Page 6 of 9

Re: Oop visier bende.

Posted: Thu Oct 28, 2021 6:30 am
by Eduard Venter
Baie ou beer wat maar op sy laaste was. Nietemin het ek die geleentheid gehad om hom te jag met die skewe vyf met oop visiere. Was 'n meneer op sy dag gewees, maar is nou ongelukkig baie maer gewees. 'n 300gr kriek op so 20m het sy liggies dadelik af gesit. Image

Sent from my Nokia C2 using Tapatalk


Re: Oop visier bende.

Posted: Thu Oct 28, 2021 11:06 am
by Frederik
Netjies, ja nee sy lyf lyk maar sleg.

Re: Oop visier bende.

Posted: Thu Oct 28, 2021 12:23 pm
by Smitstertjies
Baie geluk. Dit is eintlik die perfekte jag. Lekker oopvisier, en dan boonop kon jy n pragdier n stadige pynlike dood spaar.

Re: Oop visier bende.

Posted: Thu Oct 28, 2021 2:24 pm
by DWB
Lekker Eduard!

Re: Oop visier bende.

Posted: Tue Mar 15, 2022 8:29 pm
by Eduard Venter
Aangesien die draad maar stil is... Kon vandag darem bietjie laat waai met oop visiereImage

Sent from my SM-G973F using Tapatalk


Re: Oop visier bende.

Posted: Tue Mar 15, 2022 8:34 pm
by Lategan1
So ja, dit is nou yster.

Baie geluk.

Beste.

Re: Oop visier bende.

Posted: Wed Mar 16, 2022 7:26 am
by VictorG
Wel gedaan !!

Re: Oop visier bende.

Posted: Wed Mar 16, 2022 7:45 am
by Geno
Netjies Eduard!

Re: Oop visier bende.

Posted: Wed Mar 16, 2022 9:42 am
by Eduard Venter
Dankie julle. Weet nie hoekom vertoon die foto so dof nie. Dink dit het iets met Tapatalk uit te waai.

Sent from my SM-G973F using Tapatalk


Re: Oop visier bende.

Posted: Wed Mar 16, 2022 12:21 pm
by heywillie
Baie mooi !
Watse kaliber is daai ?

Re: Oop visier bende.

Posted: Wed Mar 16, 2022 2:08 pm
by Eduard Venter
Dis maar 'n gewone punt 22. Stokou brno wat ek gekoop het paar jaar gelede. Kolf afgeskuur en geolie, slot met staalwol afgeskuur vir die roes en nou is hy weer kookwater.

Sent from my SM-G973F using Tapatalk


Re: Oop visier bende.

Posted: Thu Jul 21, 2022 3:29 pm
by Eduard Venter
Ek jag deesdae baie lekker oopvisier. Kry ongelukkig nie tyd om alles op die forum te deel nie. My elke dag bakkie geweer is nou my 375 met die oop visiere.

Die ram het 'n abses in sy een voorpoot gehad en taamlik kreupel geloop. Ek besluit toe hy moet gejag word.

Die man was maar sku en ek moet maar voetslaan in die ruigtes. Elke keer hoor ek hom net weghol as ek naby was. Eventueel is daar 'n ooptetjie en ek sien hom op so 60m voor hy my sien. Blitsvinnige skoot loop lekker uit die vuis uit maar die bok spring weg in 5de rat sonder enige reaksie. Ek twyfel want 'n rooibok wat mooi met die 300gr krieke geslaan is gaan gewoonlik nêrens nie. Maar dis net takke wat breek en toe hoor ek hom val. Die bloedspoor het gelyk soos 'n damwal wat gebars het en hy het seker so 30m gemaak. Image

Sent from my SM-G973F using Tapatalk


Re: Oop visier bende.

Posted: Thu Jul 21, 2022 3:35 pm
by tau
Lekker man!!!

My oopvisier .375 is ook my gunsteling jag wapen deesdae

Re: Oop visier bende.

Posted: Thu Jul 21, 2022 5:23 pm
by JAGTERSREG-JRM
Dink werklik nie da is meer baie manne wat oop visiere jag nie, moet se dis nogals n uitdaging. Ek as n voorbeeld het van die begin af met een of ander vorm van teleskoop begin jag en eers later jare die visiere aangepak. Dink ek moet dit meer doen….

Re: Oop visier bende.

Posted: Thu Jul 21, 2022 5:36 pm
by Eduard Venter
Mooi bees daai Kobus. Daai ding hol lekker baie so oopvisiere is nogal merkwaardig op hom!

Sent from my SM-G973F using Tapatalk


Re: Oop visier bende.

Posted: Thu Jul 21, 2022 7:52 pm
by JAGTERSREG-JRM
Eduard Venter wrote: Thu Jul 21, 2022 5:36 pm Mooi bees daai Kobus. Daai ding hol lekker baie so oopvisiere is nogal merkwaardig op hom!

Sent from my SM-G973F using Tapatalk
Ja dit was nie n beplande jag nie, toe ek opstaan dink twee jaar terug op my verjaarsdag toe bederf my vrou my met die groot geskenk. In die bosveld en wa kry ek die oudjie……in n oop land en naaste wat ek kon kom was 110m. Moet se die voorste wit bead het byna 1/2 van bok toe gemaak. Toe die 416 blaf toe val hy net da neer

Oop visier bende.

Posted: Tue May 16, 2023 8:33 am
by tau
Ons jaarlikse oopvisier jag die naweek het lelik uitgereën. Ons het by Rietfontein Safaris noord van Hofmeyer gaan jag. Ek het Vrydag oggend diep die klowe en berge ingeloop opsoek na daai 3 draai Kudubul wat ek nog eendag oopvisier gaan kry.

My pel wat saam met my geloop het, wou net 'n Groot Stag skiet.....skaars 300meter vanaf ons kamp stap 'n monster voor ons in. Ek laat sak my skouer vir hom om oor te rus en 'n 220gr Soft slaan die Takbok mooi!!!
Image


Jag is soms regte plek regte tyd. Ons het bitter mooi klowe en rante gestap en deur soek, maar net nog takbokke en Springbokke is gekry en geen kudu nie. Oppad terug kamp toe het ek toe maar 'n Springbok ram geskiet en nog 'n spesie oopvisier afgemerk.
Image


Ongelukkig moes ons Saterdag oggend vroeg kamp opslaan en vlug vir die water.
Image

Re: Oop visier bende.

Posted: Tue May 16, 2023 9:33 am
by Wouter Roets
Lekker Manne!

Re: Oop visier bende.

Posted: Tue May 16, 2023 9:48 am
by DWB
Mooi man Tau & Kie!

Re: Oop visier bende.

Posted: Tue May 16, 2023 11:45 am
by OupaZA
Nice Julle!!

Re: Oop visier bende.

Posted: Tue May 16, 2023 1:05 pm
by MichielC
1bdbe79c-e5b6-455c-a71c-3760df3e406e.JPG
d5e64453-4f33-4f9f-91fd-acb46281063b.JPG

Re: Oop visier bende.

Posted: Tue May 16, 2023 1:07 pm
by MichielC
Capture.JPG 2.JPG

Re: Oop visier bende.

Posted: Tue May 16, 2023 1:08 pm
by MichielC
Capture.JPG 3.JPG
Capture.JPG

Re: Oop visier bende.

Posted: Tue May 16, 2023 1:19 pm
by Louisdewet
Twee nat blesbokke in Maart ook naby Hofmeyr. 7x57.

Image

Image


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Oop visier bende.

Posted: Tue May 16, 2023 1:25 pm
by DWB
Lekker manne!!!!!!! Ons kort 'n like knoppie!!!