Page 5 of 6
Re: .470 Nitro Express
Posted: Wed Mar 13, 2013 6:35 pm
by Wouter Roets
Ralph
Baie dankie vir die moeite en kostes wat jy aangegaan het! Ek hoop maar daai 450 dop was moeg.
Ek moet met jou eerlik wees dat dit lyk of die 450 dop druk beter sal kan hanteer as die ander. Ek sal eerder in hom 62 000psi hardoop as in die 375. Wys jou net weer dat drukperke eerder daar gestel word vir ou wapens se onthalwe. Nuwe wapens kan dan met gemak teen meer moderne drukvlakke gebruik word. Dit is hoekom ek nie sal huiwer om bv die einste 9,3x62 te hardloop teen 60 000psi nie. Vat maar bv die 416 Rigby, sy maksimum druk is 47 000psi maar sy boetie die 450 Rigby wat presies dieselfde dop is s'n is 58 000psi en in n paar ander kalibers wat op die dop gebasseer is dit 65 000psi.
Ek dink dit is nog steeds sinlik om jou drukvlakke nie veel meer te maak as bv 50 000psi in n dubbel juis vir ekstraksie doeleindes. Dit sal ook mooi voorsiening maak vir hoe temperature wat baie keer saam met hulle gebruik hand aan hand gaan. Net vir interessandheid sal daai 450 3 1/2" n 500gr koeel gooi teen 2470ft/sek uit n 26 duim loop en dit teen minder as 50 000psi! Dit laat baie nuwe groot 458's wat bedoel is vir slotgewere met n bitter rooi gesig! Ek sien daar is wel van die dubbel alleenlik kalibers wat hier by die 44 000psi merk draai, maar die meeste is maar op 40 000psi of onder. Ek dink die meeste vervaardigers speel maar die "rather be safe than sorry" kaart.
Ek is nog altyd mal oor die 500NE en het al geloer na die stats. n 570gr Woodleigh is mooi op n nodesoed van 2185ft/sek met n 25 duim loop teen net onder maksimum druk met S365. Ek dink jy gaan ver soek na n beter kaliber in n handige geweer. Meskien moet ek kom kuier!
Nogmaals dankie vir jou moeite, dit word opreg wardeer.
Groetnis
Wouter
Re: .470 Nitro Express
Posted: Mon Apr 15, 2013 12:52 pm
by Ralph Badenhorst
Update: complete
Re: .470 Nitro Express
Posted: Mon Apr 15, 2013 12:54 pm
by jamalley
Pragtig ou maat, pragtig
Re: .470 Nitro Express
Posted: Mon Apr 15, 2013 1:01 pm
by Ralph Badenhorst
Dankie manne, jammer ek laai die fotos op ek werk tanks van my tablet af en my internet opvangs is beperk
Re: .470 Nitro Express
Posted: Mon Apr 15, 2013 1:28 pm
by Marc
Ralph jy laat n man sondig jong ! Ek gaan verseker een kom optel daar by Huntex, as ek my bietjie inhou in die veld die jaar mag ek dalk net volgende jaar kan bykom

Re: .470 Nitro Express
Posted: Mon Apr 15, 2013 3:07 pm
by Freek
Ralph, ek volg nou al 'n wyle julle verslae hier oor die wapens wat jul bou. Kunswerke, voorwaar iets om op trots te wees...!!!
Stuur bietjie daar 'n PM met inligting van hoe swaar so 'n 375 H&H double op die sak sal wees?
Re: .470 Nitro Express
Posted: Sat Apr 20, 2013 6:50 pm
by Marc
Ag man, ek het die vooreg gehad om die outjie vir 'n paar sekondes in my hande te kon hĂȘ by Huntex.
Belofte aan self, begin vandag spaar en maak die doel 'n kort termyn een
Ralph julle het 'n baie mooi geweer hier, ek begin al meer wonder of daai 416 droom van my nie 'n 470 einde gaan kry nie. Baie mooi graveer werk en die toleransies is ook op haar. Ek wens ek sommer vandag al die bestelling insit

Re: .470 Nitro Express
Posted: Sun Apr 21, 2013 11:41 am
by VdWalt
Ek het self bietjie op hom gedrool! Mens sal net n donkie
moet saam vat as jy gaan jag om hom te dra.
Re: .470 Nitro Express
Posted: Tue Jun 11, 2013 7:26 pm
by Ralph Badenhorst
Re: .470 Nitro Express
Posted: Sun Sep 29, 2013 5:10 pm
by Ralph Badenhorst
Middag manne
Die dubbel het bloed getrek. Ek't my pa bederf met n mooi 28.75" Nyala bul die naweek. Hy het n stel .375 H&H loope gemaak vir die .470 aksie spesiaal vir hierdie bul.
[image]http://i1072.photobucket.com/albums/w367/ralph1691/IMG_0261_zps0098ca3d.jpg[/image]
Groete
Ralph
Re: .470 Nitro Express
Posted: Sun Sep 29, 2013 5:14 pm
by DWB
Mooi gedoen manne! Mooi bok!
Lyk na kopskoot ook nog
Re: .470 Nitro Express
Posted: Wed Oct 23, 2013 10:06 am
by Ralph Badenhorst
Re: .470 Nitro Express
Posted: Wed Oct 23, 2013 10:07 am
by Ralph Badenhorst
Re: .470 Nitro Express
Posted: Thu Oct 24, 2013 5:39 pm
by Marc
Ware mooi sal altyd mooi bly

Re: .470 Nitro Express
Posted: Wed Oct 30, 2013 8:32 pm
by Ralph Badenhorst
Gaan loer onder .500 Nitro Express in die
Grootwild Kalibers/Dangerous Game Calibers afdeling
link:
http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f=133&t=26558
Groete
Ralph
Re: .470 Nitro Express
Posted: Thu Jan 02, 2014 3:11 pm
by Ralph Badenhorst
Re: .470 Nitro Express
Posted: Thu Jan 02, 2014 3:12 pm
by Ralph Badenhorst
Re: .470 Nitro Express
Posted: Thu Jan 02, 2014 3:13 pm
by Ralph Badenhorst
Re: .470 Nitro Express
Posted: Fri Jan 03, 2014 11:52 pm
by Ralph Badenhorst
Sharks Rugby Speler Dale Chadwick skiet n paar rontes met van ons gewere.
Gaan loer die video
http://instagram.com/p/hrHzd_GrGo/
Re: .470 Nitro Express
Posted: Thu Jan 09, 2014 12:52 am
by Ralph Badenhorst
Goeie More manne
My nuwe jaars voorneeming - bou n .300 WSM "Take-Down" slot aksie geweer.
Ekt die hout bestel (foto) en sal oor n week hier wees. Loop le al klaar in die kluis. Aksie moet nou gebou word.
[image]http://i1072.photobucket.com/albums/w367/ralph1691/45%20slide%20color/T2eC16hHJGUFFh0LlkuBRfzCyqsw60_57_zps6d1fe7c9.jpg[/image]
Groete
Ralph jr.
Re: .470 Nitro Express
Posted: Wed Apr 02, 2014 9:51 pm
by Ralph Badenhorst
Re: .470 Nitro Express
Posted: Sat Apr 05, 2014 9:56 am
by Drenalinjunkie
Hi Ralphie,
As ek mag vra. Wat prys so gegraveerde dubbel nou by julle?
Tweedens wat skat jy sal die waarde van so tweede handse geweer wees se oor vyf jaar?
Re: .470 Nitro Express
Posted: Sat Apr 05, 2014 10:20 am
by Ralph Badenhorst
Drenalinjunkie wrote:Hi Ralphie,
As ek mag vra. Wat prys so gegraveerde dubbel nou by julle?
Tweedens wat skat jy sal die waarde van so tweede handse geweer wees se oor vyf jaar?
Goeie dag
Sekerlik - Graveerde geweer wissel tussen R95 000 tot R230 000 huidiglik
Ek glo dit is als afhangend van die kondosie van die geweer, maar persoonlik dink ek daar gaan nie binne die volgende 5 jaar een van hierdie gewere 2de handse beskikbaar wees nie teensy die klient sy wapens moet verkoop of oorlede is...
Ek is nie heetlemal seker oor die punt wat jy probeer maak met die tweede handse geweer nie, maar as dit is dat jy dink Ons wapens gaan oor 5 jaar nie hul waarde behou nie of dat dit nie n belegging is nie is dit jou persoonlik opinie - tyd sal ons die waarde kan vertel en ons is maar nog jonk in die dubbel geweer bou afdeling en hoopelik ook oor 100 jaar eendag n commemorative geweer kan bou en verkoop.
Groete
R jr.
Re: .470 Nitro Express
Posted: Sat Apr 05, 2014 10:22 am
by Ralph Badenhorst
Ek glo ook nie ons kliente wat hierdie tiepe geld uitle vir n dubbel/geweer sou dit nie doen as hy nie tevrede is met ons werk nie.
Re: .470 Nitro Express
Posted: Sat Apr 05, 2014 10:38 am
by Drenalinjunkie
Ralph Badenhorst wrote:Drenalinjunkie wrote:Hi Ralphie,
As ek mag vra. Wat prys so gegraveerde dubbel nou by julle?
Tweedens wat skat jy sal die waarde van so tweede handse geweer wees se oor vyf jaar?
Goeie dag
Sekerlik - Graveerde geweer wissel tussen R95 000 tot R230 000 huidiglik
Ek glo dit is als afhangend van die kondosie van die geweer, maar persoonlik dink ek daar gaan nie binne die volgende 5 jaar een van hierdie gewere 2de handse beskikbaar wees nie teensy die klient sy wapens moet verkoop of oorlede is...
Ek is nie heetlemal seker oor die punt wat jy probeer maak met die tweede handse geweer nie, maar as dit is dat jy dink Ons wapens gaan oor 5 jaar nie hul waarde behou nie of dat dit nie n belegging is nie is dit jou persoonlik opinie - tyd sal ons die waarde kan vertel en ons is maar nog jonk in die dubbel geweer bou afdeling en hoopelik ook oor 100 jaar eendag n commemorative geweer kan bou en verkoop.
Groete
R jr.
Ek probeer vir myself sien waar julle julle self klasifiseer teenoor vandag se huidige moderne dubbel vervaardigers soos Heym, VC, Merkel ens. In alle eerlikheid het ek nog nie n moderne tweede handse dubbel van die bevestigde moderne vervaardigers gesien wat verkoop vir naby die prys van n nuwe een nie. Dis hoekom ek vra. As n voorbeeld weet ek van n 500.465 H&H wat deur J. Roberts vervaardig is wat huidiglik beskikbaar is vir R285k dis n puik geweer wat so paar jaar oud is maar die prys is heelwat minder as n nuwe geweer...