
Re: 2018 Jag fotos
Posted: Thu Jul 19, 2018 4:08 pm
by .270 Man
Baie mooi en geluk manne dit lyk net lekker.
Sent from my LM-G710 using Tapatalk
Re: 2018 Jag fotos
Posted: Thu Jul 19, 2018 9:43 pm
by Ben Remington
Pikkie wrote:My seun kon ook die jaar sy Kudubul skiet. 130kg uitgeslag
Baie mooi kudu....baie geluk aan die jong man.
2018 Jag fotos
Posted: Mon Jul 23, 2018 8:56 pm
by Apie
Ek wik en weeg nou seker al 5 jaar ernstig om 'n Zebra te jag.
Ek kon myself nie meer keer nie.
Nadat ek hulle in die oopte gesien het op 300 meter plus moes ek n plan maak om heelwat nader te kom omdat ek net my geweer se trajek ken tot op so 230meter.
Kon met baie geduld en beplanning toe tot heelwat nader bekruip en 'n lekker skoot skiet.
9.3x62
286gr Rhino Solid Shank
2200fps
207meter
Skuins van voor ingeskiet, skoot was effe hoog agv van die lang gras in die oopte.
Punt herwin by tweede laaste rib net onder vel, lynreguit penetrasie.
Hy het so 60 tree gemaak.
Slag uit 168kg
My geweer was nog altyd baie akkuraat met 286gr PMP fabriek ammo en ook met self herlaaide Claw 286greiners en ook 235gr Spartans.
Ek raak lus om Kriek 200greiners teen n lekker spoed te gooi.
My 9.3 weer bietjie n vlaktegeweer maak!
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: 2018 Jag fotos
Posted: Mon Jul 23, 2018 9:12 pm
by Ben Remington
Lekker swaar Zebra...baie geluk.
Re: 2018 Jag fotos
Posted: Tue Jul 24, 2018 10:50 am
by Wouter Roets
Lekker kerels! Baie geluk julle!
Re: 2018 Jag fotos
Posted: Tue Jul 24, 2018 2:36 pm
by Adriaan Louw
JohanvB wrote:Nou lekker gejag in die Oos Kaap, 6.5 Creedmoor het die werk gedoen, meeste bokke insluitende die Kudu met Kriek 125 gr geskiet, en die spesifieke Rooibok met die ELDx 143 gr..geen of bitter min vleiskade gehad, 1 Kudu en 12 Rooibokke gekap. Moes die Rooibok Ram 'n goeie 300 meter dra uit die veld!!
Rooibok test 2.jpg
Rooibok test.jpg
Kudu test.jpg
Johan wat was jou spoed op die ELDX. Ek het my blesbok met dit geskiet en alhoewel ek deur die ribbes is was die uitgangswond nogal dramaties!
Re: 2018 Jag fotos
Posted: Wed Jul 25, 2018 8:45 am
by Wouter Roets
Geno
Daai knolle skoot is darem verskriklik! G'n wonder ons word so gehaat nie... Ek sou my kop in skaamte laat sak.
Re: 2018 Jag fotos
Posted: Wed Jul 25, 2018 9:56 am
by Capt. Yoda
hahahaha
Re: 2018 Jag fotos
Posted: Wed Jul 25, 2018 10:22 am
by FHM
Pikkie wrote:My seun kon ook die jaar sy Kudubul skiet. 130kg uitgeslag
Netjies man, geluk aan jou knaap.
Watter wereld het julle daai kudu geskiet?
Re: 2018 Jag fotos
Posted: Wed Jul 25, 2018 11:33 am
by Pikkie
Francois
My pa boer so 200km noordwes van Upington, amper teen Namibië grens. Die kudu's het die laaste paar jaar redelik ingekom daar. Maar met die wat daar nie wildheining is nie, is jy maar gelukkig as jy hulle in die hande kry, want hulle beweeg baie rond. Veral wanneer dit droog is soek hulle maar die beter veld. Ek glo hulle het maar met die jare van die Karasberge se kant af ingekom. Hulle kalf nou al gereeld daar, so hulle sal seker daar bly tot die droogte hulle weer na ander dele dryf. Die totaal van die groep was so tussen 20-30, kalwers ingesluit. Hy het die kleiner een van die 2 bulle geskiet. Die grootte was reeds in die bure se kant gewees.
Pikkie
Re: 2018 Jag fotos
Posted: Wed Jul 25, 2018 12:17 pm
by FHM
Pikkie wrote:Francois
My pa boer so 200km noordwes van Upington, amper teen Namibië grens. Die kudu's het die laaste paar jaar redelik ingekom daar. Maar met die wat daar nie wildheining is nie, is jy maar gelukkig as jy hulle in die hande kry, want hulle beweeg baie rond. Veral wanneer dit droog is soek hulle maar die beter veld. Ek glo hulle het maar met die jare van die Karasberge se kant af ingekom. Hulle kalf nou al gereeld daar, so hulle sal seker daar bly tot die droogte hulle weer na ander dele dryf. Die totaal van die groep was so tussen 20-30, kalwers ingesluit. Hy het die kleiner een van die 2 bulle geskiet. Die grootte was reeds in die bure se kant gewees.
Pikkie
Dankie maat, so dis daar na Noenieput se kant toe veronderstel ek.
Re: 2018 Jag fotos
Posted: Wed Jul 25, 2018 12:24 pm
by Pikkie
Francois
Jip, hy is so 30km noord van Noenieput.
Pikkie
Re: 2018 Jag fotos
Posted: Wed Jul 25, 2018 12:25 pm
by JohanvB
Adriaan Louw wrote:JohanvB wrote:Nou lekker gejag in die Oos Kaap, 6.5 Creedmoor het die werk gedoen, meeste bokke insluitende die Kudu met Kriek 125 gr geskiet, en die spesifieke Rooibok met die ELDx 143 gr..geen of bitter min vleiskade gehad, 1 Kudu en 12 Rooibokke gekap. Moes die Rooibok Ram 'n goeie 300 meter dra uit die veld!!
Rooibok test 2.jpg
Rooibok test.jpg
Kudu test.jpg
Johan wat was jou spoed op die ELDX. Ek het my blesbok met dit geskiet en alhoewel ek deur die ribbes is was die uitgangswond nogal dramaties!
2721fps
Re: 2018 Jag fotos
Posted: Wed Jul 25, 2018 12:34 pm
by JohanvB
RB ingangswond.jpg
RB ingangswond ribbes.jpg
RB Uitgangswond.jpg
Re: 2018 Jag fotos
Posted: Wed Jul 25, 2018 12:35 pm
by JohanvB
RB ribbes Uitgangswond.jpg
Eldx 143gr teen 2721 fps op Rooibok, afstand 250m
Re: 2018 Jag fotos
Posted: Wed Jul 25, 2018 5:14 pm
by LipLapa
JohanvB wrote:LipLapa wrote:Die meneer voor my vrou ingeloop. Met Creedmoor geskiet.
Pragtige Horings!!!
Het nog nie sulke Rooibok horings in die Oos Kaap gesien nie.
Wat is die gewig van daai Rooibok?
Hy het 43kg uitslag. Naby Baltimore geskiet.
Re: 2018 Jag fotos
Posted: Thu Jul 26, 2018 8:46 am
by Jonathan 6.5
Ek het die prag Rietbok (15”) In Nylstroom geskiet met die 6.5 creedmoor op 304m . Ammunisie was hornady se precision hunter 143gr eld-x . Dit was n Baie interesante jag en eerste spesie vir my , kaalvoet deur die vlei want n mens se vellies mag nie nat word nie! Daar was n strook water tussen ons en die bok dit was die oorsaak vir n moelike recovery dit is nie maklik om n bok deur water te sleep nie .
//uploads.tapatalk-cdn.com/20180726/1772e52f8c3416ea520c6e1a27033b19.jpg//uploads.tapatalk-cdn.com/20180726/65205be1696481d587462fb6574b249c.jpg
Sent from my iPhone using Tapatalk