Page 5 of 5
Re: .223 Rem Akkurate flyers?
Posted: Thu Sep 10, 2026 11:08 am
by Arnold
Dit is so stil hierso
My seuns het 'n paar bokke laat bakkie ry met die 73gr ELDM teen 3000 fps gedurende die Junie vakansie.
Net vinnig zero gaan check nadat die scope af was (om die geweer in iemand anders se kluis te bêrre). SD vir die 5 skote was 8 fps
WhatsApp Image 2026-09-09 at 14.36.53.jpeg
Re: .223 Rem Akkurate flyers?
Posted: Fri Sep 11, 2026 4:31 am
by JF123
Watter geweer is daardie? Loop lengte? Lading?
Lekker vinnig met die 80gr koeëls.
Re: .223 Rem Akkurate flyers?
Posted: Fri Sep 11, 2026 7:40 am
by Arnold
Rem700 met 22" 8 twist loop. Ek het bietjie Varget begin toets om te sien of die SD dalk beter is maar hoofsaaklik vir temperatuur stabiliteit.
223Rem2.jpg
Re: .223 Rem Akkurate flyers?
Posted: Fri Sep 11, 2026 8:59 am
by LUAN
Hoeveel grein varget Arnold? Ek so vinnig gesearch en lyk of die yanks so 24-25gr gooi vir daai spoed maar uit 30" loop. Jou lading moet lekker warm wees. Gebruik jy varget vir die 73gr ook?
Ek het cfe223 begin gebruik agter 69gr scenars. Seker nie die beste kruit maar beslis meer konstant as S321/riflex
Re: .223 Rem Akkurate flyers?
Posted: Fri Sep 11, 2026 9:17 am
by Arnold
LUAN wrote: Fri Sep 11, 2026 8:59 am
Hoeveel grein varget Arnold? Ek so vinnig gesearch en lyk of die yanks so 24-25gr gooi vir daai spoed maar uit 30" loop. Jou lading moet lekker warm wees. Gebruik jy varget vir die 73gr ook?
Ek het cfe223 begin gebruik agter 69gr scenars. Seker nie die beste kruit maar beslis meer konstant as S321/riflex
My ladings is oor die voorgeskrewe maks en daarom dat ek dit nie gee nie
Ek het maar oorgeslaan Varget toe vir die temperatuur stabiliteit maar het al baie LeverEvolution geskiet (wat baie mooi spoed gee). Dan hardloop ek so 100fps vinniger, weereens is die ladings vêr oor die maksimum druk

Re: .223 Rem Akkurate flyers?
Posted: Fri Sep 11, 2026 9:43 am
by Capt. Yoda
Re: .223 Rem Akkurate flyers?
Posted: Fri Sep 11, 2026 11:51 am
by Lategan1
Lekker as dit so gaan, mooi groepe.
Ek het destyds met my soeke na makliker akkuraat laai, ook CF223 met mag primer agter 55gr platbasis probeer. Dit was voordat die slotkop Rem700 ‘n nuwe bussie gekry het. Dop was baie vol. Die akkuraatheid was swakker/moeiliker haalbaar as met S321 en ek is terug na 321. My slagpen het diep ingeslaan. Presteer skynbaar beter met 62-69gr.
Verseker steek hy druk nou weg, moet keer of dit lyk soos op foto!
Kon onlangs na lang gewag Fed205M by SO kry.
Gaan laai:
53 en 55 V-Max,
Fed GM205M,
Varget,
Lapua doppe.
Kamer en loop bly onveranderd REM700. Met 2 elemente van die bekende 3B’s teenwoordig wil ek sien hoe maklik al dan nie dit gaan.
Arnold se herhaling van die mooi groepe is ‘n .223Rem verpligting!
Beste.
[] Apie los die stert storie vir later

Re: .223 Rem Akkurate flyers?
Posted: Fri Sep 11, 2026 6:40 pm
by JF123
Arnold. Het jou geweer die standaard .223 Rem kamer met die 0.026" keel?