Page 42 of 49
Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Tue Nov 26, 2024 6:28 am
by 6.5/284Norma
Ek is seker die nommer is hier maar watter nommer bel mens om navraag te doen?
Die een wat ek het reken die nommer bestaan nie...
Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Tue Nov 26, 2024 7:55 am
by sako 30-06
6.5/284Norma wrote: Tue Nov 26, 2024 6:28 am
Ek is seker die nommer is hier maar watter nommer bel mens om navraag te doen?
Die een wat ek het reken die nommer bestaan nie...
(012)353-6111 is en was ongelukkig die enigste nommer, maar die nommer werk nie meer nie.
Net die aanlyn skakel werk nou.
https://www.saps.gov.za/services/firear ... nquiry.php
Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Wed Nov 27, 2024 7:35 am
by Rawstorne
Ek stuur vir die vriendelike mense daar by die registrateur 'n e-pos. Het jare terug gebel en myself gepla, want dit het geklink of die oproep in 'n aanklagkantoor beantwoord word wat pas 'n nuwe inname van personeel sowel as aangeklaagdes ontvang het.
Die laaste keer het dieselfde persoon my e-pos sommer twee keer beantwoord met nuus.
Dalk verbeel ek my net. Maar, dit lyk vir my of 'n e-pos iemand iewers laat opstaan en die amptenare met 'n prodder aanpor.
Onthou, jy moet 'n sekere aantal dae wag voor jy navraag kan doen. Is dit 90-dae vir lisensies en 120-dae vir bevoegdhede?
Stuur na al hierdie e-pos adresse toe, op een slag.
Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Wed Nov 27, 2024 8:07 am
by 6.5/284Norma
Baie dankie!
Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Wed Nov 27, 2024 8:10 am
by 3kus
3kus wrote:3kus wrote:Netjies, darem lekker om so n sms te ontvang.
My een is op 75 werksdae goedgekeur laas week en die ander een wat elke stap saambeweeg het le nou “In preparation for cons..”. Ek probeer om nie elke vyf minute na my sms’e te kyk nie. Hou moed!
Sent from my iPhone using Tapatalk
Vandag 4 weke in preparation for consideration. Dik negatief…
Sent from my iPhone using Tapatalk
Gister beweeg na under consideration. Darem n ligpunt. Hou moed
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Wed Nov 27, 2024 1:11 pm
by 3kus
3kus wrote:3kus wrote:3kus wrote:Netjies, darem lekker om so n sms te ontvang.
My een is op 75 werksdae goedgekeur laas week en die ander een wat elke stap saambeweeg het le nou “In preparation for cons..”. Ek probeer om nie elke vyf minute na my sms’e te kyk nie. Hou moed!
Sent from my iPhone using Tapatalk
Vandag 4 weke in preparation for consideration. Dik negatief…
Sent from my iPhone using Tapatalk
Gister beweeg na under consideration. Darem n ligpunt. Hou moed
Sent from my iPhone using Tapatalk
Goedgekeur, 96 werksdae
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Thu Nov 28, 2024 1:53 pm
by Rigby
Rigby wrote:Ouens op die forum van ons weet waarvan hulle praat (maar ons weet dit ook teen die tyd al).
My en my bruid se nuutste asnsoeke saam ingedien 21 Aug
20 September arriveer beide by CFR
20 November (ja presies 2 maande nes dit voorspel is), skuif dit na preparation toe!
Nou kom ons kyk of 29 Nov (7 werksdae) goeie nuus sal bring.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Presies 7 dae (5 werksdae) later, en my aansoek het Consideration toe geskuif, en vanoggend (dag later), die blye boodskap gekry.
Dus 72 werksdae (100 kalender dae) geneem.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Thu Nov 28, 2024 2:25 pm
by JVT172
Whoop whoop.
Vanoggend 1 van die 4 goedgekeur. (59 days)
1x by consideration.
2x recieved at licensing.
Saam ingegee
Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Thu Nov 28, 2024 7:23 pm
by Cobus(Cobb)
25/11/2024....toe skuif myne oor na "preparing for consideration".....71 workdays
Rerig nou al moeg gewag en het slegte nuus gekry dat "festive season" dit dalk mag vertraag
Cheers
Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Fri Nov 29, 2024 7:17 am
by Hano243
En daar skuif 2 van myne ook uiteidelik na "preparation for consideration". Die een na 67 werksdae en die ander een na 63 werksdae.
Lekker goeie nuus so vroeg op n Vrydag oggend
Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Fri Nov 29, 2024 8:22 am
by sako 30-06
Baie goeie nuus om te sien daar is darem beweging.
Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Fri Nov 29, 2024 8:35 am
by toxicsox
My seun het competency ingedien 13 Augustus 2024.
Gister SMS gekry 28 November 2024.
Garsfontein Polisie stasie
77 Working Days
108 Calendar Days
Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Sun Dec 01, 2024 5:39 pm
by Jacques1988
Ek het n lesensie wat op “Preperation for consideration” lê vanaf 19 November.. ek hou duim vas dat hy deur gaan die week, anders gaan hy daar lê tot volgende jaar glo ek.
Groete
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Tue Dec 03, 2024 11:26 am
by sako 30-06
Aansoek het uiteindelik geskuif na ''prep for consideration''. Nou hoop ek maar dit hak nie daar ook vas nie.
Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Tue Dec 03, 2024 11:59 am
by Hano243
Altwee my aansoeke het n week terug saam geskuif na "Preparation for Consideration". Ek hoop ook regtig nie die bottelnek het nou soontoe ook geskuif nie.
Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Tue Dec 03, 2024 12:26 pm
by sako 30-06
Hano243 wrote: Tue Dec 03, 2024 11:59 am
Altwee my aansoeke het n week terug saam geskuif na "Preparation for Consideration". Ek hoop ook regtig nie die bottelnek het nou soontoe ook geskuif nie.
Ek hou saam met julle manne duim vas. Dit is mos nou amper kersfees

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Tue Dec 03, 2024 9:22 pm
by Andre308
Sterkte vir julle.
Myne le al van 21 Nov af op Prep for Consideration.
Ek sal darm maar self hou van die storie klaar kry voor ek met verlof gaan.
Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Wed Dec 04, 2024 3:22 pm
by finch
finch wrote: Mon Oct 21, 2024 9:06 am
Nuwe aansoek is ingedien Maandag 14 Okt. Dinsdag 15 Okt sms gekry dat aansoek op stelsel gelaai is. DFO het my ingelig, my aansoek gaan 10@1 te laat by Belville aankom om die 25ste Okt se courier na PTA te maak so dan val dit oor na volgende maand. Ek sit nie tans op die punt van my stoel om einge vroee kersfees geskenkie te ontvang nie...
Eerste paar stappe het onder omstandighede heel goed verloop en op n stadium het dit gelyk of my vroee kersgeskenk dalk gaan deur kom, maar heellaas nee, vandat die aansoek by CFR aangekom het staan dit basies stil en glo nie daar is dringendheid hierdie (of enige ander) tyd van die jaar om werk te doen en aansoek te verwerk nie.
Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Wed Dec 04, 2024 10:05 pm
by OosKaapJagter
Na 62 werksdae is my aansoek uiteindelik weg by die provinsie en is dit na Pretoria gestuur. Dit is dus amper 3 kalendermaande.
Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Mon Dec 09, 2024 8:02 am
by 6.5/284Norma
Rawstorne wrote: Wed Nov 27, 2024 7:35 am
Ek stuur vir die vriendelike mense daar by die registrateur 'n e-pos. Het jare terug gebel en myself gepla, want dit het geklink of die oproep in 'n aanklagkantoor beantwoord word wat pas 'n nuwe inname van personeel sowel as aangeklaagdes ontvang het.
Die laaste keer het dieselfde persoon my e-pos sommer twee keer beantwoord met nuus.
Dalk verbeel ek my net. Maar, dit lyk vir my of 'n e-pos iemand iewers laat opstaan en die amptenare met 'n prodder aanpor.
Onthou, jy moet 'n sekere aantal dae wag voor jy navraag kan doen. Is dit 90-dae vir lisensies en 120-dae vir bevoegdhede?
Stuur na al hierdie e-pos adresse toe, op een slag.
My epos na die adresse het almal onafgelewer teruggekom...
Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Mon Dec 09, 2024 11:06 am
by OosKaapJagter
Ek sou verkies dat hulle aandag skenk aan die verwerking van aansoeke, eerder as om te fokus op die beantwoording van e-posse.
Al is hulle tydsaam, doen hulle immers iets waarmee hulle vertoud is. Om te verwag dat iemand die e-pos beantwoord, ruk jy so een uit sy of haar gemaksone uit. So amptenaar wat besluit om te reageer op die e-pos, moet eers die lêer gaan soek, 'n rekenaar kry wat werk én wat aan die netwerk gekoppel is en dan eers begin tik.
As ek so e-pos sou kry wat aan elke denkbare persoon gestuur is, sou dit my irriteer. Wil jy regtig die een irriteer wat oor jou aansoek moet besluit?
Die risiko is dat so beampte ook aspris kan raak. Die aansoek of dele daarvan kan wegraak, die lêer kan heel onder die hoop beland of die aansoek kan afgekeur word vir enige belaglike rede.
Dit was dalk 'n bestiering dat die e-pos onafgelewer teruggekom het.
Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Mon Dec 09, 2024 12:33 pm
by Jacques1988
Middag. My aansoek is op die finale stap - Consideration. Hy het oor geskuif op 6/12. Darem is daar nog hoop vir n paar lisensies om nog goed gekeur te word die Desember. Groete
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Mon Dec 09, 2024 2:54 pm
by Capt. Yoda
Het Vrydag n renewal in gegee, twyfel of enige iets met hom gaan gebeur binnekort
Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Tue Dec 10, 2024 7:27 am
by Jacques1988
Goeie môre. Lisensie is Gister goed gekeur.
Sy tydjie by CFR Kantoor het so gelyk..
9 Oct - Received at Licensing
19 Nov - Prep for Consideration
6 Dec - Consediration
9 Dec - Goed gekeur
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Tue Dec 10, 2024 10:02 am
by sako 30-06
Jacques1988 wrote: Tue Dec 10, 2024 7:27 am
Goeie môre. Lisensie is Gister goed gekeur.
Sy tydjie by CFR Kantoor het so gelyk..
9 Oct - Received at Licensing
19 Nov - Prep for Consideration
6 Dec - Consediration
9 Dec - Goed gekeur
Sent from my iPhone using Tapatalk
Baie geluk Jacques. Lekker Kersgeskenk
