Page 46 of 49
Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Thu Apr 24, 2025 10:54 am
by finch
finch wrote: Wed Apr 23, 2025 11:12 am
Jislaaik Jaracallers, ek moet weereens n pluimpie vir Somerset-wes se DFOs gee. Het vanoggend n afspraak 10am vir n nuwe aansoek, ek daag toe op die kop 10am op en daar staan die DFO al by die hek en wag vir my. Ek het 2 ure uitgeboek in my kalender met die hoop dat ek darem na 1 uur klaar kan wees. 22min later stap ek daar uit met my papiertjie wat bewys my aansoek is ingedien en alles afgehandel (nadat hulle nog vinnig n fout op my aansoek vir my uitgewys het en ek dit kon reg maak het). Dis hartseer om te dink dit is eintlik net veronderstel on "Business as usual" te wees, maar ek is nogtans dankbaar dat ek met hierdie groepie mense werk elke keer as ek by Somerset Wes se geweer afdeling instap. Die mense daar staan nie rond nie, die sleutelborde se toetse klap en die papiere word spoedig deur gewerk. Vingerafdrukke is flink en optimaal. Die langste wag is gewoonlik by die betaal punt wat nie deel van die DFOs se verantwoordelikheid is nie.
Nou begin die lang wag vir die res van die proses om uit te speel.
En vanoggend my sms gekry dat aansoek op die stelsel gelaai is. Ek weet almal dink ons land is stukkend maar hier en daar werk daar nog goed.
Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Thu Apr 24, 2025 9:28 pm
by pwdejager
finch wrote: Wed Apr 23, 2025 11:12 am
Jislaaik Jaracallers, ek moet weereens n pluimpie vir Somerset-wes se DFOs gee. Het vanoggend n afspraak 10am vir n nuwe aansoek, ek daag toe op die kop 10am op en daar staan die DFO al by die hek en wag vir my. Ek het 2 ure uitgeboek in my kalender met die hoop dat ek darem na 1 uur klaar kan wees. 22min later stap ek daar uit met my papiertjie wat bewys my aansoek is ingedien en alles afgehandel (nadat hulle nog vinnig n fout op my aansoek vir my uitgewys het en ek dit kon reg maak het). Dis hartseer om te dink dit is eintlik net veronderstel on "Business as usual" te wees, maar ek is nogtans dankbaar dat ek met hierdie groepie mense werk elke keer as ek by Somerset Wes se geweer afdeling instap. Die mense daar staan nie rond nie, die sleutelborde se toetse klap en die papiere word spoedig deur gewerk. Vingerafdrukke is flink en optimaal. Die langste wag is gewoonlik by die betaal punt wat nie deel van die DFOs se verantwoordelikheid is nie.
Nou begin die lang wag vir die res van die proses om uit te speel.
Stem 100%, Somerset Wes is tops!
Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Fri May 02, 2025 9:55 am
by Armand Steenkamp
More manne. Is daar nog iets wat n man kan doen as die goed so stilstaan? Ekt januarie al aansoek gedoen vir 3 kliksense maar die laaste paar maande staan hulle doodstil by received at licencing section....
Groetnis
Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Fri May 02, 2025 10:16 am
by OosKaapJagter
Ons het my seun se Glock lisensie in die eerste week van Januarie ingegee. Syne het ook vir 'n hele ruk stilgestaan by "Received at licencing section".
Die SAPD webtuiste waar jy vordering kan naspoor is ook agter. Sy aansoek is egter verlede week goedgekeur en ons het 'n uitdruk by die DFO gaan kry. Hou net moed; dinge het redelik vinnig verander nadat sy status verander het na "In preparation for consideration".
Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Wed May 07, 2025 10:16 am
by Grenslyn
Armand Steenkamp wrote: Fri May 02, 2025 9:55 am
More manne. Is daar nog iets wat n man kan doen as die goed so stilstaan? Ekt januarie al aansoek gedoen vir 3 kliksense maar die laaste paar maande staan hulle doodstil by received at licencing section....
Groetnis
Goeiemôre
Ek sit met presies dieselfde. 6 Januarie 3 aansoeke ingedien. Was vinnig tot by "received at licencing section" maar staan nou al 3 maande doodstil by slegs die een departement.
Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Wed May 07, 2025 10:33 am
by DeVilliers
Hoeveel dae? Myne het almal stil gestaan tot by die 90dae en toe beweeg dit vinnig. Binne 2 -10 dae oor die 90 goedgekeur.
Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Wed May 07, 2025 10:41 am
by Grenslyn
Ek is nou op 88 besigheidsdae en 121 kalenderdae.
Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Wed May 07, 2025 12:17 pm
by Louis Kriel
17/01 aansoek gedoen. Staan doodstil. Se ook Received at Licensing Section al baie lank. 3 maande en 21 dae.
Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Wed May 07, 2025 12:30 pm
by Jaco vdW
Ek het op 11 Maart die aansoek ingegee.
Redelik vinnig na Provinsie gestuur
24 April gestuur na CFR
6 Mei "Sent to licensing section"
34 werksdae sover...
Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Wed May 07, 2025 1:05 pm
by DeVilliers
Grenslyn wrote: Wed May 07, 2025 10:41 am
Ek is nou op 88 besigheidsdae en 121 kalenderdae.
Dalk beweeg dit oor 2 dae. Myne was so
Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Wed May 07, 2025 4:01 pm
by alecjohnson
Ek het een wat se laaste beweging 10Jun 2024 is: IN PROCESS No status available contact the DFO, DFO se net ek moet maar wag.
Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Wed May 07, 2025 4:47 pm
by Grenslyn
alecjohnson wrote: Wed May 07, 2025 4:01 pm
Ek het een wat se laaste beweging 10Jun 2024 is: IN PROCESS No status available contact the DFO, DFO se net ek moet maar wag.
Hallo Alec
Hier is definitief iets verkeerd. Jy het seker met Wilma gepraat. Sy is useless.
Jy sal moet dat iemand vir jou hierna kyk.
Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Wed May 07, 2025 4:56 pm

Posted: Thu May 08, 2025 7:41 am
by alecjohnson
Grenslyn wrote: Wed May 07, 2025 4:56 pm
alecjohnson wrote: Wed May 07, 2025 4:01 pm
Ek het een wat se laaste beweging 10Jun 2024 is: IN PROCESS No status available contact the DFO, DFO se net ek moet maar wag.
Hallo Alec
Hier is definitief iets verkeerd. Jy het seker met Wilma gepraat. Sy is useless.
Jy sal moet dat iemand vir jou hierna kyk.
Ek het net nie 'n idee met wie nie, ek het al my skiet organisasie ook genader so paar weke terug. Ek is haastig vir die, want die roer is nog verkoop ook en daai persoon soek sekerlik sy wapen ASAP

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Fri May 09, 2025 12:56 pm
by J le Roux
J le Roux wrote: Mon Mar 24, 2025 12:04 pm
Hernuwing ingehandig 04 Maart Polokwane
Receiving attention at the DFO 11 Maart
Renewal Issued 24 Maart
Glad nie sleg nie!
Kaartjie gereed vir optel 02 Mei. 2 maande totaal.
Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Wed Jun 04, 2025 6:06 am
by Heinds
Ek wonder sommer hoe lank die lisensies vir nuwe aansoeke nou vat. Neem aan dis maar weer lank se wag?
Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Wed Jun 04, 2025 9:19 am
by Hano243
Ekt n nuwe aansoek in gedien op 7 Mei. Staan nou op 28 dae (21 werksdae) en hy wys "Send to CFR". Soos ek verstaan is daar steeds n bottel nek by die licensing section.
Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Fri Jun 13, 2025 11:59 am
by finch
finch wrote: Wed Jan 29, 2025 10:40 am
Terwyl ek nog wag vir n ander lisensie (okt 2024 ingestuur), het ek sommer n nog n nuwe boedel aansoek ingegee vandag. Het nie hoop vir boedel aansoek om vinnig te gebeur nie...
Presies 92 werksdae na aansoek op stelsel gelaai is was hierdie een goedgekeur. 90% van die tyd was dit by CFR wag vir aandag volgens stelsel. Dit voel wel vir my of CFR wel n stelsel het wat aansoek naby 90dae eskaleer want dit is my twee aansoek wat presies dieselfde padjie gevolg het. Maar ek dink dis n goeie ding want nou weet mens ten minste die wagtyd gaan tipies darem nie langer as 90 werksdae wees nie. Ek was wel bekommerd oor hierdie aansoek omdat dit n boedel storie was met klomp ekstra papiere wat ek nie 100% seker was alles is soos CFR dit soek nie.
Weereens n pluimpie vir Somerset Wes se DFOs. Ek bel en se lisensie is goedgekeur, ek kom haal n gedrukte temp lisensie terwyl ek wag vir kaartjie. Klim in die kar ry na SAPS en die DFO sluit nie eers die tralie hek oop van hul kantoor nie, sy gee net die reeds gedrukte papier vir my deur die hek. As alle staats instansies maar net so gewerk het...
Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Mon Jun 23, 2025 8:39 pm
by Neels Louw
Kan iemand my se watter App is die beste om jou lisensie proses te monitor?
Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Tue Jun 24, 2025 11:38 am
by JAGTERSREG-JRM
My laaste 3 aansoeke (almal inJanuarie ingegee) was almal tussen 78-83 werksdae goedgekeur, daar is n vierde een wat nou op 75 werksdae le en is nog received at licensing. Vorige een het van received at lisensing beweeg na prep en consideration en goedgekeur (die 3 stappe binne 2 dae)
Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Wed Jun 25, 2025 11:13 am
by Lategan1
Nuwe aansoek 5mnde en 3dae later het ek kaartjie in die hand.
Beste.
Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Sat Jun 28, 2025 8:39 am
by Heinds
Dink dit is weer tyd vir die parlement om die CFR te gaan besoek. 4 maande is nou die nuwe normaal.
Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Thu Jul 03, 2025 9:40 am
by Jacques du Plooy
22 April ingehandig by plaaslike DFO.
15 Mei send to CFR.
Waiting...
Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Thu Jul 03, 2025 12:50 pm
by Jacques du Plooy
Neels Louw wrote: Mon Jun 23, 2025 8:39 pm
Kan iemand my se watter App is die beste om jou lisensie proses te monitor?
Ek luister ook.
Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Thu Jul 03, 2025 5:01 pm
by Hano243
Jacques du Plooy wrote: Thu Jul 03, 2025 12:50 pm
Neels Louw wrote: Mon Jun 23, 2025 8:39 pm
Kan iemand my se watter App is die beste om jou lisensie proses te monitor?
Ek luister ook.
Where's my app op Android.
My aansoek le op 42 dae steeds by "Send to Licensing Section