Page 5 of 11

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie

Posted: Mon Dec 10, 2012 5:00 pm
by Beretta se dogter
Dankie aan almal wat al deelgeneem ht! Ons voer di bokke vet!!!

Leke dag!

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie

Posted: Tue Dec 11, 2012 6:54 am
by visstok
Jaco, my nagskof is more klaar dan sal ek by die bank uitkom.

Groete Alex

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie

Posted: Tue Dec 11, 2012 8:54 am
by Jakkalsgat
Visstok

Dankie mater

Groete
Jaco

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie

Posted: Tue Dec 11, 2012 10:53 am
by Jakkalsgat
'n Groot dankie aan almal wat al deel geneem het, ons het reeds weer vanoggend R 5000 oorbetaal aan die kinderhuis.

Groete
G

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie

Posted: Tue Dec 11, 2012 3:15 pm
by Ferdi
Ouens ek kan eers volgende week Dinsdag by bank uitkom om deposito's te maak sal julle darem oophou tot dan?

F

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie

Posted: Wed Dec 12, 2012 12:03 am
by Jakkalsgat
Naamd Lede

Hierdie kompetisie loop nou amptelik vir 'n week en is die reels duidelik gestel maar het daar nou 'n versoek gekom dat ons die kompetisie oopmaak vir nie lede.

Die versoek het gekom deur Beretta vanaf Marius Barnard die borg van die groot prys en was dit gedoen in 'n vraag as volg: Daar het paar van sy vriende wat nie lede is van die forum gevra of hulle ook aan die kompetisie kan deelneem en of ons mense van buite sal toelaat?

Nou is ek tussen 2 vure en moet julle help dat ons 'n besluit kan neem.

1 Hierdie kompetisie word gehou om ander mense te help en hoe meer kaartjies verkoop word hoe beter vir hulle.
2 Hierdie prys was geskenk sonder enige voorwaardes behalwe die hoeveelheid kaartjies wat jy moes koop om deel te neem en sal ons besluit nie'n verskil maak aan sy vrygewigheid nie.
3 Wat vir my bietjie sleg sal laat voel is om 'n man van buite se pryse te aanvaar maar ek wil nie buite mense se deelname aanvaar nie.
4 Wat meer sleg is, is dat klomp mense al kaartjies gekoop het op ou reels en wil ek dit nou verander.

As ons die kompetisie oopstel sou ek se dit moet net vir 'n bepaalde tyd wees, kom ons se 48 uur.

Mense ek weet nie wat om te se nie en vra julle asb om te stem daaroor sodat ons vir hulle antwoord kan gee. As een of almal van die moderators my kan leiding gee sal ek ook bly wees.

Ek weet ek het die kompetisie begin en ek het die reels gemaak sonder om iemand te raadpleeg en sal ek dus alleen die besluit ook kan maak.

PM my maar met julle voorstelle asb.

Die poll sal net 'n dag oop wees.

Groete
Jaco

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie

Posted: Wed Dec 12, 2012 6:23 am
by DWB
Jaco, op die ou end gaan dit seker oor die kinders.

Ek deel jou sentiment.

Maar ek sal OK wees beide kante toe.

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie

Posted: Wed Dec 12, 2012 7:34 am
by Lourens Potgieter
Jaco, ek stem saam met DWB....ja ons sal graag die pryse op die forum wil hou....maar as ons mooi dink waaroor dit gaan, gaan dit nie oor die pryse nie maar om soveel moontlik geld in te samel vir kinders in nood.......ek sou s? stel dit oop vir ALMAL, onbepaald....maak duidelik wanneer die sluitingsdatum is, wanneer die trekking is, en die 4 kaartjies koop vir die hoofprys re?l.....dit kan dalk ander manne afsit.

Ek is van plan om Vrydag 5 kaartjies te koop. AS ek die hoofprys wen, gaan dit 'n flop wees omdat ek self nie jag nie, so ek sal dit dan net in lucky draw sit vir die forum. Punt is, dis vir die kinders en nie vir ons nie???

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie

Posted: Wed Dec 12, 2012 7:35 am
by PJS
Jaco

Die saak dink ek is baie duidelik vir MY. Die HOOFDOEL hoekom hier geld ingesamel word is vir die kinders. Elkeen wat tog deelneem, in elk geval ek, doen dit NIE AS GEVOLG VAN DIE GROOT PRYS NIE. Ek gee omdat ek bevooreg genoeg is om dit te kan doen. Ek doen dit ook, omdat ek voel my kinders het so baie en die kinders het soveel minder.

Daarom,

sou EK s? stel dit oop. Hoe meer geld ons insamel hoe meer baat die kinders daarby.

Dit is net my mening.

Mooiloop
PJ

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie

Posted: Wed Dec 12, 2012 7:39 am
by marno
Hallo julle,

Ek stem heeltemal saam.  Maak dit oop vir almal.

Dit gaan oor die kinders.  Die groot prys is net 'n bonus.  Hoe meer geldjies daar kan gaan om in die kinders se behoeftes te kan voorsien hoe beter.

Dis altans hoe ek voel.

Groete
Marno

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie

Posted: Wed Dec 12, 2012 7:51 am
by DWB
Dis maklik, as dit nie iemand op die forum is nie, trek net weer  :D :D :D :D :D ;D ;D ;D ;D ;D

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie

Posted: Wed Dec 12, 2012 7:55 am
by VdWalt
As dit jou beurt is is dit jou beurt, maak nie saak
hoeveel kaartjies daar is nie.

Maak hom oop dat die manne kan koop!

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie

Posted: Wed Dec 12, 2012 7:56 am
by Marc
marno wrote: Hallo julle,

Ek stem heeltemal saam.  Maak dit oop vir almal.

Dit gaan oor die kinders.  Die groot prys is net 'n bonus.  Hoe meer geldjies daar kan gaan om in die kinders se behoeftes te kan voorsien hoe beter.

Dis altans hoe ek voel.

Groete
Marno
Stem met Marno, PJS en ander manne, dit gaan nie vir my oor die prys nie. Al was dit absoluut net n donasie sou ek steeds bygedra het  ;)

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie

Posted: Wed Dec 12, 2012 8:00 am
by JTM
Ek stem ook om die kompetiesie oop te stel. Of die eerste prys nou 'n stel sokkies was of 'n miljoen Rand is die punt om kaartjies te verkoop. Die plus punt is daar is nou nuwe lede wat wil aansluit hier. Wie weet een of twee van daai nuwe lede het dalk nog baie meer om te bied in die toekoms vir die forum.

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie

Posted: Wed Dec 12, 2012 8:17 am
by Jakkalsgat
Ferdi wrote: Ouens ek kan eers volgende week Dinsdag by bank uitkom om deposito's te maak sal julle darem oophou tot dan?

F
Ferdi

Skuus ou maat maar die kompetisie sluit Maandag 17h00, ek sal graag wil sien dat jy deelneem maar ons gaan nie die datum uitstel nie.

Hoop jy verstaan

Groete
Jaco

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie

Posted: Wed Dec 12, 2012 8:19 am
by Geno
Die ander manne het klaar genoeg ges?. ;)

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie

Posted: Wed Dec 12, 2012 8:20 am
by Jakkalsgat
Manne

Ek hoor wat julle se en waardeer julle opinie, ek gaan egter tot 12h00 nog kans gee vir almal om opinies te lig en dan besluit maak maar ek glo ek weet wat gaan die uitkoms wees.

Groete
Jaco

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie

Posted: Wed Dec 12, 2012 8:35 am
by Rysmier
Ek stem saam met die mense hierbo - maak dit oop vir almal.

Mooi dag,
CCC

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie

Posted: Wed Dec 12, 2012 8:48 am
by Jean Marais
Jammer manne

Een van die "Nee" stemme is myne. Ek het dit gedoen sonder om behoorlik daaroor na te dink. Ignoreer dit asb, en voeg by "Ja" asb.

Op die ou end gaan dit nie oor die pryse nie, maar eerder oor die belange van die kinders.

Dankie

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie

Posted: Wed Dec 12, 2012 9:12 am
by Jakkalsgat
Dankie Jean

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie

Posted: Wed Dec 12, 2012 9:23 am
by Eugene
Is daar pryse om te wen?    :angel:

Gooi dit oop vir almal (met natuurlik dieselfde reels vir die groot prys!), dit gaan vir 'n goeie doel!

Dankie weereens Jaco vir die moeite wat jy insit hiermee!

Groete

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie

Posted: Wed Dec 12, 2012 10:08 am
by DawieKotze
Maak dit oop vir almal - redes is klaar gegee.

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie

Posted: Thu Dec 13, 2012 12:22 pm
by Jakkalsgat
More Manne

Ek gaan hierdie kompetisie nou oopstel vir lede asook nie lede met 'n effense kinkel, hierdie kompetisie deel nou in twee. Uit lojaliteit teenoor Jaracal lede en aangesien hierdie 'n Jaracal initiatief is gaan die kompetisie as volg loop.

Die eerste been van die kompetisie is vir die ottoman, silencer en ander kleiner pryse wat insluit die Jaracal hemp en hoed geskenk deur Jagmaar en wil ons nie graag he dat hierdie prys spesifiek aan nie lede gaan nie. Om in aanmerking te kom vir hierdie pryse sal slegs Jaracal lede hier kan deelneem en koop R50 vir jou 1 kaartjie in hierdie trekking.

2de been is as volg: Hier is die grootprys die Jagpakket geborg deur Twanelodge en is dit oop vir lede sowel as nie lede en werk inskrywings dan so. Om in aanmerking te kom vir hierdie prys moet jy 'n lootjie koop ter waarde van R 200 vir nie lede wat dan vir jou 1 lootjie koop in hierdie kompetisie om slegs 'n kans te he om die grootprys te wen.
Vir lede om in aanmerking te kom vir hierdie prys moet jy 4 x R50 kaartjies koop in die eerste been van die kompetisie m.a.w vir elke 4 kaartjies wat jy in eerste been koop kry jy 1 kans in die trekking vir die grootprys ook.

Lede skryf steeds in soos voorheen en word kaartjies steeds op dieselfde manier toegeken soos ons dit tot nou gedoen het en gebruik jy steeds jou Jaracal alias as verwysing.

Nie lede se inskrywings moet gedoen word en inbetaal word by dieselfde rekening met verwysing sy voornaam en selnommer bewys van betaling moet steeds deurgefaks of per e pos aangestuur word.

Slegs deelnemers wie se betalings reflekteer of bewys van betaling ontvang is teen die spertyd sal in aanmerking kom vir hierdie kompetisie.

Ek hoop dat hierdie reels duidelik genoeg is, sou iemand nie verstaan nie is hulle welkom om my te skakel by 082 494 5vyf87 te PM of e pos.

Ek weet ek sal nie almal tevrede kan stel nie maar voel ek tog dat hierdie kompetisie soos hy nou is baie regverdig is met extra voordele aan Jaracal lede.

Hierdie kompetisie is dan nou oop vir lede sowel as nie lede

Groete
Jaco
   

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie

Posted: Thu Dec 13, 2012 2:24 pm
by Eugene
Jaco, great! Net vinnig vragie: Die lede wat reeds 4+ kaartjie gekoop het voor vandag, is steeds in vir beide gedeeltes van die kompetisie?

Groete

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie

Posted: Thu Dec 13, 2012 2:37 pm
by Jakkalsgat
Eugene

Jy is heeltemal reg, kaartjies soos uitgereik is geldig vir beide kompetisies, gewone nommers en vir groot kompetisie G nommers. Al wat nou gebeur is dat nie lede kan inkoop by grootprys kompetisie. Almal wat reeds nommers het is ingeskryf vir beide kompetisies.

Groete
Jaco