Page 47 of 49
Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Thu Jul 03, 2025 7:22 pm
by pwdejager
Gebruik ook "Where's my app"
Myne nou op 62 dae steeds by "Received at licensing office"
Ek gaan volgende week jag en wou hom bitter graag inlyf
Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Mon Jul 14, 2025 4:23 pm
by Jaco vdW
Jaco vdW wrote:Ek het op 11 Maart die aansoek ingegee.
Redelik vinnig na Provinsie gestuur
24 April gestuur na CFR
6 Mei "Sent to licensing section"
34 werksdae sover...
Op dag 80 het die aansoek darem gevorder na “In preparation for consideration”
Op hulle eie tyd
Sent from my iPhone using Tapatalk
Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Mon Jul 14, 2025 4:27 pm
by Jaco vdW
Dubbel plasing
Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Mon Jul 14, 2025 4:30 pm
by JAGTERSREG-JRM
Hano243 wrote: Thu Jul 03, 2025 5:01 pm
Jacques du Plooy wrote: Thu Jul 03, 2025 12:50 pm
Neels Louw wrote: Mon Jun 23, 2025 8:39 pm
Kan iemand my se watter App is die beste om jou lisensie proses te monitor?
Ek luister ook.
Where's my app op Android.
My aansoek le op 42 dae steeds by "Send to Licensing Section
Aansoek le 2-3 maande by received at licensing....dis ma hoe hy loop deesdae
Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Wed Jul 23, 2025 1:49 pm
by pwdejager
Myne nou op 76 dae steeds by "Received at licensing office"
Raak nou baie ongeduldig
Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Wed Jul 23, 2025 2:07 pm
by Capt. Yoda
Ek moet seker op n kol maar gaan vra of myne nie daar erens le nie, is darem al net 8 maande
Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Wed Jul 23, 2025 9:24 pm
by 3kus
Daar is blykbaar oortyd goedgekeur by CFR die maand om op te vang met die agterstallige aansoeke. Na amper 8 weke by Licensing het myne 21/7 beweeg na “In prep for consideration”. Hou goeie moed
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Thu Jul 24, 2025 6:56 am
by toxicsox
458WM
Ingedien by Garsfontein 2 Februarie
Lisensie goedgekeur 18 Julie.
Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Thu Jul 24, 2025 11:28 am
by Jaco vdW
Ek het op 11 Maart die aansoek ingegee.
Redelik vinnig na Provinsie gestuur
24 April gestuur na CFR
6 Mei "Sent to licensing section"
34 werksdae sover...[/quote]
Op dag 80 het die aansoek darem gevorder na “In preparation for consideration”
Op hulle eie tyd.. en toe kry hulle skielik spoed.
Op die oggend van dag 84 kry ek die sms lisensie is goed gekeur.
Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Tue Jul 29, 2025 6:12 am
by Apie
Ruger 44 Magnum en Tikka 223 CTR goedgekeur na 94 Werksdae
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Tue Jul 29, 2025 4:19 pm
by pwdejager
pwdejager wrote: Wed Jul 23, 2025 1:49 pm
Myne nou op 76 dae steeds by "Received at licensing office"
Raak nou baie ongeduldig
Myne nou op dag 80 gegaan na "in preperation for consideration"
Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Tue Jul 29, 2025 4:37 pm
by tau
My vrek ....
My Nuwe 338 se aansoek is al vanaf Maart in.
My 9mm hernuwing 30 Junie ingegee....vandag goedgekeer.... I don't understand.
Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Tue Jul 29, 2025 5:20 pm
by Arnold
Hernuwings word op profinsiale vlak gedoen ...
Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Tue Jul 29, 2025 6:10 pm
by Vleisie
My 338 se aansoek + bevoegtheid hernuwing is 19/03/25 by DFO in, lisensie is 24/07/25 goedgekeur. Minder as maand by CFR gewees.
Het n pel wat se aansoeke al by CFR was voor myne by provinsie gekom het en sy aansoeke steeds nie afgehandel nie.
Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Tue Jul 29, 2025 6:14 pm
by Heinds
pwdejager wrote:pwdejager wrote: Wed Jul 23, 2025 1:49 pm
Myne nou op 76 dae steeds by "Received at licensing office"
Raak nou baie ongeduldig
Myne nou op dag 80 gegaan na "in preperation for consideration"
My twee het op dag 81 gegaan na “in preparation for consideration “ ander vriend sin selfde. Ons lisensies het met dieselfde lift opgegaan na CFR toe. Hopelik binne week goedgekeur
Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Wed Jul 30, 2025 12:19 pm
by Viking
Herlisensie vir 9mmP in Gansbaai het 6 dae geneem - dink dis 'n rekord!
Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Thu Jul 31, 2025 5:58 am
by 3kus
3kus wrote: Wed Jul 23, 2025 9:24 pm
Daar is blykbaar oortyd goedgekeur by CFR die maand om op te vang met die agterstallige aansoeke. Na amper 8 weke by Licensing het myne 21/7 beweeg na “In prep for consideration”. Hou goeie moed
Sent from my iPhone using Tapatalk
Goedegekeur op 25 Julie. 86 besigheids dae.
Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Thu Jul 31, 2025 6:19 am
by Lategan1
Viking wrote: Wed Jul 30, 2025 12:19 pm
Herlisensie vir 9mmP in Gansbaai het 6 dae geneem - dink dis 'n rekord!
Vars Galjoen het weer die ding gedoen!
Dit is nou diens.
Beste.
Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Thu Jul 31, 2025 7:47 am
by ruaanb
Gansbaai se DFO is bitter goed. My Pa doen ook sy lisensies daar.
Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Thu Jul 31, 2025 12:51 pm
by pwdejager
pwdejager wrote: Tue Jul 29, 2025 4:19 pm
pwdejager wrote: Wed Jul 23, 2025 1:49 pm
Myne nou op 76 dae steeds by "Received at licensing office"
Raak nou baie ongeduldig
Myne nou op dag 80 gegaan na "in preperation for consideration"
Dag 80 gegaan na "in preperation for consideration"
Dag 82 - APPROVED

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Fri Aug 01, 2025 8:27 pm
by Apie
2 nuwe aansoeke - 92 work days goedgekeur
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Sat Aug 02, 2025 6:31 pm
by Capt. Yoda
Koop julle manne nie bq te veel gewere nie? Apie is alles orite by die huis?
Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Sun Aug 03, 2025 8:03 am
by Apie
Capt. Yoda wrote:Koop julle manne nie bq te veel gewere nie? Apie is alles orite by die huis?
Jy weet mos!! Mammie is kwaad vir so rukkie dan waai dit weer oor sodra jy belowe sy kry ‘n nuwe skottelgoedwasser!
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Thu Sep 04, 2025 11:55 am
by finch
finch wrote: Wed Apr 23, 2025 11:12 am
Jislaaik Jaracallers, ek moet weereens n pluimpie vir Somerset-wes se DFOs gee. Het vanoggend n afspraak 10am vir n nuwe aansoek, ek daag toe op die kop 10am op en daar staan die DFO al by die hek en wag vir my. Ek het 2 ure uitgeboek in my kalender met die hoop dat ek darem na 1 uur klaar kan wees. 22min later stap ek daar uit met my papiertjie wat bewys my aansoek is ingedien en alles afgehandel (nadat hulle nog vinnig n fout op my aansoek vir my uitgewys het en ek dit kon reg maak het). Dis hartseer om te dink dit is eintlik net veronderstel on "Business as usual" te wees, maar ek is nogtans dankbaar dat ek met hierdie groepie mense werk elke keer as ek by Somerset Wes se geweer afdeling instap. Die mense daar staan nie rond nie, die sleutelborde se toetse klap en die papiere word spoedig deur gewerk. Vingerafdrukke is flink en optimaal. Die langste wag is gewoonlik by die betaal punt wat nie deel van die DFOs se verantwoordelikheid is nie.
Nou begin die lang wag vir die res van die proses om uit te speel.
Het op die 83ste werkdag na my aansoek ingedien is die sms gekry met die goeie nuus. Lyk my maar die onderliggende boodskap is hier rondom 90dae kry alle papier werk spoed kry by CFR.
Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Mon Sep 08, 2025 10:55 am
by Hano243
Myne le steeds by "Received at lisencing section" al verby 90 werks dae. Ek hoop maar erens gebeur iets vinnig.