Page 5 of 5

Re: Beste .22 Reaktiewe Teiken

Posted: Tue Jun 04, 2013 3:35 pm
by Johan Nel
Pierre,
As ek minder as 25 bestel kry ek dit vir R80 per stel.

Cassie,
Ek wil net die posgelde ook finaliseer, dan kan ons bestellings begin reel.

Groete,
JHN

Re: Beste .22 Reaktiewe Teiken

Posted: Tue Jun 04, 2013 3:39 pm
by BRNO (Pierre)
Johan Nel wrote:Pierre,
As ek minder as 25 bestel kry ek dit vir R80 per stel.

Cassie,
Ek wil net die posgelde ook finaliseer, dan kan ons bestellings begin reel.

Groete,
JHN
Dankie Johan. Sal jy dit vir ons reel dan asb? Jy kan my naam ook vir twee opsit asb., nee maak dit drie.

Re: Beste .22 Reaktiewe Teiken

Posted: Tue Jun 04, 2013 3:42 pm
by Johan Nel
Reg so Pierre,

Ons het dan al vier stelle saam met Cassie se stel. Hopelik het ek al die posgeld pryse more-oggend, dan begin ek 'n bestel draad.

Groete

Re: Beste .22 Reaktiewe Teiken

Posted: Tue Jun 04, 2013 4:01 pm
by Cz_apie
Sal ook 3 stelle vat

Re: Beste .22 Reaktiewe Teiken

Posted: Tue Jun 04, 2013 4:18 pm
by blaser
soek asb een stel

Re: Beste .22 Reaktiewe Teiken

Posted: Tue Jun 04, 2013 4:41 pm
by atplay
Laat loop maar met die bestel draad asb, ek sal ook my naam opsit vir 2 stelle.

Dankie!

Re: Beste .22 Reaktiewe Teiken

Posted: Tue Jun 04, 2013 5:07 pm
by Martin Marais
Manne,indien julle die Bennox of Hardox staal teikens aanmekaar wil sweis reken ek dat die sogenaamde Toolsteel sweis elektrode die beter opsie sal wees. Iemand het elders genoem dat hy met lae waterstof elektrodes probeer het,maar gesukkel het. Die lae waterstof elektrode sal ook werk,maar is moeilik om mee te sweis indien jy nie 'n DC sweismasjien tot jou beskikking het nie.
Hoop dit help.

Re: Beste .22 Reaktiewe Teiken

Posted: Tue Jun 04, 2013 9:20 pm
by cassie_calvinia
stel die sweismasjien op 200 amp en brand die ding vas man

Re: Beste .22 Reaktiewe Teiken

Posted: Tue Jun 04, 2013 11:53 pm
by LongWolf
cassie_calvinia wrote:stel die sweismasjien op 200 amp en brand die ding vas man

So bek moet jam kry.

Re: Beste .22 Reaktiewe Teiken

Posted: Wed Jun 05, 2013 6:43 am
by Giepie
Ek sal ook 2stelle vat.

Re: Beste .22 Reaktiewe Teiken

Posted: Wed Jun 05, 2013 7:29 am
by Jacques van Eeden
Johan
Jy kan my ook maar opsit vir twee stelle.

Groete
Jacques

Re: Beste .22 Reaktiewe Teiken

Posted: Wed Jun 05, 2013 7:32 am
by martindut
Ek wil ook 2 he asb. Ek weet net nie hoe ek dit in die Kaap gaan kry nie.

Re: Beste .22 Reaktiewe Teiken

Posted: Wed Jun 05, 2013 7:37 am
by Johan Nel
cassie_calvinia wrote:stel die sweismasjien op 200 amp en brand die ding vas man
Cassie,
Dis nie bloot die amps nie, die sweisstaaf werk nie lekker nie. Ek het 'n drie fase industriele sweismasjien hier by ons werkswinkel, en hy het baie poeiers. Die staal reageer maar onbetroubaar, dis asof die geleiding onderbreek word tydens die sweiswerk. Ek het hom vas gekry, maar met gesukkel. Ek dink ek wil Martin se advies probeer met 'n volgende keer.

Die ander manne wat hulle name hier opgesit het vir die teikens, ek wil net deur die loop van die oggend die posgelde uitklaar, dan gaan ek 'n bestellingsdraad begin. Julle name sal op daardie draad wees in die volgorde van bestelling met die aantal wat elkeen vra. Ek sal elkeen ook PM vir die reelings.
Groete,
JHN

Re: Beste .22 Reaktiewe Teiken

Posted: Wed Jun 05, 2013 10:59 am
by PaulM
Johan,

Twee stelle vir my ook, asb.

Re: Beste .22 Reaktiewe Teiken

Posted: Wed Jun 05, 2013 11:16 am
by Jean Marais
Hallo Kerels

Ek dink julle sukkel onnodig om die ding ann mekaar te sweis. Dit maak ook die stoor daarvan onnodig moeilik omdat die opgeslaande teiken meer plek opneem. Ek het myne bloot in die middel waar die twee stukke inmekaar skuif met 'n stuk draad aan mekaar vasgesit, en as ek klaar geskiet het, haal ek hom weer uitmekaar en kan ek hom lekker plat bere tot volgende keer.

Groete

Re: Beste .22 Reaktiewe Teiken

Posted: Wed Jun 05, 2013 11:20 am
by blaser
ja wat van n blokkie en n wing nut dan haal hy maklik uitmekaar

Re: Beste .22 Reaktiewe Teiken

Posted: Wed Jun 05, 2013 11:25 am
by Jean Marais
Remington, stem saam, enige iets in daai lyn sal ook mooi werk. Vir my gaan dit oor die uitmekaarhaal as ek klaar geskiet het.

Re: Beste .22 Reaktiewe Teiken

Posted: Wed Jun 05, 2013 2:27 pm
by PaulM
Ek dink self aan 'n stukkie "angle iron" en twee boutjies om die twee aanmekaar te hou tydens die skiet.

Re: Beste .22 Reaktiewe Teiken

Posted: Wed Jun 05, 2013 8:13 pm
by Johan Nel
Manne,
Ons mik nou vir 25 teikens, sodat ons dit teen R72.00 'n stel kan laat maak. Ek het myne gaan weeg en hy weeg 982g. Die kostes lyk dan nou so:

Teiken R 72.00
Posgeld (Poskantoor) R 35.10
Koevert (Bubblewrap 149 x 222 R 3.00
Versekering @ 2% R 2.20

Totale koste R 112.30

Die pakkie word dan na jou posadres gestuur via die poskantoor.

Die name en bestellings tot nou toe is as volg:
1. cassie_calvinia x 1 stel @ R 112.30
2. BRNO.06 (Pierre) x 3 stelle @ R 336.90
3. Cz_apie x 3 stelle @ R 336.90
4. remington x 1 stel @ R 112.30
5. atplay x 2 stelle @ R 224.60
6. Giepie x 2 stelle @ R 224.60
7. Jacques222 x 2 stelle @ R 224.60
8. martindut x 2 stelle @ R 224.60
9 PaulM x 2 stelle @ R 224.60

Ons staan reeds op 18 stelle en moet dus nog 7 stelle se bestellings kry om 'n minimum van 25 stelle te maak. Ek gaan nou 'n nuwe post begin spesifiek vir die bestellings en dit daar verder reel. Hier is die link:
http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f= ... 53#p274912

Groete,
JHN

Re: Beste .22 Reaktiewe Teiken

Posted: Wed Jun 05, 2013 8:33 pm
by cassie_calvinia
danke vr de moeite.
laat weet as ons geld moet nbetaal.
de ander manne moet maar se, maar ek stel voor jy vra 150. jy gaan bae moeite he.

Re: Beste .22 Reaktiewe Teiken

Posted: Wed Jun 05, 2013 8:40 pm
by Johan Nel
cassie_calvinia wrote:danke vr de moeite.
laat weet as ons geld moet nbetaal.
de ander manne moet maar se, maar ek stel voor jy vra 150. jy gaan bae moeite he.
Cassie,
Ek dink R150 kan dit dalk bietjie duur maak vir die manne wat meer as een bestel. Ons kan dalk net kyk om die prys af te rond op 'n manier om die sente uit te sny. Volg die link wat ek in my post hierbo geplaas het, dan kan ons die finale koste daar uitklaar.

Groete,
JHN