Page 44 of 45
Re: 9.3x62 Revolusie
Posted: Wed Sep 01, 2021 12:19 pm
by HunterB
IMG-20210901-WA0006.jpg
Vriend van my se 9.3 kon darm ook bloed trek gisteraand. Gekoopte S&B 285gr SP
Re: 9.3x62 Revolusie
Posted: Mon Nov 29, 2021 1:01 pm
by Hennie Oelofse
Dagsê manne.
Die jaarlikse 9.3 skietdag is om die draai. Bring julle 9.3 kalibers en kom geniet die dag saam met ons.
Kontak aseblief vir Arie indien enige navrae.
083 459 3277
FB_IMG_1638182828065.jpg
Re: 9.3x62 Revolusie
Posted: Sat Sep 03, 2022 9:17 pm
by Heinb
Dis so stil op die draad. Hiers solank n foto van my 9.3X62
Geniet julle 9,3’s

Re: 9.3x62 Revolusie
Posted: Mon Sep 05, 2022 8:02 am
by Wouter Roets
Bitter mooi geweer daai Hein. Vertel asb bietjie meer oor die geweer.
Groetnis
Wouter
Re: 9.3x62 Revolusie
Posted: Mon Sep 05, 2022 5:32 pm
by Heinb
Hallo Wouter. Baie dankie. Dis die nuwe Mauser M98. Ek het later eers uitgevind Mauser het die eerste batch standaard lengte aksies wat hul (weer) uitgebring het 98 gewere gemaak elk met n plaatjie met sy seriaal nr op. Dit lyk nogal of hulle moeite gedoen het to m vir die gewere mooi kolwe ook te gee. Almal van hulle wat ek sover onder oë gehad het het regtig mooi hout.
Re: 9.3x62 Revolusie
Posted: Tue Sep 06, 2022 9:03 am
by Wouter Roets
Dankie vir die terugvoer Hein. Ja daai Mauser het voorwaar n mooi baadjie aan. Baie geluk met die geweer.
Re: 9.3x62 Revolusie
Posted: Sat Dec 09, 2023 7:35 pm
by tripodmvr
Kyk wat seg die Yankees van die 9.3x62!!!!!!
https://youtu.be/gUn0Wq0DJ2E
Re: 9.3x62 Revolusie
Posted: Fri Aug 02, 2024 10:58 am
by Stephan du Plessis
Lyk vir my die 9,3's het nie meer werk nie. Ek het die koei reg van voor geskiet met 'n ProAmm. Deur die hart. Sy het net so 30m gevorder voor haar kragte ingegee het.
Re: 9.3x62 Revolusie
Posted: Fri Aug 02, 2024 2:54 pm
by Apie
Stephan du Plessis wrote:Lyk vir my die 9,3's het nie meer werk nie. Ek het die koei reg van voor geskiet met 'n ProAmm. Deur die hart. Sy het net so 30m gevorder voor haar kragte ingegee het.
Hulle werk net so goed!
Geen kontroversie! Net lekkerte!
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: 9.3x62 Revolusie
Posted: Fri Aug 02, 2024 3:58 pm
by Capt. Yoda
Heinb wrote: Sat Sep 03, 2022 9:17 pm
Dis so stil op die draad. Hiers solank n foto van my 9.3X62
Geniet julle 9,3’s
Jis dis n mooi stuk plank op die geweer
Re: 9.3x62 Revolusie
Posted: Mon Aug 12, 2024 8:20 pm
by Heinb
Baie Dankie. Altyd lekker om dit te hoor

Re: 9.3x62 Revolusie
Posted: Fri Oct 04, 2024 12:19 pm
by JAGTERSREG-JRM
Die wapen is n erfstuk en was my oupa se oom se roer en is glo erens in die 1950's gebou. Hy het so bietjie van n storie....die kraak agter die aksie was glo toe die geweer gebruik is teen n luiperd wat gestorm het erens in Zim. Het die roer so bietjie oorgedoen ...geblou en die kolf weer geolie en lyk amper soos n nuwe een. Het n Zeiss 4-12 opgesit wat hier rondgele het en skiet nog gemaklik onder n duim groepering. Die afgelope jaar het hy net nie n kans gekry nie en op laas naweek se jag het ek net besluit dit is nou sy beurt.
Die kudu bulletjie het mooi geleentheid gegee en die 9.3 het hom op die plek neergesit. Gaan verseker hom meer gebruik in die volgende seisoen. Het jare terug n 9.3 gebruik op meeste van my Bwb jagte en net weer besef watse treffer van n kaliber dit is.
Re: 9.3x62 Revolusie
Posted: Fri Oct 04, 2024 12:22 pm
by DWB
Lekker Kobus!
Re: 9.3x62 Revolusie
Posted: Tue Oct 08, 2024 10:57 am
by Stephan du Plessis
Dis nou lekker!
Re: 9.3x62 Revolusie
Posted: Wed Oct 09, 2024 10:14 pm
by Johann Marais
Naandsê,
Van van vanoggend af is ek ook ñ trotse 9,3x62 eienaar.
Ek moet nig net papiere ingee en my liksens jry.
Ek kan nie wag nie
Re: 9.3x62 Revolusie
Posted: Thu Oct 10, 2024 5:18 am
by Lategan1
Johann Marais wrote: Wed Oct 09, 2024 10:14 pm
Naandsê,
Van van vanoggend af is ek ook ñ trotse 9,3x62 eienaar.
Ek moet nig net papiere ingee en my liksens jry.
Ek kan nie wag nie
Wag hom in!
Geluk, bietjie detail van geweer?
Beste.
Re: 9.3x62 Revolusie
Posted: Thu Oct 10, 2024 5:22 am
by Lategan1
@JAGTERSREG-JRM
Kobus, watter maak is jou geweer?
Mooi storie, maak mens warm elke keer wanneer jy so ‘n geweer optel.
Beste.
Re: 9.3x62 Revolusie
Posted: Thu Oct 10, 2024 8:52 am
by Apie
Die lekker van ‘n 9.3 is dat jy nie met premium punte hoef te jag nie. Normale cup and core tipes is genoeg vir enige normale wild
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: 9.3x62 Revolusie
Posted: Thu Oct 17, 2024 10:40 pm
by Johann Marais
Lategan1 wrote: Thu Oct 10, 2024 5:18 am
Johann Marais wrote: Wed Oct 09, 2024 10:14 pm
Naandsê,
Van van vanoggend af is ek ook ñ trotse 9,3x62 eienaar.
Ek moet nig net papiere ingee en my liksens jry.
Ek kan nie wag nie
Wag hom in!
Geluk, bietjie detail van geweer?
Beste.
Man ek het het groot geword met my Pa se 9,3x62 oorspronklike Mauser met sy oktagonale loop. Daar het ek al besef dit is `n kaliber om op verlief te raak. Ek het `n redelike keuse gehad maar het besluit op `n Zastava aangesien ek die geweer gekry het, teen dieselfde prys as wat ek vir `n Mauser aksie sou betaal het. Omdat ek reeds `n 338 WM het sal ek die 9,3 gebruik uit tot op 200m max. Ek het so `n vermoede ek gaan my 308 Win bere en eerder die 9,3 vat as bos geweer.
Re: 9.3x62 Revolusie
Posted: Fri Oct 18, 2024 4:23 am
by JAGTERSREG-JRM
Lategan1 wrote: Thu Oct 10, 2024 5:22 am
@JAGTERSREG-JRM
Kobus, watter maak is jou geweer?
Mooi storie, maak mens warm elke keer wanneer jy so ‘n geweer optel.
Beste.
Dagse dis n Heym 9.3x62
Re: 9.3x62 Revolusie
Posted: Fri Jun 20, 2025 8:00 pm
by Branderplank
Heinb wrote: Sat Sep 03, 2022 9:17 pm
Dis so stil op die draad. Hiers solank n foto van my 9.3X62
Geniet julle 9,3’s
Sjoe dis ‘n mooi mauser. Waar kry mens so M98 in die hande?
Re: 9.3x62 Revolusie
Posted: Sun Jun 22, 2025 4:13 pm
by Apie
Wie sê ‘n 9.3 kan nie lang skote skiet nie!
291m RHB koei

Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: 9.3x62 Revolusie
Posted: Mon Jun 23, 2025 7:40 am
by Bigfoot
Very nice Hartebees, great shot.
What App is that you are using?
Re: 9.3x62 Revolusie
Posted: Mon Jun 23, 2025 6:03 pm
by Apie
Bigfoot wrote:Very nice Hartebees, great shot.
What App is that you are using?
Dankie Bigfoot!
Strelok Pro
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: 9.3x62 Revolusie
Posted: Mon Jun 23, 2025 10:02 pm
by toxicsox
Mooi man!
Ek het nog ‘n paar 300g Rhino Solid Shank boksies oor maar het my herlaai data verloor.
As iemand dalk kan help.
Somchem S341, 300 g Rhino Solid Shank.
Dankie