Ek het die kolf saam met Christo s'n ingevoer.
Die geweer bestaan uit 'n Sako L579 aksie met 6mm 1/10 twist SS Broughton loop so 'n rapsie oor die 28"
Kolf is 'n "thumbhole target" van Richards Microfit in Amerika.
Soos die geweer hier staan het ek nog slegs die kolf ge inlet, gebed en die loop/aksie vasgesit. Ek het ook die kolf simetries gesny met die loopkanaal, maar geen verdere afwerking gedoen nie.
Ek sal die so met tyd doen as hy eers aan die skiet is sodat ek al die "fine tuning" kan doen voor ek begin olie.
Die roer gooi egter 'n 88gr berger teen 3530fps voor 46.8 grein S365 waar my .243 'n 87gr hpbt 3270fps kon gooi met 46.2gr. Ek kry dus 'n ekstra 260fps vir 0.6gr kruit wat vir my soos 'n bargain klink. Ek het sov?r as 3670 gegaan, maar dan begin hy primers platmaak.








