Koe?l Punt Vorm

User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: Koe?l Punt Vorm

Post by Jagtersdok »

Gerard

Ek het vir my nou Mccoy se boek bestel sien hys so 230bladsye so sal my rukkie neem om die hele boek deur te werk.

net laaste vraag met al die teoretiese eienskappe en beperkings wat nou saam gevoeg is, watter praktiese toetse staaf dit met direkte doel om deur obstruksie te skiet en nog normaal te reageer? want ek glo maar elke teorie moet maar altyd getoets word, het al te veel keer verbaas gestaan omdat die teorie nie by praktyk uitkom nie.

Laastens Koos

Ek sien jyt nie reply op my post nie

Maar ek wil nou spanner in die werke gooi, ek was self by waar Met GSC gejag was, nou die geweer was 243 met 69gr HV gelaai wat dieselfde gebeur het 2cm doring tak getref skoot by die boud in, volgende skoot toe agter die kop met presies dieslefde geweer en koeel so 200m ver.

Jy kan my vrou vra sy het die jaar ook tak getref met Hornady interbond op blesbok, eis amper geld in die veld deur die lewer  gegaan gelukkig en die bok was nie eers 5meter agter tak nie.

Nou wat ek wil s? is die GSC wat nou nie gewerk het met die obstruksie nie, kanseleer hy nou nie jou goeie experience uit nie, eintlik weet ek van nog twee gevalle met GSC koeels wat dit mee gebeur het, maar ek weet van 10 gevalle met Noslers en paar ander koele want ons skiet maar in baie ruig wereld. Wat ek hesien het en van gehoor het is nie een skoot get reageer soos normaal nie. Nie een bok was getref waar gemik is nie, meeste moes tweede skoot kry.

En dis hoekom ek s? dit is onmoontlik om te bereken dat die skoot wat jy gaan vat deur die obstruksie sal  suksesvol wees.

Ek wil ook net s? dat al die manne waarvoor ek self help laai en ken nogsteeds met dieselfde koeels skiet as wat hulle gedoen het. Mens kan mos nie verander as iets abnormaals vir jou swakker resultate gee nie.

Maar vir gewone jag doeleindes stem ek hou aan met jou produk keuse dit werk vir jou en ander ook.

Ek self sal met geen koeel onder die son aspris deur obstruksies skiet nie.

Ek hoop net Nosler gaan meer variasie in die E-tip reeks bring want ek dink ek sal maar Nosler man bly want ek het nog net goeie sukses met hulle gehad.  
Last edited by Jagtersdok on Sun Dec 04, 2011 7:44 pm, edited 1 time in total.
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
Adaan
Full Member
Full Member
Posts: 102
Joined: Thu Apr 22, 2010 5:57 pm

Re: Koe?l Punt Vorm

Post by Adaan »

;D
Voorstel-Doen toets soos op video wat vlakvark geplaas het met GSC en ander punt, se 20 skote en bereken persentasie van koels wat getumble het,wat van rigting verander het en plaas resultate op forum,lyk vir my uit die skrywes dat dit die beste praktiese toets sal wees wat nog met die GSC koels gedoen is ivm skiet deur takke en blare.
Last edited by Adaan on Thu Nov 03, 2011 3:25 am, edited 1 time in total.
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: Koe?l Punt Vorm

Post by Jagtersdok »

Koos ons kan die sakie ter ruste l? en ek het gewonder of ek die post moet skryf, maar ek gaan.
Jou stelling
'n Interessante situasie wat altyd 'n element van risiko teenwoordig inhou maar, indien die koe?l konsekwent werk en reageer, leer mens waar die perke is.

Daar is altyd element van risko soos jy s?, nou met ekstensiewe ondervinding wat is die risiko? M.a.w hoe groot is die risiko wat jy bereken het?

Leer mens waar die perke is.... nou met jou goeie ondervinding onder normale omstandighede wat is die perke? M.a.w hoe dik mag die tak wees, uit watter hoek mag die tak getref word, watse hardheid boom mag getref word, en hoe ver mag die bok agter die tak staan om binne die perke wat jy leer ken het te val.

Ek het nog geensins uit argumente gehardloop nie want ek weet uit genoeg ondervinding dat geen koeel op aarde binne berekende perke sal reageer onder die spesifieke omstandighede nie, want daar is nog nie die nodige toetse gedoen om dit te kan voorspel nie.
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
Biltongjagter

Re: Koe?l Punt Vorm

Post by Biltongjagter »

1.   Oor die risiko gedeelte weet jy reeds dat dit 'n gegewe is;
2.   Die risiko grootte hang eerstens saam met deursigtigheid van die bos (as jy kan sien, kan jy skiet!) en tweedens, deurdringbaarheid vir die koe?l. Ek kan dit die beste soos volg verduidelik en as jou veldkennis op standaard is sal jy my maklik verstaan. - Rosyntjiebos, maar yl en dun betak, behalwe vir redelik baie blare wat sig tot 'n mate inperk, is die struik nie onoorkomelik vir 'n goeie koe?l wat stabiel teen ho? spoed trek nie.
Daarteenoor is digte stand van Sekelbos, Geelhaak en Swarthaak baie minder deursigtig, soms glad nie, en boonop baie meer digte en dik takke wat maak dat so 'n situasie buite die perke van behaalbaarheid is.
3.   Soos jy ook dan tereg vra, is hardehoutsoorte soos Rooibos, Tamboties, Hardekool, ens. heeltemal buite perke.
4.   In my Rosyntjiebos voorval het ek geskryf dat die Rooibok letterlik met my wegkruipertjie gespeel het deur styf teen die bos van kant tot kant te beweeg soos ek hoe ookal probeer het om, om die bos te kom, vir 'n oop skoot. Dit vertel jou meer van bok se afstand vanaf die bos.

Net soos in alle ander dinge, gaan dit hier ook oor 'n totale samevatting van verskillende kennisvlakke, waarop 'n jagter dan 'n redelike minder of meerdere riskante oordeel kan fel, en dan daarvolgens optree.

Hoop nie hierdie is vir jou Grieks nie, want dit sal baie meer blootl? as wat baie ouens sal besef.

Groete,
Koos.
Last edited by Biltongjagter on Sun Dec 04, 2011 7:47 pm, edited 1 time in total.
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: Koe?l Punt Vorm

Post by Cobus(Cobb) »

Manne,

Daar sal 'n dag kom wat iemand wat die posts gelees het dalk so 'n skoot sal moet waag...Hy het 'n klein begroting, spaar 'n paar maande al vir sy bok, weeg die digtheid van die bos/plante/boom op, glo in die koe?l se vermo?....en knyp stukkend..

Na 'n paar uur se bloedspoor volg, verloor hy alle tekens van die bok.....sy budget in sy moer, die plaas eienaar grommig,gids vol smalende kyke.....en geen bok nie,

Daai aand, alleen om die vuur sal hy stilweg wonder wie in die geval die groots do@s was,...die een wat die raad gegee het om deur takke te skiet of die een wat die raad gevolg het en dit wel gedoen het....

{lees dit in konteks, ek s? geensins dat enige een wat die post lees of in tik, 'n do@s is nie}  

Cheers
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
Beretta
Hero Member
Hero Member
Posts: 2954
Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm

Re: Koe?l Punt Vorm

Post by Beretta »

cobb
Ek sal maar die roos wees wat nie sal skiet nie want as jy hom kan sien kan jy hom skiet.En met n geruste hart om die vuur sit.
Net My ROOSLIKE Mening
Beretta ;D ;D ;D
User avatar
Dawid
Hero Member
Hero Member
Posts: 1079
Joined: Tue Jun 08, 2010 11:58 pm

Re: Koe?l Punt Vorm

Post by Dawid »

Het darem nou lekker gelees, gewonder oor party stellings en  ander stellings is sommer str@nt. Maar nouja dis hoekom die forum daar is, om raad te vra, te gee as jy kan en dan sommer manne se str@nt te lees.

EEN stelling bly waar en dit kom al donkiejare.......JY SKIET NIE DEUR N BOS OF TAKKE NA KOS NIE, AL IS DIT KAKIEBOS WAT VOOR JOU IS.

Daai truuks is vir manne soos ......John Wayne, Rambo en Grensvegter........want hulle KAN.

Groetnis Manne ;D ;D
IT`S NOT THE GUN IT`S THE GUNNER

9mm CZ 100
.22 Norinco
243 Bruno 601
270 Bruno
303 no2 mk4 Enfield
375 CZ ZKK 602
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: Koe?l Punt Vorm

Post by Hein M. »

Tog so waar!

In die Namakwaland is die bosse gelukkig kort, so daar die opsie is makliker...  Deur deur 'n bos te skiet, skiet jy jouself in die voet 8)

Die topic is soos 'n koerantartikel.  Sif maar deur die feite, maar dit lees tog te lekker.  Wens almal wil dit so insien. 

Mooiloop!

Hein
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
User avatar
Jaco Swart
Hero Member
Hero Member
Posts: 804
Joined: Tue Feb 16, 2010 1:50 pm

Re: Koe?l Punt Vorm

Post by Jaco Swart »

Jagtersdok wrote: Koos

jou swaap.

In elk geval dis duidelik deur almal se gevoel dat jy die poepol is wat twak praat
Neels.

Ek stem 100% saam met jou. Ek dink ons moet n post begin waar ons die name lys van wie ons dink die bobejane is en ek is seker dat hier 2 of 3 name op almal se lys sal verskyn.
JACO SWART
Rustenburg
Noord-Wes
User avatar
DawieKotze
Hero Member
Hero Member
Posts: 2075
Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm

Re: Koe?l Punt Vorm

Post by DawieKotze »

Koos (Biltongjagter)

Ek het met 'n vorige post vir jou probeer opkom, want ek het gedink die manne verstaan jou net verkeerd, maar ou maat my persoonlike mening is dat  jy grawe jou gat net al hoe dieper en dieper en dit het nou persoonlik geraak.

Redelike voorspelling wat 'n koe?l gaan doen as hy 'n obstruksie van watter aard ookal tref, is net eenvoudig nie goed genoeg nie!! Dit is my en die meerderheid van die manne wat hier kommentaar gelewer het se mening. Ek glo nog steeds dat jy en Oom Gerard ook so dink.

S? dit nou vir almal op hierdie forum reguit sonder om doekies om te draai......Dat jy onder geen omstandighede die skiet van 'n dier met enige tipe koe?l deur gras/bosse/bome van watter aard ookal voorstaan nie! Dit is mos so? N?? N??

Vergeet van al die persoonlike goete wat ges? is. Stel asseblief net prontuit jou standpunt om met jou eerste skoot (met 'n GS punt) na 'n dier deur enige obstruksie te skiet.

Die manne met baie minder ervaring en kennis as jy en Dok het dit nodig, sodat hulle ingeligte besluite kan neem sonder om deur al die persoonlike aanvalle te lees.

Groete

Dawie
Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
User avatar
Sam Kelbrick
Full Member
Full Member
Posts: 124
Joined: Tue Apr 26, 2011 9:44 am

Re: Koe?l Punt Vorm

Post by Sam Kelbrick »

Neels.

Ek stem 100% saam met jou. Ek dink ons moet n post begin waar ons die name lys van wie ons dink die bobejane is en ek is seker dat hier 2 of 3 name op almal se lys sal verskyn.
[/quote]

Dit klink na 'n blink plan! Kom ons probeer dan die ander posts op die punt hou en dan kan die manne wat die man wil speel lekker op hierdie post baljaar.
Value has a value only if its value is valued
User avatar
Dawid
Hero Member
Hero Member
Posts: 1079
Joined: Tue Jun 08, 2010 11:58 pm

Re: Koe?l Punt Vorm

Post by Dawid »

Stadig manne.....Stadig, ons is veronderstel om almal en dan stel ek dit weer.....elke iedereen om vriende op hierdie forum te wees al ken ons mekaar nie eers by naam of gesig nie, ruil ons gedagtes op n mooi manier uit en gee en vra deskundige raad soos benodig of soos uit ondervindig( wat n helse leermeester is )

Groetnis
IT`S NOT THE GUN IT`S THE GUNNER

9mm CZ 100
.22 Norinco
243 Bruno 601
270 Bruno
303 no2 mk4 Enfield
375 CZ ZKK 602
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Koe?l Punt Vorm

Post by James Wilson »

vandat hierdie topic ge-hijack is tot dat ek nou weer my tyd gemors het om hier te kyk, sien ek een ding. as ek my tyd gemors het om aandag te gee hier aan, in pleks daarvan om tyd te spandeer tussen ware jagters dan was ek nou 6 jakkalse  2 varke n Jaggeweer skietkompetiese en n opvolger jakkals jag kursus agter.  hel ek is darrem bly ek steur my nie meer aan pretenders nie.

die week is vol jag en skiet programme, so ek sal eers weer oor so 10 dae tyd he om te sien wat het die topic hi-jackers te se het.   elke minuut wat ek aan so n soort ge-hijacte post spandeer is n minuut uit die jagveld.  gemorste tyd.  so leer n mens. sien oor 10 dae weer, teensy die laaste week se suksesse n indikasie is, dan sal ek seker eers weer hier kyk in die helfde van Desember.  intussen moet die hi-jackers maar bly glo hulle is jagters. elke oomblik wat n mens hier onodig spandeer erken jy, mos nou maar jy is voor n computer en  nie in die jagveld nie.   die vraag is:   is jy n tikster of n jagter?????
Last edited by James Wilson on Sun Nov 06, 2011 3:45 pm, edited 1 time in total.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6971
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Koe?l Punt Vorm

Post by DWB »

Kan jagse tiksters kwalifiseer?
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
Nico Harris
Hero Member
Hero Member
Posts: 2469
Joined: Tue Nov 03, 2009 5:27 pm

Re: Koe?l Punt Vorm

Post by Nico Harris »

DWB :) :) :) :) :) :) :)
.22LR , Mauser Obendorf
.223 Rem , Howa mini action
6.5 Creedmoor , Howa sporter
6.5 Creedmoor , Howa varmint
30-06, Sauer mod 90
300 PRC , Howa varmint
9.3x62, Mauser Oberndorf A tipe
12ga , Mossberg boltaction
12ga , Mossberg pumpaction
9mm , Glock 43
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Koe?l Punt Vorm

Post by James Wilson »

DWB wrote: Kan jagse tiksters kwalifiseer?

my soort mense. :D
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
Gerard

Re: Koe?l Punt Vorm

Post by Gerard »

Ek bedoel dat party ouens, en dis nou ek inkluis, nie altyd voorgeskryf wil word teen watter spoed ek n koeel moet skiet nie. Nou ek verstaan dat met GSC koele jy daai resep moet volg (dis tog hoe die koeel ontwerp is??) en teen die voorgeskrewe spoed moet skiet, maar almal like nie die konsep nie.
Ek sien die miskonsepsie het hier ook opgeduik.  Ek wil dit onomwonde stel dat dit nie reg is nie.  GSC skryf nie die spoed voor, waarteen 'n koe?l gelanseer moet word nie.  Indien die begrip ?rens van ons webwerf af kom, sal ek dit waardeer as iemand dit asseblief kan uitwys en dat ek dan ontslae raak daarvan.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7553
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Koe?l Punt Vorm

Post by Wouter Roets »

Hallo Manne

Stefan het my nou weer verwys na hierdie gesprek. Dit is hier waar die eerste stellings gemaak was dat jy met GS Custom wel deur takke kan skiet sonder dat dit jou vlugbaan sal affekteer of jou koeel sal laat tuimel. Ongelukkig is die meeste posts verwyder deur die betrokke persone. ;) n Mens kan darem so tussen die lyne lees wat eintlik kwyt geraak is. Met Koos Barnard se laaste toets kan n mens darem nou n antwoord kry in die verband. GEEN koeels maak nie saak die spoed koeelvorm, neusboogvorm ens, ens is vrygespreek van invloed van opstruksies nie!

So vir elke jongeling of selfs die ervare jagter wat hier lees, maak seker dat jou skoot oop is na die teiken prooi voor jy skiet. Maak ook in dieselfde asem dood seker van wat agter die dier staan al is dit teen n hoek. Dit is ons etiese plig as jagter om net n skoot te neem indien jy seker is van n doodskoot op die dier. Deur na n dier deur obstruksies te skiet kan ons nie met sekerheid se wat die vlugbaan van die koeel gaan wees nie. Tuimeling speel ook n rol dat dit die koeel kan verhoed om genoegsaam te pentreer om die vitale organe te bereik al hou die koeel sy koers. Moet asseblief nie n kans vat nie, die kool is net nie die sous werd nie!

Groetnis
Wouter
Last edited by Wouter Roets on Wed Oct 17, 2012 1:51 pm, edited 1 time in total.
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
Locked