Page 49 of 49

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Tue Feb 17, 2026 10:56 am
by Louw.3
Dagsê,

Ek het 2 nuwe aansoeke ingedien op 7 Augustus 2025. Volgens Safari app tracker is beide steeds by die CFR vir prosessering. My DFO sê beide is goedgekeur, maar kan nie die tydelike lisensies vir my print nie. Dis glo 'n landswye probleem.

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Fri Feb 27, 2026 5:49 pm
by gbvl
Vandag n update vanaf die app gekry. Beweeg vanaf “received at CFR” na “licensing section” met ‘n geskatte datum vir “consideration” van 2026-06-19

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Sat Feb 28, 2026 3:35 pm
by Pvdw
Was Woensdag by ons DFO. Dit was doodstil en sodra jy vir die man vertel jy deel in sy stress om vir die staat te werk en verstaan sy situasie begin jy sommer lekker gesels met hom.

Sodra die lisensie goed gekeur is kan die DFO dit steeds print mits hulle printer werk, toner en papier het en hul krag nie af gesny is soos Sinoville in Pretoria se DFO nie. Daar is geen sisteem rede waarom dit nie gedoen kan word nie en hulle doen dit steeds daagliks.

Sy storie aan my is dat Sept/Okt se aansoeke geskuif is oor Nov/Des êrens en dat hulle in Januarie met die November aansoeke begin het. Hy wys my toe hoeveel Nov/Des aansoeke reeds af gehandel is. Die Sept/Okt manne het begin kla en die situasie is glo opgetel en reg gemaak. Die 1ste September goedkeurings lê reeds op sy tafel.

Ek besluit toe om effe rusteger te raak en my geduld te gebruik. Vanoggend 112 dae na hy vanaf mid November by Received at CFR lê sien ek hy is in vir Final consideration.

Die man by die DFO lyk dit my was toe reg after all.

Staan sterk manne, dies nie maklik om vir die staat te werk nie, vra my, maar daar is lig in die tonnel.

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Tue Mar 03, 2026 9:53 am
by Smith223
Drie aansoeke vanoggend by Brooklyn ingegee, kom ons kyk hoe dit gaan.

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Thu Mar 05, 2026 2:18 pm
by Pvdw
Skuif na net meer as 3 maande vanaf Received at DFO na Prep for consideration op 27/02

Kry toe op 4/3 boodskap van in for consideration

Vandag die 5de/3 goed gekeur.

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Thu Mar 05, 2026 7:49 pm
by BunduRic
Vandag n Nuwe een in gegee, so nou begin die pynvolle proses.

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Fri Mar 06, 2026 2:08 pm
by Louw.3
Dagsê,

Kaarjtie in die hand 7 maande later. Die DFO kan glo nie meer n tydelike lisensie druk as die kaartjie reeds gedruk is nie. (As die kaartjie byvoorbeeld nog in die pos is)

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Fri Mar 20, 2026 9:05 am
by Toxxyc
My competency-hernuwing is uiteindelik goedgekeur. Amper 'n jaar gewag.

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Fri Mar 20, 2026 12:30 pm
by KalahariKlong
Nuwe aansoek, ingehandig 13 Oct 2025 en goed gekeur 19 Mrt 2026.

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Fri Mar 20, 2026 3:18 pm
by Toxxyc
Vandag SMS gekry. Sec-13 renewal. Aansoekdatum is 28 Maart 2022. So 8 dae kort van 4 jaar gewag.

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Fri Mar 20, 2026 3:20 pm
by tau
Toxxyc wrote: Fri Mar 20, 2026 3:18 pm Vandag SMS gekry. Sec-13 renewal. Aansoekdatum is 28 Maart 2022. So 8 dae kort van 4 jaar gewag.
Sal interesant wees watse datums hulle nou op jou kaartjie sit.

My een hernuwing wat 2jaar 11 maande geneem het, het hulle my 2 jaar aangeskyf.

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Sat Mar 21, 2026 8:36 am
by Toxxyc
Hy is nou eers goedgekeur, so ek verwag gister se datum op die kaartjie.

En hy is nie eers self goedgekeur nie. Ek moes 'n guns inroep van 'n man wat ek ken, anders sou ek van voor af moes aansoek doen. Gelukkig kon hulle my papierwerk digitaal opspoor.

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Sat Mar 21, 2026 11:07 am
by tripodmvr
Julle moet onthou dat die nuwe wet in 2006 ingestel is. Nou in 2026 is dit 2x10 jaar vir lang gewere. Ek het 6 lisensies om teen die einde van die jaar te hernu. Die aantal her-aansoeke gaan dus vanjaar baie wees.

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Tue May 19, 2026 3:46 pm
by finch
Ek het vandag weer daai lieflike sms gekry (nee nie die bank wat se jou salaris is inbetaal nie), my .22 lisensie aansoek is goedgekeur op dag 92 na aansoek ingedien was. So my data van die laaste 2 jaar se al my aansoeke het vinnig deur die plaaslike en provinsiale hekkies gespring maar dan het dit gehang in "Received at CFR" tot die 90 dae periode om is. Maar ten minste was hulle almal binne n dag of twee voor of na die 90 dae goed gekeur.

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Tue May 19, 2026 4:13 pm
by Toxxyc
tripodmvr wrote: Sat Mar 21, 2026 11:07 am Julle moet onthou dat die nuwe wet in 2006 ingestel is. Nou in 2026 is dit 2x10 jaar vir lang gewere. Ek het 6 lisensies om teen die einde van die jaar te hernu. Die aantal her-aansoeke gaan dus vanjaar baie wees.
Ja die man wat myne doen is nou besig met 3 van myne. Die koste daaraan verbonde is redelik taai.

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Tue May 19, 2026 5:28 pm
by Capt. Yoda
Ek help n man by die werk met n renewal so week terug, hy se nee n groot winkel het hom gese hy MOET so en so saam stuur as as hy renew vir SD pistool anders gaan hulle dit nie asnvaar nie. Hy betaal hulle R900 vir n 47 bladsy motivation, ek se nee man dis net n renewal jy se somer net daar niks het verander nie, ek het 4 jag / sportskiet gewere so geoden nou die laaste jaar of 2. Nee die man gaan na werk sy file haal hulle se vir n SD wapen moet jy. Kom die vrydag by my aan met n file vol stats op n spreadsheet en n 47 bladsy motivation.

Toe hy dit viri tannie gee lag sy en gooi dit in die asblik en se vir hom volgende keer moenie so baie papier mors nie

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Fri May 29, 2026 7:36 am
by JAGTERSREG-JRM
Capt. Yoda wrote: Tue May 19, 2026 5:28 pm Ek help n man by die werk met n renewal so week terug, hy se nee n groot winkel het hom gese hy MOET so en so saam stuur as as hy renew vir SD pistool anders gaan hulle dit nie asnvaar nie. Hy betaal hulle R900 vir n 47 bladsy motivation, ek se nee man dis net n renewal jy se somer net daar niks het verander nie, ek het 4 jag / sportskiet gewere so geoden nou die laaste jaar of 2. Nee die man gaan na werk sy file haal hulle se vir n SD wapen moet jy. Kom die vrydag by my aan met n file vol stats op n spreadsheet en n 47 bladsy motivation.

Toe hy dit viri tannie gee lag sy en gooi dit in die asblik en se vir hom volgende keer moenie so baie papier mors nie
Ek het presies die teenoorgestelde beleef. Tussen maandag en Woensdag het ek meer as n dosyn manne gehad wat weggewys was omdat daar nie n motivering is vir hernuwing nie (en dis basies tussen al die provinsies). Een boer al die pad dorp toe en terug net om weer te gaan omdat hy nie n motivering het nie.

Grootste probleem is elke stasie het ander spesifikasies, het die jaar 10 hernuwings in en as jy da wil instap sonder nodige bewyse van statusse en motiverings kan jy ma weet jy draai om en gaan staan weer more of oormore in n tou.

Logika se vir my as jy seksie 16 wapen het moet jy bewys dat jy hom gebruik, statusse behou en lidmaatskap geldig is. Ek persoonlik doen ma die motivering en ek weet ek is reg (so ook honderde van my kliente). En kant kommentaar.......so n tannie het geen reg om goed uit te haal nie, sy is nie die besluitnemer nie.

Groetnis

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Fri May 29, 2026 7:46 am
by Capt. Yoda
Ja elke een doen maar hul eie ding

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Fri May 29, 2026 11:28 am
by pwdejager
2 aansoeke ingegee 3 Maart (Somerset Wes)

2 Approvals 27 Mei .......... daar is hoop.

Rakende die motiverings, ek doen al my eie en al my vriende sin, staan seker al oor die 30 motiverings (nuwe lisensie en hernuwings, S13, S15 en S16) nog nie een van motiverings is meer as 2 bladsye gewees nie, en nog niks was afgekeur nie.

Ek glo daaraan om net op die volgende te fokus: Bewys bevoegdheid (en gereelde gebruik), bewys veilige storing en gee redes hoekom jy die vuurwapen benodig en hoekom enige van jou ander vuurwapens nie dieselfde kan doen nie.

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Fri May 29, 2026 11:58 am
by Capt. Yoda
Ek doen ook gewoonlik so 1 blady of dalk bq minder, ek kan regtig nie dink met al die aansoeke wat daar le gaan een deur dit lees nie maar wat.

laaste tyd doen ek hom somer in Afrikaans net om hul demoer in te maak

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Fri May 29, 2026 12:13 pm
by JAGTERSREG-JRM
4 Aansoeke van Januarie Goedgekeur, 9 hernuwings het so +- maande en half gevat, het nog 1 nuwe aansoek wat nog in proses is.

Baie vinnig beweeg van received at licensing na goedgekeur, binne paar dae. Die keer was bietjie stadiger as einde laas jaar se nuwe aansoeke maar was net net onder 3.5 maande vandat ek sms ontvang het

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Fri Jul 24, 2026 12:25 pm
by musgrave270
Aansoek ingedien 30 Maart 2026
Goedgekeur 24 Julie 2026
85 Werksdae

Sent from my SM-A165F using Tapatalk