Page 5 of 16
Re: Herlaai data 303 British
Posted: Wed Aug 24, 2011 3:13 pm
by james 303
Hi van julle ouens wat .303 met s355 laai en pmp doppe gebruik hvl gr max kry julle in n dop want 40 gr s355 gooi hom redelik vol tot by die nek ek kan altyd van dop verander of wag tot hulle weer s335 in stock het.Ek het saterdag gaan skiet met cci 200 primer en 39.3 gr s355 met 174gr punt ek het goeie groeperings gekry 5 skote op n 100 meter en almal op mekaar het papier gesny as ek so kan se maar ek soek bietjie meer spoed 40 gr het ek probeer maar groepe was nie so goed nie ek kan seker opgaan tot 41 gr maar dit gaan n redelike compress load wees ek het ook gelees n dryfmiddel wat redelik n dop vol gooi is oor die algemeen ook meer akkuraat enige inligting sal waardeer word tnx
Re: Herlaai data 303 British
Posted: Mon Aug 29, 2011 10:24 am
by Louis Kriel
louis 303 wrote:
Hi van julle ouens wat .303 met s355 laai en pmp doppe gebruik hvl gr max kry julle in n dop want 40 gr s355 gooi hom redelik vol tot by die nek ek kan altyd van dop verander of wag tot hulle weer s335 in stock het.Ek het saterdag gaan skiet met cci 200 primer en 39.3 gr s355 met 174gr punt ek het goeie groeperings gekry 5 skote op n 100 meter en almal op mekaar het papier gesny as ek so kan se maar ek soek bietjie meer spoed 40 gr het ek probeer maar groepe was nie so goed nie ek kan seker opgaan tot 41 gr maar dit gaan n redelike compress load wees ek het ook gelees n dryfmiddel wat redelik n dop vol gooi is oor die algemeen ook meer akkuraat enige inligting sal waardeer word tnx
S355 werk soos reeds gese baie goed met die swaarder koele. My lading vir die 175gr Rhino is 46 gr. Dit is 'n liggies saamgeperste lading en lewer niks waarneembare hoe druk nie. Spoed was by een toets 2611 fps en op 'n koue dag 2590 fps.
Op 150 gr punte (Speer en PMP) gebruik ek dieselfde lading (46gr) en die spoed is 2640 fps. Die dop is vol en daarom het ek oorgeskakel na S335 vir die 150 greiners. Met S335 gebruik ek 43.5 gr vir 'n gesonde 2725 fps.
Re: Herlaai data 303 British
Posted: Tue Aug 30, 2011 2:33 pm
by Louis Kriel
Piet-Skiet wrote:
Dirty watse geweer het jy?
'n Lee-Enfield no4 Mk2. Gemaak in Fazarkerly (VK) in die 1950's. Blykbaar goeie staal en sterker as die ou bulldogs en WW2 no4's.
Re: Herlaai data 303 British
Posted: Thu Sep 01, 2011 4:56 pm
by Monrique (SJ)
Ek het bietjie julle hulp nou nodig asb.
Ek het sopas vir my eers 50x 215gr CLAW koeels gekoop om in my ou P14 Majuba te probeer. Ek het PMP doppe, PMP Magnum primers en S341 kruit wat ek wil gebruik. Ek weet dat S355 beter gaan werk, maar het nie nou sulke kruit en wil eers van die S341 ontslae raak, voordat ek oorslaan na S355.
Wat stel julle manne voor om te begin mee en wat sal ek as maksimum spoed beskou?
Hoor graag van julle!
Groetnis
Re: Herlaai data 303 British
Posted: Thu Sep 01, 2011 5:28 pm
by Gerhard
SJ,
Ek weet nie op S341 wat die ladings is nie.
Ek is baie gelukkig met 2200fps op die 215gr Rhino's en S355 uit my geweer.
Re: Herlaai data 303 British
Posted: Thu Sep 01, 2011 8:39 pm
by Monrique (SJ)
Thanks Gerhard
Groetnis
Re: Herlaai data 303 British
Posted: Thu Sep 01, 2011 9:16 pm
by Armand Steenkamp
Sj mater ek dink jy sal dam so bietjie meer spoed kry. Dis mos dam n P14
Groetnis
Re: Herlaai data 303 British
Posted: Thu Sep 01, 2011 10:07 pm
by Monrique (SJ)
Armand
Verseker, maar ek gaan nie spoed jaag nie, dis juis hoekom ek swaarder gaan. Ek wil n lekker bos geweer van die ou kettie van my maak. Wil later die 200gr ook toets en kyk wat die beste gaan werk en dan daarby hou. Ek gaan hulle gebruik op nie verder as 150m skote nie!!
Groetnis
Re: Herlaai data 303 British
Posted: Tue Sep 06, 2011 9:19 pm
by Monrique (SJ)
Manne
Ek het vandag die 215gr Claws gekry asook n paar 200gr om te toets. Wat sal julle se is die maks. spoed wat ek kan kry uit hulle en nie moet oorskry nie?
Kan ek begin op 36gr - 39.5gr S341 op die 215gr en 37.5gr - 41gr S341 op die 200gr?
Groetnis
Re: Herlaai data 303 British
Posted: Fri Oct 07, 2011 10:40 am
by Henk01
Mnre,
Ek het hierdeur gelees en dit is baie insiggewend, dankie vir almal se bydraes.
Kan ek vra uit ervaring, Sierra of Claw koels vir herlaai in my 303Br?
Ek wil graag 125/130gr ook 150gr en dan 180gr laai.
Julle opinies?
Re: Herlaai data 303 British
Posted: Fri Oct 07, 2011 10:46 am
by Monrique (SJ)
Henk
Ek gaan so binne die volgende paar weke met toetse begin op die 215gr en 200gr Claw koeels met S355 sal jou laat weet wat gaan aan.
Kyk jou email!!
Groetnis
Re: Herlaai data 303 British
Posted: Fri Oct 07, 2011 11:46 am
by Henk01
Dankie SJ,
Ek sal graag wil sien hoe jou dinge werk. Watter poeier gaan jy gebruik?
Ek was gedwing om met S341 te begin aangesien ons nie S335 hier kry nie, so skaars soos hoender tande op die stadium.
Sien ook manne gebruik S355 vir swaerder koels.
Dankie vir email ek het daai gekry by SA Jagters, ook goeie leesstof.
Henk
Re: Herlaai data 303 British
Posted: Fri Oct 07, 2011 12:52 pm
by Monrique (SJ)
Henk
Ek het ook aan die begin, begin met S341 met 150gr Hornady Interlocks. Maar soos jy kan sien werk als vanaf 150gr en swaarder sommer spoggerig met S355, so kyk maar as jy kan kry.
Ek gaan ook nou oorslaan na S355 en daarby hou met die swaarder koeels wat ek nou gaan begin skiet met die roer. Nie nodig om liter te gaan as 180gr indien nodig.
Hoop jy kom reg. Sal laat weet sodra ek klaar is.
Groetnis
Re: Herlaai data 303 British
Posted: Wed Nov 09, 2011 11:34 am
by Monrique (SJ)
Manne ek het julle raad nodig asb.
Ek het uiteindelik vir my S355 kruit in die hande gekry en kan nou begin laai vir die 200gr en 215gr Claw koeels wat ek het. Soos julle seker al weet teen die tyd gaan ek PMP doppe gebruik asook PMP primers saam met die S355 en die Claw's.
Nou wil ek net graag weet of hierdie n goeie begin punt behoort te wees in my .303B met P14 aksie.
PMP dop
PMP Primer
215gr Claw
Begin lading: 29.5gr
Maks. lading: 35.7gr
Asook die volgende:
PMP dop
PMP primer
200gr Claw
Begin lading: 31gr
Maks. lading: 37gr
Groetnis
Re: Herlaai data 303 British
Posted: Wed Nov 09, 2011 1:47 pm
by Gerhard
SJ,
Kyk op bladsy 7 is n artikel wat Dokkie op gesit het oor die 355 en dan is daar ook my ladings wat ek in my geweer getoets het...
Dit behoort n goeie indiekasie of weg spring plek te wees.
Groete,
Re: Herlaai data 303 British
Posted: Wed Nov 09, 2011 1:57 pm
by Monrique (SJ)
Gerhard
Watter doppe gebruik jy met die 215gr saam? Daar is vir my gese dat die 215gr ongeveer 2300fps moet geskiet word om te werk, en dat ek nie genoeg kruit kan gooi in PMP doppe om dit te kry nie.
Ek het n klomp PMP doppe wat ek eers moet op gebruik. Indien ek 2150fps kry en n redelike groep is ek happy. Gaan gebruik word op maks. 150m vir jag
Groetnis
Re: Herlaai data 303 British
Posted: Wed Nov 09, 2011 2:04 pm
by Gerhard
Ek het Remington doppe.
Ek is meer as tevrede met 2200fps op n 215gr.
Ek dink nie jy hoef 2300fps te jaag nie.
Re: Herlaai data 303 British
Posted: Wed Nov 09, 2011 2:07 pm
by Monrique (SJ)
Ek sal hulle maar laai en kyk wat gebeur. Soos gese is tevrede met so net onder 2200fps.
Groetnis
Re: Herlaai data 303 British
Posted: Wed Nov 09, 2011 2:13 pm
by Gerhard
SJ wrote:
Ek sal hulle maar laai en kyk wat gebeur. Soos gese is tevrede met so net onder 2200fps.
Groetnis
Stuur vir Dokkie n PM.
Hy laai mos ook 303 en as ek reg onthou skiet daai 303 sommer ook spoggerig.
Hy sal jou die beste weg spring plek kan gee...
Re: Herlaai data 303 British
Posted: Wed Nov 09, 2011 4:15 pm
by Hilux01
SJ
Hou ons ophoogte, ek ook oppad in daai rigting (200 - 215gr CLAW)

Re: Herlaai data 303 British
Posted: Wed Nov 09, 2011 4:37 pm
by Monrique (SJ)
Hilux01
Ek sal verseker so maak en kom vertel.
Stel jouself bietjie voor en vertel ons meer van jouself asb. Hoop jy kuier sommer lekker op die forum.
Groetnis
Re: Herlaai data 303 British
Posted: Wed Nov 09, 2011 8:19 pm
by Pvdw
SJ net vir interesantheid, wat wil jy skiet met daai 215gr koe?ls? Ek haak nog vas by die 175's en sal graag wil weet waarom sommige manne opskuif ne die 215's?
Peet
Re: Herlaai data 303 British
Posted: Wed Nov 09, 2011 8:27 pm
by Monrique (SJ)
Peet
Ek wil olitanne skiet...... Hahahaha nee darm nie.
Ek reken so. My .308Win is nou my man met die ligte koeels, 150gr op die stdium!
Ek sien nie die doel om die .303B meer daardie dieet te gee nie en voel dat die 174gr dalk nog te lig is vir my juba. Wil nou die 200gr en 215gr probeer en kyk wat maak hulle. Wil nie die wereld se spoed he nie en gaan dit nou my ''bos'' geweer maak, as ek dit so kan noem, op afstande nie verder as 150m.
Dit behoort my dan ook lekker voor te berei wanneer ek eendag dalk die P14 verander na n
.375 of .404 of iets dergliks!
Dis maar al.
Groetnis
Re: Herlaai data 303 British
Posted: Thu Nov 10, 2011 11:01 am
by Louis Kriel
Pvdw wrote:
SJ net vir interesantheid, wat wil jy skiet met daai 215gr koe?ls? Ek haak nog vas by die 175's en sal graag wil weet waarom sommige manne opskuif ne die 215's?
Peet
Peet ek stem 100% met jou saam. Ek het ook vasgehaak by die 175gr Rhino. My gun skiet daai koele teen 2600 fps en dis reg vir omtrent alles wat op vier pote rondhol!
Re: Herlaai data 303 British
Posted: Thu Nov 10, 2011 11:31 am
by Gerhard
DirtyOldsix wrote:
Pvdw wrote:
SJ net vir interesantheid, wat wil jy skiet met daai 215gr koe?ls? Ek haak nog vas by die 175's en sal graag wil weet waarom sommige manne opskuif ne die 215's?
Peet
Peet ek stem 100% met jou saam. Ek het ook vasgehaak by die 175gr Rhino. My gun skiet daai koele teen 2600 fps en dis reg vir omtrent alles wat op vier pote rondhol!
Wat is jou ladings vir die 175gr Rhino?
Ek het S355 getoets en so 2400fps gekry met baie swak groepe.
S335 het weer baie mooi groepe gegee maar is bietjie stadiger...
215gr werk baie lekke in die bosveld.