Anatoliese honde
- Christo Els
- Sr. Member

- Posts: 430
- Joined: Wed Aug 04, 2010 12:33 pm
Re: Anatoliese honde
ek het geen ondervinding van die honde, maar wat ek wel weet is dat uit elke werpsel (dit geld vir alle honde rasse) is 'n groot presentasie wat nie volgens die ras standaard of waar voor hulle geteel is sal optree nie.
Die volgende persentasie wel kleiner sal met baie aandag en moeite reg gekry word om reg op te tree
Dan is daar die kleinste gedeelte van die werpsel wat uit geaardheid en baie min moeite sal reg optree.
Die probleem (my onkundige opinie) is dat alle honde onder die laas genoemde verkoop word. Sodoende word daar groot skade aan die ras gedoen.
As 'n teler sy sout werd is sal hy wil weet en belangstel in sy honde se werpsels.
Dit is my 2c onkundig
ek is 'n boerboel man myself

Champions keep playing until they get it right
303 Lee Metford
222 Sako
243 Brno
Blow Pipe (Pea Shooter)
303 Lee Metford
222 Sako
243 Brno
Blow Pipe (Pea Shooter)
-
Fanie Nel
- Hero Member

- Posts: 502
- Joined: Fri Jan 14, 2011 10:26 pm
Re: Anatoliese honde
Goeie dag aan almal.
Om aan te sluit by die topic ek nou nog nie al gelees wat geskryf is nie. Ek het ook maar beperkte kennis van nie honde, maar wat ek wel weet is dat een hond werk en die volgende een werk nie, dit is maar soos die donkies wat die skape oppas sekere donkies werk uitstekend jy verloor nie n enkele lam in die trop by donkie wat werk nie, ek het een gehad ongelukkig dood. My anatool het baie snaakse maniere gehad sy het bedags huistoe gekom by die huis kom vreet en aandag kom soek snags het sy die pad skape toe gevat ek het nie lammer verloor daar waar sy was nie. Dit is nou amper twee weke vandat sy verdwyn het, ek het in hierdie amper twee weke nou al 12 lammers en 'n dragtige ooi verloor.
groete Fanie nel

- ruger
- Full Member

- Posts: 124
- Joined: Sat Aug 28, 2010 9:24 am
Re: Anatoliese honde
In Lindley distrik het Henk Human gesien hoe vyf jakkalse 'n anatool omsingel en goed pakgee totdat hy weghardloop!
-
mariusr
- Hero Member

- Posts: 2995
- Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am
Re: Anatoliese honde
Ek het boer geken in die Tolwe omgewing wat bobejaan gehad het wat die skape op gepas het dink dit was 'n wyfie as ek nou reg onthou sy het geen jakkalse of honde en enige vreemde mense naby haar skape toegelaat en het ook al luiperd verdryf van die spore wat ons kon sien! Sy het die skape elke aand kraal toe gebring en tot verlore lammers was net soms harde gat om die lammer af te gee! Sy het self kos in die veld kos gesoek en slegs in die aand as almal veilig in die kraal was het sy haar kos gekry sy het ook in die kraal geslaap en vroeg oggend as die hek oop gaan vat sy hulle veld toe soms het sy so lui lui op van die skape se rue gery! Snaaks haar eie soort het sy ook nie naby geduld!
-
JK
- Sr. Member

- Posts: 435
- Joined: Thu Nov 24, 2011 11:01 am
Re: Anatoliese honde
Ek het n anatoliese kruising teef gehad. Sy is in die skaap kraal gebore en dis al wat sy geken het. Het alles weggejaag van die skape af. Selfs beeste. Geen opleiding gedoen. Sy is ongelukkig laas week dood, was al 10 jaar oud. Sy het een keer kleintjies gekry van die foksie by die huis en ek het die kleintjies vir boere gegee in die omgewing gegee, almal was baie beindruk met die brakke as skaapwagters.
Nou soek ek weer so n hond maar dit moet van goeie werkende ouers af wees en in n kraal gebore wees.
Nou soek ek weer so n hond maar dit moet van goeie werkende ouers af wees en in n kraal gebore wees.
-
savage(P Coetzer)
- Hero Member

- Posts: 973
- Joined: Mon Sep 10, 2012 3:34 pm
Re: Anatoliese honde
Ek het 10 jaar gelede in colorado in die vsa by n boer gewerk wat n bees en skaap voerkraal gehad het en het self ook met skape geboer. In die somer het die ooie veld toe gegaan tot die 1ste sneeu geval het. Die weiveld was meer as 40 myl van die plaashuis af en daar was baie cayotes gewees. Die boer het 4 anatoliese honde gehad wat saam die skape gebly het en daai cayotes het bitter min skape gevang.
-
Carl
- Hero Member

- Posts: 4792
- Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Re: Anatoliese honde
My neef boer daar by Dewetsdorp. Hy't ook nou 'n hond en sê dit maak baie groot verskil op sy vee verliese.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
- MEERKAT
- Hero Member

- Posts: 737
- Joined: Sat Feb 07, 2009 8:41 pm
Re: Anatoliese honde
Die sukses van die honde hang baie af van hoe groot die kampe is waar hulle skaap moet oppas dws as jy dit kan regkry om hulle daar by die skaap te laat bly en nie wegloop na die buurman toe nie. Aan die anderkant weer in sulke klein kampies kan jy net sowel skippertjies of chihawa's aanhou (eet ten minste minder) en die jakkalse sal ook maar moeilik daar inkom. In ons ekstensiewe toestande weet ek nie van een wat suksesvol was sover nie.
Sterkte
MEERKAT
Sterkte
MEERKAT
-
Kaptein
- Newbie

- Posts: 19
- Joined: Mon Dec 09, 2013 4:43 pm
Re: Anatoliese honde
Soos daar al gese is, is die eienaar vir 50% van die opleiding verantwoordelik, my hond is al nege jaar oud en hy werk soos n droom,wat die opleiding betref was dit baie werk, dit het so 1jaar gevat en die eerste geveg met n jakkels toe begin die hond sy trop van 600 ooie mooi oppas, ek het al 25 jakkelse in 8 jaar opgetel wat hy dood gemaak het, die honde is egter baie vatbaar vir bosluiskoors omdat hul heeldag in die veld is so hul moet gereeld behandeling kry daarteen, in die opleidings fase maak die hond maar lammers dood of byt die ooie se hakke, maar dis net tydelik want hul speel eintlik net, ek smeer stokolomteer aan die byt plekke, die smaak daarvan is baie sleg so as die hond op dieselfde plek byt en dit proe sal hy mettertyd ophou, mens moet net geduldig wees, die hond moet ook NOOIT geslaan word nie, mens moet net besef al die honde werk nie, ek moes al n hond skiet wat net bly rondloop het, mens moet egter baie geduld he dit vat so 1-1.5 jaar todat n hond n jakkels kan aanvat en doodmaak
-
222 Sako
- Full Member

- Posts: 224
- Joined: Wed Mar 05, 2014 8:40 am
Re: Anatoliese honde
Stoorlam ek stem saam. Opleiding van die begin af en dit is so hulle wil met die skape of lammers speel as hulle jonk is en dit is net daar waar jy hom maak of breek. My hond help my baie.
En dit bly maar net nog n hulpmiddel soos al die ander maniere. Skiet bly nodig,ek kan nie anders.
En dit bly maar net nog n hulpmiddel soos al die ander maniere. Skiet bly nodig,ek kan nie anders.
- MEERKAT
- Hero Member

- Posts: 737
- Joined: Sat Feb 07, 2009 8:41 pm
Re: Anatoliese honde
Stoorlam/sako
Net vir interesantheid hoe grt is die kampe waarin julle die skape aanhou? Is dit plat veld of rante en bergveld? Moet eerlik wees dis die eerste geval waarvan ek hoor dat jakkalse opgetel word wat deur die honde gevang is. Aangesien julle baie suksesvol is met die honde wat sal julle se is positiewe punte waarna opgelet moet word by 'n jong hond om te bepaal of hy eendag sal werk al dan nie?
Groetnis
MEERKAT
Net vir interesantheid hoe grt is die kampe waarin julle die skape aanhou? Is dit plat veld of rante en bergveld? Moet eerlik wees dis die eerste geval waarvan ek hoor dat jakkalse opgetel word wat deur die honde gevang is. Aangesien julle baie suksesvol is met die honde wat sal julle se is positiewe punte waarna opgelet moet word by 'n jong hond om te bepaal of hy eendag sal werk al dan nie?
Groetnis
MEERKAT
-
Kaptein
- Newbie

- Posts: 19
- Joined: Mon Dec 09, 2013 4:43 pm
Re: Anatoliese honde
Meerkat
My veld verskil maar van bergveld na kampe met baie kontoere en doringbome, kamp grotte wissel van 10 tot 50 Ha, ons gemiddelde plaas grotte hier in die Oos Vrystaat (Ficksburg) Is so 300Ha so mens moet maar n paar plase he om lekker te kan boer, die jakke wat ek opgetel het was altyd in n radius van so 100m van waar ooie geslaap het, lamtyd word ooie gekraal, maar tye van speen tot voor lam slaap my ooie in die veld, Omdat die honde baie vatbaar is vir bosluiskoors het ek maar baie tyd by hom in die veld spandeer om sy gedrag dop te hou en om te kyk of hy nie siek is nie, ek weet van honde so wild geword het dat hulle gedart moet word as hul siek was, ek wou dit nie gehad het nie so ek het maar aandag gegee,in die opleidings fase speel hy maar baie met die lammers (byt hul ore, hakke en sterte) Die sukses vat n hond hang volgens my baie af van wat en hoe die eienaar dinge doen, bv as n hond n lam doodmaak het ek die lam met n tou aan die hond vas gemaak sodat as die hond loop dan trek hy die lam saam (net vir so paar ure) dan maak ek hom weer los, of as die hond in die aand huistoe kom het ek hom met n klapper skrik gemaak sodat hy terug na ooie toe hardloop, ek weet wat ek nou gese het is dalk wreed, maar dis belangrik dat die hond weet waar hy moet bly en wat hy nie moet doen nie, ek het baie inligting oor opleiding van Anatole by Ramsem in Bloemfontein gekry
Hoop ek kon jou vraag andwoord

Stoorlam.
Ons boer in die VS. op lande van 10ha tot kampe van 150ha. Hier is rante, gras vlaktes en spruite met redelik bos. Naby Willem Pretorius Wiltuin. Baie jakkalse! My hond het nog nooit ñ jakkals dood gemaak nie sy is te stadig dink ek ,maar sy hou hulle weg.My broer se hond het al ñ jonge doodgemaak by die skape.
Ons koop by een van die eerste telers in die land. Sy honde kry die kleintjies by die skape, en jy gaan soek hom daar uit as jy gaan koop. My 1ste hond het langs n ram se sy gelê toe ons daar kom en ek het haar gevat en sy werk. Die tweede een het ook goed gewerk tot sy siek geword het en ek haar by die huis gedokter het. Daarna het sy nie meer in die skape belang gestel en ek moes haar wegmaak.
My broer het al 3 honde by dieselfde teler gekry wat almal gewerk het.
Wat jy na moet kyk as jy uit ñ werpsel kies weet ek nie regtig nie.

222 sako
As ek mag vra, by wie koop jy honde? Ek wil graag vir my nog een koop aangesien myne nou bietjie oud word, m3ns raak baie lief vir die honde
Dankie
As ek mag vra, by wie koop jy honde? Ek wil graag vir my nog een koop aangesien myne nou bietjie oud word, m3ns raak baie lief vir die honde
Dankie
-
222 Sako
- Full Member

- Posts: 224
- Joined: Wed Mar 05, 2014 8:40 am
Re: Anatoliese honde
Meerkat.
Jammer ek sien nou eers dis jy wat gevra het.
Stoorlam ek het jou ge PM.
Groete.
Jammer ek sien nou eers dis jy wat gevra het.
Stoorlam ek het jou ge PM.
Groete.