Page 42 of 45

Re: 9.3x62 Revolusie

Posted: Mon Jun 07, 2021 10:31 am
by Wouter Roets
LoopSoosStroop wrote: Mon Jun 07, 2021 9:21 am Het enige van julle 9.3 manne dalk 'n Ruger M77 African? Daar was so 10 jaar terug 'n paar van hulle ingebriung in 9.3x62.
Jou gat man, staan in die ry agter my! ;D ;D ;D

Re: 9.3x62 Revolusie

Posted: Mon Jun 07, 2021 12:54 pm
by Jean Marais
Ek weet van iemand, wat in Mauser die volgende het:
9.3x62
8x68
7x57

Ek sou wat wou gee om die 3 gewere te kon sien.

Re: 9.3x62 Revolusie

Posted: Mon Jun 07, 2021 2:11 pm
by LoopSoosStroop
Wouter Roets wrote: Mon Jun 07, 2021 10:31 am Jou gat man, staan in die ry agter my! ;D ;D ;D
Haha, my droom geweer daardie. Ek het met een in my hand gestaan by die groot winkel, R10200. Dit was so 2011/12. Domste dag van my lewe.

Ek oorweeg om maar self een te bou met 'n M77 .30-06 donor.

Re: 9.3x62 Revolusie

Posted: Mon Jun 07, 2021 2:27 pm
by Wouter Roets
Martin

Ek stap in by VLT n klomp jare terug en daar is toe n M77 Fullstock op die rak in 9,3. Ek se toe vir ou Ruald en vat hom toe se hy vir my n knaap het net n uur terug hom gekoop. Kry toe die man se nommer en offer hom daai jare R5000 meer toe se hy ek moet in my beste .... in vlieg! Die ergste is ek was oppad VLT toe toe ek besluit ek ry eers n ander draai! Ai...

Groetnis
Wout

Re: 9.3x62 Revolusie

Posted: Mon Jun 07, 2021 4:44 pm
by Dale SH
See below

Re: 9.3x62 Revolusie

Posted: Mon Jun 07, 2021 6:03 pm
by Dale SH
LoopSoosStroop wrote: Mon Jun 07, 2021 9:21 am Het enige van julle 9.3 manne dalk 'n Ruger M77 African? Daar was so 10 jaar terug 'n paar van hulle ingebriung in 9.3x62.
I have a Ruger Hawkeye African in 9.3X62
I think it was the last one available in the country at the time I bought it.

Re: 9.3x62 Revolusie

Posted: Mon Jun 07, 2021 7:44 pm
by LoopSoosStroop
Dale SH wrote: Mon Jun 07, 2021 6:03 pm I have a Ruger Hawkeye African in 9.3X62
I think it was the last one available in the country at the time I bought it.
What's your price Dale? ++>:

Re: 9.3x62 Revolusie

Posted: Mon Jun 07, 2021 7:47 pm
by Dale SH
Let me think about it
If you serious that is.
I would sell it as a package with scope, reloading dies, +- 200 once fired case various bullets etc.

Re: 9.3x62 Revolusie

Posted: Mon Jun 07, 2021 7:54 pm
by Supacow
Dale whats your favorite rifle in your safe?

Re: 9.3x62 Revolusie

Posted: Mon Jun 07, 2021 8:13 pm
by Dale SH
Supacow wrote: Mon Jun 07, 2021 7:54 pm Dale whats your favorite rifle in your safe?
My 6.5x55

Re: 9.3x62 Revolusie

Posted: Tue Jun 08, 2021 7:03 am
by LoopSoosStroop
Dale SH wrote: Mon Jun 07, 2021 7:47 pm Let me think about it
If you serious that is.
I would sell it as a package with scope, reloading dies, +- 200 once fired case various bullets etc.
I am very serious about it. I'm sending you a PM.

Re: 9.3x62 Revolusie

Posted: Wed Jun 30, 2021 6:43 pm
by Heinb
Naand Manne.
Enige iemand wat Nosler partitions 286gr het om te verkoop of ruil. Ekt 2 pakkies swift A frames in 250gr wat ek sal ruil.

Groete
Hein

9.3x62 Revolusie

Posted: Sat Jul 03, 2021 3:51 pm
by Philip_L
Het enigeiemand hier dalk ervaring met 285gr Lapua Mega patrone op groter wild soos gemsbok, blouwildebees, ens?
Hul blyk redelik akuraat te wees in my geweer, maar kry nie baie info i.t.v. koeel prestasie nie.

Re: 9.3x62 Revolusie

Posted: Sat Jul 03, 2021 4:29 pm
by Flip Nel
Ek het lank terug paar bokke met hulle geskiet eland en kudu, ek sal hulle enige tyd weer gebruik ek het net opgehou oor hulle duur was

Sent from my SM-G610F using Tapatalk


Re: 9.3x62 Revolusie

Posted: Mon Jul 12, 2021 12:00 pm
by Wouter Roets
More Manne

Ek kan met trots verklaar dat ek ook nou amptelik deel is van die 9,3x62 klub.

Groetnis
Wouter

Re: 9.3x62 Revolusie

Posted: Mon Jul 12, 2021 12:01 pm
by DWB
Hehehehe mooi man Wouter!

Re: 9.3x62 Revolusie

Posted: Thu Jul 22, 2021 5:28 pm
by Hennie Oelofse
Dagsê 9.3 vriende,

Wat n absolute voorreg om hierdie mooi ou buffel bul te kon jag in die Caprivi se Bwabwata Park. Dit is onbeskryflik om te jag in n area wat werklik "free roaming" is. Bwabwata park is sowat 750 000 ha waarvan die jag gedeelte 277 000 ha is.

286 grein Swift A-Frame het werklik foutloos presteer. Die buffel het my n skuins van voor af skoot op so 50m gegee. Die bul het nie verder as 50m gegaan nie toe dop hy om. Die penetrasie was ongelooflik, die punt is agter in die pens naby aan die buffel se agterste been gevind. Dis sowat 1,5 meter se penetrasie.

9.3x62 sal altyd my harts kaliber bly!

Ek deel graag my jag met julle:

https://youtu.be/Ija96qCSUxQ

Groete,

Hennie Oelofse
Kskaksksk.jpg
IMG-20210712-WA0014.jpg
IMG-20210712-WA0010.jpg

Re: 9.3x62 Revolusie

Posted: Thu Jul 22, 2021 5:50 pm
by Lategan1
Hennie, jou romantikus!

Jy gespreek en volbring. Pragtig man, dit moes ysliks gewees het. Baie geluk, pragtige verhaal en video.

Dit lyk my jy het in die stilte oorgeslaan na ‘n ander koeël :laugh: ??? Met 5400J duidelik amok gemaak.

Dankie vir deel

Beste.

Re: 9.3x62 Revolusie

Posted: Thu Jul 22, 2021 5:57 pm
by Hennie Oelofse
Lategan1 wrote: Thu Jul 22, 2021 5:50 pm Hennie, jou romantikus!

Jy gespreek en volbring. Pragtig man, dit moes ysliks gewees het. Baie geluk, pragtige verhaal en video.

Dit lyk my jy het in die stilte oorgeslaan na ‘n ander koeël :laugh: ??? Met 5400J duidelik amok gemaak.

Dankie vir deel

Beste.
Hi Lategan,

Karl het aanbeveel dat ek n soft gebruik vir die eerste skoot so ek het besluit op A-Frame's. Hulle het so 2530fps geloop. Die skade binne die buffel was ietsie om te aanskou. Regtig dodelik.
Ek het steeds n woodleigh hydro gebruik vir die opvolg skoot. Die hydro het dwarsdeur die buffel gefluit.
20210712_154116.jpg

Re: 9.3x62 Revolusie

Posted: Thu Jul 22, 2021 6:17 pm
by Smitstertjies
Prag buffel Hennie! Veels geluk!


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: 9.3x62 Revolusie

Posted: Thu Jul 22, 2021 6:24 pm
by Apie
Vat so!!

Ek is sommer baie jaloers! Mooi video!


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: 9.3x62 Revolusie

Posted: Thu Jul 22, 2021 7:27 pm
by Kaalvoetthysie
Balie geluk Hennie!!!

Lyk na ‘n trip en ‘n belewenis van ‘n leeftyd


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: 9.3x62 Revolusie

Posted: Thu Jul 22, 2021 8:32 pm
by DWB
Pragtige bul Hennie!

Baie geluk!!!!

Re: 9.3x62 Revolusie

Posted: Fri Jul 23, 2021 8:15 am
by Frederik
Prag bul Hennie baie geluk!!!

Kan jy dalk net vir noem hoe jy met permitte gemaak het met die geweer oor Bots en in Nam?
Ek hoor hier gebeur niks met heel paar manne se temporary export permitte nie. Sak waardeer word. Jammer vir highjack.

Re: 9.3x62 Revolusie

Posted: Fri Jul 23, 2021 8:38 am
by Toyrsi
Baie geluk.
Mooi buffel.