Page 6 of 6

Re: Lynx LX3 5-30

Posted: Sun Oct 09, 2016 5:31 pm
by Sangoma (IAN)
Balljoint wrote:Hoe vergelyk die Lynx met die Sightron S3 6-24x50 MOA-2, wat 'n FFP is, maar in dieselfde prysklas is?
FFP scopes is gewoonlik duurder as FFP scopes. Ek glo hy vergelyk baie goed met die S3 8-32x56

Re: Lynx LX3 5-30

Posted: Mon Oct 10, 2016 9:36 am
by Drenalinjunkie
Sangoma (IAN) wrote:
Balljoint wrote:Hoe vergelyk die Lynx met die Sightron S3 6-24x50 MOA-2, wat 'n FFP is, maar in dieselfde prysklas is?
FFP scopes is gewoonlik duurder as FFP scopes. Ek glo hy vergelyk baie goed met die S3 8-32x56
Jy bedoel seker FFP is duurder as SFP. ;)

Re: Lynx LX3 5-30

Posted: Mon Oct 10, 2016 10:03 am
by Hercules Louw
Balljoint wrote: Het self die scope in die hande gehad vandag, ek hou van die kruishaar maar nie van die syfers op die 'turrets' nie. Dit lyk te groot en goedkoop. Die lense lyk baie helder en ek dink dit vergelyk goed met my Leupolds s'n.
Wat my opgeval het was die gewig. Swaar meneertjie die.
Ek dink ek sal dit ernstig oorweeg om so een te kry. Ek is juis in die mark vir 'n scope vir my .243.
As jy verby 50 jaar is, is daai groot syfers baie belangrik omdat jy dit sonder jou leesbril kan sien. So is dit maar, wat vir die een persoon groot en goedkoop lyk is weer vir die ander persoon duidelik en leesbaar.

Re: Lynx LX3 5-30

Posted: Mon Oct 10, 2016 11:24 am
by Nico Harris
Ek het dieselfde indruk as oom Koos van die turrets. Mens moet hulle dalk netjies maak en een met groot geskryf op beskikbaar maak vir die manne wat nie meer so goed sien nie.