Page 6 of 16
Re: Herlaai data 303 British
Posted: Thu Nov 10, 2011 12:27 pm
by Louis Kriel
Gerhard wrote:
DirtyOldsix wrote:
Pvdw wrote:
SJ net vir interesantheid, wat wil jy skiet met daai 215gr koe?ls? Ek haak nog vas by die 175's en sal graag wil weet waarom sommige manne opskuif ne die 215's?
Peet
Peet ek stem 100% met jou saam. Ek het ook vasgehaak by die 175gr Rhino. My gun skiet daai koele teen 2600 fps en dis reg vir omtrent alles wat op vier pote rondhol!
Wat is jou ladings vir die 175gr Rhino?
Ek het S355 getoets en so 2400fps gekry met baie swak groepe.
S335 het weer baie mooi groepe gegee maar is bietjie stadiger...
215gr werk baie lekke in die bosveld.
Dis jammer jou geweer hou nie van S355, want dis die dryfmiddel vir die .303 en swaar koele. My lading is 46 gr S355 vir presies 2600fps. Die dop is dan vol en die lading liggies saamgepers. Met WW of Remington doppe laai die ouens tot 47gr! Die winchester doppe is egter so dun dat ek hulle nie meer as 4 keer kan laai nie, nou hou ek maar by PMP. Die beste wat ek met S335 kon doen is 2390 fps!
Re: Herlaai data 303 British
Posted: Thu Nov 10, 2011 12:47 pm
by Gerhard
My geweer skiet mooi met S355 en 215gr.
Meskien moet ek weer kyk na S355 en 175gr en dalk kry ek die groepe beter.
Re: Herlaai data 303 British
Posted: Thu Nov 10, 2011 1:06 pm
by Louis Kriel
Gerhard wrote:
My geweer skiet mooi met S355 en 215gr.
Meskien moet ek weer kyk na S355 en 175gr en dalk kry ek die groepe beter.
Aan die ander kant is die 215gr net mooi 'n .22 koeltjie se gewig meer as die 175gr. As hy werk en jy ken jou trajek is hy die koel vir jou geweer. Die bok gaan nie die verskil weet nie.
Re: Herlaai data 303 British
Posted: Thu Nov 10, 2011 1:26 pm
by Gerhard
DirtyOldsix wrote:
Gerhard wrote:
My geweer skiet mooi met S355 en 215gr.
Meskien moet ek weer kyk na S355 en 175gr en dalk kry ek die groepe beter.
Aan die ander kant is die 215gr net mooi 'n .22 koeltjie se gewig meer as die 175gr. As hy werk en jy ken jou trajek is hy die koel vir jou geweer. Die bok gaan nie die verskil weet nie.
Feite ...
Re: Herlaai data 303 British
Posted: Fri Nov 11, 2011 8:31 am
by Hilux01
SJ
http://jaracal.com/http://jaracal.com/p ... ic.php?t=2
Hier is die link as jy ietsie meer van my wou weet
Ek sien uit na julle manne se resultate
Re: Herlaai data 303 British
Posted: Fri Nov 11, 2011 9:38 am
by Louis Kriel
Gerhard wrote:
DirtyOldsix wrote:
Gerhard wrote:
My geweer skiet mooi met S355 en 215gr.
Meskien moet ek weer kyk na S355 en 175gr en dalk kry ek die groepe beter.
Aan die ander kant is die 215gr net mooi 'n .22 koeltjie se gewig meer as die 175gr. As hy werk en jy ken jou trajek is hy die koel vir jou geweer. Die bok gaan nie die verskil weet nie.
Feite ...
Wat is jou lading en spoed met die 215 gr en S355?
Re: Herlaai data 303 British
Posted: Fri Nov 11, 2011 9:41 am
by Gerhard
Re: Herlaai data 303 British
Posted: Fri Nov 11, 2011 10:09 am
by Louis Kriel
Ooo Dankie daars alles. Ek dink my loop is dan nog relatief mooi as ek 2600 fps kry met 46gr 355. Andre Fouche kry byvoorbeeld 2500 fps met standaard 174 gr fmj militere ammo. Dis nogal mooi teen wat die meeste ouens kry. Ek het toevallig ook 'n paar weermag rondtes ge-chrony en het 2415 fps gekry.
Re: Herlaai data 303 British
Posted: Fri Nov 11, 2011 10:13 am
by Gerhard
Dis interesant.
My geweer skiet regtig mooi met army ammo...
Ek sal bietjie weer laai met S355 en 175gr Rhino's en kyk of ek n verbetering kry op spoed en die groepe...
Dit sal darm lekke wees om te weet die 303 kan daai 175gr teen 2500fps + gooi met goeie groepeerings.
Re: Herlaai data 303 British
Posted: Mon Nov 14, 2011 12:11 pm
by Monrique (SJ)
Dagse kerels
Ek het laas Vrydag en Saterdag n bietjie tyd op die baan spandeer om die 215gr Claw koeels in my .303 te probeer. Met spyt moet ek nou deel dat my PMP doppe my nie genoeg spoed gee nie en kon ek nie meer as 2074fps uit hulle kry sonder om n gepersde lading te kry.
Ek het besluit om dit vir eers nou te staak. Ek gaan wel vir my 200gr koeels later kry en hulle toets. Hulle behoort my so net oor die 2200fps te gee, waarmee ek tevrede sal wees.
Hier is n foto, jammer vir die kwaliteit, van 2 koeels wat ek herwin het. Hulle is deur die teiken geskiet deur n hout balk van ongeveer 150mm in deursnee.
Die linkerkanste 1 se spoed was ongeveer 1961fps op impak en die regterkanste 1 1809fps op impak.
[img width=560 height=420]
http://i740.photobucket.com/albums/xx41 ... 112011.jpg[/img]
Die groepering was egter nie sleg nie en het in n vertikale lyn opwaarts begweeg soos die spoed vermeerder het.
Ek glo dat wanneer ek hulle in doppe toets waar daar meer volume, vir meer kruit, gaan hulle mooi loop, maar wil die PMP's nou eers klaar gebruik voor ek doppe koop.
Sal julle laat weet wat die 200gr. doen sodra hulle vroeg volgende jaar getoets is.
Groetnis
Re: Herlaai data 303 British
Posted: Mon Nov 14, 2011 12:37 pm
by Louis Kriel
Yes meneer, watter petrol het jy gebruik? S335?
Re: Herlaai data 303 British
Posted: Mon Nov 14, 2011 12:46 pm
by Monrique (SJ)
Dirty
S355 op die 215gr.
Groetnis
Re: Herlaai data 303 British
Posted: Wed Nov 16, 2011 9:49 am
by Hilux01
SJ,
Baie dankie, dis interessant dat die 215gr nie oop maak onder 1900 vt/sek nie, dit beteken ou sal maar altyd mik vir 2000vt/sek en dalk bietjie meer.
Vraag is as die 200gr jou n 2200vt/sek kan gee is dit mos n baie beter opsie as ek balistics reg verstaan. Wat dink julle?
Re: Herlaai data 303 British
Posted: Wed Nov 16, 2011 9:52 am
by Geno
SJ,
Jou kettie is mos 'n P14, nie waar nie? Hoekom Epps jy hom nie, dan het jy mos gemaklik die dopkapasiteit waarna jy soek......
Re: Herlaai data 303 British
Posted: Wed Nov 16, 2011 10:00 am
by Louis Kriel
Piet-Skiet wrote:
Mar soos ek dit het is die dunner doppe soos winchester meer 303 vriendlik en minder geneig om tekraak?
Jy's heeltemal reg, 'n dunner dop is meer "flexible', maar indien jy effense kopspasie probleme het, sal hy ongelukkig ook gouer "head seperate". Dis nogal 'n gemors as die dop in die jagveld die gees gee. Daarom jag ek net met doppe wat 'n maksimum van 2 keer herlaai is. Ek het Winchester doppe wat ek net 4 keer kon herlaai, terwyl my PMP doppe sommer lank hou. O ja ek het vir iemand gratis Winchester doppe as julle dit wil probeer.
Re: Herlaai data 303 British
Posted: Wed Nov 16, 2011 11:40 am
by Monrique (SJ)
DirtyOldSix
Ek sal in die Winchester doppe belangstel asb. Dan kan ek hulle probeer met die 215gr, indien hulle meer kruit sal vat, en ek glo so. Hoeveel keer is hulle al herlaai?
Geno
Ek kan seker daai roete vol, maar wil nie graag. Dan ia dit weer n die set wat sommer n hele paar Rande is,ens, ens. Wil graag die roer oorspronklik hou soos ek haar gekry het. Miskien eendag.
Re: Herlaai data 303 British
Posted: Thu Nov 17, 2011 9:00 am
by Louis Kriel
SJ wrote:
DirtyOldSix
Ek sal in die Winchester doppe belangstel asb. Dan kan ek hulle probeer met die 215gr, indien hulle meer kruit sal vat, en ek glo so. Hoeveel keer is hulle al herlaai?
Geno
Ek kan seker daai roete vol, maar wil nie graag. Dan ia dit weer n die set wat sommer n hele paar Rande is,ens, ens. Wil graag die roer oorspronklik hou soos ek haar gekry het. Miskien eendag.
Daar is niks fout met hulle nie, so 3 van die 50 het 'n blink ring gewys nadat ek hulle 'n 4de keer herlaai het. As jy 'n P14 het gaan jy mos nie kopspasie probleme he nie dan behoort daai doppe lank te hou. PM jou posadres vir my.
Re: Herlaai data 303 British
Posted: Thu Nov 17, 2011 9:28 am
by Monrique (SJ)
Dirty
You've got mail......
Groetnis
Re: Herlaai data 303 British
Posted: Thu Nov 17, 2011 2:02 pm
by Hilux01
Mnre,
'n Vinnige vraag, as ek nou klaar is met my PMP doppe en ek besluit om Win doppe te laai, sal ek weer deur die hele proses moet gaan om ideale lading vir my geweer te kry?
Re: Herlaai data 303 British
Posted: Thu Nov 17, 2011 4:57 pm
by Monrique (SJ)
Hilux
Verseker is dit so, maar dis mos lekker om te ''oefen'' ook, of hoe????
Die doppe se interne volume verskil en daarom die hele proses weer oor.
Groetnis
Re: Herlaai data 303 British
Posted: Fri Nov 18, 2011 7:48 am
by Hilux01
Mmmm,
Ok dankie, ek sal vir eers deur druk met die PMP doppe terwyl ek nie te swaar op ladings en koeels gaan op die stadium nie.
S341 en 180gr Sierra Pro - Hunter
Re: Herlaai data 303 British
Posted: Fri Nov 18, 2011 8:58 am
by JPS
Hilux,
Oor die algemeen het die Winchesters groter volume as PMP doppe, veral in .303.
Behalve vir sie speel is daar ook die voordeel dat jy minder druk sal he het met selfde lading in die Win Doppe wat die Doppe dan langer sal laat hou (Teoreties Gespoke en binne perke).
Groete
JP
Re: Herlaai data 303 British
Posted: Wed Nov 30, 2011 8:28 am
by Hein M.
Help asb!
Ek soek 'n veilige lading waarmee 'n 174gr Accubond met S355 teen omtrent 2300vps gestoot kan word. (Winchester dop met CCI 200 primers)
S355 is al wat ek het, so die opsies is beperk (weet dat S335 dalk beter is).
By voorbaat dankie aan die kettie-manne...
Hein
Re: Herlaai data 303 British
Posted: Wed Nov 30, 2011 9:45 am
by tripodmvr
Hein M. wrote:
Help asb!
Ek soek 'n veilige lading waarmee 'n 174gr Accubond met S355 teen omtrent 2300vps gestoot kan word. (Winchester dop met CCI 200 primers)
S355 is al wat ek het, so die opsies is beperk (weet dat S335 dalk beter is).
By voorbaat dankie aan die kettie-manne...
Hein
40gr S355 = 2326vps volgens Quick Load met 174gr Sierra. Kon nie Nosler 174 kry nie.
Re: Herlaai data 303 British
Posted: Wed Nov 30, 2011 9:56 am
by Petrie303
Hein M. wrote:
Help asb!
Ek soek 'n veilige lading waarmee 'n 174gr Accubond met S355 teen omtrent 2300vps gestoot kan word. (Winchester dop met CCI 200 primers)
S355 is al wat ek het, so die opsies is beperk (weet dat S335 dalk beter is).
By voorbaat dankie aan die kettie-manne...
Hein
Dagse,
Waar kry jy 174gr Accubond's vir 303? Ek het nie geweet hulle maak dit nie....