Page 5 of 5

Re: Kaliber: 375 Ruger

Posted: Sun Aug 05, 2012 11:59 am
by Johan Loots
Ek sien op Savage se website hulle maak ook n paar modelle in 375 Ruger die Bear hunter met 20" loop lyk goed.

Re: Kaliber: 375 Ruger

Posted: Mon Aug 06, 2012 5:06 pm
by tau
Johan Loots wrote: Ek sien op Savage se website hulle maak ook n paar modelle in 375 Ruger die Bear hunter met 20" loop lyk goed.
Dankie

Die Brush hunter lyk ook nogals mooi. Die Ruger Alaskan is tans vir my die wapen wat beste lyk vir my.

Re: Kaliber: 375 Ruger

Posted: Tue Aug 21, 2012 11:39 am
by Louis Kriel
Manne ek wonder of een van julle my kan help?  Ek het gisteraand probeer om Rhino 300gr solids te laai.  Die punte het so los ingegaan dat ek hulle met my hand kan rondskuif.  Dit gebeur nie met die Sierras en Noslers nie.  Ek meet toe en sien dat die Rhino's 9,49 mm is en die Sierras 9,51 mm. Kobus se in elk geval hy sal die punte vervang as dit hulle fout is. (goeie diens) Moet ek nie dalk net probeer krimp nie.  Ek wil nie graag doppe opneuk nie.

Re: Kaliber: 375 Ruger

Posted: Tue Aug 21, 2012 12:22 pm
by DWB
Oom Dirty,

Dit klink nie te lekker nie... tensy dit die doel van Solids is om so bietjie kleiner te wees oor hulle harder is, maar dit klink nie gesond nie

Re: Kaliber: 375 Ruger

Posted: Fri Sep 07, 2012 2:00 am
by tau
ek het hom een van die Ruger Hawkeye .375 Rugers. Eintlik buite my $$$$$$, maar hanteer een van hierdie kortloop outjies en jy is verslaaf.

Dankie S & O Stellenbosch en Oom Hendrik. Manne ek is nou so platsak dit is belaglik!!!!!!!!!!!!!

Blink loop en al. Ek dink sy sal moet heet Stompie of iets.

Re: Kaliber: 375 Ruger

Posted: Fri Sep 07, 2012 9:43 am
by Hugov
Baie geluk Tau!
Ja gaan nie spyt wees nie.  Ek line vir my ook so mooi kort silver loop model op maar in 416 Ruger.  ;D
Mooiloop H

Re: Kaliber: 375 Ruger

Posted: Fri Sep 07, 2012 10:51 am
by Stefan764
tau wrote: ek het hom een van die Ruger Hawkeye .375 Rugers. Eintlik buite my $$$$$$, maar hanteer een van hierdie kortloop outjies en jy is verslaaf.

Dankie S & O Stellenbosch en Oom Hendrik. Manne ek is nou so platsak dit is belaglik!!!!!!!!!!!!!

Blink loop en al. Ek dink sy sal moet heet Stompie of iets.
Daaaaarshy!!  ;D

Re: Kaliber: 375 Ruger

Posted: Fri Sep 07, 2012 11:54 am
by Louis Kriel
DWB wrote: Oom Dirty,

Dit klink nie te lekker nie... tensy dit die doel van Solids is om so bietjie kleiner te wees oor hulle harder is, maar dit klink nie gesond nie
Kobus van Rhino het vir my 'n nuwe pakkie gestuur van daai 300gr Mono solids.  Baie mooi punt.  Rhino se diens is goed!

Re: Kaliber: 375 Ruger

Posted: Fri Sep 07, 2012 12:13 pm
by tau
Dankie manne.

Ek en die Engelsman het albei een gevat.

Ek het al lankal my oog op een van die manne en uiteindelik gekry na lang gewag .

Kyk na die datum wat ek die kiekie afgelaai het.

[img width=560 height=319]http://i1091.photobucket.com/albums/i39 ... tled-2.jpg[/img]

[img width=560 height=418]http://i1091.photobucket.com/albums/i39 ... 091744.jpg[/img]

[img width=560 height=418]http://i1091.photobucket.com/albums/i39 ... 094113.jpg[/img]

Die roere gaan nou moet le gewoond raak an mekaar.Hopenlik gaan hulle nog lekker saam jag.