Herlaai data 303 British

Plaas jou ladings hier. Die forum kan nie verantwoordelikheid aanvaar vir enige data wat gepubliseer word nie. So gebruik die inligting met oorleg en versigtigheid. Wat vir een vuurwapen werk is moontlik nie veilig vir 'n ander vuurwapen nie.
Post Reply
User avatar
Louis Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1980
Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm

Re: Herlaai data 303 British

Post by Louis Kriel »

Gerhard wrote:
DirtyOldsix wrote:
Pvdw wrote: SJ net vir interesantheid, wat wil jy skiet met daai 215gr koe?ls? Ek haak nog vas by die 175's en sal graag wil weet waarom sommige manne opskuif ne die 215's?

Peet
Peet ek stem 100% met jou saam. Ek het ook vasgehaak by die 175gr Rhino. My gun skiet daai koele teen 2600 fps en dis reg vir omtrent alles wat op vier pote rondhol!
Wat is jou ladings vir die 175gr Rhino?

Ek het S355 getoets en so 2400fps gekry met baie swak groepe.

S335 het weer baie mooi groepe gegee maar is bietjie stadiger...

215gr werk baie lekke in die bosveld.
Dis jammer jou geweer hou nie van S355, want dis die dryfmiddel vir die .303 en swaar koele. My lading is 46 gr S355 vir presies 2600fps. Die dop is dan vol en die lading liggies saamgepers.  Met WW of Remington doppe laai die ouens tot 47gr! Die winchester doppe is egter so dun dat ek hulle nie meer as 4 keer kan laai nie, nou hou ek maar by PMP. Die beste wat ek met S335 kon doen is 2390 fps!
Peace - That brief glorious moment when everybody stands around reloading. Thomas Jefferson
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Herlaai data 303 British

Post by Gerhard »

My geweer skiet mooi met S355 en 215gr.

Meskien moet ek weer kyk na S355 en 175gr en dalk kry ek die groepe beter.
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
Louis Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1980
Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm

Re: Herlaai data 303 British

Post by Louis Kriel »

Gerhard wrote: My geweer skiet mooi met S355 en 215gr.

Meskien moet ek weer kyk na S355 en 175gr en dalk kry ek die groepe beter.
Aan die ander kant is die 215gr net mooi 'n .22 koeltjie se gewig meer as die 175gr. As hy werk en jy ken jou trajek is hy die koel vir jou geweer. Die bok gaan nie die verskil weet nie.

Feite ...
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
Hilux01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1214
Joined: Wed Oct 05, 2011 2:52 pm

Re: Herlaai data 303 British

Post by Hilux01 »

SJ

http://jaracal.com/http://jaracal.com/p ... ic.php?t=2

Hier is die link as jy ietsie meer van my wou weet  ;)

Ek sien uit na julle manne se resultate
Henk van der Walt

.22 LR Oberndorf Mauser
.223 Rem Marlin
6.5 x 55 Swedish Mauser CZ550
.303 BSA
9.3 x 62 Sabatti Rover 870
404 Jeff
12Ga Baikal
12GA Franchi Feeling O/U
9mm Para CZ 75
User avatar
Louis Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1980
Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm

Re: Herlaai data 303 British

Post by Louis Kriel »

Gerhard wrote:
DirtyOldsix wrote:
Gerhard wrote: My geweer skiet mooi met S355 en 215gr.

Meskien moet ek weer kyk na S355 en 175gr en dalk kry ek die groepe beter.
Aan die ander kant is die 215gr net mooi 'n .22 koeltjie se gewig meer as die 175gr. As hy werk en jy ken jou trajek is hy die koel vir jou geweer. Die bok gaan nie die verskil weet nie.

Feite ...
Wat is jou lading en spoed met die 215 gr en S355?
Peace - That brief glorious moment when everybody stands around reloading. Thomas Jefferson
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Herlaai data 303 British

Post by Gerhard »

FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
Louis Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1980
Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm

Re: Herlaai data 303 British

Post by Louis Kriel »

Gerhard wrote: Kyk op bladsy 7 # 98

http://jaracal.com/index.php?topic=479.90
Ooo Dankie daars alles. Ek dink my loop is dan nog relatief mooi as ek 2600 fps kry met 46gr 355. Andre Fouche kry byvoorbeeld 2500 fps met standaard 174 gr fmj militere ammo. Dis nogal mooi teen wat die meeste ouens kry. Ek het toevallig ook 'n paar weermag rondtes ge-chrony en het 2415 fps gekry.
Peace - That brief glorious moment when everybody stands around reloading. Thomas Jefferson
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Herlaai data 303 British

Post by Gerhard »

Dis interesant.

My geweer skiet regtig mooi met army ammo...

Ek sal bietjie weer laai met S355 en 175gr Rhino's en kyk of ek n verbetering kry op spoed en die groepe...

Dit sal darm lekke wees om te weet die 303 kan daai 175gr teen 2500fps + gooi met goeie groepeerings.
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: Herlaai data 303 British

Post by Monrique (SJ) »

Dagse kerels

Ek het laas Vrydag en Saterdag n bietjie tyd op die baan spandeer om die 215gr Claw koeels in my .303 te probeer.  Met spyt moet ek nou deel dat my PMP doppe my nie genoeg spoed gee nie en kon ek nie meer as 2074fps uit hulle kry sonder om n gepersde lading te kry.  

Ek het besluit om dit vir eers nou te staak.  Ek gaan wel vir my 200gr koeels later kry en hulle toets. Hulle behoort my so net oor die 2200fps te gee, waarmee ek tevrede sal wees.

Hier is n foto, jammer vir die kwaliteit, van 2 koeels wat ek herwin het. Hulle is deur die teiken geskiet deur n hout balk van ongeveer 150mm in deursnee.

Die linkerkanste 1 se spoed was ongeveer 1961fps op impak en die regterkanste 1 1809fps op impak.

[img width=560 height=420]http://i740.photobucket.com/albums/xx41 ... 112011.jpg[/img]

Die groepering was egter nie sleg nie en het in n vertikale lyn opwaarts begweeg soos die spoed vermeerder het.
Ek glo dat wanneer ek hulle in doppe toets waar daar meer volume, vir meer kruit, gaan hulle mooi loop, maar wil die PMP's nou eers klaar gebruik voor ek doppe koop.

Sal julle laat weet wat die 200gr. doen sodra hulle vroeg volgende jaar getoets is.

Groetnis
User avatar
Louis Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1980
Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm

Re: Herlaai data 303 British

Post by Louis Kriel »

Yes meneer, watter petrol het jy gebruik? S335?
Peace - That brief glorious moment when everybody stands around reloading. Thomas Jefferson
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: Herlaai data 303 British

Post by Monrique (SJ) »

Dirty

S355 op die 215gr.

Groetnis
User avatar
Hilux01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1214
Joined: Wed Oct 05, 2011 2:52 pm

Re: Herlaai data 303 British

Post by Hilux01 »

SJ,

Baie dankie, dis interessant dat die 215gr nie oop maak onder 1900 vt/sek nie, dit beteken ou sal maar altyd mik vir 2000vt/sek en dalk bietjie meer.
Vraag is as die 200gr jou n 2200vt/sek kan gee is dit mos n baie beter opsie as ek balistics reg verstaan. Wat dink julle?
Henk van der Walt

.22 LR Oberndorf Mauser
.223 Rem Marlin
6.5 x 55 Swedish Mauser CZ550
.303 BSA
9.3 x 62 Sabatti Rover 870
404 Jeff
12Ga Baikal
12GA Franchi Feeling O/U
9mm Para CZ 75
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13647
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Herlaai data 303 British

Post by Geno »

SJ,
Jou kettie is mos 'n P14, nie waar nie? Hoekom Epps jy hom nie, dan het jy mos gemaklik die dopkapasiteit waarna jy soek......
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Louis Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1980
Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm

Re: Herlaai data 303 British

Post by Louis Kriel »

Piet-Skiet wrote: Mar soos ek dit het is die dunner doppe soos winchester meer 303 vriendlik en minder geneig om tekraak?
Jy's heeltemal reg, 'n dunner dop is meer "flexible', maar indien jy effense kopspasie probleme het, sal hy ongelukkig ook gouer "head seperate".  Dis nogal 'n gemors as die dop in die jagveld die gees gee. Daarom jag ek net met doppe wat 'n maksimum van 2 keer herlaai is. Ek het Winchester doppe wat ek net 4 keer kon herlaai, terwyl my PMP doppe sommer lank hou. O ja ek het vir iemand gratis Winchester doppe as julle dit wil probeer.
Peace - That brief glorious moment when everybody stands around reloading. Thomas Jefferson
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: Herlaai data 303 British

Post by Monrique (SJ) »

DirtyOldSix

Ek sal in die Winchester doppe belangstel asb. Dan kan ek hulle probeer met die 215gr, indien hulle meer kruit sal vat, en ek glo so.  Hoeveel keer is hulle al herlaai?

Geno

Ek kan seker daai roete vol, maar wil nie graag. Dan ia dit weer n die set wat sommer n hele paar Rande is,ens, ens. Wil graag die roer oorspronklik hou soos ek haar gekry het.  Miskien eendag.
User avatar
Louis Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1980
Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm

Re: Herlaai data 303 British

Post by Louis Kriel »

SJ wrote: DirtyOldSix

Ek sal in die Winchester doppe belangstel asb. Dan kan ek hulle probeer met die 215gr, indien hulle meer kruit sal vat, en ek glo so.  Hoeveel keer is hulle al herlaai?

Geno

Ek kan seker daai roete vol, maar wil nie graag. Dan ia dit weer n die set wat sommer n hele paar Rande is,ens, ens. Wil graag die roer oorspronklik hou soos ek haar gekry het.  Miskien eendag.
Daar is niks fout met hulle nie, so 3 van die 50 het 'n blink ring gewys nadat ek hulle 'n 4de keer herlaai het. As jy 'n P14 het gaan jy mos nie kopspasie probleme he nie dan behoort daai doppe lank te hou. PM jou posadres vir my.
Last edited by Louis Kriel on Thu Nov 17, 2011 9:01 am, edited 1 time in total.
Peace - That brief glorious moment when everybody stands around reloading. Thomas Jefferson
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: Herlaai data 303 British

Post by Monrique (SJ) »

Dirty

You've got mail......

Groetnis
User avatar
Hilux01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1214
Joined: Wed Oct 05, 2011 2:52 pm

Re: Herlaai data 303 British

Post by Hilux01 »

Mnre,

'n Vinnige vraag, as ek nou klaar is met my PMP doppe en ek besluit om Win doppe te laai, sal ek weer deur die hele proses moet gaan om ideale lading vir my geweer te kry?
Henk van der Walt

.22 LR Oberndorf Mauser
.223 Rem Marlin
6.5 x 55 Swedish Mauser CZ550
.303 BSA
9.3 x 62 Sabatti Rover 870
404 Jeff
12Ga Baikal
12GA Franchi Feeling O/U
9mm Para CZ 75
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: Herlaai data 303 British

Post by Monrique (SJ) »

Hilux

Verseker is dit so, maar dis mos lekker om te ''oefen'' ook, of hoe????

Die doppe se interne volume verskil en daarom die hele proses weer oor.

Groetnis
User avatar
Hilux01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1214
Joined: Wed Oct 05, 2011 2:52 pm

Re: Herlaai data 303 British

Post by Hilux01 »

Mmmm,

Ok dankie, ek sal vir eers deur druk met die PMP doppe terwyl ek nie te swaar op ladings en koeels gaan op die stadium nie.
S341 en 180gr Sierra Pro - Hunter
Henk van der Walt

.22 LR Oberndorf Mauser
.223 Rem Marlin
6.5 x 55 Swedish Mauser CZ550
.303 BSA
9.3 x 62 Sabatti Rover 870
404 Jeff
12Ga Baikal
12GA Franchi Feeling O/U
9mm Para CZ 75
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3652
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: Herlaai data 303 British

Post by JPS »

Hilux,

Oor die algemeen het die Winchesters groter volume as PMP doppe, veral in .303.

Behalve vir sie speel is daar ook die voordeel dat jy minder druk sal he het met selfde lading in die Win Doppe wat die Doppe dan langer sal laat hou (Teoreties Gespoke en binne perke).

Groete
JP
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: Herlaai data 303 British

Post by Hein M. »

Help asb!

Ek soek 'n veilige lading waarmee 'n 174gr Accubond met S355 teen omtrent 2300vps gestoot kan word. (Winchester dop met CCI 200 primers)

S355 is al wat ek het, so die opsies is beperk (weet dat S335 dalk beter is).

By voorbaat dankie aan die kettie-manne...

Hein
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Herlaai data 303 British

Post by tripodmvr »

Hein M. wrote: Help asb!

Ek soek 'n veilige lading waarmee 'n 174gr Accubond met S355 teen omtrent 2300vps gestoot kan word. (Winchester dop met CCI 200 primers)

S355 is al wat ek het, so die opsies is beperk (weet dat S335 dalk beter is).

By voorbaat dankie aan die kettie-manne...

Hein
40gr S355 = 2326vps volgens Quick Load met 174gr Sierra. Kon nie Nosler 174 kry nie.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Petrie303
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 381
Joined: Thu Apr 14, 2011 3:38 pm

Re: Herlaai data 303 British

Post by Petrie303 »

Hein M. wrote: Help asb!

Ek soek 'n veilige lading waarmee 'n 174gr Accubond met S355 teen omtrent 2300vps gestoot kan word. (Winchester dop met CCI 200 primers)

S355 is al wat ek het, so die opsies is beperk (weet dat S335 dalk beter is).

By voorbaat dankie aan die kettie-manne...

Hein
Dagse,

Waar kry jy 174gr Accubond's vir 303? Ek het nie geweet hulle maak dit nie....
" The more you practice the luckier you get "
"A fool with a tool stays a fool"
"Dit is die paar duim agter jou scope wat saak maak"
Post Reply