Page 5 of 5
Re: Kaapse Vos/Draaijakkals
Posted: Sun Jun 22, 2014 10:06 pm
by Louis102
Net so.
Re: Kaapse Vos/Draaijakkals
Posted: Sun Jun 22, 2014 10:07 pm
by Louis102
Strandwolf is nog een.
Re: Kaapse Vos/Draaijakkals
Posted: Sun Jun 22, 2014 10:13 pm
by mariusr
Ja jy is heel reg eintlik is dit verkeerd die aardwolf behoort aan die hiena familie en is nie jakkals nie! Maar hy word ook die maanhaarjakkals genoem? Dink die ou mense het heel deurmekaar geraak met vosse,jakkalse en hienas?
Re: Kaapse Vos/Draaijakkals
Posted: Sun Jun 22, 2014 10:18 pm
by Cobus(Cobb)
tafjak wrote:Sien dat hy selfs nie "jakkals" eers kan korrek spel nie. As 'n man "jakkels" spel, wil my broek vuil word.
lekker lag ek nou hier in my hospitaal bed
Re: Kaapse Vos/Draaijakkals
Posted: Sun Jun 22, 2014 10:20 pm
by Louis102
Wat maak jy daar Cobus?
Re: Kaapse Vos/Draaijakkals
Posted: Sun Jun 22, 2014 10:25 pm
by mariusr
Louis102 wrote:Strandwolf is nog een.
. Of strandjut!
Dis nou weer die Bruin Hiena. Streng gesproke het ons nie wolwe hier by ons nie! Dis die naam wat die ou mense gegee het as hulle die goed maar seker meestal in die nag gesien het? Kan jou verseker verkeerde naam vir verkeerde dier? Daar was mos nie "spotlights" gewees nie!?
Re: Kaapse Vos/Draaijakkals
Posted: Sun Jun 22, 2014 10:28 pm
by Cobus(Cobb)
Ek wil se jakkals skiet onttreking, maar dis heel meer vrot..local het pille voorgeskryf toe het my hele lyf 'n alrgiese reaksie daarvoor.
nous my voorland drips en hospitaal kos tot woensdag...al troos is die maan wat klein is die naweek wat kom..
Re: Kaapse Vos/Draaijakkals
Posted: Sun Jun 22, 2014 10:46 pm
by Groukat
Dis 'n moeilike een die!!!!
Ek val nou onder onkundig, maar ek het groot geword met die wete dat draaijakkals en silvervos dieselfde dier is en verseker julle dat as mense hier praat van 'n draaijakkals is dit bedoel silvervos.
Ek dink die name silvervos en bakoorjakkals is die beste woorde om te gebruik omrede dit die diere se voorkoms die beste en sonder enige verwarring beskryf.
Dit wil vir my voorkom of dawie reg is as ek so op die internet rond kyk, maar ek is seker dat die topic verwys na die silvervos.
Kaapsevos is ook vir my 'n snaakse naam, ek is ver van die kaap af en hier by my is baie. By my is nie bakore nie, hulle het seker terug GEDRAAI kaap toe.
Maanhaarjakkals is ook 'n nuwe term vir my en ek neem aan julle praat van 'n aardwolf ne'?
Re: Kaapse Vos/Draaijakkals
Posted: Sun Jun 22, 2014 10:59 pm
by Groukat
mariusr wrote:Onder karnivore soogdiere van suider afrika word daar onderskeid getref tussen Vosse en jakkalse! Die silvervos of kaapse vos is die enigste "ware" vos in ons substreek. So die silvervos kan nie "draaijakkals" genoem word nie!? Nes soos die ou mense luiperd, tier genoem het verseker nie reg is nie? Die bakoorjakkals "bat-eared fox" word dan ook verwys as die draaijakkals wat volgens my korrek is.Die probleem is dat die kaapse vos ook silverjakkals genoem word? Die bakoor in engels bat-eared fox nl draaijakkals!
Hi marius,
Ja dit wat jy hier bo se' dat 'n silvervos die enigste vos is het ek ook al gehoor, maar verstaan dit ook nie eintlik nie. Wie of wat maak hom die enigste vos? Is dit voorkoms, dieet of gedrag wat hom klassifiseer as vos?
Volgens my is fox 'n vos, so die stelling dat 'n silvervos die enigste vos is maak nie vir my sin nie. Ek dink 'n bakoor is ook 'n vos.
Daarom vra ek wat of wie bepaal dat spesie 'n vos of jakkals is?
Groete
Re: Kaapse Vos/Draaijakkals
Posted: Sun Jun 22, 2014 11:05 pm
by Louis102
Maanhaarjakkals = Aardwolf, Groukat. Dis 'n erkende woord in Afrikaans sover ek weet en nogal mooi beskrywend.
Neewat, die "ou mense" het vir ons 'n pragtige taal-erfenis nagelaat. Onnodig om ons koppe oor die mooi beskrywende name te breek en te tegnies te raak. Goeie begrypers het nog altyd halwe woorde verstaan.
As man al gesien het hoe 'n silwervos soms 'n windhond uitoorlê, verstaan jy hoekom hy 'n draaigat of draaijakkals in die volksmond hier by ons is. Bakoor kan by hom kom leer. As ek verkeerd is, is seker minstens 99% van die Afrikaans sprekende populasie rondom my verkeerd.
Dis my stuiwer in die armbeurs hier.
Louis
Ns. Beterskap Cobus, slegte een daai. Rus maar goed uit, die nagte gaan lank raak as jy uit is.
Re: Kaapse Vos/Draaijakkals
Posted: Sun Jun 22, 2014 11:11 pm
by mariusr
Daar is net twee vosse in afrika as ek nou reg is? Die een is die silvervos by ons en die ander spesie kom voor in die sahara.klein diertjies met wol stertjie met skerp oortjies eet net goggas muise ens.verskil van jakkalse.
Re: Kaapse Vos/Draaijakkals
Posted: Sun Jun 22, 2014 11:16 pm
by Groukat
Ok maar dan is 'n bakoor ook 'n vos want sy dieet is dieselfde as 'n silvervos.
Re: Kaapse Vos/Draaijakkals
Posted: Sun Jun 22, 2014 11:20 pm
by Groukat
Hi louis, hoop dit gaan goed.
Ja ek stem saam dat maanhaarjakkals 'n baie baie goeie beskrywing is, maar dis nuut vir my ons praat maar van 'n aardwolf.
Ek is ook van die 99% waarvan jy praat wat se' 'n silvervos is 'n draaijakkas, maar as ek so deur my boeke kyk lyk dit vir my dat dawie reg is.
Ek is groot gemaak met die wete dat draaijakkals sy naam gekry het van hoe hy weg swenk van gevaar en het dit al menig male gesien, so ja dai naam is verseker in my opinie gepas en almal in my omgewing is deel van dai 99%. Maar dawie is volgens akademie reg in sy stelling.
Re: Kaapse Vos/Draaijakkals
Posted: Sun Jun 22, 2014 11:24 pm
by Groukat
Kan julle my help met die stelling dat "'n slivervos die enigste ware vos is" ek het dit al baie gehoor, maar dit maak nie sin nie, wat maak hom 'n vos en wat maak 'n bakoor 'n jakkals?
'n bakoor is vir my alles behalwe 'n jakkals. Rooijakkals en witkwasjakkals lyk vir my na jakkalse
Re: Kaapse Vos/Draaijakkals
Posted: Sun Jun 22, 2014 11:56 pm
by Louis102
Groukat wrote:.....Ek is ook van die 99% waarvan jy praat wat se' 'n silvervos is 'n draaijakkas, maar as ek so deur my boeke kyk lyk dit vir my dat dawie reg is.
Ek is groot gemaak met die wete dat draaijakkals sy naam gekry het van hoe hy weg swenk van gevaar en het dit al menig male gesien, so ja dai naam is verseker in my opinie gepas en almal in my omgewing is deel van dai 99%. Maar dawie is volgens akademie reg in sy stelling.
My punt is Groukat, taal word deur die volksmond bepaal. Of so is dit veronderstel om te werk. Dit behoort nie deur Dawie se geleerde professore en hul geskrifte bepaal te word nie. Ek het egter al voorheen gesien hoe ons gewone taalgebruikers, onsself (op hierdie einste forum) aan ons neuse laat rondlei deur "slim" manne, as dit by taalgebruik kom. Dit sal my nie verbaas as dit weer gebeur nie. Dit gee my so effe van 'n pyn op 'n slegte plek.
Re: Kaapse Vos/Draaijakkals
Posted: Mon Jun 23, 2014 12:21 am
by Groukat
haha o ok louis, ek verstaan.
Dit is so louis die volksmond is die een wat bepaal, soos jy se' 99% kan seker nie verkeerd wees nie. By ons is hier nie bakore nie of ek het nog nooit gesien nie.
En almal in my wereld praat van die draaijakkals hier as silvervos so ja volksmond het sy stempel hier.
Ek verstaan 100% die 'slim storie' in my opinie is die enigeste vos stelling ook so geval.
groete
Re: Kaapse Vos/Draaijakkals
Posted: Mon Jun 23, 2014 5:57 am
by Henry 7
Ek stem 100% saam met Louis.
Groukat -die mense wat reken draaijakkalse eet net gogga's moet nog maar verder gaan leer!
Kom kyk hier hoe vang en eet hy 1/2 dae oue lammers-as ek 'n maand terug 'n videokanera by my gehad het kon ek dit mooi opgeneem het waar hy vreet aan 'n lam.As jy by 'n klein lammetjie hier by ons kom wat gevang is en net 'n klein gaaitjie in sy sy het dan weet jy dis hy.
Ek wil nie in 'n argument klim nie-ek sê net wat ons in die wêreld sien.
Henry
Re: Kaapse Vos/Draaijakkals
Posted: Mon Jun 23, 2014 6:58 am
by mariusr
Ek twyfel nie daaraan dat die silvervos of self die bakoor pas gebore lammers sal dood en eet nie.Daar is wel sulke gevalle aangeteken? Alhoewel nie een van die twee in staat is om skaap te dood soos die rooi en witkwas jakkals nie.
Re: Kaapse Vos/Draaijakkals
Posted: Mon Jun 23, 2014 7:53 am
by Johan Nel
Louis,
Die dilemma kom wanneer daar verwarring is in die algemene volksmond oor wat nou 'n betrokke dier se regte naam is en groeperinge nie saamstem nie, dan kry die 'geleerde manne' soos jy hulle noem, die opdrag om te standariseer. Dit gebeur ook dat taksonomies daar partykeer maar nie saamgestem word oor as wat 'n 'n betrokke dier gegroepeer moet nie, die aardwolf is 'n voorbeeld. Tans word hy gereken as 'n hiena, voorheen was hy gereken as eerder deel van die jakkalse. Die taksonomie is ook nie altyd honderd persent seker oor goed nie. Soos nuwe inligting beskikbaar raak, word veranderinge aangebring. 'n Baie goeie voorbeeld van taksonomiese veranderings en volksnaam standarisering is onder die voëlspesies waar al ons fisante, (bosveld en dies meer) nou gereken word as patryse en hulle nou bv bosveld patryse genoem word. Dat daar mense is wat dit 'n fisant gaan bly noem, is so. Die literatuur het egter gestandariseer en soos wat onkundige persone (soos ek, bv) literatuur benut om kennis op te doen, bly die gestandardiseerde name toenemend meer gebruik word. Dis maar deel van die lewe.
Groete,
JHN
Re: Kaapse Vos/Draaijakkals
Posted: Mon Jun 23, 2014 9:44 am
by Louis102
Bosveld Patrys seg jy, ek en my Oupa sou nou geen idee gehad het waarvan jy praat nie, Johan....wonder hoekom gebruik die taksonome, taal-puriste en taal-snobiste dan nie maar net die erkende wetenskaplike name nie as iets hul pla nie? Hoekom kom krap aan die taal-erfenis?
Sien vlgs die nuwer HAT's is "cool" nou 'n erkende Afrikaanse woord, so dit sal seker nie help om teen verandering te skop nie. Intussen lei 'n draaijakkals en bakoor op my plaas gelukkig nog nie aan enige identiteits-krisis nie, ons erken en herken hul nog op hul naam. Hier het 'n volksnaam nog nooit die spesie van die dier bepaal nie.
Mooiloop
Re: Kaapse Vos/Draaijakkals
Posted: Mon Jun 23, 2014 7:15 pm
by Groukat
Henry 7 wrote:Ek stem 100% saam met Louis.
Groukat -die mense wat reken draaijakkalse eet net gogga's moet nog maar verder gaan leer!
Kom kyk hier hoe vang en eet hy 1/2 dae oue lammers-as ek 'n maand terug 'n videokanera by my gehad het kon ek dit mooi opgeneem het waar hy vreet aan 'n lam.As jy by 'n klein lammetjie hier by ons kom wat gevang is en net 'n klein gaaitjie in sy sy het dan weet jy dis hy.
Ek wil nie in 'n argument klim nie-ek sê net wat ons in die wêreld sien.
Henry
Hi Henry,
Ek wou dit nie gese' het nie want was bang mense glo my nie, maar ja silvervos vang dag oud lammers verseker ek het al een op lam geskiet wat pas gebore is. Moet ook nie 'n tierboskat onderskat nie.
Sy basiese dieet is klein goggas en so, maar geen roofdier wat vleis eet sal 'n pas gebore lam los nie, ek glo nie daar is iets makliker om te vang as klein nat lam nie....
groete
Re: Kaapse Vos/Draaijakkals
Posted: Mon Jun 23, 2014 7:18 pm
by Groukat
mariusr wrote:Ek twyfel nie daaraan dat die silvervos of self die bakoor pas gebore lammers sal dood en eet nie.Daar is wel sulke gevalle aangeteken? Alhoewel nie een van die twee in staat is om skaap te dood soos die rooi en witkwas jakkals nie.
Hi marius,
het jy dalk vir my 'n antwoord hoekom bakoor nie 'n ware vos is nie?
groete
Re: Kaapse Vos/Draaijakkals
Posted: Mon Jun 23, 2014 8:35 pm
by mariusr
Nee maar stem eintlik saam met jou hulle weeg omtrent die selfde die bakoor klein bietjie swaarder.Ons moet maar die dierkundiges vra!? Miskien iets te doen met die latynse name?
Re: Kaapse Vos/Draaijakkals
Posted: Tue Jun 24, 2014 7:13 am
by Groukat
Dankie marius,
sal ook bietjie rond vra, want ek het dit al baie gehoor dat mense se silvervos is die enigste ware vos, maar nog nie een van doe mense wat dai stelling gebruik kon se' hoekom nie.
Ek glo daar is net twee jakkalse, rooi en witkwas.
Groete
Re: Kaapse Vos/Draaijakkals
Posted: Tue Jun 24, 2014 8:03 am
by mariusr
Sien dit ook so!