Page 5 of 8

Re: .500 Nitro Express Bespoke Double rifle in Turkish Walnu

Posted: Fri Oct 17, 2014 10:17 am
by Monster
Ralph, jou werk is ongelooflik! Dankie vir die prys op die kolf gister.

Re: .500 Nitro Express Bespoke Double rifle in Turkish Walnu

Posted: Sun Oct 26, 2014 8:17 pm
by Ralph Badenhorst
Geno wrote:Ralph.
Watse fabrikaat se lope gebruik julle?
Hello Geno

Jammer ek reply nou eers.

Ons gebruik meetstals Truvelo lope - hulle cnc profiel die lope vir ons tot ons dubbel se aksie dimensies - minder moeite as wat ons nou n Walther of pacnor loop moet profiel. Plus ons kan nie grooter as .470 Cal. lope invoer nie en meeste van ons huidige bestellings is .500 Nitro Express. Ons sien ook geen verskil in akuraatheid tussen verskillende fabrikate nie - almal skiet ewe goed in hierdie klas - grooter kans wat n bang skut die skoot gaan trek of flinch op n .500NE / .577 NE. Bygese Truvelo het hulle .50 cal lope se vervaardigings proses bemeerster met produksie van hulle .50 CMS sniper gewere.

Groete

Ralph jr.

Re: .500 Nitro Express Bespoke Double rifle in Turkish Walnu

Posted: Tue Oct 28, 2014 3:08 pm
by Ralph Badenhorst
Dagse manne

Deel somer met julle n foto van n .500 NE dubbel wat ons tans mee besig is - hierdie geweer is vir n klient in Zim. Die geweer se metaalwerk/aksie/lope etc. is al klaar aan mekaar en ons begin vandag met die kolf. Hier is die blok hout wat die klient uit ons versameling kom kies het - hier is geen water of ethanol op die hout gesit - nog rou.

Groete

R jr.

[image]http://i1072.photobucket.com/albums/w367/ralph1691/1484110_830882720265852_1689749366184729169_n_zps40cda71e.jpg[/image]

Re: .500 Nitro Express Bespoke Double rifle in Turkish Walnu

Posted: Wed Oct 29, 2014 2:46 pm
by Ralph Badenhorst

Re: .500 Nitro Express Bespoke Double rifle in Turkish Walnu

Posted: Wed Oct 29, 2014 5:48 pm
by Ralph Badenhorst

Re: .500 Nitro Express Bespoke Double rifle in Turkish Walnu

Posted: Wed Oct 29, 2014 6:24 pm
by Ralph Badenhorst
(2x) 9.3x74R en n .375 H&H Rimless in vlekvrye staal aksies - gaan klein/ligte geweertjies wees.

[image]http://i1072.photobucket.com/albums/w367/ralph1691/WP_000661_zpsdf8e0ef2.jpg[/image]

Re: .500 Nitro Express Bespoke Double rifle in Turkish Walnu

Posted: Wed Nov 05, 2014 9:08 pm
by Ralph Badenhorst

Re: .500 Nitro Express Bespoke Double rifle in Turkish Walnu

Posted: Wed Nov 05, 2014 9:11 pm
by Ralph Badenhorst

Re: .500 Nitro Express Bespoke Double rifle in Turkish Walnu

Posted: Wed Nov 05, 2014 9:36 pm
by Frikkie Coetzee
Ralph. Ek is mal oor daai colour case hardening. Dis regtig mooi.

Re: .500 Nitro Express Bespoke Double rifle in Turkish Walnu

Posted: Fri Nov 07, 2014 11:42 am
by Ralph Badenhorst
Gromit wrote:Ralph. Ek is mal oor daai colour case hardening. Dis regtig mooi.
Dankie Gromit

Die baas is gou besig om die laaste 2mm van .500 NE se kamers en extractor met die hand te sny tot op spesifikasie.

[image]http://i1072.photobucket.com/albums/w367/ralph1691/da394ad2-1e30-40d5-beda-14e103c01f22_zpse5df4100.jpg[/image]

Groete

Raslph jr.

Re: .500 Nitro Express Bespoke Double rifle in Turkish Walnu

Posted: Fri Nov 07, 2014 11:48 am
by Finfan
Dit lyk baie baie netjies Ralph

Re: .500 Nitro Express Bespoke Double rifle in Turkish Walnu

Posted: Fri Nov 07, 2014 1:17 pm
by Monster
Hi Ralph,hoe gaan dit met jou 300wsm projek?

Re: .500 Nitro Express Bespoke Double rifle in Turkish Walnu

Posted: Fri Nov 07, 2014 1:27 pm
by Ralph Badenhorst
Monster wrote:Hi Ralph,hoe gaan dit met jou 300wsm projek?
Hello monster, jong al my persoonlike projekte staan en stof vergaar - kliente se gewere kry eers aandag. sal later vir jou fotos post van die al die parte - moet net kans kry om aan mekaar te sit en skiet.

Re: .500 Nitro Express Bespoke Double rifle in Turkish Walnu

Posted: Fri Nov 07, 2014 4:55 pm
by Armand Steenkamp
Ralph Badenhorst wrote:
Monster wrote:Hi Ralph,hoe gaan dit met jou 300wsm projek?
Hello monster, jong al my persoonlike projekte staan en stof vergaar - kliente se gewere kry eers aandag. sal later vir jou fotos post van die al die parte - moet net kans kry om aan mekaar te sit en skiet.
Ek wens ek kon die goette ook doen! Dit moet n mens ongelooflik baie satisfaksie gee om geweer van niks af na een van die pragstukke te bou en dan na die klient se gesig te kyk as hy hom die eerste keer vashou!!!

Baie mooi Ralph! Hou aan fotos post!

Groetnis

Re: .500 Nitro Express Bespoke Double rifle in Turkish Walnu

Posted: Sat Nov 08, 2014 2:53 pm
by Ralph Badenhorst

Re: .500 Nitro Express Bespoke Double rifle in Turkish Walnu

Posted: Sat Nov 08, 2014 3:43 pm
by ruaanb
Sjoe dit is stunning!

Re: .500 Nitro Express Bespoke Double rifle in Turkish Walnu

Posted: Sat Nov 08, 2014 3:46 pm
by Monster
Ralph Badenhorst wrote:
Monster wrote:Hi Ralph,hoe gaan dit met jou 300wsm projek?
Hello monster, jong al my persoonlike projekte staan en stof vergaar - kliente se gewere kry eers aandag. sal later vir jou fotos post van die al die parte - moet net kans kry om aan mekaar te sit en skiet.
Smart thanks!

Re: .500 Nitro Express Bespoke Double rifle in Turkish Walnu

Posted: Mon Nov 10, 2014 2:09 pm
by Ralph Badenhorst
Dag manne

Wys sommer vir julle hoe ons Express visiere vir die dubbels op ons CNC masjiene uitsny.

Groete

Jr.

[image]http://i1072.photobucket.com/albums/w367/ralph1691/3f0db609-14fb-4016-bec5-363a0cd8bf66_zps6079537c.jpg[/image]

Re: .500 Nitro Express Bespoke Double rifle in Turkish Walnu

Posted: Mon Nov 10, 2014 2:34 pm
by LRLaubscher
Julle werk is regtig iets besonders!!!!!

Re: .500 Nitro Express Bespoke Double rifle in Turkish Walnu

Posted: Wed Nov 19, 2014 10:46 am
by Ralph Badenhorst
Goeie dag Manne

Na baie lank se gekerm by die SABS het hulle nou die regte "clamp fixtures" vir ons dubbels!!!! Geen skade aan ons gewere meer nie!!

Hier het ons n .500 N.E getoets met n 130% proeflading - 6 skote en ons is baie gelukkig. Ek wens ek kan fotos neem vir julle maar ek't gister die skade gesien van n dubbel wat ontplof het wat n geweersmid probeer bou het in SA. n Stuk van die geweer se aksie het agter teen die muur vas/in geskiet.

Ons sal binnekort hierdie wapen voltooi en fotos plaas -

[image]http://i1072.photobucket.com/albums/w367/ralph1691/altAvH_Cn6D_o_dVvNHZUqKEmH_u5eohMxbpCQJkQ9RAqFL_zpsf6ba0bfd.jpg[/image]

Groete

Ralph

Re: .500 Nitro Express Bespoke Double rifle in Turkish Walnu

Posted: Wed Nov 19, 2014 11:24 am
by Pappabeer
Dit is goeie nuus Ralph!

Sal dit dan beteken dat die ander dubbels wat julle voor hierdie een vervaardig is nou ook geproef kan word.

Ek sukkel so n bietjie met die verstaan van die papierwerk rondom hierdie. Ek is seker verkeerdelik meëgedeel deur n wapensmit in Pretoria dat toe ek destyds my .458 Lott laat herlisensieer het (hy was nog as 'n WM op die boeke) dat, indien ek later n ander loop wil opsit, ek het n .450 Rigby oorweeg, dat die geweer geproef moet word voor ek kan aansoek doen vir die verandering van loop en kaliber. Ditto vir die bou van n nuwe geweer. 'n Smit in die Boland het hoerdie detail beaam. Hoe kry julle dit reg om hierdie frustrerende burokratiese klomp papierwerk te omseil? Ek sal baie graag wil voortgaan met so n projek, sonder die hoofpyne en wagtye betrokke by al hierdie onnodige proef en vorm invul stappe.

Re: .500 Nitro Express Bespoke Double rifle in Turkish Walnu

Posted: Wed Nov 19, 2014 12:50 pm
by Ralph Badenhorst
Pappabeer wrote:Dit is goeie nuus Ralph!

Korrek Dewald - van Al die dubbels wat ek op die forum gepost het is slegs twee nie geproef nie - ons het klaar die dubbels laat optel deur die courier om sodoende na die SABS te stuur. Die ander dubbels was geproef gewees maar het skade op gedoen deur die simpel "G-klamp" metode wat hulle gebruik het.

Om van jou paar vrae te antwoord ( ek kan sien waarheen die gesprek gaan) :)

R.E n Kaliber verandering

- Gaan op die SAPS webwerf en kry n SAP531 te same met n Geweersmidverslag
- Handig in by DFO
- SAP gee toestemming aan jou geweersmid om die verandering te doen met n voorwaarde dat die SABS sertifikaat tesame met n nuwe geweersmidverslag en ook n SAP521(G) vorm dan weer aand die SAP gegee word sodra die werk voltooi is.

(sien foto van voorbeeld)

[image]http://i1072.photobucket.com/albums/w367/ralph1691/jjtaljaar_zpsae9fac5b.jpg[/image]

[image]http://i1072.photobucket.com/albums/w367/ralph1691/NewBitmapImage_zpsc7fa81ab.jpg[/image]

Om sommer nou te verduidelik want ek weet jy gaan my vra ;)

Ons vervaardigers lisensie is toe gestaan op die volgende vereistes:

- Ons moes van elke model en grootte aksie/wapen wat ons bou - prototiepes bou en voorle aan SABS sowel as SAP - hulle almal le in ons kluis en jy is welkom om te kom kyk.

In heirdie voorlegging moet elke eienskap van die aksie/wapen voorgele word soos bv
- metalurgiese verslag van die metaal,kwaliteit en oorsprong van metaal
- die verharding's proses
- die skematiese sketse van elke wapen/aksie - sluitstukke - overstress rekenaar modelle etc.
- vervaardigings metode
- Kalibers wat vervaardig kan word en die Max druk vlakke
- die tiepe wapens wat jy gaan vervaardig - (bv ons mag nie semi-auto wapens vervaardig nie)
- elke blok staal wat ingevoer word moet eers gesertifiseer word asook n ge-X-straal om eenige krake of swak plekke te indentifiseer

- Jou werkswinkel/fabriek word besoek vir inspeksie van beide die Dept. van Arbeid en SAP - sowel as n jaarlikse inspeksie om seker te maak dat ons by voorwaardes hou en als in orde is.

Dit het 4 jaar geneem om goedkeuring te kry vir ons vervaardigers lisensie en om aan alle SAP/Dept. van Arbeid/SABS standaarde te voldoen - Die SAP se ploftof deskundiges moet ook inspeksie doen en goedkeuring gee voor ons mag wapens vervaardig - so ons het nie die burokratiese en "rooi-tape" vry gespring of omseil nie.

Die SAP het vir ons reeks serial nommers uitgereik waarvan elke wapen nogsteeds geregistreer moet word volgens kaliber en tipe aksie op die sisteem bv - .500 Nitro Double Rifle.

Vestaan dat die SABS nie reg was vir ons dubbels nie want ons is die eerste vervaardiger om sulke tipe wapens te vervaardig in SA - ek weet van geweersmede wat dubbels op haelgeweer aksies probeer bou het met amper geen sukses nie. Als is nou in plek by die SABS en ons dubbels kan nou die "stamp of approval" kry.

Hoop dit help, jy is welkom om te vra as jy nog onseker is.

Groete

Ralph

Re: .500 Nitro Express Bespoke Double rifle in Turkish Walnu

Posted: Wed Nov 19, 2014 1:56 pm
by Pappabeer
Neewat Ralph,

Die gesprek moet nêrens heen gaan nie.

In n bedreif wat vervuil is met mites, verkeerde interpritasie en hoorsê probeer ek net verstaan wat is die swart en wit van die proses, en of daar maniere vir my rondom n lang wag is. Tyd is maar die mees kosbare komoditeit, en dit is nie lekker om geld neer te sit en dan lank te wag vir n produk nie.

Dankie vir jou verduideliking.

Re: .500 Nitro Express Bespoke Double rifle in Turkish Walnu

Posted: Wed Nov 19, 2014 2:08 pm
by Ralph Badenhorst
Pappabeer wrote:Neewat Ralph,

Die gesprek moet nêrens heen gaan nie.

In n bedreif wat vervuil is met mites, verkeerde interpritasie en hoorsê probeer ek net verstaan wat is die swart en wit van die proses, en of daar maniere vir my rondom n lang wag is. Tyd is maar die mees kosbare komoditeit, en dit is nie lekker om geld neer te sit en dan lank te wag vir n produk nie.

Dankie vir jou verduideliking.
Geen probleem - baie dankie dat jy gevra het want ek is seker dat daar baie mense is wat al gewonder het.

EK vra onverkoning as my post dalk anders geinterpreteer word - ek probeer maar net soos jy ook mites/hoor-se doodslaan.

Groete

Ralph

Re: .500 Nitro Express Bespoke Double rifle in Turkish Walnu

Posted: Mon Nov 24, 2014 11:28 am
by Ralph Badenhorst
Dagse manne

Ons begin vandag met die reguleer, inskiet asook lading ontwikkeling vir hierdie 24" dubbel.

My pa het die eerste van die skote aangepak - die ou kerel gaan die 17de Desember vir 1 van 2 skouer vervangings so hy moet al sy kanse nou gebruik voor hy vol penne geboor en tap word.

.570gr DGX op Max lading

link na youtube

https://www.youtube.com/watch?v=-KSRbYp ... e=youtu.be

Ek hou julle op hoogte

Groete

Ralph jr.